RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Podcast'in sitesini ziyaret etmeyi ve yapımcısını desteklemeyi unutma: www.rsg.co.za
Nereden dinlenir?
Uygulamada podcast'ler Replaio Radio Çok yakındaPodcast'ler çok yakında uygulamaya geliyor. Şimdi yükle ve podcast'lere yepyeni bir bakışı ilk gören sen ol
Bölümler
ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 58 25.04.2022 12:38
Gysbert keer terug na hulle huis, en vertel Katinka dit was eintlik Tallie se vinger met sy trouring daaraan wat Gôgô vir haar gestuur het. Hester bieg teenoor haar pa dat sy lesbies is, en vra sy ondersteuning in haar liefde vir Alet. Denzil oefen met die stockcar en maak ‘n ongeluk toe Bianca opdaag.
ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 57 22.04.2022 15:35
Denzil bied aan om vir Diedie te help met geld vir die troue, deur vir hulle in ’n stockcar resies te gaan jaag. Hester daag by Alet op en nooi haar vir ’n romantiese ete. Lente vra Denzil om vir Bianca te vat om haar trourok te gaan aanpas, maar vertel nie sy ma van sy plan om stockcars te ry nie.
ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 56 21.04.2022 13:01
Denzil en Bianca keer terug van die rusoord, en trek in sy ma se huis om in te bly tot ná hulle baba gebore is. Katinka vra Lente om saam met haar te kom sodat hulle vir Gysbert by die aanhouhuis kan gaan haal. Gôgô moet dringend vir Tallie hospitaal toe vat nadat sy hand septies raak.
ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 55 20.04.2022 15:00
Katinka ontmoet met Gôgô en vertel hom sy gaan nie die R20-miljoen losprys vir Gysbert betaal nie. Janco nooi vir Mia om saam met hom na die rusoord in die Karoo te gaan. Gôgô stel aan Gysbert voor dat hulle sy vinger afsny en vir Katinka stuur om haar te kry om die losprys te betaal.
ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 54 19.04.2022 13:56
Lente wys vir Diedie die Jooste-huis se tuin, en hulle beplan waar en hoe Bianca en Denzil se troue gehou sal word. Katinka hou ’n afskeidspartytjie vir Mia, en is verras wanneer Mia ’n glas sjampanje in haar gesig gooi. Katinka besluit om die verkoop van hulle huis aan Susan Rademan terug te trek.
ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 53 18.04.2022 14:29
Gôgô vertel vir Diedie dat hulle Gysbert ontvoer het, maar dat hy nog moeiliker is as Katinka. Hy word die heeltyd saam met Tallie dronk word, en wil net rugby kyk. Janco vertel vir Alet dat hy terug na die rusoord in die Karoo gaan waar hy die 18-44 terapiekursus gaan aanpak. Gôgô stuur die losprysbrief vir Katinka.
ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 52 14.04.2022 13:59
Katinka konfronteer Mia oor haar verhouding met Gysbert, en vra haar om weg te bly van hulle gesin. Diedie ontmoet Lente en vertel haar dat hy klaar is met Gôgô se skelmstreke en vorentoe ’n ordentlike pa en oupa vir Bianca en Denzil sal wees. Alet lewer die getekende huiskoopaanbod by Katinka af.
ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 51 13.04.2022 14:57
Katinka vra Lente om vir haar Bianca se trourok te wys. Janco en Gysbert speel gholf, en Gysbert vertel hom van sy kuier saam met Katinka. Gysbert laat homself deur Gôgô ontvoer, en hulle daag by die aanhouhuis op waar Gysbert vir Tallie ontmoet. Janco konfronteer sy ma oor haar aborsie.
ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 50 12.04.2022 14:45
Hester konfronteer haar ma oor die baba se graffie in die agtertuin, en vind uit Katinka het destyds ’n skelm verhouding gehad en besluit het op ’n aborsie om hulle gesin te red. Gysbert vra Katinka om al sy meubels en besittings te verkoop, aangesien hy permanent gaan uittrek.
ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 49 11.04.2022 14:33
Alet besoek vir Susan en vertel haar dat sy oor haar liefdespyn met Kerneels is en nie meer terapiesessies wil bywoon nie. Lente stel Diedie voor ’n ultimatum dat hy sy vriendskap en betrokkenheid by Gôgô moet beëindig. Susan vra Lente om vir haar te kom werk wanneer sy die Jooste-huis gekoop het.
ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 48 08.04.2022 14:53
Hester konfronteer haar pa oor die baba wat in hulle agtertuin begrawe is, en is geskok as sy verneem dit was eintlik ’n aborsie wat haar ma gehad het. Gysbert ontmoet Gôgô in die parkie en bespreek die plan dat hulle hom moet ontvoer en R20-miljoen rand van Katinka eis.
ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 47 07.04.2022 12:43
Alet neem vir Susan om die Jooste-huis te besigtig, en Katinka is baie beïndruk met Susan se plan om die huis in ’n rehabilitasiekliniek te omskep. Alet vertel vir Hester die waarheid oor die graffie in haar ouers se agtertuin, wat Hester al die jare gedink het haar ma se oorlede katjie se graf is.
ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 46 06.04.2022 15:01
Alet vertel Katinka dat haar sielkundige, Susan Rademan, belangstel om hulle huis te koop want sy wil dit in ’n tegnologiese rehabilitasiekliniek omskep. Lente besoek Gysbert by die gastehuis, en lig hom in dat Gôgô beplan om hom te ontvoer. Katinka bied aan dat Lente die troue in hulle tuin hou.
ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 45 05.04.2022 14:11
Diedie en Gôgô is bang dat Mia en Lente hulle sal aangee by die polisie, en bedink ’n plan om hulle stil te kry. Lente gaan wys vir Diedie die trourok wat sy beplan om vir Bianca te koop. Diedie bied aan om vir die rok te betaal. Gôgô ontmoet Mia in die parkie, en dreig haar weer om stil te bly oor Gysbert.
ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 44 04.04.2022 14:15
Katinka keer terug, en Lente is verward oor wat aangaan want sy het gedink Katinka is deur Diedie en Gôgô ontvoer. Janco bespreek sy suster Hester met Susan en noem aan haar dat sy dink Hester stel eintlik in vrouens belang. Katinka vertel Janco dat Gysbert nou ook by die gastehuis woon.
ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 43 01.04.2022 14:57
Katinka maak Gôgô ’n beter aanbod in ruil daarvoor dat hulle vir Gysbert moet ontvoer, en haar vrylaat. Janco besluit om terug te keer van die rusoord. Gôgô bespreek die nuwe plan om vir Gysbert te ontvoer met Diedie. Alet verneem dat Susan die Jooste-huis wil koop om te omskep in ’n rehabilitasiekliniek.
ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 42 31.03.2022 14:13
Diedie ontmoet Gôgô in die parkie, en vertel hom dat hy dink Mia sal stilbly oor Katinka se ontvoering. Gôgô kla oor Katinka wat te veeleisend is, en hulle mal maak by die aanhouhuis. Mia en Lente besoek Gôgô se huis, en Lente konfronteer hom oor waar hulle vir Katinka aanhou.
ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 41 30.03.2022 13:35
Janco keer terug van sy sewe dae lange terapiesessie in die korbeelhuis by die rusoord, en bespreek sy plan met sy terapeut Susan Rademan om aandele in sy restaurant vir Denzil te gee. Mia vertel vir Lente dat Diedie onverwags opgedaag het by haar woonstel, en dat sy hom amper doodgeskiet het.
ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 40 29.03.2022 14:32
Alet besluit om terug te keer, en Hester vra of sy saam met haar kan ry aangesien Denzil die huurmotor wil hou om saam met Bianca ’n terapiekursus by die rusoord aan te pak. Lente konfronteer Diedie oor sy betrokkenheid by Katinka se ontvoering, en sy dreig om hulle aan te gee by die polisie.
ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 39 28.03.2022 15:59
Lente is bekommerd omdat Katinka nie die vorige aand huis toe gekom het nie, en wil by Gysbert weet of hy weer met Katinka stry gekry het. Mia word ontslaan uit die hospitaal, en Gysbert gaan haal haar. Lente ontmoet met Mia en vind uit dat Diedie en Gôgô haar gedreig het om stil te bly oor Katinka se ontvoering.
ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 38 25.03.2022 13:31
Denzil en Hester vind die rusoord, en kom af op ’n spul naak dansende mense wat onder begeleiding van dr. Gustav Lemmer besig is met ’n terapiesessie onder die volmaan. Lente is bekommerd oor Denzil by die rusoord en bel vir Hester wat haar inlig dat hulle gevang is vir onwettige toegang by die rusoord.
ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 37 24.03.2022 14:04
Diedie ontmoet vir Gysbert en vertel hom dat Gôgô nou in beheer van Katinka se ontvoering is, en dat hulle ’n nuwe losprys sal vra. Hester en Denzil arriveer in Sutherland en gaan doen navraag by die plaaslike kroeg oor waar die vreemde rusoord geleë is. Denzil raak aan die kuier by die kroeg…
ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 36 23.03.2022 14:01
Lente vra Gysbert om Denzil te keer om saam met Hester na die rusoord in die Karoo te gaan. Hester laat weet vir Alet dat sy ook rusoord toe kom om haar broer, Janco, daar weg te kry. Gysbert neem Denzil vir ’n rit met sy sportmotor, en vertel hom dat Denzil se ma bekommerd oor hom is.
ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 35 22.03.2022 13:58
Denzil verras Lente met ’n verjaarsdagontbyt. Hester vertel Denzil dat sy Sutherland toe gaan om haar broer te red uit die kloue van die vreemde terapeut, Susan Rademan, en dat Bianca ook by die rusoord is. Gôgô vra Diedie om hom te help om Katinka Jooste te ontvoer, en dat hy die losprys met hom sal deel.
ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 34 21.03.2022 13:46
Hester vertel haar ouers sy dink Janco is agter hulle eiendomsagent Alet aan na die rusoord in Sutherland, en dat hy moontlik verlief geraak het op haar. Gôgô vra Mia om hom te help om haar baas Katinka te ontvoer. Katinka is bekommerd dat Gysbert te veel rondsnuffel oor Mia se ongeluk.
Benzer podcast'ler
Replaio bir podcast yayıncısı değildir; program adları, kapak görselleri ve ses içerikleri yazarlarına aittir ve herkese açık RSS beslemeleri aracılığıyla dağıtılır