Kosmos 94.1
Kosmos 94.1
Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. T...
Glöm inte att besöka poddens webbplats och stötta skaparen: www.kosmos.com.na
Skapare
Kosmos 94.1
Kategori
Poddens webbplats
Senaste avsnittet
14 okt 2026
Var kan du lyssna?
Poddar i appen Replaio Radio Kommer snartPoddar kommer snart till appen. Installera nu och bli först med att uppleva ett helt nytt sätt att lyssna på poddar
Avsnitt
N$1,000 basiese inkomstetoelaag kan armoede verlig en werksgeleenthede skep 12.10.2026 0:37
Politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah steun 'n voorstel vir 'n basiese inkomstetoelaag en voer aan dat 'n maandelikse betaling van 1 000 Namibiese dollar kan help om armoede te verlig, klein besighede te ondersteun en toegang tot onderwys en gesondheidsorg te verbeter. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat befondsing van sleutelbedrywe en maatskaplike sekerheidsinstellings die voorstel in 'n redd...
09:00 Nuus 12.10.2026 3:48
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Zuma se gesondheid mag nie in ‘n nasionale spektakel ontaard nie 12.10.2026 0:22
Die Jacob Zuma-stigting veroordeel wat hy as "media-waansin" beskryf, en sê dit word aangeblaas deur gerugte, verkeerde inligting en meedoënlose openbare obsessie oor die voormalige president se gesondheid. Die 84-jarige Zuma word sedert verlede week by die Netcare St Anne’s-hospitaal in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal behandel. Die stigting se woordvoerder Mzwanele Manyi sê Zuma verdien dieselfde...
9de Nasionale IKT-beraad skop in Ongwediva af 12.10.2026 0:28
Die Ministerie van inligting en kommunikasietegnologie sê alles is in plek vir die negende Nasionale Inligting en en Kommunikasie Tegnologie Beraad wat vandag in Ongwediva by die Ongwediva-handelssentrum afskop. Die vyf-daagse beraad kom Vrydag, 16 Oktober tot ‘n einde. Adjunkdirekteur vir Publieke Betrokkenheid, Shasimana Uugulu, het met die nasionale uitsaaier gepraat en sê die beraad sal fokus...
Cran: Digitale toekoms vereis dat daar verder as basiese internet-toegang beweeg word 12.10.2026 0:30
Pascal Haingura, uitvoerende hoof van Cran, sê Namibië se digitale toekoms vereis dat daar verder as basiese internettoegang beweeg word na die bou van plaaslike menslike en berekeningsvermoë. Haingura het beklemtoon dat hoewel breëbandinfrastruktuur fundamenteel is, langtermyngroei afhang van onderwyshervormings in KI en datawetenskap, tegnologiese leierskap en privaatsektor-innovasie om ware dig...
08:00 Nuus 12.10.2026 3:38
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Sokker: Manchester City maak sy merk met oorwnning teen Liverpool 12.10.2026 0:19
Manchester City het Liverpool, wat met net tien man gespeel het, met 3-0 op Anfield geklop om sodoende hul voorsprong van drie punte boaan die Premierliga-punteleer te behou. Dit was City se eerste wedstryd sedert 'n onafhanklike kommissie die klub skuldig bevind het op alle aanklagte wat verband hou met ernstige oortredings van die Premierliga se finansiële reëls. Die klub het teen die uitspraak...
SA binnelandse sake loods biometriese aanlynplatform vir asielaansoeke 12.10.2026 0:18
Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê sy departement ontwikkel 'n biometriese aanlynplatform om asielaansoeke te bespoedig, identiteitsverifikasie te versterk en te verhoed dat aansoekers wie se aansoeke afgekeur is, herhaaldelik eise indien om hul verwydering te vertraag. Na verwagting sal die platform teen 10 November vanjaar in werking wees. Schreiber sê die hervormings sal voor...
Sport: FNB Wanderers klop FNB Kudus, Namibiese vroue-binnenshuise hokkie-span klop SA 12.10.2026 0:33
FNB Wanderers is nou weer die NRU-Permierliga-kampioene na die span Saterdag die FNB Kudus platgeloop het met 'n eind-telling van 52–27 by die Hage Geingob stadion hier in Windhoek. Jean-Louis gesels om 8:15 met Wanderers-afrigter, Darryl de la Harpe, om uit te vind hoe die span hul oorwinning gevier het en hoe dit voel om weer die beker in hul besit te het. Die Namibiese vroue-binnenshuise hokkie...
Vyf vas vir dronkbestuur, meer as N$7,2m se dwelms in Sept gekonfiskeer 12.10.2026 0:35
Die polisie sê hulle het oor die naweek vyf bestuurders vir dronkbestuur gearresteer: een in Mariental, drie in Rehoboth en een in Outjo. Die Mariental- en Rehoboth-verdagtes verskyn vandag in die hof. In Outjo het beamptes ‘n 20-jarige man aangekeer nadat hy glo roekeloos gery het. In Otjiwarongo is ‘n 30-jarige man gearresteer omdat hy ‘n drankwinkel sonder lisensie bedryf het... en glo ‘n omkoo...
