Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

God se Woord VARS vir jou Vandag

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.

Podcast'in sitesini ziyaret etmeyi ve yapımcısını desteklemeyi unutma: christianityworks.co.za

Yazar

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Kategori

Religion

Podcast web sitesi

christianityworks.co.za

Son bölüm

1 Eki 2026

Nereden dinlenir?

Uygulamada podcast'ler Replaio Radio Çok yakında

Podcast'ler çok yakında uygulamaya geliyor. Şimdi yükle ve podcast'lere yepyeni bir bakışı ilk gören sen ol

Google Play'den indir Ücretsiz yükle Android 5 Mn+ indirme · 4,8 puan iOS yakında

Bölümler

Die Resep Vir Vrede (3) 16.08.2024

Send us Fan Mail Kolossense 3:15 En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar.  Watter gedagtes oorheers jou denke? Wat beïnvloed jou gedrag en persoonlikheid? Die meeste mense sal sê … hul omstandighede, die mense rondom hulle en die posisies waarin hulle hulself bevind...

Die Resep Vir Vrede (2) 15.08.2024

Send us Fan Mail Kolossense 3:12-14 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte ee...

Die resep Vir Vrede (1) 14.08.2024

Send us Fan Mail Kolossense 3:12,13 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.  Soveel dinge in die lewe kan jou van jou vrede beroof. Maar bo-aan die lys is me...

In die Oog van die Storm 13.08.2024

Send us Fan Mail Psalm 46:2-4,11 God is vir ons 'n toevlug en 'n beskerming; Hy was nog altyd bereid om te help in nood. Daarom is ons nie bang nie, al gee die aarde pad, al skuif die berge tot in die dieptes van die see, al druis en skuim die waters van die see al skud die berge deur sy onstuimigheid.… Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde.  Dinge wat met...

Hoe Om ‘n Leuen Uit Te Ken 12.08.2024

Send us Fan Mail Johannes 8:31,44 Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; 32en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”… Julle is kinders van die duiwel; hy is julle vader, en julle wil doen wat julle vader wil hê julle moet doen. Hy was van die begin af 'n moordenaar. En hy staan nie aan die kant van...

Hoe Dikwels Kla Jy?? 11.08.2024

Send us Fan Mail 1 Korintiërs 10:10,11 En moenie mor soos sommige van hulle nie, want dit is die rede waarom God die doodsengel gestuur het om hulle dood te maak. Al hierdie dinge het met hulle gebeur as ’n voorbeeld vir ons, en is neergeskryf om ons te waarsku – ons wat hier teen die einde van die wêreldgeskiedenis leef. (NLV)  Daar is niks erger as 'n neulkous nie. Is daar? Iemand wat gedur...

Onrealistiese Verwagtinge 10.08.2024

Send us Fan Mail Johannes 16:33 Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.”  Sê my, watter begeertes koester jy vir jou onmiddellike toekoms? Jy het ongetwyfeld 'n paar goeie dinge in gedagte, nè? Dalk wil jy ontsnap van die druk en probleme van elke dag? Maar dinge werk nie altyd so uit nie, of...

Reis Vinnig of Reis Ver 09.08.2024

Send us Fan Mail Spreuke 27:17 Yster slyp yster, vriende vorm mekaar. Spanwerk word orals opgehemel. Oral waar jy kyk – in suksesvolle maatskappye, sportspanne, kerke, gesinne... Dit is 'n wonderlike konsep, maar my maat, daardie mense in my maatskappy/kerk/gesin kan so 'n pyn in die nek wees! Die probleem met spanwerk is dat ons almal uit verskillende perspektiewe na sake kyk. En dan, w...

Wat Sal God Nie Seën Nie? 08.08.2024

Send us Fan Mail Jesaja 59:1,2 Die arm van die Here is nie te kort om te help nie en sy oor is nie te doof om te hoor nie. Dit is julle oortredinge wat skeiding gebring het tussen julle en julle God, dit is julle sondes wat maak dat Hy Hom nie aan julle steur nie en nie na julle wil luister nie.  Daar is tye in die lewe wanneer God 'n miljoen kilometer ver weg voel. En dit is 'n ontstell...

