RSG

Middagvervolgverhaal

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Podcast'in sitesini ziyaret etmeyi ve yapımcısını desteklemeyi unutma: www.rsg.co.za

Yazar

RSG

Kategori

Arts

Podcast web sitesi

www.rsg.co.za

Son bölüm

6 Eki 2026

Nereden dinlenir?

Uygulamada podcast'ler Replaio Radio Çok yakında

Podcast'ler çok yakında uygulamaya geliyor. Şimdi yükle ve podcast'lere yepyeni bir bakışı ilk gören sen ol

Google Play'den indir Ücretsiz yükle Android 5 Mn+ indirme · 4,8 puan iOS yakında

Bölümler

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 62 03.03.2023

Ampie oortuig Bart om Amos toe te laat om vir hulle te werk. ’n Ernstige woordewisseling ry Ampie se vooruitsigte op ’n aand se vrolike kuier in die wiele.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 61 02.03.2023

Haas en Elf is só dankbaar dat Bart hulle kleim vir hulle “gered” het, dat hulle Ampie en selfs Bart verras deur hulle optrede. Bart deel ’n geheim met Ampie wat hom baie ongemaklik laat voel. Amos sê vir Ampie dat Bart nog nie bevestig het of daar vir hom werk is nie, en Ampie belowe om met Bart oor die aangeleentheid te praat.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 60 01.03.2023

Haas en Elf boesem vrees en ontsag in onder die delwers, en Ampie is self baie lugtig ná hulle hom en Bart gedreig het. Frits kom stilletjies met Ampie praat, en vra hom om vier ekstra penne saam te vat om vir hom ook ’n kleim te gaan afsteek teen ’n pond se betaling. Kort ná die afsteek van die kleim, beleef Ampie egter die volle impak van Haas en Elf se dreigement. Bart maak ’n slim plan om die...

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 59 28.02.2023

Met die stormloop wat binnekort gaan plaasvind, wil Bart seker maak Ampie weet wat om te doen en waar om die kleim af te steek. Hy het selfs ’n paar tekkies vir Ampie gebring sodat hy nog beter en vinniger kan hardloop. Ampie vergaap hom aan twee baie groot delwers in groot jasse geklee, en lag toe hy hoor wat hulle name is.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 58 27.02.2023

In Hester-hulle se delwershuisie loop Ampie hom vas teen ’n vrou met ’n baba op die arm. Hy is stom verbaas toe hy besef wie sy is. Frits bring ’n bottel wyn uit die kamer waarin hy en Bart oomblikke tevore verdwyn het, en sê hy wil ’n glasie klink op ou vriendskap en voorspoed op Donkerpos. Frits bied ’n tweede glas aan, wat Ampie drink, maar dit gaan na sy kop! Annekie lag vir hom, maar Tys is v...

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 57 24.02.2023

In ’n hamerspel slaan Ampie die kop van hout só hard, dat Josh Eisen hom ’n sjieling betaal om te gaan. ’n Vrouestem por Ampie op sy naam aan telkens as hy die kop teen die klok geslaan kry. Hy is stom verbaas om uit te vind aan wie dié stem behoort.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 56 23.02.2023

Bart neem Ampie en Annekie op ’n bekendstellingstoer deur Donkerpos, maar dit blyk gou dat hy donker motiewe het. Tys neem Annie ernstig kwalik vir haar gevoelens oor hulle koms na die delwerye. Vergeet sy dan van sy Goddelike roeping om die verdwaaldes van Donkerpos te bekeer?

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 55 22.02.2023

Amos erken teenoor Tys dat hy wonder of hulle die regte ding gedoen het, want hulle ken mos net die plaaslewe. Tys verseker hom dat Bart alles weet. Hulle moet net op Bart vertrou. Annie skok Tys met haar gevoelens oor hulle besluit om Bart na Donkerpos te volg.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 54 21.02.2023

Amos gaan Elias groet die aand voor hulle vertrek na Donkerpos, en Elias vra hom om Ampie en sy gesin op te pas en om Bart nooit te vertrou nie. Kasper lug sy kommer oor Ampie teenoor Elias, en sê hy vertrou Bart nie. Op pad na Donkerpos is Ampie en Amos verstom oor die stofwolk oor die delwersdorp. Annekie hou nie van die plek nie, maar vra Ampie om Bart tog te vertrou soos sý haar broer vertrou.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 53 20.02.2023

Ampie wil nie toegee aan Bart om hom na die delwerye te volg nie, maar hy het nog één ander troefkaart toe selfs die diamant Ampie nie kon oortuig nie. Kasper is baie bekommerd oor Ampie en Annekie se toekoms. Bart gaan in die laaste klompie dae voor die familie se vertrek solank vooruit na Donkerpos.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 52 17.02.2023

Ampie is op pad om Kortkom en sy donkiekar te gaan verruil by ou mister Goldmann vir ’n fiets vir wanneer hy op die paaie gaan werk, toe hy Bart op sý fiets van voor af sien aankom. Bart voer ’n plan in die mou en wil sommer by Ampie en Annekie oorslaap sodat hy die baba kan sien. Wanneer Bart sy onfeilbare troefkaart met Ampie en Annekie speel, is Annekie dadelik beïndruk, maar Ampie bly lugtig.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 51 16.02.2023

Bart se sukses om sy ouers te oorreed om saam met hom na die nuwe delwerye te gaan, ry wipplank. Toe dit lyk of Tys steeds twyfel, vertel hy van die geestelike verval van die delwers wat Tys oortuig van sy Goddelike roeping. Annie wil nie van haar besittings verkoop om na die delwerye te gaan nie, die droogte en swaarkry ten spyt!

