Waldo Krugell

Die ekonomie minuut

Soos om 'n stemnota van die ekonomie te kry. Aanwysers, ontleding en kommentaar oor alles wat in die Suid-Afrikaanse ekonomie aangaan.

Yazar

Waldo Krugell

Kategori

Business

Podcast web sitesi

www.ekonomieblog.me

Son bölüm

10 Tem 2026

Nereden dinlenir?

Uygulamada podcast'ler Replaio Radio Çok yakında

Podcast'ler çok yakında uygulamaya geliyor. Şimdi yükle ve podcast'lere yepyeni bir bakışı ilk gören sen ol

Google Play'den indir Ücretsiz yükle Android 5 Mn+ indirme · 4,8 puan iOS yakında

Bölümler

Oor voedselprysskokke 31.03.2026

Ek moes gister noodgedwonge by ʼn plek wag en luister toe na hoe mense gesels oor hulle bekommernis oor die brandstofprys en voedselprysinflasie. Hulle is dit eens datR1000 nie meer veel kruideniersware koop nie. Die een ou het later wel gesê dat hy moet by al drie etes ʼn dag vleis eet, en verduidelik waar kry mens lekker t-been kan kry, ‘maar jy gaan moet betaal’. Dit het my laat dink dat terywl o...

Moet nie met prysseine mors nie 27.03.2026

Ons staar volgende week reuse brandstofprysverhogings in die gesig. Dit lyk soos amper R6 per liter petrol en meer as R10 per liter diesel. Daar was menigte oproepe om die impak hiervan te versag deur die vehogings in die brandstofheffing en koolstofbelasting uit te stel, of selfs te skrap. Die styging in die heffings is saam 21 sent per liter. Ek sien nie so vinnig ʼn betroubare raaiskoot van hoev...

Pryselastisiteit 24.03.2026

Met 20% van die wêreld se olie-aanbod is aan die verkeerde kant van die Straat van Hormuz, is dit tyd om te praat oor die pryselastisiteit van vraag.

Voedselpryse, hongerte, en strukturele hervorming 20.03.2026

Op 'n tydstip dat ons bekommerd is oor 'n brandstofprysskok wat tot inflasie lei, spesifiek voedselinflasie, het die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie die eerste tweedae van 'n nasionale ondersoek na Suid-Afrika se voedselstelsel op 13–14 Maart by die Nelson Mandela-stigting in Johannesburg gehou. Volgens die 2024 Huishoudingopname het ongeveer 14 miljoen Suid-Afrikaners daardie jaar honger bed...

Die olieprysskok, inflasie, en Japan 1973 17.03.2026

Die nuus gaan op die oomblik oor Israel en die VSA oorlog met Iran en Iran se oorlog met die wêreldekonomie. Die olieprysskok gaan lei tot inflasie en jou arm maak, lei dieeen opskrif. Die is nie onmoontlik nie, maar daar is baie dinge wat ons nie verseker weet nie.

Bekostigbaarheid 13.03.2026

Suid-Afrikaners staar moontlik die grootste maandelikse brandstofprysverhoging in die geskiedenis in die gesig wanneer April aanbreek. Die Midde-Ooste-konflik hetBrent-ru-olie al verby $115 per vat laat styg — hoewel dit die week darem onder $100 gebly het. Voeg daarby 'n rand-dollar-wisselkoers tussen R16,50 en R16,80  en nuwe brandstofbelastingverhogings van 21 sent per liter vanaf 1 April,...

BBP syfers en drywers van groei 10.03.2026

Met die vierde kwartaal BBP-syfers wat later vandag bekend gemaak word, gaan ons hoor dat die ekonomie wel in 2025 gegroei het, maar veels te stadig om werk te skep ofarmoede te verminder. Ekonome is dit eens dat hervormings nodig is om die groeikoers te verhoog, maar presies hoe moet daardie hervormings lei tot ekonomiese groei? Ek het die afgelope week ʼn interessante konferensie van Economic Res...

Die res van die aanwysers 06.03.2026

Kom ons vergeet vir n oomblik van die oorlog in Iran. Hoe gaan dit andersins met die ekonomie?

Oorlog, olie, en alles anders 03.03.2026

Die VSA en Israel se aanval op Iran is hoofnuus op die oomblik. Die ekonomiese impak is reeds sigbaar in die hoër olieprys en swakker rand dollar wisselkoers. Hoe kan dit verder uitspeel?

Hoekom jy positief kan wees oor die Begroting 27.02.2026

Ek sal enige dag na ʼn vervelige Begrotingrede luister. Na al die opwinding van 2025 was die week se rede rustig, maar behalwe vir al die interessante besonderhede in die Begroting is die vraag wat ons moet vra of Minister Godongwana gewys het dat hy by sy plan hou.

Begrotingsvooruitskouing 2 24.02.2026

Welkom terug. Hierdie is deel 2 van die begrotingsvooruitsigte en ek fokus op die rand-en-sent-vraevan Woensdag se Begroting: waar spandeer die regering die geld, en waar kom dit vandaan?

Begrotingsvooruitskouing 1 20.02.2026

Volgende week lewer Minister Godongwana sy 2026-Begrotingsrede — en as jy slim wil klink by die braai, hier is jou notas. Hierdie episode gaan oor die makro-prentjie.