07:00 Hoofnuus 12.10.2026 4:52
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Johan Ackerman loof Blou Bulle se Loftus-oorwinning 12.10.2026 0:36
Die hoofafrigter van die Blou Bulle Johan Ackerman sê hy is trots op sy span wat, ten spyte van ‘n week met baie uitdagings, hul staal kon wys en die Leeus met 'n orrtuigende 57-15 op Loftus te klop. Ackerman se sommige van die Bulls spelers was siek en kon nie Vrydag oefen nie, terwyl die span se Springbok-spelers ook uitgeput was na onlangse wedstryde:
SA regering gaan Konstitusionele Hof nader vir leiding oor asielbeslissing 12.10.2026 0:19
Die Suid Afrikaanse regering beplan om die Konstitusionele Hof te nader om hom meer tyd te gun vir die implementering van sy uitspraak, wat prosedurele struikelblokke vir asielaansoeke verwyder het. Die hof het sekere bepalings van die Wet op Vlugtelinge ongrondwetlik verklaar wat immigrasiebeamptes toegelaat het om 'n asielsoeker te deporteer indien hulle sonder 'n deurreisvisum in die land is. D...
Maandag, 12 Oktober 2026 12.10.2026 3:17
In jou finansiële nuus vanoggend: Sout van die aarde - Namibië se soutbedryf is belangrik vir die kus se ekonomie, maar word sedert die begin van die jaar deur internasionale verwikkelinge gepeper. KosmosKapitaal gesels met Andre Snyman, besturende direkteur van Walvis Bay Salt Holdings. En: Plaaslike vervaardiging van kunsmis en landbouchemikalieë word oorweeg om boerderykoste te besnoei, sê eers...
NLU vra vir streeks-samewerking om BKS te stuit 12.10.2026 0:39
Die Namibiese Landbou-unie-president, Thinus Pretorius, het met Kyknet se e-Nuus gepraat om te verduidelik hoe die land tot dusver die BKS-uitbreking hanteer het. Hy was vol lof vir owerhede se vinnige reaksie. Pretorius sê samewerking tussen alle rolspelers in die streek is uiters belangrik om die landbou-sektor staande te hou en die siekte se verspreiding te beperk: Thinus Pretorius Maandag
Gedagte vir die dag met Johan Els 12 Oktober 2026 12.10.2026 2:37
Luister na vandag se boodskap met Ds. Johan Els
Nuwe nasionale park in die Oos-Kaap geproklameer 12.10.2026 0:21
Die Suid Afrikaanse minister van bosbou, visserye en die omgewing, David Maynier, het 'n nuwe nasionale park in die Oos-Kaap geproklameer om grasvelde, biodiversiteit en belangrike waterbronne te beskerm. Die Grasslands-nasionale park beslaan meer as tienduisend hektaar tussen Nqanqarhu en Rhodes. Sanparke sal die park bestuur, waar grondeienaars kan voortgaan met bewaringsvriendelike boerdery-akt...
Warm, sonnige week vir Namibië voorspel 12.10.2026 0:40
Met ‘n bewokte en koel oggend wat die week hier in Windhoek afskop sal Namibië vandeesweek warm, oorwegend sonnige weer ervaar, na aanvanklike verbygaande buie en donderstorms Sondag. Dagtemperature in die sentrale binneland sal in die hoë 20's (°C) begin en teen die naweek geleidelik tot in die lae tot middel 30's (°C) styg. Albertina Anderson van die weerdiens het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
Die nuus om 13:00 11.10.2026 3:32
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die nuus om 12:00 11.10.2026 3:25
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Onstabiliteit gaan ANC knou by stembus 11.10.2026 0:38
Die nasionale plaaslike verkiesings aanstaande maand in Suid-Afrika bly in die nuus. Professor André Duvenhage, politieke wetenskaplike aan die Noordwes Universiteit op Potchefstroom, het sy mening in die verband so aan Kosmos 94.1verwoord: André Duvenhage Naweek
Die nuus om 11:00 11.10.2026 3:22
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Blou vlae wapper nog 'n seisoen op Kaapste strande 11.10.2026 0:18
Agt strande in Kaapstad het hul volle Blouvlag-status vir die 2026/27-seisoen behou, terwyl nog vier as proefstrande aangewys is. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham, sê dit is die vyfde agtereenvolgende seisoen waarin agt strande die volle Blouvlag-status behaal, wat Kaapstad se 25-jarige deelname aan die internasionale Blouvlag-program voortsit. Blou...
Die nuus om 10:00 11.10.2026 3:42
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Dringend meer psigiaters nodig 11.10.2026 0:34
Namibië beoog om jaarliks drie dokters as spesialiste in psigiatrie op te lei in ’n nuwe poging om die land se geestesgesondheidsdienste te versterk. Gesondheidsminister Esperance Luvindao het die plan Saterdag op Wêreldgeestesgesondheidsdag aangekondig. Luvindao het in Windhoek ’n ministeriële verklaring en verbintenis tot geestesgesondheid onderteken, met visepresident Lucia Witbooi as getuie. D...
Liknande poddar
Replaio är ingen poddutgivare; programnamn, omslag och ljud tillhör sina upphovspersoner och distribueras via offentliga RSS-flöden