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 50 15.02.2023

Ná ’n paar opsies om te oorweeg, sê Ampie vir Kasper hy wil op die paaie gaan werk. Amos vra Bart of daar werk vir hom op die delwerye sal wees, en Bart gee hom hoop. Op Vlakplaas kry Bart ’n kille ontvangs van sy ouers, Bart en Annie. Maar dan speel Bart sy troefkaart.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 49 14.02.2023

Kasper sê vir Grieta hy glo hulle dra by tot Ampie en Annekie se verarming omdat hulle altyd ingryp wanneer Ampie in die nood is. Annekie oortuig Ampie dat Kasper ’n goeie plan het en dat sy bereid is om alleen agter te bly terwyl Ampie gaan werk.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 48 13.02.2023

Die droogte, swak oeste en algemene verarming in die land kry Kasper onder, en hy wonder of die delwerye regtig so ’n slegte keuse is. Amos sê vir Ampie hoe sleg dit op Vlakplaas gaan en dat hy saam met Tys-hulle delwerye toe gaan met die hoop om daar werk te kry. Kasper bespreek sy toekoms met Elias.

AMPIE (DEEL 2): DIE MEISIEKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 47 10.02.2023

Annekie soek raad by Tys, wat sê sy is verkeerd om te dink dit is onbybels of onchristelik om ’n naam anders as ’n familienaam te kies vir hulle eersteling. Ampie se emosionele gesprek met ou-Jakob laat Annekie van opinie verander.

AMPIE (DEEL 2): DIE MEISIEKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 46 09.02.2023

Tys spreek die wens uit om vir die delwers te gaan preek. Ampie en Annekie het die grond wat Kasper hulle gegee het, geploeg en vol geplant, maar Ampie voel dat Annekie iets vir hom wegsteek. Ná twee jaar in diens van Kasper Booysen, word Ampie se seun gebore, maar hy en Annekie kan nie ooreenkom op ’n naam vir hulle eersteling nie.

AMPIE (DEEL 2): DIE MEISIEKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 45 08.02.2023

Bart probeer Ampie oortuig om vir hom geld te leen, as sy sakevennoot, om na die delwerye te gaan. Tys neem ’n besluit wat hy nog sal berou, en Ampie wil die datum van sy en Annekie se troue bevestig.

AMPIE (DEEL 2): DIE MEISIEKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 44 07.02.2023

Ampie en Annekie is albei aangeneem, en nou staan niks meer in hulle pad om te trou nie. Nie eers Ampie belydenis dat hy steel en oneerlik is, skrik Annekie af nie. Sy vertel Ampie dat Flip Staander met sy hele gesin én skoonseun na die delwerye toe is! Bart nader Tys en Ampie met ’n besigheidsproposisie.

AMPIE (DEEL 2): DIE MEISIEKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 43 06.02.2023

Daar wag ’n skok op Annie Lombaard, en Ampie leer ’n paar dinge by Annekie omtrent die prosedure van ouersvra in die Lombaard-huishouding. Ampie skryf ’n “bekendmakingsbrief” vir Kasper en Grieta om hulle in te lig dat hy en Annekie amptelik gaan trou ná die week van katkisasie op die dorp en die aanneming.

AMPIE (DEEL 2): DIE MEISIEKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 42 03.02.2023

Annekie se nuus is vir Ampie ontstellend, maar sy praat hom moed in en bewys aan hom dat hy hom verniet bekommer. Bart kom met ’n sakegeleentheid na Ampie, maar Annekie waarsku hom teen haar broer. Asof Ampie nie genoeg spanning beleef het binne ’n kort tydsbestek nie, word hy boonop voor ’n reuse taak gestel ook.

AMPIE (DEEL 2): DIE MEISIEKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 41 02.02.2023

Annie is hewig ontsteld om te hoor dat Annekie en Ampie trouplanne het. Haar plan om Tys met die nuus te skok, misluk. Ampie kom baie vies met Kortkom by Annekie aan omdat die nuwe donkie nie wil nie loop nie en ook nie wil hoor nie. Hy vergeet egter gou van Kortkom se tekortkominge toe Annekie hom meedeel dat sy baie het om hom te vertel.

AMPIE (DEEL 2): DIE MEISIEKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 40 01.02.2023

Kasper gee vir Ampie ’n nuwe donkie, wat hy dadelik na ou-Jakob se kamp toe neem en hom die leviete voorlees. Annie sê baie bekommerd vir Tys dat Annekie en Ampie vry, maar Tys dink sy jaag spoke op. ’n Uitnodiging aan Annekie om saam met Annie klere heel te maak, maak haar dadelik agterdogtig.

AMPIE (DEEL 2): DIE MEISIEKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 39 31.01.2023

Kasper twyfel of daar enige ware erns is in die verhouding tussen Ampie en Annekie. Bart het baie planne vir die toekoms, en hy sal nooit sy lewe op ’n plaas versmaai nie. Annie probeer om Bart te laat erken dat daar iets aan die gang is tussen Ampie en Annekie, maar hy wil niks sê nie.

AMPIE (DEEL 2): DIE MEISIEKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 38 30.01.2023

Grieta gee haar dogter, Grietjie, se katkisasie-vraeboek vir Ampie omdat syne uitmekaar val. Ampie oorreed Kasper om vir hom populierstompe te gee waarmee hy meubels wil maak.

Middagvervolgverhaal podcast'ini Replaio'da dinle

Radyo ve podcast'ler tek uygulamada - ücretsiz, kayıt gerektirmez. Bugün yükle ve lansmanı kaçırma

Google Play'den indir

Replaio bir podcast yayıncısı değildir; program adları, kapak görselleri ve ses içerikleri yazarlarına aittir ve herkese açık RSS beslemeleri aracılığıyla dağıtılır