Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. T...

Glöm inte att besöka poddens webbplats och stötta skaparen: www.kosmos.com.na

Skapare

Kosmos 94.1

Kategori

Uncategorized

Poddens webbplats

www.kosmos.com.na

Senaste avsnittet

23 okt 2026

Var kan du lyssna?

Poddar i appen Replaio Radio Kommer snart

Poddar kommer snart till appen. Installera nu och bli först med att uppleva ett helt nytt sätt att lyssna på poddar

Ladda ned på Google Play Installera gratis Android nästan 10 mn nedladdningar · betyg 4,8 iOS snart

Avsnitt

Op'ie Kantlyn, 10 Julie 2026 10.07.2026

Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.

Die dag wat was, 10 Julie 2026 10.07.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Die 18:00 nuus 10.07.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Madlanga-kommissie: Getuie N getuig in camera 10.07.2026

Die Madlanga-kommissie het Getuie N in camera-getuienis toegestaan om haar identiteit te beskerm. Getuienisleier Mahlape Sello sê sy is deel van die polisie se taakspan vir politieke moorde wat sake by die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap ondersoek. Sy sê om haar identiteit te openbaar kan die ondersoek sowel as kollegas in gevaar stel. Sello sê die getuienis sal nie geredigeer word nie,...

Biosekuriteit teen BKS op grense versterk 10.07.2026

Die landbouministerie en belanghebbendes gaan voort om grens-biosekuriteitsmaatreëls te versterk om die verspreiding van bek-en-klouseer te help voorkom. Na die installering van 'n semi-outomatiese voertuigontsmettingsspuitstelsel by die Ariamsvlei-grenspos, sê die ministerie dat verdere soortgelyke intervensies by ander grensposte volgens behoefte uitgerol sal word. Ministerie-woordvoerder Romeo...

Die hoofnuus om 17:00 10.07.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Welwitschia Uitnodiging XV reg vir Bulle: Danco Burger 10.07.2026

Die Namibiese Rugby-unie het 'n gedugte Welwitschia Uitnodiging XV-span van 30 spelers saamgestel vir Saterdag se internasionale vriendskaplike wedstryd teen die Vodacom Blue Bulls in die Hage Geingob-stadion. Verskeie spelers is beloon ná die span se oortuigende oorwinning van 71-12 teen Zambië verlede naweek. Die Namibiese kaptein, Danco Burger, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor hulle voorber...

Kankergevalle vermeerder, meer beleggings in sorg nodig 10.07.2026

In Namibië word daar nou jaarliks 4 205 nuwe kankerdiagnoses aangeteken, 'n aansienlike toename vergeleke met die ongeveer 3 700 jaarlikse gevalle wat voorheen gerapporteer is. Met 'n voorkomssyfer van 202,2 per 100 000, is Namibië een van die Afrika-lande met die hoogste voorkoms van kanker. Dit is volgens die pas vrygestelde GloboCan 2024-ramings. Kosmos 94.1 Nuus het met die Kankervereniging se...

Sokkerwêreldbeker: Jean-Louis gesels met Manuel Coelho 10.07.2026

Jean-Louis gesels met Manuel Coelho, 'n gerespekteerde figuur in Namibiese sokker. Manuel het Suidwes-Afrika op O/16- en O/19-vlak verteenwoordig, 18 jaar vir Ramblers gespeel en daarna vir 19 jaar as Voorsitter en 12 jaar as President van die klub gedien. As 'n "A"-lisensie gesertifiseerde afrigter met internasionale ervaring in Angola en Duitsland deel hy sy insigte oor die Sokkerwêreldbeker, sy...

NV keur Eiseb as nuwe ACC-hoof goed, maar... 10.07.2026

Die parlement het president Netumbo Nandi-Ndaitwah se nominasie van Bryan Eiseb, direkteur van die Finansiële Intelligensiesentrum, as die volgende direkteur-generaal van die Teenkorrupsiekommissie onderskryf. Dit baan die weg vir 'n nuwe leierskapspan by die land se teenkorrupsiewaghond, met langdienende hoof Paulus Noa wat op 31 Julie uit die amp tree. Wetgewers het ook goedgekeur dat Erna van d...

Deursigtigheid, aanspreeklikheid in visserye kort dringende aandag 10.07.2026

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing se uitvoerende direkteur, Graham Hopwood, neem tans deel aan die United Nations on Drugs and Crime se streekskonferensie in Nairobi, Kenia oor die aanspreek van korrupsie en finansiële misdaad in die visseryesektor. Die konferensie bring verteenwoordigers van regerings, teenkorrupsie-agentskappe, finansiële intelligensie-eenhede, visseryowerhede, wetstoe...

