RSG
Hoe verklaar jy dit?
Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap
Var kan du lyssna?
Poddar i appen Replaio Radio Kommer snartPoddar kommer snart till appen. Installera nu och bli först med att uppleva ett helt nytt sätt att lyssna på poddar
Avsnitt
Hoe verklaar jy dit? 26 Januarie 2025 26.01.2025 22:15
Wat is teoretiese wiskunde. Hoe word dit gebruik, en waarvoor?
Hoe verklaar jy dit? 19 Januarie 2025 19.01.2025 23:06
Hoekom maak ‘n tortelduif ‘n hoorbare, vinnige vlerkklap en vlieg amper loodreg in die lug op, en sweef dan grond toe met uitgespreide stert en vlerke in ‘n spiraal? Hoe weet 'n men's wanneer 'n sampioen giftig of eetbaar is?
Hoe verklaar jy dit? 12 Januarie 2025 12.01.2025 20:55
Kan ‘n padda in melk, suurmelk verhoed? Hoe maak vuurvliegies lig, en watter ander lewende wesens kan dit ook doen?
Hoe verklaar jy dit? 5 Januarie 2025 05.01.2025 22:13
Ons praat oor die klanke wat dinosourusse gemaak het, hoe mense dit weet, hoekom sekere dinosourusse oorleef het, en in watter diere ons vandag trekke van dinosourusse vind.
Hoe verklaar jy dit? 29 Desember 2024 29.12.2024 22:39
Is jy met die maan-fases gepla? Hoekom kan maanverduistering nie voorspel word nie? Hoe kry babahaaitjie dit reg om uit ‘n haaieier (wat baie hard is) te kom?
Hoe verklaar jy dit? 22 Desember 2024 22.12.2024 21:43
Ons praat oor die klanke wat paddas maak, wat paddas kan ruik, hoekom paddas jou hond se bek irriteer, en selfs al stel jy nie in paddas belang nie, kom hoor die oulike name vir paddas. Ons praat ook oor vlermuise, en hoe vlug hulle energie tap.
Hoe verklaar jy dit? 15 Desember 2024 15.12.2024 22:44
Hoe ruik diere water? Wat versteur ‘n vlermuis se sensoriese reseptors? Hoekom boelie diere mekaar?
Hoe verklaar jy dit? 8 Desember 2024 08.12.2024 20:28
Entomoloog dr. John Pretorius praat oor kokonnne. Herpetoloog prof. Le Fras Mouton verduidelik of landskilpaaie groter is as seeskilpaaie?
Hoe verklaar jy dit? 1 Desember 2024 01.12.2024 22:18
Kan mossies saad ruik, of hoor hulle ‘n skuifdeur oopgaan (en weet dis waar kos vandaan kom), of sien hulle die mense met die sakkie saad? Van watter belang is ‘n oog by die verskillende diersoorte?
Hoe verklaar jy dit? 24 November 2024 24.11.2024 22:58
Wat veroorsaak dat takbokke in Europa groter horings groei as in Suid-Afrika? Hoe handhaaf jy ‘n netjiese grasperk terwyl jy omgewingsbewaring in ag neem?
Hoe verklaar jy dit? 17 November 2024 17.11.2024 23:02
Is seeskilpaaie in gevaar weens klimaatsverandering? Hoekom is perdebye so bedrywig op die yucca-plant? As alles nou in donkerte moes verval, m.a.w. alle lig sou uit die wêreld en die heelal verdwyn, hoe lank sou enige iets nog kon lewe?
Hoe verklaar jy dit? 10 November 2024 10.11.2024 23:08
Wat affekteer miere se loopspoed? Wind en weer, of die koningin? In watter stadium bou stokkieswurmlarwes hulle vreemde strukture?
Hoe verklaar jy dit? 3 November 2024 03.11.2024 22:46
Wat is die rede hoekom mense so geinteresseerd is in die kremetartboom? Het jy geweet die maan is besig om weg te beweeg van die aarde af? Watter uitwerking sal dit uiteindelik hê?
