RSG

Hoe verklaar jy dit?

Science AF ↓ 717 episodes

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap

Author

RSG

Category

Science

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

5 Tem 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Google Play'den indir Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Hoe verklaar jy dit? 20 Julie 2025 20.07.2025

Mense met sinestesie kan kleure sien wanneer musiek speel, of geure proe wanneer hulle sekere woorde hoor. Hoe word spieëlaanraking-sinestesie verklaar? Wat beïnvloed of veroorsaak temperatuur?

Hoe verklaar jy dit? 13 Julie 2025 13.07.2025

Wat gebeur in ‘n kameelperd se elelange nek en keel wanneer hulle water drink, en hoe affekteer hulle bene se posisie die drinkproses? Hoe werk aposematisme by insekte om d.m.v. kleure en geure roofdiere af te sit?

Hoe verklaar jy dit? 6 Julie 2025 06.07.2025

Hoe het die rotsluislang die ekostelsels in Suid-Afrika beïnvloed, en watter bewaringspogings is daar om hierdie spesie te beskerm? Hoekom is daar ‘n skielike toename in groot bruin motte in die Vrystaat?

Hoe verklaar jy dit? 29 Junie 2025 29.06.2025

By die Augrabiese Waterval is strepe teen die berg opgelet. Wat het die strepe veroorsaak? Kan ‘n troosmiddel (placebo) mense regtig beter maak, of is dit alles maar net in die persoon se kop?

Hoe verklaar jy dit? 22 Junie 2025 22.06.2025

Is dit waar dat daar tans geen teengif vir slangbyte in Suid-Afrika is nie? Hoe het water ontstaan op aarde?

Hoe verklaar jy dit? 15 Junie 2025 15.06.2025

Hoe haal die oranjelonglose-spinnekop asem as dit nie longe het nie? Is houtkewers gevaarlik vir mense? Sosialiseer insekte, en watter lesse kan ons uit hulle kommunikasie leer?

Hoe verklaar jy dit? 8 Junie 2025 08.06.2025

Wat presies is ekosisteemdienste, en hoe noodsaaklik is dit vir menslike welstand? Wat maak die Tambotieboom so ongelooflik?

Hoe verklaar jy dit 1 Junie 2025 01.06.2025

Wat is klipsweet, en watter rol speel dit in parfuum? Hoe is dit moontlik dat ‘n stralekrans om iemand se kop gevorm kan word, en wat is die presiese omstandighede om dit te kan vasvang?

Hoe verklaar jy dit? 25 Mei 2025 25.05.2025

Is dit waar dat spraak voor die genus Austrolopiticus nie moontlik was nie aangesien hulle in daardie stadium nie beskik het oor 'n tongbeen of hyoïdbeen nie? En, ons sit die gesprek oor inseksosialisering voort.

Hoe verklaar jy dit? 18 Mei 2025 18.05.2025

Op skool leer ons paddas lê eiers in stringe, maar dit is net waar vir een soort padda. Wat doen die ander paddas? Hoe het die poffadder sy unieke hittewaarnemende put ontwikkel?

Hoe verklaar jy dit? 11 Mei 2025 11.05.2025

Hoekom maak ‘n essenhoutboom geluide wanneer daar sap en skuim uit die stam gestoot word? Hoe beïnvloed die hoek van 'n oprit die beweging van 'n voorwerp wat daar afrol?

Hoe verklaar jy dit? 4 Mei 2025 04.05.2025

Hoekom word sekere bye meer aangetrek na die kos wat mense eet, eerder as na blomme? Wat is ASMR? Hoe  weet ons dit ontspan mense? Wat as dit eintlik die teenoorgestelde doen?

Hoe verklaar jy dit? 27 April 2025 27.04.2025

Hoe is dit moontlik dat voëls nooit met mekaar bots wanneer hulle in vlug is nie, veral as hulle in teenoorgestelde rigtings vlieg, en om hoeke by huise en geboue waar hulle nie kan sien wat aan die anderkant is nie? Waar kom al die wanpersepsies oor die swartmamba vandaan?