Die 16:00 nuus 10.07.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

SA boere kan nou self BKS-entstowwe koop 10.07.2026

Die minister van Landbou, Willie Aucamp, sê sy department het 'n skikking buite die hof bereik wat 'n regsgeding beëindig oor die verkryging en verspreiding van bek-en-klouseer-entstowwe. Sakeliga, die landbou-organisasie Saai en Vrystaat Landbou het aangevoer boere moet toegelaat word om entstowwe regstreeks te koop eerder as om te wag op uitgerekte staatsverkrygingsprosesse. Aucamp sê die ooreen...

NNN praat groenwaterstof in Beijing 10.07.2026

Groenwaterstof is die middelpunt van besprekings in Beijing. President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê Namibië wil 'n gediversifiseerde energiemengsel hê wat as katalisator vir industrialisasie kan dien, gerugsteun deur die land se enorme potensiaal vir hernubare energie. Sy het gepraat by die Namibië-China-sakeforum in die Chinese hoofstad.

Die 15:00 nuus 10.07.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Namibia Berries-projek gaan van krag tot krag 10.07.2026

Die bloubessieprojek van Namibia Berries by Divundu in die Okavango Oos-streek maak steeds beduidende vordering. Tydens sy streeksrede in Rundu het die goewerneur van Kavango Oos, Julius Hambyuka, gesê dat die plaas se bloubessies reeds Europa, Asië en die Midde-Ooste bereik het, wat Namibië as 'n nuwe speler in die globale bloubessiemark posisioneer.

VK se reaksie op Gaza-oorlog nie goed genoeg: Burnham 10.07.2026

Andy Burnham, wat na verwagting die volgende Britse eerste minister gaan word, het verskoning gevra vir die Arbeidersparty se aanvanklike standpunt oor Israelse aanvalle in Gaza. Uittredende eerste minister Keir Starmer het kort na Hamas se aanvalle op Israel in Oktober 2023 gesê Israel het die reg om krag en water van Gaza te weerhou, wat talle Arbeiders ontstel het. Burnham beskuldig Israel dat...

Die 14:00 nuus 10.07.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Die hoofnuus om 13:00 10.07.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

SANW kan nie sy mandaat nakom nie - Action SA 10.07.2026

ActionSA sê terwyl Suid-Afrika toenemend probleme ervaar wat grens-sekuriteit, misdaad en reaksie op rampe betref, laat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag toe dat noodsaaklike militêre bates tot wrakke verroes. Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, het op ʼn vraag in die Parlement onthul dat daar ʼn voertuig-begraafplaas by Wallmannsthal in Pretoria is waar militêre...

'Dit help nie om Trump te paai nie' 10.07.2026

Westerse leiers moes teen die tyd al geleer het dat om president Donald Trump te paai, moedig hom eenvoudig aan. Dit is die mening van Kanada se voormalige adjunkpremier Chrystia Freeland. Haar aanmerkings kom na die Navo-beraad waar Trump weer eise op Groenland gemaak het en lande soos Spanje beledig het.

Die nuus om 12:00 10.07.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Versigtig met wild-hervestiging in Kunene 10.07.2026

Reaksie word steeds ontvang na die omgewingministerie wat onlangs honderde springbokke, gemsbokke en sebras van die Etosha Nasionale Park na die Kunene-streek en die Nyae Nyae en Uukwaluudhi bewareas verskuif het. Terwyl die ministerie sê dat die hervestigings wildpopulasies sal herstel, roofdiere sal ondersteun en mens-dier konflik sal verminder, sê plaaslike ekoloog dr. Peter Cunningham dat sulk...

CIF maak kapsie oor sement samesmelting 10.07.2026

Die Konstruksie Industriefederasie van Namibië sê dat hy steeds gekant is teen die goedgekeurde samesmelting van Whale Rock Cement met Ohorongo Cement en versoek dat die ministeriële goedkeuring teruggetrek word. Bärbel Kirchner, die federasie se uitvoerende hoof, sê dat hul standpunt in Junie 2025 geregistreer is en hulle daarby staan, met verwysing na 'n risiko dat mededinging in 'n strategiese...

Roodt sê olieprysstyging sal kortstondig wees 10.07.2026

Internasionale oliepryse het met meer as 7 persent in soveel dae gestyg ná hernude oor-en-weer aanvalle tussen Amerika en Iran, maar ekonome sê daar is nog geen rede tot kommer nie. Die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat oliepryse waarskynlik nie sal terugkeer na die uiterste hoogtepunte wat gesien is toe die konflik die eerste keer uitgebreek het nie.

Lyssna på podden Kosmos 94.1 i Replaio

Radio och poddar i en och samma app - gratis och utan konto. Installera redan idag och missa inte premiären

Ladda ned på Google Play

Replaio är ingen poddutgivare; programnamn, omslag och ljud tillhör sina upphovspersoner och distribueras via offentliga RSS-flöden