Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
God se Woord VARS vir jou Vandag
JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.
Podcast'in sitesini ziyaret etmeyi ve yapımcısını desteklemeyi unutma: christianityworks.co.za
Yazar
Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Kategori
Podcast web sitesi
Son bölüm
1 Eki 2026
Nereden dinlenir?
Uygulamada podcast'ler Replaio Radio Çok yakındaPodcast'ler çok yakında uygulamaya geliyor. Şimdi yükle ve podcast'lere yepyeni bir bakışı ilk gören sen ol
Bölümler
Die Obsessie om te Beheer 06.02.2024 2:59
Send us Fan Mail 1 Petrus 4:7,8 Die einde van alles is naby. Daarom moet julle selfbeheers en nugter wees, sodat julle kan bid. Bo alles moet julle mekaar hartlik liefhê, want die liefde bedek baie sondes. Die beste manier om te verseker dat dinge, wat ook al daardie "dinge" is, uitwerk soos jy wil hê dit moet, is om dit self te beheer. Natuurlik is dit die antwoord. Beheer alles. Maar...
Die Drie Fases van Lewe 05.02.2024 2:46
Send us Fan Mail Matteus 6:19-21 Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie. Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.” Dit is ironies dat jou besittings jou baie maklik kan besit. Die dinge wat God...
Ken God se Wil 04.02.2024 2:48
Send us Fan Mail 2 Timoteus 3:16,17 Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om ons te onderrig, die verkeerde te weerlê, om ons tereg te wys en om die regte leefstyl by ons te kweek. Dit is God se manier om sy mense voor te berei vir hulle taak, ten volle toegerus vir elke goeie ding wat Hy wil hê hulle moet doen. Die enkele, grootste kwaal van Christene in baie dele van die wêreld, i...
Moenie die Vyand Aanbid Nie 03.02.2024 2:49
Send us Fan Mail Daniël 3:5,6 ’n Aankondiger het hardop uitgeroep: “Luister na dié bevel, alle volke, nasies en tale: Sodra julle die trompet hoor blaas en die fluit, siter, lier, harp en ander blaas- en musiekinstrumente hoor, moet julle neerval en tot die goue beeld bid wat koning Nebukadnesar laat oprig het. Enigeen wat nie neerkniel om dit te aanbid nie, sal dadelik in ’n vuurwarm oond gegooi...
Bepaal Jou Prioriteite 02.02.2024 2:59
Send us Fan Mail Handelinge 20:24 Al is my lewe kosbaar, ag ek dit van geen waarde as ek nie my lewenstaak en my bediening wat ek van die Here Jesus gekry het, kan klaarmaak nie: Om die Goeie Nuus te verkondig dat God mense liefhet sonder dat hulle iets hoef te doen om dit te verdien.(NLV) Hoe gereeld evalueer jy jou prioriteite? Hoe gereeld weeg jy hulle in jou kop en hart op, om jou te help besl...
Wag vir ‘n Deurbraak 01.02.2024 2:25
Send us Fan Mail Galasiërs 6:9,10 Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel. Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges. Om op enige terrein van jou lewe, waar jy 'n deurbraak nodig het, op God te wag, kan ondraaglik wees. En het jy opgelet dat hoe groter jou b...
Juig en Treur 31.01.2024 3:10
Send us Fan Mail Romeine 12:15 Lag en vier fees saam met elkeen wat bly is. Huil saam met elkeen wat hartseer is. (NLV) Hier is ontstellende navorsingsdata. Ons sal gemiddeld byna 17 jaar van ons lewens met ons neuse in ons selfone deurbring. Dit is 145 800 uur of 33% van ons wakker ure. Dit is ontstellend en laat jou kop duisel. Kom ons kyk net weer na daardie syfers. Oor 'n 24 uur periode...