Rentekoste van die staatskuld 17.02.2026

Die groot tema van volgende week se Begrotingsrede gaan oor die volhoubaarheid van Suid-Afrika se fiskale posisie. Meer eenvoudig gestel, ons vermoë om die rente op diestaatskuld terug te betaal en geld oor te hê vir enige iets anders. Dit is hoekom rentekoerse op staatskuld nou in die nuus is.

Lesse te leer by die bloubessies van Peru 13.02.2026

Die afgelope week was landbou uitvoere in die nuus. Die 2025 syfers lyk goed, ten spyte van die VSA se tariefoorloë en die uitdagings by Kaapstadhawe. Daar is ook inisiatiewe omuitvoer na Sjina en Suid-Korea te verhoog. So sien ek ook ʼn interessante storie oor hoe Peru die wêreld se grootste uitvoerder van bloubessies geword het.

Wat gaan aan met Bitcoin? 10.02.2026

Soos wat ekonome altyd sê is markte wisselvallig, maar na die onlangse bekommernisse oor sagteware maatskappye is dinge nou so bietjie rustiger. Die JSE se ALSi is steeds ʼn goeie 5000 punte laer as wat dit einde Januarie was, die rand lê netso onder R16 per dollar, en goud rondom $5000 per fyn ons. Die vraag is hoekom die waarde van Bitcoins so val?

Die week se ekonomiese nuus 06.02.2026

AGOA, PMI, brandstofpryse, aandelemakrte en volgende week se nuwe data...

Die markte hou kommentators nederig 03.02.2026

Net toe die storie van ʼn swakker dollar, hoë goudprys, sterker rand, laer olieprys en sterk beurse te goed klink om waar te bly het markte Vrydag kommentators nederig gehou. Aandelebeurse se indekse is laer, die rand verhandel weer bo R16 per dollar, goud is ver onder $5000 per fyn ons en die olieprys is op $65 dollar per vat nadat dit net onder $70 gedraai het. So wat het gebeur?

Die repokoers bly onveranderd 30.01.2026

Die Monetêre Beleidskomitee het gister die repokoers onveranderd gelaat. Die verklaring oortuig mens nieheeltemal van die noodsaak van inkrimpende beleid nie. Hulle sê die risikos wat inflasie kan verlaag of verhoog is in balans.

Ozempic en lugrederye 27.01.2026

Daar is genoeg ernstige dinge om te sê oor die goudprys bo $5000 en die rand onder R16 per dollar, maar ek los dit alles to na Donderdag se repokoersbesluit. Vandag se Minuutgaan oor die impak wat gewigsverlies medikasie, die GLP-1’s soos Ozempic, op lugrederye in die VSA se winsgewendheid kan hê.

Klein treë in 'n beter rigtig? 23.01.2026

Week-tot-week en selfs maand-tot-maand is dit moeilik om te sê hoe dit met die ekonomie gaan. Die nuutste data is vir November en Desember verlede jaar en baie keer wys al dieaanwysers nie in dieselfde rigting nie. Die narratief is dat Suid-Afrika einde verlede jaar ʼn beter rigting ingeslaan het en mens sien dit in die aandelemark. Die ekonomiese aanwysers is egter nog nie so duidelik nie.

Een jaar van Trump beleide 20.01.2026

Dit is een jaar vandag vandat President Trump weer aan bewind gekom het en hy het verseker dinge lewendig gehou vir ontleders en kommentators. Dit is eintlik nog te vroegom te sê wat sy impak op die wêreldekonomie, die VSA se ekonomie of Suid-Afrika se ekonomie was, maar daar is ʼn paar interessante storielyne om ʼn oog op te hou.

Dit gaan oor bekostigbaarheid 16.01.2026

Die ekonomie nuus van die week is President Trump se oënskynlike aanval op die Amerikaanse Federale Reserwebank en Jerome Powell se reaksie. Op die oog af gaan dit oor die besteding aan die opknapwerk van die Fed se gebou, maar Powell het dit laat blyk dat die regsproses ʼn manier is om hulle te dwing om rentekoerse te verlaag. Die markte se reaksie was dat die dollar verswak het en die goudprys no...

Afskop 2026 13.01.2026

Na ʼn lekker lang vakansie is die Minuut terug op die lug die week en daar is baie om oor te gesels. In die tweede week van die jaar is dit veilig om te sê die ekonomie is nie die markte nie.

Wat Swart Vrydag verkope gaan sê oor verbruikers en oor die ekonomie 25.11.2025

Dit is hierdie Vrydag Swart Vrydag en ekonome hou asem op vir hierdie aanwyser van hoe dit met verbruikers en met die ekonomie gaan.

Inflasie en die repokoers 21.11.2025

Tydens die laaste monetêre beleidskomitee vergadering vir die jaar, is die repokoers gister met nog 25 basispunte gesny. Dit gee so bietjie verligting vir huishoudings maar rentekoerse is nie wat in die pad staan van ekonomiese groei nie.

Die ekonomie minuut podcast'ini Replaio'da dinle

Radyo ve podcast'ler tek uygulamada - ücretsiz, kayıt gerektirmez. Bugün yükle ve lansmanı kaçırma

Google Play'den indir

Replaio bir podcast yayıncısı değildir; program adları, kapak görselleri ve ses içerikleri yazarlarına aittir ve herkese açık RSS beslemeleri aracılığıyla dağıtılır