Kosmos 94.1
Kosmos 94.1
Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. T...
Glöm inte att besöka poddens webbplats och stötta skaparen: www.kosmos.com.na
Skapare
Kosmos 94.1
Kategori
Poddens webbplats
Senaste avsnittet
20 okt 2026
Var kan du lyssna?
Poddar i appen Replaio Radio Kommer snartPoddar kommer snart till appen. Installera nu och bli först med att uppleva ett helt nytt sätt att lyssna på poddar
Avsnitt
Die 18:00 nuus 01.10.2026 4:10
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Outa juig omdat huis-sonkrag registrasie verleng is 01.10.2026 0:21
Die Organisasie teen Belastingmisbruik verwelkom Eskom se besluit om sy kwytskelding van registrasiekoste vir klein sonkragstelsels van tot 50 kilovolt-ampère tot verdere kennisgewing te verleng. Die organisasie sê Eskom dring egter steeds aan dat registrasie verpligtend is, selfs vir veilige huishoudelike stelsels wat nie krag na die netwerk invoer nie. Outa se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, s...
Wibooi vra vir robuuste ontwikkelingstrategieë vir Afrika 01.10.2026 0:40
Visepresident Lucia Witbooi vra 'n verskuiwing van korttermynoplossings na robuuste, nasionaalgeleide ontwikkelingstrategieë wat plaaslike hulpbron-benefisiasie en impak op grondvlak dryf. Sy het by die opening van die 2026 Africa's Future-konferensie gesê dat oorbrugging van die kontinent se ekonomiese gaping sterk vennootskappe, institusionele veerkragtigheid en multidissiplinêre navorsing verei...
Die hoofnuus om 17:00 01.10.2026 4:17
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Eiseb neem amptelik ACC-teuels oor by Noa 01.10.2026 0:35
Bryan Eiseb het amptelik die amp as direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie aanvaar en Paulus Noa opgevolg wat 20 jaar in die pos gedien het. Tydens 'n seremonie het Noa simbolies die sleutels van sy kantoor aan Eiseb oorhandig, wat die oorgang van die kommissie se stigtingsleierskap na sy nuwe administrasie gemerk het. Noa is aan die woord.
SME's 'moet hul huis in orde kry vir finaniering' 01.10.2026 0:38
SMEs Compete doen 'n beroep op eienaars van kleinbesigheide om groter verantwoordelikheid te aanvaar om te verseker dat hul ondernemings professioneel bestuur en geposisioneer word om finansiering te bekom. Direkteur Danny Meyer sê daar is te veel heen-en-weer-kommunikasie tussen kleinsakeondernemings en finansiers. Hy sê leners wys op swak bestuur, terwyl kleinbesigheid-eienaars aanvoer dat hulle...
IPC se Nashinge beaam Swapo-ministers se vertragingstaktieke 01.10.2026 0:22
Die IPC se parlementêre leier, Imms Nashinge, steun die LPM se bewerings dat Swapo-ministers doelbewus vertragingstaktieke gebruik om aanspreeklikheid in die Nasionale Vergadering te ontduik. Nashinge sê dat ministers doelbewus laat opdaag sodat vraagtyd uitloop voordat hulle vrae kan beantwoord. Hy het ook voorsittende beamptes gekritiseer vir die sensuur van opposisie-navrae en ministers daarvan...
Slangteengif nou genoeg, maar nie ander teengiwwe 01.10.2026 0:40
Die land se voorraad slangteengif het gestabiliseer danksy die Pan African Premium-polivalente teengif, wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie goedgekeur is, wat in die land aangekom het. Kosmos 94.1-nuus het met die slangkenner Francois Theart gesels, wat sê daar's nog ander teengif-tekorte:
Die 16:00 nuus 01.10.2026 3:24
Kry die nuus soos dit breek.
Die 15:00 nuus 01.10.2026 3:50
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Nie seker of Iran in Fludubai-chaos betrokke was: Bibi 01.10.2026 0:13
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê dis nog nie seker of Iran betrokke was by gister se Flydubai-gebeure nie. 'n Medevlieënier op 'n vlug na Tel Aviv het die vlieënier met 'n mes gesteek in 'n klaarblyklike poging om die vliegtuig te laat neerstort. Passasiers en bemanningslede het hom oorrompel en twee ander vlieëniers aan boord het in Saoedi-Arabië geland. Netanyahu sê daar word on...
Maak seker jou huweliksrekords is reg, vra minister 01.10.2026 0:14
Binnelandse sake-minister Lucia Iipumbu versoek getroude paartjies om hul naaste ministeriekantoor te besoek om hul huweliksrekords te verifieer en te bekragtig. Iipumbi verwys na wydverspreide teenstrydighede wat veroorsaak word deur onvolledige registers. Iipumbu het paartjies aangespoor om hul status reg te stel terwyl beide partye leef, om ernstige administratiewe komplikasies vir oorlewende g...
Alcaraz hewig gekant teen Grand Slam-veranderinge 01.10.2026 0:20
Tennis: Die Spanjaard Carlos Alcaraz sê om van vyfstel-wedstryde ontslae te raak sal die nalatenskap van Grand Slam-toernooie uitwis. Daar is 'n toenemende debat oor werkslading, die laat voltooing van wedstryde en die eise van die speelskedules. Dit het stukrag gekry tydens verlede maand se Amerikaanse Ope-kwarteindronde toe die Amerikaner Ben Shelton vir Alcaraz, die verdedigende kampioen, eers...