Hoekom Aan Heilgheid Werk? 07.08.2024

Send us Fan Mail 1 Petrus 1:14-16 Wees gehoorsaam aan God, want julle is sy kinders. Moenie weer soos vroeër julle natuurlike neigings die oorhand laat kry nie. Julle het destyds nie van beter geweet nie. Soos Hy wat julle geroep het heilig is, moet julle in julle hele lewenswandel ook heilig wees. Hy het immers self gesê: “Wees heilig, want Ék is heilig!” (NLV) Om deugsaam te wees en goed te doen...

Is die Bybel ‘n Feëverhaal? 06.08.2024

Send us Fan Mail Jesaja 55:10,11 Reën en sneeu kom uit die hemel, en dit gaan nie daarheen terug nie. Dit maak die aarde nat om die plante te laat bot en vrugte te laat dra sodat daar saad is om te saai en brood om te eet. Net so is dit met die woord wat uit my mond kom: Dit sal nie leeg na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek verwag en die doel bereik waarvoor Ek dit gestuur het. (NLV) ...

Wanneer Gebrokenheid ‘n Seën Word 05.08.2024

Send us Fan Mail Jeremia 17:14 Here, U alleen kan my gesond maak. U alleen kan my red. U alleen prys ek! (NLV)  Was jy al ooit op moedverloor se vlakte? Het jy al ooit gevoel dat iets nie reg is nie; dat jy net nie meer krag oor het om al die probleme wat na jou kant toe kom, te hanteer nie?   Ons praat nie te veel daaroor nie … maar in die in-mandjie van my rekenaar is daar al hoe meer artikels s...

Untitled Episode 04.08.2024

Send us Fan Mail 1 Kronieke 28:10 En jy, Salomo... Besef nou dat die Here jou gekies het om 'n gebou as heiligdom op te rig. Pak nou die werk aan en doen dit!”  Ons het almal hoop en drome. Eendag droom ons hieroor … en dan daaroor… En dit is 'n goeie ding. 'n Baie goeie ding. God werk kragtig deur daardie drome van ons. Maar eendag word dit tyd om hand aan die ploeg te slaan. Dit i...

Untitled Episode 03.08.2024

Send us Fan Mail 1 Kronieke 28:9 En jy, Salomo, my seun, jy moet die God van jou vader ken en Hom dien met jou hele hart en met 'n gewillige gemoed, want die Here ondersoek alle harte en ken die bedoeling van elke gedagte. As jy na Hom vra, sal Hy Hom deur jou laat vind, maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verwerp.  Het jy al ooit beleef hoe iemand iets teen sy sin vir jou doen? Dit...

Jou Krag Kom van die Here 02.08.2024

Send us Fan Mail Psalm 62:11,12 Moenie vertrou op afpersing of valslik trots wees op rowery nie. En as jou rykdom vermeerder, moenie dat jou lewe daarom draai nie. God het duidelik gepraat, ek het dit telkens gehoor: die mag behoort aan God, (NLV)  Daar is tye in die lewe wanneer dit, ten spyte van ons beste pogings, met baie energie en toewyding van ons kant af, lyk asof dinge net nie wil uitwerk...

Moenie Gevang Word Nie 01.08.2024

Send us Fan Mail Spreuke 29:25 As jy vir mense bang is, kan jy in 'n strik beland, maar as jy jou vertroue in die Here stel, is jy veilig.  Jy weet hoe ‘n angswekkende ervaring dit is om iewers vasgevang te wees! Stel jou voor dat jy vasgevang is in die kajuit van 'n sinkende skip. Stel jou voor dat jy iewers ondergronds vasgevang is. Stel jou voor … Nou nie ’n baie vrolike gedagte nie,...

As Jy Twyfel 31.07.2024

Send us Fan Mail Klaagliedere 3:22-24 Deur die Here se troue liefde is ons nie doodgemaak nie. Hy hou nooit op om vir ons om te gee nie. Sy genade het geen einde nie. Op u ontferming kan ’n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut. Ek sê vir myself: “My lewe behoort aan die Here. Daarom vertrou ek op Hom.” (NLV)  Sal jy vandag saam met my terugreis in tyd? Onthou jy daardie onverwagte kinkels e...

Die Onsin van die Kruis 30.07.2024

Send us Fan Mail 1 Korintiërs 1:18,19 Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God. Daar staan tog geskrywe: “Die wysheid van die wyses sal Ek vernietig, en die geleerdheid van die geleerdes sal Ek tot niet maak.”  Kan ek jou vandag ‘n bietjie vra: hoe slim is jy? En terwyl jy terugdink aan jou lewe: hoe lyk jou...

