RSG

Middagvervolgverhaal

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Podcast'in sitesini ziyaret etmeyi ve yapımcısını desteklemeyi unutma: www.rsg.co.za

Yazar

RSG

Kategori

Arts

Podcast web sitesi

www.rsg.co.za

Son bölüm

6 Eki 2026

Nereden dinlenir?

Uygulamada podcast'ler Replaio Radio Çok yakında

Podcast'ler çok yakında uygulamaya geliyor. Şimdi yükle ve podcast'lere yepyeni bir bakışı ilk gören sen ol

Google Play'den indir Ücretsiz yükle Android 5 Mn+ indirme · 4,8 puan iOS yakında

Bölümler

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 7 01.07.2022

Die wending in Rossouw se gesondheid dwing Angie Nagel om ‘n nuwe staanplek vir sy karavaan te kry. Sy kry die wind van voor. Dennis September is vol goeie bedoelings, maar dit is geen waarborg vir die suksesvolle deurvoering van sy planne nie.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 6 30.06.2022

Soms stuur die verloop van die lewe mense op nuwe paaie, en is nuwe uitdagings aan die orde van die dag. Rossouw se ontvoering begin om van die inwoners in Wingerdsvlei se lewe beduidend te beïnvloed. Daar is skielik baie vrae, nuwe onsekerhede en uitdagings. Almal hanteer dit nie ewe goed nie.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 5 29.06.2022

Tersia Radlof huil oor haar flenterdroom. Sy is kwesbaar. Enige aanloklike aanbod kan maklik met haar kop smokkel. Buks Marais weet dit maar alte goed. Daarom aarsel hy nie om Tersia met ‘n baie aanloklike aanbod te konfronteer nie.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 4 28.06.2022

Die Maraislandgoed sou nie naastenby so goed presteer het, was dit nie vir sy voorslag voorman Dennis September nie. As Buks Marais sê “Spring!” vra Dennis “Hoe hoog, Meneer?” sonder ‘n woord teëspraak. Maar noudat Dennis vir Glennis de Bruyn by Kweek & Koffie raakgesien het, sluip daar soms aarseling in sy werksywer in. Hy sukkel om verby haar huis te ry, en dit kry hom spoedig in die moeilikheid...

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 3 27.06.2022

Die Maraislandgoed behoort aan die bekende wynmeester Buks Marais. Vandat sy vrou hom twee jaar gelede gelos en landuit is, is sy naam aan meer as een dame gekoppel. Maar in hierdie dae borrel die skindertonge oor net een naam: Sonja Radlof!

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 2 24.06.2022

Daar hang ‘n geur van hartseer in die hele Kweek & Koffie. Selfs die voëltjies in die tuin is minder opgewek. Andries Roux is nie die beste privaatspeurder in Wingerdsvlei nie, maar hy is die enigste een. En sy dienste word benodig.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 1 23.06.2022

Dis Wingerdsvlei se troue van die jaar. Tersia Radlof is ‘n prentjiesmooi bruid. Die kerk is vol gaste, dominee wag en die orreliste is reg om die troumars te speel. Al wat kortkom is Rossouw Rossouw, die ingenieur en dambouer. Hy het besluit om in sy karavaan by die dam aan te trek.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 40 (slot) 22.06.2022

Dit is tyd om afskeid te neem. Doep en Het praat oor die toekoms.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 39 21.06.2022

‘n Brutale voorval vind in Erlank se kantoor plaas, maar daar wag nog groter rampe op die mense van Verlangekraal.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 38 20.06.2022

Mart en Doep bespreek Het se toekoms, en hoe hulle haar kan help.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 37 17.06.2022

Het en van die kinders gaan see toe. Sal Het daar ook moeilikheid veroorsaak?

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 36 16.06.2022

Die Departement van Volkswelsyn gryp in. Mart begin met haar opvoedingsproses met Het.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 35 15.06.2022

Doep besluit om ondersoek in te stel na Het se huislike omstandighede.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 34 14.06.2022

Doep kry ‘n onverwagse en ontstellende aanbod.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 33 13.06.2022

Doep spreek Het aan oor die gedigte-skandaal, en sy maak ‘n belydenis. Sal Erlank hiervan uitvind?

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 32 10.06.2022

Terug van die see af, het meneer du Plessis ‘n resitasieklas. Maar daar gebeur weer iets oneerlik...

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 31 09.06.2022

Doep besluit om vir die vakansie see toe te gaan terwyl sy vrou Mart na haar siek ma in Uitenhage toe gaan. Doep besluit om Het en Fielies saam te neem, maar Doors staan in die pad.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 30 08.06.2022

Inspekteur Redelinghuyus neem waar terwyl meneer Erlank ‘n kongres bywoon. Hy moet die sjokolade-situasie hanteer. En dit raak lelik...

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 29 07.06.2022

Het besluit om vir meneer du Plessis iets present te gee, maar daar is erge gevolge.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 28 06.06.2022

Dis tyd vir die groot rugbywedstryd. Dawie is onseker, maar Doors dink Verlangekraal sal wen.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 27 03.06.2022

Doep kry blomme, maar dit gee aanleiding tot groot drama met Het.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 26 02.06.2022

Het verbeter skynbaar. Klein Mietie is verheug. Doep ook. Maar hoe lank sal dit duur?

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 25 01.06.2022

Doep en Erlank het ‘n geweldige konfrontasie oor Het, waarna Erlank drie seuns oormatig foeter.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 24 31.05.2022

Doep en Mart hou op die brug na Verlangekraal toe stil, maar dit lyk of meneer Erlank hulle agtervolg. Klein Mietie het ook iets te sê.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 23 30.05.2022

Wanneer Doep in sy klaskamer kom, wag die skok van sy lewe op hom.

Middagvervolgverhaal podcast'ini Replaio'da dinle

Radyo ve podcast'ler tek uygulamada - ücretsiz, kayıt gerektirmez. Bugün yükle ve lansmanı kaçırma

Google Play'den indir

Replaio bir podcast yayıncısı değildir; program adları, kapak görselleri ve ses içerikleri yazarlarına aittir ve herkese açık RSS beslemeleri aracılığıyla dağıtılır