Middagvervolgverhaal

RSG

Arts AF 3002 episodes

Where to listen?

Listen in your browser Replaio Web Available today
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon - install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Google Play'den indir

Install now - 5M+ downloads, 4.8 rating

Episodes

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 47 05.06.2026

Lisa en Shereen het ‘n gesprek oor die verlede, veral oor hoe Shereen van die plaas af weg is. Cindy maak ‘n besigheidsvoorstel aan David, wat hy nie sommer net kan ignoreer nie. Lisa vind die waarheid uit oor wie die meeste aandele in die Rooivallei-kelder besit.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 46 04.06.2026

Lucian en Regardt moet voorbrand maak op Bergplaas. Lucian en Delia kan net nie tot ‘n vergelyk kom nie. Lisa kom terug van die vakansiehuis af. Wolfgang het iets vir haar in sy testament gelos.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 45 03.06.2026

Amelia en Amanda kry die hotelkamer reg vir Delia en Cindy se gesprek. Anna konfronteer vir Cindy om haar kwaad en desperaat te maak. Almal hoop dat Delia vir Cindy kan kry om haarself te impliseer sonder dat sy iets agterkom, of is Cindy slimmer as wat hulle dink?

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 44 02.06.2026

Amanda kry vir Amelia om haar te help met Wolfgang se laaste wens. Amelia en Regardt het ‘n idee oor hoe Delia vir Cindy kan uitoorlê. Nou moet hulle vir Delia oorreed om te doen wat nodig is vir hulle plan om te werk.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 43 01.06.2026

Amanda is terug in die vallei om haar oom se hotel oor te neem. Haar oom het ‘n interessante laaste versoek gehad. Anna praat met Shereen oor haar dogter wat jare gelede verdwyn het. Anna probeer vir Shereen oorreed dat almal in die vallei moet saamwerk teen Robert, anders sal hulle alles verloor.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 42 29.05.2026

Die dames van die Rooivallei probeer Wolfgang se droom van ‘n groot Wynfees laat voortleef. Cindy sukkel om vir Robert in die hande te kry. Sy begin twyfel in Robert se plan. Delia bieg teenoor Shereen dat dit nie te goed gaan met haar en Lucian nie, dat sy alleen voel en al wou opgee en terugtrek stad toe.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 41 28.05.2026

Regardt probeer Delia oorreed om te baklei teen die aanklagte wat teen haar ingebring is. Shereen word deur Cindy ingesleep by die onderhandelings met die Bergplaas-mense. Regardt konfronteer vir Cindy, waar hy dit duidelik maak dat hy sy oog op Robert en op haar hou.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 40 27.05.2026

Bart ondervra Regardt oor sy verhouding met die Bergplaas-mense. Amelia gaan help vir Delia uit by die skool se voedingsprogram, en kom agter dat daar fout is met die aankope. Cindy se plan is om Delia te laat skuldig lyk aan diefstal.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 39 26.05.2026

Robert en Cindy moet ontslae raak van verdoemende getuienis. David probeer by Anna uitvind hoekom sy ma die plaas verlaat het. Cindy se plan met Delia en die skool is besig om vrugte af te werp. Dit kan baie gevaarlik vir Delia wees.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 38 25.05.2026

Robert probeer sy idee van grootskaalse ontwikkeling in die vallei aan Regardt verkoop. Bart vind uit daar was ‘n inbraak by die kelder, en by die skool ontmoet hy iemand wat hy dadelik op sy verdagtelys sit.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 37 22.05.2026

Bart gaan soek by David die video-opname van die pad voor die Kelder. Robert en Cindy besef dat die video-opname hulle in die vallei kan plaas die aand van die moord. Dit word ‘n jaagtog oor wie eerste die video kan kry.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 36 21.05.2026

Bart begin sy ondersoek na die dood van Wolfgang. Dadelik het hy ‘n paar mense warm onder die kraag oor die vrae wat hy vra. Regardt en Amelia het ‘n groot bakleiery oor wat in die verlede gebeur het. Anna het die eerste groot leidraad in verband met Wolfgang se moord.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 35 20.05.2026