Hou op om te Argumenteer 29.07.2024

Send us Fan Mail 1 Korintiërs 1:10-13 En nou, broers en susters, pleit ek by julle in die Naam van ons Here Jesus Christus om eendragtig saam te staan – één in julle oortuigings. Daar mag nie groepvorming onder julle wees nie. Julle moet van harte saamstem in julle denke en in julle visie. Lede van die huisgesin van Chloë het aan my vertel, my broers en susters, dat daar allerlei struwelinge onder...

God Is Getrou 28.07.2024

Send us Fan Mail 1 Korintiërs 1:9 God sal dit beslis vir julle doen, want Hy hou altyd by sy woord. Dit is tog Hý wat julle geroep het om in hierdie wonderlike persoonlike verhouding met sy Seun, Jesus Christus ons Here, te deel.  Alhoewel die onderwysstelsel deesdae so baie verander het, geld die konsep van slaag of druip steeds. Jy haal die paal óf jy haal dit nie. Jy slaag en kry daardie stuk p...

Hy Sal Jou Laat Volhard 27.07.2024

Send us Fan Mail 1 Korintiërs 1:8 Hy sal julle enduit vas laat staan sodat, op die groot dag wanneer ons Here Jesus Christus terugkom, geen vinger na julle gewys sal kan word nie. (NLV)  Volharding klink na harde werk, nè? Dis nie iets waarvan ons so baie hou nie, want dit spreek van lyding en beproewing om tot aan die einde deur te druk. Wie het dít nou nodig? Nie jy nie, nie ek nie, of hoe sê ek...

Jy het So Baie Ontvang 26.07.2024

Send us Fan Mail 1 Korintiërs1:7 Gevolglik ontbreek dit julle aan geen enkele genadegawe nie en sien julle gretig uit na Jesus Christus ons Here se verskyning by sy wederkoms. (NLV)  Sommige mense hou vreeslik baie daarvan om geskenke te ontvang - dis hoe hulle gemaak is. Dit is hulle liefdestaal; dit is die manier waarop hulle liefde en toegeneentheid ontvang. Ander mense is nie so erg daaroor ni...

Jy is Geseënd 25.07.2024

Send us Fan Mail 1 Korintiërs 1:4-6 Ek sê voortdurend vir God dankie vir julle, want Hy het julle, omdat julle met Christus Jesus verenig is, met genade oorlaai. Deur Hom het God julle in elke opsig ryk gemaak – ryk in elke vorm van welsprekendheid en kennis. Op hierdie manier is my boodskap aangaande Christus onder julle bevestig. (NLV) Kom ons wees eerlik. Daar is tye wanneer nie elke dag Krismi...

Guns en Vrede Vir Jou 24.07.2024

Send us Fan Mail 1 Korintiërs 1:3 Mag die genade en vrede van God ons Vader en die Here Jesus Christus met julle wees. (NLV)  Wanneer jy iemand raakloop wat jy lanklaas gesien het, hoe groet jy hulle? Of wanneer jy vir iemand 'n brief stuur (deesdae, waarskynlik 'n e-pos of ‘n teksboodskap), hoe sal jy dit afskop? Die Nuwe Testament bestaan hoofsaaklik uit 'n versameling briewe wat...

Jy is Uitgekies 23.07.2024

Send us Fan Mail 1 Korintiërs 1:2 Ons skryf aan die gemeente van God in Korinte, julle vir wie God deur Christus Jesus vir Homself afgesonder en geroep het om sy eie mense te wees. En verder skryf ons ook aan almal, waar hulle ook al mag wees, wat Jesus Christus ons Here aanbid. (NLV)  Ek wonder hoe dit vir 'n sportman of -vrou moet voel om gekies te word om hul land tydens 'n internasio...

God se Woord VARS vir jou Vandag podcast'ini Replaio'da dinle

Radyo ve podcast'ler tek uygulamada - ücretsiz, kayıt gerektirmez. Bugün yükle ve lansmanı kaçırma

Google Play'den indir

Replaio bir podcast yayıncısı değildir; program adları, kapak görselleri ve ses içerikleri yazarlarına aittir ve herkese açık RSS beslemeleri aracılığıyla dağıtılır