Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
God se Woord VARS vir jou Vandag
JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.
Podcast'in sitesini ziyaret etmeyi ve yapımcısını desteklemeyi unutma: christianityworks.co.za
Yazar
Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Kategori
Podcast web sitesi
Son bölüm
1 Eki 2026
Nereden dinlenir?
Uygulamada podcast'ler Replaio Radio Çok yakındaPodcast'ler çok yakında uygulamaya geliyor. Şimdi yükle ve podcast'lere yepyeni bir bakışı ilk gören sen ol
Bölümler
God se Genade 08.05.2024 3:01
Send us Fan Mail 2 Korintiërs 5:21 Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees. So baie dinge in hierdie lewe vereis harde werk. Goeie huwelike werk nie vanself nie, dit verg moeite. Om kinders groot te maak, verg baie moeite. Loopbaanbevordering vereis … wel, jy verstaan wat ek bedoel, nè? Ek...
Wie is Jesus? Episode 5 07.05.2024 10:03
Send us Fan Mail Deesdae is wette oor die algemeen goed. Soms is hulle 'n dekselse irritasie. Maar stel jou voor as daar 'n wet daarteen was om iemand te help. Wat sal jy doen? Wat sou ek doen? Wat sou Jesus doen? Support the show Enjoying The Content? For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Je...
Hardloop die Resies 07.05.2024 3:01
Send us Fan Mail Hebreërs 12:1 Met so ’n magtige skare toeskouers rondom ons om ons in die wedloop van die geloof dop te hou – kom ons stroop alles af wat ons spoed kan vertraag, veral die sonde wat so maklik ’n houvas op ’n mens kry. Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê, (NLV) Daar is tye in elkeen van ons lewens wanneer ons lus is om tou op te gooi. Of dit nou...
Die Bose Diep in die Mens 06.05.2024 2:52
Send us Fan Mail Galasiërs 2:20 ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê. Daar is soveel boosheid in hierdie wêreld. Dink net aan mense met hul trots, selfsug en arrogansie. Wat van mishandeling, ge...
Moenie die Rooi Vlag Ignoreer nie 05.05.2024 3:16
Send us Fan Mail Matteus 10:16 “Onthou: Ek stuur julle soos skape tussen wolwe in. Wees dus versigtig soos slange en opreg soos duiwe. Ek dink ons sal saamstem dat dit 'n voortreflike eienskap is om die goeie in ander mense raak te sien, hul potensiaal te waardeer en om hulle so 'n bietjie genadig te wees wanneer hulle foutjies begaan - nie waar nie? Die gevaar is egter dat jy dit te ve...
Roei ‘n Geskindery Uit 04.05.2024 3:02
Send us Fan Mail Spreuke 11:13 'n Geskinder lap geheime uit; betroubare mense bewaar geheime. (NLV) Skinder het die mag om reputasies te verwoes. 'n Ou geruggie hier, 'n konfidensiële ou storietjie daar en voor jy jou oë uitvee, word die skinderstroompie ‘n magtige rivier. Wat dryf ons om deel van daardie dwaasheid te wees? En glo my, dis baie meer as net dwaasheid! Dit vernietig l...
Mei 2024 Nuusbrief 04.05.2024 4:11
Send us Fan Mail Laai die geskrewe nuusbrief hier af. Support the show Enjoying The Content? For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus! DONATE R50 MONTHLY
Moenie Klippe Gooi Nie 03.05.2024 3:07
Send us Fan Mail Johannes 8:7,10,11 Toe hulle aanhou om vrae te vra, het Jesus regop gestaan en vir hulle gesê: “Laat die een onder julle wat sondeloos is, die eerste een wees wat ’n klip na haar gooi.” Toe Jesus weer orent kom, het Hy vir haar gesê: “Vrou, waar is hulle heen? Het niemand jou veroordeel nie?” Sy het geantwoord: “Niemand nie, Meneer.” Jesus sê toe vir haar: “Ook Ek veroordeel jou n...
Een Blinde Lei ‘n Ander 02.05.2024 3:11
Send us Fan Mail Lukas 6:39,40 Jesus het toe die volgende voorbeeld gebruik: “Hoe kan ’n blinde persoon ’n ander blinde lei? Die eerste sal in ’n sloot val en die ander een saam aftrek.’n Leerling is nie belangriker as sy leermeester nie. Maar die leerling wat hard werk, sal net soos sy leermeester word. (NLV) Dis ‘n ernstige en gevaarlike situasie wanneer enigiemand hul vertroue in ‘n persoon of...
