RSG

Middagvervolgverhaal

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Podcast'in sitesini ziyaret etmeyi ve yapımcısını desteklemeyi unutma: www.rsg.co.za

Yazar

RSG

Kategori

Arts

Podcast web sitesi

www.rsg.co.za

Son bölüm

5 Eki 2026

Nereden dinlenir?

Uygulamada podcast'ler Replaio Radio Çok yakında

Podcast'ler çok yakında uygulamaya geliyor. Şimdi yükle ve podcast'lere yepyeni bir bakışı ilk gören sen ol

Google Play'den indir Ücretsiz yükle Android 5 Mn+ indirme · 4,8 puan iOS yakında

Bölümler

DOR deur Anton Treurnich - Episode 10 29.09.2023

Die bakleiery by die stasie begin, en Rikus besef gou die weerstandsbeweging besig is om te verloor. Hy probeer vir Mia en Rachel red sodat hulle kan wegkom terwyl hulle nog kan. Maar waarheen? En wat van Caleb? Is hy saam met die ander doodgemaak?

DOR deur Anton Treurnich - Episode 9 28.09.2023

Max en Rachel wag by die stad se beheerkamer vir die trokke met die water om by die stasie aan te kom. Caleb, Mia, Lucia en Rikus lê die besending voor. Hulle besef gou dat daar baie meer van Staatsveiligheid se spesiale magte die besending vergesel as wat hulle gedink het. Maar hulle is te diep in om nou kop uit te trek...

DOR deur Anton Treurnich - Episode 8 27.09.2023

Mia kry die inligting wat Caleb nodig het oor die groot besending water wat op pad is na die treinstasie. Hulle vind uit dat Max Trighardt op hulle spoor is,m en dat sy nooit weer sal kan teruggaan na haar werk toe nie. Caleb en Rikus kom tot ‘n ooreenkoms. Rikus word deel van die weerstandsbeweging. Hulle almal moet regmaak om die groot waterbesending te kaap.

DOR deur Anton Treurnich - Episode 7 26.09.2023

Mia stel vir Lucia aan Caleb voor. Lucia wil ook help met die rewolusie, maar is daar vir haar ‘n plek in die gevaarlike groep? Max sit druk op Rikus om uit te vind wat Caleb se planne is.

DOR deur Anton Treurnich - Episode 6 25.09.2023

Mia besluit om deel te word van Caleb se ondergrondse weerstandsbeweging. Caleb het net een voorwaarde - dat sy haar werk hou. Hoekom? Max se generaal-baas wil resultate hê. Hulle moet van die terroriste begin arresteer. Max en Rachel vind uit dat daar ‘n groot watervrag vervoer gaan word. Sal die weerstandbeweging dit probeer kaap?

DOR deur Anton Treurnich - Episode 5 22.09.2023

Rikus en Caleb ontmoet mekaar. Rikus wil deel word van Caleb se ondergrondse beweging, maar Caleb kan nie so maklik oorreed word nie, tot Rikus vir Caleb iets aanbied waarvoor hy nie kan nee sê nie. Mia en Lucia is op die strand, en soos dit later word, besef Mia dat Lucia nie net daar is om van haar man se as ontslae te raak nie.

DOR deur Anton Treurnich - Episode 4 21.09.2023

Rikus besluit om saam met die polisie te werk as ‘n onderdekkingsagent. Lucia kry twee passe in die hande om see toe te gaan. Sy nooi vir Mia saam. Daar is ‘n klomp reëls waarby jy moet hou as jy see toe gaan, en Lucia is nie van plan om daarby te hou nie.

DOR deur Anton Treurnich - Episode 3 20.09.2023

Mia kan nie kontak maak met haar kinders in Australië nie. Sy kry ook nie toestemming om oor provinsiale grense te reis om haar ouers te sien nie. Sy begin daaraan dink om deel van Caleb se weerstandsbeweging te word. Max en Rachel soek iemand wat hulle kan gebruik om hierdie weetsandsbewegings te infiltreer. Hulle ontmoet vir Rikus Woest...

DOR deur Anton Treurnich - Episode 2 19.09.2023

Max en Rachel begin hulle soektog na waterterroriste. Caleb probeer Mia oorreed om deel te word van sy stryd teen die stelsel. Lucia het haar man onlangs verloor, en wil sy as in die see gaan strooi. Hiervoor sal sy die wet moet oortree. Sy het ‘n briljante plan om die pas te kry wat sy nodig het.