Die 14:00 nuus 01.10.2026 3:48
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Christa Pike on hospitaal na teregstelling faal 01.10.2026 0:18
'n Dodesel-inwoner van Tennessee, Christa Pike, is in die hospitaal nadat Woensdagaand se teregstelling in Nashville misluk het. Haar teregstelling het voortgegaan ná 'n hofbevel, nadat dit vroeër op die nippertjie uitgestel is. Die 50-jarige is in 1996 ter dood veroordeel vir die moord op die 19-jarige Colleen Slemmer. Sy sou die eerste vrou sedert 1820 wees om in Tennessee tereggestel te word. W...
COSATU verheug dat werkers se geld veilig is 01.10.2026 0:14
Die werkersvakbond, COSATU het die Nasionale Bedingingsraad vir die Padvrag- en Logistieke Bedryf se uitspraak verwelkom dat werkers se geld veilig is. In nuusberigte is beweer die raad het werkers se fondse vir siekte-, vakansie- en verlofbetalings in sy finansiële state as sy eie bates voorgestel. COSATU se woordvoerder, Zanele Sabela, sê die raad het verduidelik dat sy grondwet nie vereis dat a...
CAN: Vroue moet vroeg vir kanker toets 01.10.2026 0:37
Die uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië, Rolf Hansen, het vroue aangespoor om vroeë sifting te prioritiseer en onthul dat meer as 700 Namibiese vroue elke jaar met borskanker gediagnoseer word. Met die begin van borskankerbewustheidsmaand het Hansen opgemerk dat CAN se vennootskap met die ministerie van gesondheid borskliniekprogramme op distriksvlak in groot hospitale gevestig h...
Sport-forum open deure by The Dome 01.10.2026 0:37
Die kontinentale forum van die Afrika-vereniging van Sportprestasiesentrums het vandag amptelik by The Dome in Swakopmund geopen. Die forum bring sportadministrateurs van regoor Afrika byeen en fokus op die mobilisering van hulpbronne, die volhoubaarheid van befondsing en langtermyn-mededingendheid op kontinentale vlak. Freddy Mwiya, hoofadministrateur van die Namibiese Sportkommissie, verskaf mee...
13:00 Hoofnuus 01.10.2026 4:00
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Jaarlikse Whk-skou vuurwerke - hou jou dierekinders veilig! 01.10.2026 0:40
Oudergewoonte is dit weer vanaand tyd vir die Windhoek Skou se vuurwerkvertoning. Kosmos 94.1 Nuus het met die Dierebeskermingsvereniging gesels, wat troeteldier-eienaars daaraan herinner dat vuurwerke aansienlike angs by diere kan veroorsaak, wat soms daartoe lei dat hulle weghardloop of hulself beseer. Silke van der Merwe, nasionale direkteur van die DBV is aan die woord.
Nog 'n nat en bewolkte naweek op die spyskaart 01.10.2026 0:23
Dit kan dalk weer ‘n nat en koel naweek wees met nog ‘n bolugstelsel wat nader aan die suid- en suid-westelike dele van Namibië beweeg, met bewolkte toestande wat more regoor die land verwag word. Weerkenner George van der Merwe sê buie kan veral in die Kharas en Hardap streek verwag word:
Trustco Group kry tussentydse hofbevel teen Riskowitz-groep 01.10.2026 0:15
Trustco Group het 'n tussentydse hofbevel teen die Riskowitz-groep verkry. Die Amerikaanse groep het in Februarie en Augustus vanjaar onsuksesvol probeer om die Trustco-direksie te vervang. Trustco se adjunk-hoofuitvoerende beampte, Quinton van Rooyen jr., sê aandeelhouers het voorheen die transaksie van 468 miljoen Namibiese dollar goedgekeur, waarvolgens Trustco 'n verdere belang van 11,35 perse...
Aanhoudende bekgevegte in NV kan in 'n politieke skouspel verander 01.10.2026 0:40
Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah waarsku dat toenemende botsings in die Nasionale Vergadering parlementêre politiek in 'n politieke skouspel kan verander en openbare vertroue kan ondermyn. Sy waarskuwing volg op voorvalle waartydens Speaker Saara Kuugongelwa-Amadhila opposisielede uit die parlement-gebou laat verwyder het, nadat hulle na bewering die verrigtinge ontwrig het. Hy het met Kosmos 9...
12:00 Nuus 01.10.2026 3:24
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Swapo se Vroueraad reg vir 19de kongres in Katima Mulilo 01.10.2026 0:23
Die sekretaris van Swapo se Vroueraad, Fransina Kahungu, en haar adjunk, Maria Ntusi, sal onbestrede staan vir die raad se twee top-posisies by die komende 19de kongres in Katima Mulilo. Ntusi sê die enkele nominasies weerspieël strukturele vertroue reg oor die party en dring daarop aan dat vroue met eenheid lei voor die Desember-byeenkoms. Die kongres is geskeduleer vir 9 tot 11 Desember in Katim...
Liknande poddar
Replaio är ingen poddutgivare; programnamn, omslag och ljud tillhör sina upphovspersoner och distribueras via offentliga RSS-flöden