Staak jou Geheime Sondes 30.01.2024 2:48
Send us Fan Mail Psalm 90:8 ...want U weet van al ons slegte dade. Selfs die verkeerde dinge wat ons vir U probeer wegsteek, is oop en bloot voor U.(NLV) Oor die jare het ek en jy al gesien hoe 'n hele paar prominente Christenleiers in sonde verval. En sonder uitsondering het hul ondergang ontstaan uit die een of ander geheime, verborge sonde. Daarin lê vir ons 'n belangrike les. As jy...
Die Here is Ewig 29.01.2024 2:52
Send us Fan Mail Psalm 90:1,2 Here, U was ons toevlug van geslag tot geslag. Voordat die berge gebore is en U die wêreld voortgebring het, van ewigheid tot ewigheid, is U God. Ons lewens bestaan hoofsaaklik uit daaglikse sleurwerkies. Ek sê nie dit is 'n slegte ding nie, dit is seker maar hoe die lewe is. Maar ons kan die risiko loop dat ons uiteindelik onder die onbeduidende klein dingetjie...
Die Here Kan Baie Meer Doen 28.01.2024 3:08
Send us Fan Mail Efesiërs 3:19,20 Dan sal julle Christus se liefde, wat alle verstand te bowe gaan, beleef. Mag julle heeltemal met die volheid van God vervul word. Hy moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra. (NLV) Elkeen van ons was seker al een of twee keer op moedverloor se vlakte. En as jy moed verloor, word jy...
Vestig Jou Hoop Op die Here 27.01.2024 2:36
Send us Fan Mail Efesiërs 3:18,19 Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God. 'n Vriend in nood is 'n vriend in dood. Ek sal só ‘n vriend op wie jy kan staatmaak; iemand wat deur dik en...
Die Here Maak Jou Innerlik Sterk 26.01.2024 2:48
Send us Fan Mail Efesiërs 3:16,17 Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. Het jy al opgelet hoe dit wil voorkom asof party mense geestelike krag het en vasbeslote is om deur die storms en orkane van die lewe te...
Die Here Gee Jou Krag 25.01.2024 2:55
Send us Fan Mail Habakuk 3:19 Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop. Ons benodig krag, spoed en behendigheid om probleme te hanteer. Dit is wat ons nodig het wanneer dinge teen ons draai, wanneer twis, verwarring en pyn uit alle rigtings ons bedreig. Gister het ons in die Ou Testament gesien hoe die profeet Habakuk, te...
Leef met Koersvaste Geloof 24.01.2024 2:56
Send us Fan Mail Habakuk 3:17,18 Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder. As die lewe maar net rosegeur en maanskyn was! As dinge maar net volgens pl...
Waar Vind ‘n Mens Rus? 23.01.2024 2:45
Send us Fan Mail Matteus11:28-30 Kom na My toe, julle almal wat moeg is en swaar laste moet dra, en Ek sal julle lewens verkwik. Neem my juk op julle skouers. Kom leer van My, want Ek is sag en nederig van hart, en julle sal rus en nuwe moed vir julle lewe kry. Want my juk sal sag op julle skouers rus en my las is lig om te dra.” (NLV) Watter beeld kom by jou op as ek die woord "rus" no...
Sal Jy Rus? 22.01.2024 2:52
Send us Fan Mail Matteus 11:28-30 “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.” Dit is 'n ware paradoks, 'n raaisel, dat jy steeds alles behalwe goed uitgerus voel, selfs wanneer jy dit regkry om genoeg rus, ge...
Word Deur die Heilige Gees Weer Gebore 21.01.2024 2:46
Send us Fan Mail Titus 3:5-7 Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee. God het die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort deur Jesus Christus ons Verlosser. So is ons dan deur sy genade vrygespreek en het ons erfg...
Los Jou Dwaasheid 20.01.2024 2:55
Send us Fan Mail Titus 3:3,4 Eens op ’n tyd was ons ook dwaas en ongehoorsaam. Ons was verlei en verslaaf aan baie begeertes en allerlei bose plesiere. Ons het ons lewens deurgebring in boosheid en jaloesie. Ons was haatlik en het mekaar gehaat. Toe het die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir mense verskyn. Nie een van ons hou daarvan om aan onsself as dwaas te dink nie en tog het ons...