DOR deur Anton Treurnich - Episode 1 18.09.2023

Mia Fourie en haar buurvrou, Lucia Jones, bly in ‘n Suid-Afrika wat gebuk gaan onder die ergste droogte in die geskiedenis. Vir langer as twee jaar is daar ‘n noodtoestand en Vlak 5 waterbeperkings. Max Trighardt en Rachel de Caab is deel van die polisiemag wat die streng inperkings moet toepas. Ons ontmoet ook vir Caleb Mukkadiem, ‘n waterhandelaar, wat meer as net water verkoop.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Epiloog 15.09.2023

Die middagvervolgverhaal, Sestig Dae, se geheime is opgelos. Vind meer uit oor die karakters en die akteurs wat die rolle vertolk. Estel de Beer, senior regisseur: mandaat by RSG, het met van die akteurs in die storie gesels.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 60 14.09.2023

Die verloop van tyd het 'n helende uitwerking op al die karakters. Hulle kom bymekaar, en vang op.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 59 13.09.2023

Magda en Susan bespreek wat die vorige aand met Johan gebeur het. Susan is vasbeslote om ʼn nuwe paadjie te volg.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 58 12.09.2023

Johan bel vir Susan laat in die nag. Iets in sy stem klink nie reg nie, en Susan moet ʼn baie belangrike besluit neem.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 57 11.09.2023

Terwyl Tanya besig is om ʼn onderhoud met Lauren te voer, bel Richard met ontstellende nuus.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 56 08.09.2023

Die dag wanneer Bettie, Essie en Susan valskermspring breek uiteindelik aan. Wie sal waag en wie wil weghardloop?

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 55 07.09.2023

Susan en Lauren spandeer die dag saam. Hulle maak toekomsplanne en daag mekaar uit om beter te doen as wat hulle tot nou toe gedoen het.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 54 06.09.2023

Karl vra Richard om hom te kom sien waar hy in die hospitaal se hoësorgeenheid lê. Karl wil sy finale testament finaliseer.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 53 05.09.2023

Izel en Richard ontmoet. Richard probeer haar oortuig om haarself aan die polisie oor te gee. Izel verduidelik hoekom sy die geld gesteel het.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 52 04.09.2023

Richard, Tanya en Dennis kom bymekaar om na die ‘skoon’ opname van meneer X te luister. Dit word vinnig duidelik dat hulle na Izel se stem luister. Richard verduidelik hoe sleg dit ná die diefstal by Cilliers, Cilliers en Vennote gaan.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 51 01.09.2023

Richard besoek Karl by die hospitaal. Karl weier om enige verdere behandeling te aanvaar, en dobbel nou met sy lewe. Al die geld het uit die trustfondse verdwyn, en Izel is nêrens te vinde nie.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 50 31.08.2023

Susan en Essie is besig met inkopies toe Johan skielik sy verskyning maak. Susan kan hom nie oortuig om haar uit te los nie, en sy word gedwing om drastiese aksie te neem.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 49 30.08.2023

Tanya en Richard besluit uiteindelik op ‘n datum vir hulle troudag. Richard speel oop kaarte oor wat hy glo die nagevolge sal wees as meneer X suksesvol is in sy pogings om die trustfondsgeld te steel. Susan besoek Karl by die hospitaal. Die besoek het gevaarlike nagevolge vir een van hulle.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 48 29.08.2023

Dennis en Richard deel inligting oor die geheimsnnige meneer X, en wat hy met al die gesteelde geld sal doen as hy dit eers in die hande gekry het.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 47 28.08.2023

Susan besoek Richard op kantoor. Sy is vasbeslote om met die skeisaak voort te gaan. Richard verduidelik dat Karl in die moeilikheid is oor die geld wat uit die trustfondse verdwyn het. Susan hoor nou vir die eerste keer van meneer X en sy dreigemente.

Middagvervolgverhaal podcast'ini Replaio'da dinle

Radyo ve podcast'ler tek uygulamada - ücretsiz, kayıt gerektirmez. Bugün yükle ve lansmanı kaçırma

Google Play'den indir

Replaio bir podcast yayıncısı değildir; program adları, kapak görselleri ve ses içerikleri yazarlarına aittir ve herkese açık RSS beslemeleri aracılığıyla dağıtılır