Hoe verklaar jy dit? 20 April 2025 20.04.2025

Wat is die mees fassinerende voorbeeld van insek-sosialiteit, en wat kan dit ons leer oor samewerking en kommunikasie by diere? Hoe kry 'n uitgebrande protea dit reg om ondanks sy of haar oorlye nog tekens van lewe te wys, soos lewende sirkels wat draai in ander nuwe sirkels, asof die sirkels oneindig is?

Hoe verklaar jy dit? 13 April 2025 13.04.2025

Hoe is dit moontlik vir ‘n perdeby om haar eiers in ‘n lewende spinnekop te lê en die spinnekop aan die lewe te hou? Waar hiberneer ‘n padda? As dit ondergrond is, hoekom spit meer mense nie paddas in die winter op nie?

Hoe verklaar jy dit? 6 April 2025 06.04.2025

Hoe is dit moontlik dat paddas oor die land, en tussen provinsies kan trek, en watter les kan ons daaruit leer Indien die aarde so vinnig draai, hoekom hoor ons nie die gesuis van wind in ons ore nie?

Hoe verklaar jy dit? 30 Maart 2025 30.03.2025

Het jy geweet dat voëls tande gehad het? Hoekom het hulle die tande verloor, en opgeëindig met ‘n snawel Waar kom kleremotte vandaan? Hoe kan mens ontslae raak van hulle sonder om naftaleen te gebruik?

Hoe verklaar jy dit? 23 Maart 2025 23.03.2025

Wat is die  korrekte manier om die stompneuskewer uit te roei? Ná ‘n smaaklike ete van hoendermagies, vra 'n luisteraar wat die doel van hierdie spiermaag is, en of ander diere ook sulke spiermae het?

Hoe verklaar jy dit? 16 Maart 2025 16.03.2025

Siende dat muskiete paddas toepak, kan paddas malaria kry? Wat is die rooi wurmpies wat gereeld uit die kraan uitkom saam met die water, veral op die platteland?

Hoe verklaar jy dit? 9 Maart 2025 09.03.2025

Hoe word klank veroorsaak of geskep, en wat presies vind plaas op daardie oomblik wanneer dit voortgebring word. Wat veroorsaak dat klank hard of sag is? Moet 'n huis met asbesplafonne en -mure gesloop word, of kan verf die gevare onder beheer hou?

Hoe verklaar jy dit? 2 Maart 2025 02.03.2025

Wat gebeur met paddavissies se sterte? Watter uitwerking het sonpanele op die veranderde weerspatrone wat ons deesdae ervaar?

Hoe verklaar jy dit? 23 Februarie 2025 23.02.2025

Ons vind meer uit van albino voëls, goudgeel wurmpies wat in vlieë woon, en bye se verslawing aan hoenderkos.

Hoe verklaar jy dit? 16 Februarie 2025 16.02.2025

Hoekom skree reënpaddas? Hoe bly die suurstofpersentasie in die atmosfeer konstant?

Hoe verklaar jy dit? 9 Februarie 2025 09.02.2025

Stel jou voor dat 'n Boeing 747 op 'n vervoerband staan, so breed en lank soos 'n aanloopbaan. Die vervoerband is ontwerp om presies by die spoed van die wiele te pas en in die teenoorgestelde rigting te beweeg. Kan die vliegtuig opstyg? Is dit waar dat krokodille nader verwant is aan voëls as aan akkedisse en slange?

Hoe verklaar jy dit? 2 Februarie 2025 02.02.2025

Die Aarde het ʼn wonderlike vermoë om homself te reguleer, en ons sien dit in die natuur, só is die mens nie skynheilig deur kwansuis die Aarde te wil regd nie? Vugtevliegies en muggies daag uit die bloute op in die kombuis as daar ryp vrugte is. Waar broei hulle, en wat is hulle aantrekkingssintuie?

Listen to the Hoe verklaar jy dit? podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up

Google Play'den indir

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.