Vervang Vrees Met Uitdaging 19.01.2024 2:52
Send us Fan Mail Psalm 18:4 -7 Ek het tot die Here geroep, Hy wat lofwaardig is, want Hy red my van my vyande. Bande van die dood omring my; strome van onheil oorweldig my. Bande van die dood draai my vas; strikke van die dood wag my in. In my angs het ek tot die Here geroep, tot my God geroep om hulp. In sy heiligdom het Hy geluister; my hulpgeroep het Hy gehoor. Ek wil graag vandag die woord: an...
Moenie jou Skaam oor Mislukkings Nie 18.01.2024 3:01
Send us Fan Mail 2 Timoteus 1:8 Jy moenie skaam wees om die boodskap van die Here te verkondig nie; en moet jou ook nie skaam vir my wat om sy ontwil 'n gevangene is nie. Inteendeel, dra jou deel van die ontberings vir die evangelie met die krag wat God jou gee. Mislukking is iets waaroor ons nie graag praat nie, want soos ‘kriptoniet’ vir Superman is, so is mislukking vreesaanjaend vir ons...
Jou Krag om Vrees te Oorwin 17.01.2024 2:42
Send us Fan Mail 2 Timoteus 1:5-7 Ek dink ook aan jou opregte geloof, dieselfde geloof wat al in jou ouma Loïs en in jou ma Eunice was, en wat, daarvan is ek oortuig, ook in jou is. Om hierdie rede herinner ek jou daaraan dat jy die genadegawe wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos 'n vuur weer moet aanblaas. Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig n...
Leef Jou Geloof Uit 16.01.2024 2:31
Send us Fan Mail 2 Timoteus 1:5,6 Ek dink terug aan jou opregte geloof. Eers het jou ouma Loïs en jou ma Eunice hierdie geloof gehad en – daarvan is ek seker – jy het dit ook. Dit is waarom ek jou daaraan herinner om die geestelike gawe, wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos ’n vuur aan te blaas. Hier is 'n tameletjie. As jy iemand is wat in Jesus glo, hoe weet jy dat j...
Sorg Dat Jou Geloof Eg Is 15.01.2024 2:58
Send us Fan Mail 2 Timoteus 1:5 Ek dink ook aan jou opregte geloof, dieselfde geloof wat al in jou ouma Loïs en in jou ma Eunice was, en wat, daarvan is ek oortuig, ook in jou is. Dit is 'n natuurlike menslike reaksie om in iets of iemand bonatuurlik te glo. Elkeen van ons gaan op 'n stadium na daardie "iets of iemand" om in te glo, soek; daardie "iets of iemand" om...
Moenie Wraak Neem Nie 14.01.2024 3:05
Send us Fan Mail Levitikus 19:17,18 Jy mag nie haatdraend wees teenoor jou volksgenoot nie. Maak die geskil openlik met hom uit, moenie wat hy verkeerd gedoen het, teen hom bly hou nie. Jy mag nie wraak neem of 'n grief koester teenoor jou volksgenoot nie, jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die Here. In 'n oomblik van woede, wanneer jy totaal oorbluf is oor die vreeslike onre...
Vergewe Iemand Wat Berou Toon 13.01.2024 2:43
Send us Fan Mail Lukas 17:1-4 Jesus het vir sy dissipels gesê: “Dit is onvermydelik dat daar dinge kom wat mense laat struikel. Maar ellende wag vir die mens wat die oorsaak daarvan is. So 'n mens kan eerder met 'n groot klip aan die nek in die see gegooi word as dat hy vir een van hierdie kleintjies 'n struikelblok word. Wees dus self op julle hoede. “As jou broer verkeerd optree,...
Benzer podcast'ler
Replaio bir podcast yayıncısı değildir; program adları, kapak görselleri ve ses içerikleri yazarlarına aittir ve herkese açık RSS beslemeleri aracılığıyla dağıtılır