Anna wil by Amelia weet waaroor sy en David so lekker gepraat het, en dan het hulle nog gedans ook. Lucian moet by die skool gaan seker maak dat daar nie nog slange is nie. David en Amelia gaan soek vir Wolfgang, en kom op iets afgryslik af.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 34 19.05.2026

Robert en Cindy besluit hulle moet oorgaan tot aksie en hulle planne in werking stel. Dis Anna se groot partytjie. Laataand wanneer almal huis toe gaan, is daar ‘n lokval wat wag op een van die partytjiegangers.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 33 18.05.2026

Anna nooi vir Regardt en Amelia na ‘n groot partytjie op die perdeplaas. Robert sit druk op Wolfgang om betrokke te raak by sy planne. Cindy begin om haarself in te grawe in die vallei.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 32 15.05.2026

Robert bring vir Cindy Peterson na die Rooivallei om hom te help om sy planne uit te voer. Sy is ’n harde, doelgerigte vrou wat amper enige iets sal doen om haar doel te bereik. Die Kelder hou ‘n raadsvergadering waar Regardt vir David wil laat afdank. David besluit om dit hand en tand te beveg. Wie sal wen?

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 31 14.05.2026

Amelia kom terug van die Kaap af, en Wolfgang probeer uitvind hoekom sy so vinnig Kaapstad toe moes gaan. Lucian probeer meer uit sy verhouding met Delia kry as net vriendskap, maar sy wil niks weet nie. David besef dat Regardt nou nog harder sal probeer om van hom ontslae te raak. Sal Amelia hiermee help?

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 30 13.05.2026

Shereen en Fred probeer om vir Robert uit te vang waar hy die seisoenswerkers betaal om te staak. David neem besluite oor Rooivallei se wyne. Sal hy die Bonnets kan oortuig van die waarde? Fred neem afskeid van die plaasskool wat hy vir soveel jare gedien het.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 29 12.05.2026

Shereen is besig om vrae in die gemeenskap te vra, en Robert is glad nie gemaklik daarmee nie. Shereen en Fred moet saamwerk aan ‘n plan teen Robert. Lucian en Delia probeer die voedingsprogram by die skool aan die gang hou. Dit bring hulle nader aanmekaar.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 28 11.05.2026

Shereen probeer vir Fred oorreed om op te staan teen die beskuldigings. Shereen vind by Lucian uit dat Robert Peck terug is op die dorp, en dit pla haar baie. Amanda kry die perfekte tafels vir die kelder se nuwe proelokaal.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 27 08.05.2026

Robert Peck het groot planne vir ‘n nuwe ontwikkeling in die vallei. Wolfgang weet dat dit die lewe vir die wynboere moeilik sal maak. Sal Wolfgang saam met Robert werk, of nie. Fred, die skoolhoof, kry baie druk van die Distrikskantoor, en dink daaraan om sy goed te vat en die skool net te los.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 26 07.05.2026

David oorlaai Amanda met nuwe verantwoordelikhede, en sy begin die druk voel. Robert Peck is een van die groot wynmakelaars in die omgewing, en hy het ‘n nuwe besigheidsvoorstel vir Wolfgang. Dit klink baie aanloklik, maar komende van Robert af is dit dalk net te goed om waar te wees.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 25 06.05.2026

Amelia gaan praat met David oor ‘n besluit wat sy moet neem - ‘n baie belangrike besluit. Shereen vind uit van die aantygings teen die hoof van die skool, en trek dadelik ‘n verband tussen die aantygings en die werkers wat staak. Daar is iemand agter al hierdie gebeure.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 24 05.05.2026

Regardt besoek die Bergplaas om oor valleisake te praat, maar ook meer uit te vind oor die jong vrou wat verdwyn het. Bart maak ‘n draai by die skool se kombuis. Daar is iemand wat die skool beskuldig dat hulle van die voedingsprogram se geld steel.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 23 04.05.2026

Bart en Amanda ontmoet mekaar vir aandete. Sy vind uit dat hy meer as net ‘n speurder is, en hy ontdek haar ware passies. Daar is iets aan die broei tussen die twee. Die seisoenwerkers in die Vallei gaan op ‘n staking, en David moet die situasie ontlont om die oes te red.

About the podcast

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Language

AF

Episodes

3002

Latest episode

10 Tem 2026

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up

Google Play'den indir

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.