Wees Vrygewig 01.05.2024 2:40
Send us Fan Mail Lukas 6:38 As julle gee, sal julle ontvang. Julle gawe sal na julle terugkom in volle maat, ingestamp, geskud om plek vir meer te maak, tot oorlopens toe vol. Met watter maat julle ook al meet – klein of groot – dit sal gebruik word om te meet wat julle sal terugontvang.” (NLV) Gee jy om as ek jou 'n ietwat ongemaklike vraag vra? Hoe vrygewig is jy? Wat is jou eerste reaksie...
Wie is Jesus? Episode 4 30.04.2024 10:40
Send us Fan Mail Belasting. Ons almal betaal dit - dit is 'n feit van die lewe. Maar hoe sou ons in Jesus se tyd gevoel het as die tollenaars oneerlik was? Hoe sou dit gewees het as hulle belasting vir 'n vyand, die Romeine, ingevorder het, terwyl hulle onder die tafel hul eie sakke gevul het? Hoe sou ons dan oor belasting gevoel het? Support the show Enjoying The Content? For the price...
Die Straf Wat Jy Uitdeel 30.04.2024 3:11
Send us Fan Mail Lukas 6:37 Hou op om ander te oordeel, en julle sal nie geoordeel word nie. Hou op om ander te kritiseer, en julle sal nie gekritiseer word nie. As julle ander vergewe, sal julle vergewe word. (NLV). Hoe reageer jy op mense wat die verkeerde dinge doen? Hoe hanteer jy diegene wat jou seermaak; diegene wat nie van jou hou nie; diegene wat jou op een of ander manier verkleineer? Sê...
Die Vriendelikste Persoon in die Vertrek 29.04.2024 2:49
Send us Fan Mail Lukas 6:35,36 “Nee, julle moet ook julle vyande liefhê! Doen goed aan hulle! Leen aan hulle! En moenie bekommerd wees dat hulle julle dalk nie kan terugbetaal nie. Dan sal julle beloning in die hemel baie groot wees, en julle sal werklik optree as kinders van die Allerhoogste, want Hy is goed vir die ondankbares en die slegtes. Julle moet barmhartig wees soos julle Vader barmharti...
Langs die Weg van Goedheid 28.04.2024 3:07
Send us Fan Mail Spreuke 12:28 Die pad van die regverdige loop na die lewe; dit is nie ’n pad wat na die dood toe lei nie. Navorsing oor ‘n lang tydperk het bevind dat maatskappye wat langtermyn sukses ervaar, binne 'n gesonde morele raamwerk funksioneer. Hulle doen eerlike besigheid; hulle is ordentlik teenoor hul werknemers en kliënte, ensovoorts. Destyds toe ek en my sakevennote – almal v...
Moenie Lui Wees Nie 27.04.2024 3:11
Send us Fan Mail Spreuke 12:27 Die luiaard verroer nie ’n vinger om self kos te maak nie. ’n Hardwerkende mens gaan uit sy pad om kosbare besittings te versamel. Wanneer word ‘n behoefte aan rus, ons verskoning vir luiheid? Ja, ons weet dat ons almal moet rus van ons arbeid, maar daar is 'n fyn lyn tussen iemand wat ware rus nodig het en 'n lieplapper wat tot luiheid verlei word. Mense...
Moenie Verras Word Nie 26.04.2024 3:05
Send us Fan Mail Johannes 5:28,29 Moenie hieroor verbaas wees nie: daar kom 'n tyd wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor en sal uitgaan. Dié wat goed gedoen het, sal opstaan en lewe, en dié wat verkeerd gedoen het, sal opstaan en veroordeel word.” Die dood is ongelooflik finaal. Wanneer jy sterf, hou jy op om asem te haal, jou hart hou op met klop, jou bloed hou op met vloei,...
Die Versekering van Verlossing 25.04.2024 3:05
Send us Fan Mail Johannes 5:24 “Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan. Baie mense verstaan die enigste vereiste vir toegang tot die ewige lewe heeltemal verkeerd. Sommige sê, ek is nie so 'n slegte mens nie. Ek behoort reg te wees. Terwyl ander wonder,...