Hoe verklaar jy dit? 27 Oktober 2024 27.10.2024 24:06
Wat is donker-suurstof? Hoekom moet ons wiskunde op skool leer? Hoe kan ‘n vlermuis verdrink met sy gesofistikeerde sensors?
Hoe verklaar jy dit? 20 Oktober 2024 20.10.2024 24:19
Waarom is die tuatara (wat lyk soos ‘n akkedis) so spesiaal dat hy ‘n orde van sy eie het? Wanneer die maan, aarde en die son in lyn is, hoe kan mens hulle almal sien?
Hoe verklaar jy dit? 13 Oktober 2024 13.10.2024 24:00
Hoe kry die stortstert-gytjie dit reg om vloeistof uit sy stert te spuit soos ‘n sproeier? As alles in donkerte moes verval, hoe lank sou enige iets nog kon lewe? Wat is lig, dat dit so belangrik is?
Hoe verklaar jy dit 6 Oktober 2024 06.10.2024 23:28
Hoekom lyk die "conehead praying mantis" soos ‘n buitenste ruimtewese? Hoekom word kookolie warmer wanneer jy gevriesde arrtappelskyfies daarin gooi? Is dit nie veronderstel om vlugtig koeler te word nie?
Hoe verklaar jy dit? 29 September 2024 29.09.2024 22:47
Is waterwysing wetenskaplik verklaarbaar? Kan bome met mekaar kommunikeer indien daar gevaar is? Wat is die volume van land/grond bo seevlak, en van die water in die oseane?
Hoe verklaar jy dit? 22 September 2024 22.09.2024 23:35
Hoe het die posduiwe, wat in oorloë gebruik is om boodskappe te vervoer, geweet waarheen om te vlieg? Hoekom is perdebye so bedrywig op die yucca-plant? Kan ‘n honderdpoot ‘n hoender doodbyt?
Hoe verklaar jy dit? 15 September 2024 15.09.2024 24:19
Katte se eetgewoontes, buiten die kos wat mense vir hulle gee, kan soms baie vreemd wees - van olyfolie tot komkommer, maar hoekom eet sekere katte vreemde dinge? Kan jy die die noorderligte in die Karoo sien?
Hoe verklaar jy dit? 8 September 2024 08.09.2024 21:12
Lewe parasiete op bidsprinkane, en hoe suksesvol is ‘n simbiose? 'n Luisteraar wil weet watter swaeltjies kom terug na die winter - die ouers of die kinders, of nuwe onverwante swaeltjies?
Hoe verklaar jy dit? 1 September 2024 01.09.2024 23:17
Is daar iets soos deurskynende wolke, en hoe weet ons hulle is dan wel daar? Is dit waar dat die Franse so baie paddas eet? Indien wel, wat is die voedingswaarde, en staan die paddas nie ‘n kans om uit te sterf nie?
Hoe verklaar jy dit? 25 Augustus 2024 25.08.2024 21:18
Kan seekorale na koeler water skyf om hulleself te beskerm, soos die temperatuur van die oseane e styg a.g.v. klimaatsverandering? ‘n Paar weke gelede het prof. Geyer ‘n vraag vir luisteraars gegee om op te los – die bal/sfeer waardeur jy ‘n gat deur die sentrum en al langs ‘n middellyn boor...
Hoe verklaar jy dit? 18 Augustus 2024 18.08.2024 21:30
Wanneer ‘n flitslig aangeskakel word, skyn die lig slegs vir ‘n bepaalde afstand – watter enegieverandering het plaasgevind? Hoe en hoekom vorm duiwe, in stede of dorpe, swerms, tog is hulle neste ver uitmekaar?
Hoe verklaar jy dit? 11 Augustus 2024 11.08.2024 23:17
Hoekom bly ‘n wiel regop wanneer dit rol, maar nie as dit stilstaan nie? Moet ons bekommerd wees oor seeslange in ons oseane? Hoekom weeg ‘n trui meer as die bolle wol wat gebruik is om dit te brei?
Replaio är ingen poddutgivare; programnamn, omslag och ljud tillhör sina upphovspersoner och distribueras via offentliga RSS-flöden