Die Krag van die Lewe 24.04.2024 2:53
Send us Fan Mail Johannes 5:20,21 Die Vader het die Seun lief en wys Hom alles wat Hy doen; en Hy sal Hom nog groter dade as hierdie wys, sodat julle verbaas sal staan. Soos die Vader die dooies opwek en lewend maak, so maak die Seun ook lewend wie Hy wil. Daar bestaan absoluut geen twyfel dat Jesus indrukwekkende wonderwerke gedoen het nie. Hy het die verlamdes laat loop; die blindes laat sien;...
Wie is Jesus? Episode 3 23.04.2024 11:17
Send us Fan Mail Soms kan ‘godsdiens’ ons soos melaatses laat voel. Uitgeworpenes. Onwaardig. Waardeloos. In Jesus se tyd was daar baie melaatses. Hulle was uitgeworpenes. Hoe het Hy hulle behandel? Support the show Enjoying The Content? For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus! DONATE R50 MONTHLY
Hoe om nie te Misluk Nie 23.04.2024 2:49
Send us Fan Mail Johannes 5:19 Jesus het daarop reageer: “Ek verseker julle, die Seun kan niks uit sy eie doen nie. Hy doen slegs wat Hy die Vader sien doen. Wat die Vader ook al doen, dit doen die Seun net so (NLV) Het jy al ooit dapper en entoesiasties besluit om in die geloof iets vir God te doen en ‘n volslae mislukking gemaak? Ek het ook al. En dan wonder ons hoekom God nie gehelp het nie. He...
Die Gevaar van Godsdienstigheid 22.04.2024 2:59
Send us Fan Mail Johannes 5 :16-18 Daarna het die Jode begin kyk of hulle Jesus nie in die moeilikheid kon bring nie, want hulle was baie ontevrede omdat Hy hierdie tipe ding op die sabbat gedoen het. Jesus het Homself verdedig: “My Vader werk reg deur tot nou toe, sabbat of nie. Net so werk Ek ook.” (DB) Dit is regtig merkwaardig, hoe maklik dit is om God se barmhartigheid en genade - alles wat...
Jou Voorbedagte Plan om te Sondig 21.04.2024 3:07
Send us Fan Mail Romeine 6:1,2 Wat moet ons nou hiervan sê? Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem? Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe? Elkeen van ons het so een swakheid, daardie één ou krakie in ons wapenrusting, daardie één ou sondetjie … wat gereeld terugkom om by ons te spook om ons geloofsreis te ontspoor. Jy weet waarskynlik reeds wat j...
Wees Vriendelik,Vrygewig en Regverdig 20.04.2024 2:55
Send us Fan Mail Psalm 112:5,6 Dit is 'n goeie mens wat hom ontferm en wat uitleen en in al sy sake reg optree. Die regverdige sal nooit wankel nie, hy sal altyd onthou word. Ek dink dit is deesdae baie maklik om Christenskap so maklik ‘geestelik’ te maak. Mense word so ingetrek deur liedjies te sing en mense op die rug te slaan – loof die Here, broer – dat ons vergeet dat liefde, beide &apos...
Wanneer Jy Skuldig Is 19.04.2024 3:07
Send us Fan Mail Deuteronomium 22:8 “Wanneer jy 'n nuwe huis bou, moet jy 'n reling rondom die dak aanbring sodat jy nie met jou huis iemand se dood veroorsaak as hy van die dak af val nie. In die meeste lande is beroepsgesondheid en -veiligheid ‘n groot saak. En dit is billik, want op plekke waar dit nie ‘n prioriteit is nie, gebeur daar uiteindelik verskriklike dinge met die werkers....
Watter Soort Buurman is Jy? 18.04.2024 2:48
Send us Fan Mail Deuteronomium 22:1,2 Jy mag jou nie blind hou wanneer jy 'n verdwaalde bees of skaap van jou volksgenoot sien nie. Jy moet dit na hom toe terugvat. As hy nie naby jou bly nie of as jy hom nie ken nie, moet jy die dier na jou huis toe vat, en dit moet daar bly tot hy dit kom soek. Dan moet jy dit vir hom teruggee. Bure het 'n snaakse manier om jou geduld te beproef. Of d...
Benzer podcast'ler
Replaio bir podcast yayıncısı değildir; program adları, kapak görselleri ve ses içerikleri yazarlarına aittir ve herkese açık RSS beslemeleri aracılığıyla dağıtılır