RSG

Gesondheid

Health AF ↓ 644 avsnitt

'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.

Glöm inte att besöka poddens webbplats och stötta skaparen: www.rsg.co.za

Skapare

RSG

Kategori

Health

Poddens webbplats

www.rsg.co.za

Senaste avsnittet

7 okt 2026

Var kan du lyssna?

Poddar i appen Replaio Radio Kommer snart

Poddar kommer snart till appen. Installera nu och bli först med att uppleva ett helt nytt sätt att lyssna på poddar

Ladda ned på Google Play Installera gratis Android nästan 10 mn nedladdningar · betyg 4,8 iOS snart

Avsnitt

8 Mar 08.03.2017

Hoe kan 'n virus kanker veroorsaak? Marí Hudson praat met twee kundiges oor die menslike papiloomvirus, die kankers wat die virus veroorsaak en die vaksiene wat beskikbaar is om die kankers te voorkom.

1 Mar 01.03.2017

Hoe besluit 'n traumadokter watter beseerde om eerste te behandel? Wat doen hulle eerste om 'n lewe te red? Watter skade kan 'n koeël aanrig? Hoe kan 'n traumadokter se goeie sesde sintuig 'n lewe red? Kan die goedbedoelde hulp van 'n leek op 'n ongeluksterrein meer skade berokken? Marí Hudson gesels met 'n trauma-chriurg oor die aspekte van beserings en mediese ongevalle.

22 Feb 22.02.2017

Wat gaan verkeerd in die brein wat lei tot epilepsie? Waarom gebeur dit? Kry mense verskillende soorte epilepsie? Wat moet mens doen as iemand 'n aanval kry? Kan 'n aanval lewensgevaarlik wees? Kan dit effektief behandel word?

15 Feb 15.02.2017

Hoe werk die siekte wat Joost se lewe geëis het? Waarom en hoe versprei die verlamming algaande? Is daar meer as een soort motorneuronsiekte? Het jy geweet arbeids- en fisioterapie vir die gesonde spiere kan jou langer sterker hou, en dat as die asemhalingspiere ingee, die einde soos 'n rustige diep slaap kom?

8 Feb 08.02.2017

Hoe kan tieners eet om genoeg energie te hê, maar nie te vet of te maer word nie? En wat van ouer mense wat nie meer lus is vir baie kos nie? Hoe kan hulle eet om die nodige voedingstowwe in te kry sonder om te maer te word? Marí Hudson gesels met 'n dieetkundige om oplossings vir die dilemmas te vind.

1 Feb 01.02.2017

Melaatsheid is nie net 'n siekte uit die Bybelse tyd nie. Dis steeds met ons. Selfs in Suid-Afrika word jaarliks tussen 50 en 100 nuwe gevalle gediagnoseer. Maar daar is doeltreffende behandeling en niemand hoef meer onder kwarantyn geplaas te word nie.

25 Jan 25.01.2017

Tieners het deesdae baie definitiewe idees oor hulle eetpatrone. Sommige is sterk vegetaries, ander is intense Banters. Hulle wil nie vet wees nie. Doen hulle hulleself skade aan deur gesondheidsbewuste eetpatrone wat dalk nie so gesond is nie?

18 Jan 18.01.2017

Het jy geweet dat dit beter is om 'n borsrekonstruksie, wat genoodsaak word deur 'n mastektomie, liefs vóór bestraling te doen as daarna omdat die bestraling die silikoon-inplanting kan vervorm? Of dat dat plastiese chirurge nou 'n tepel kan opbou wat verbluffend normaal lyk? Marí Hudson gesels met 'n plastiese chirurg oor borsrekonstruksie en borsveranderingsoperasies.

11 Jan 11.01.2017

Ons het in 2016 baie nuwe dinge oor gesondheidsake geleer – hoe werk Parkinson se siekte, hoogtesiekte, skielike hartstilstand en nog meer. Ons het geleer oor operasies om 'n lekkende blaas te herstel, halwe knievervangings, bunion-operasies en oor kanker en TB in kinders, om maar enkeles te noem. Marí Hudson praat oor die grootste gesondheidsnuus van 2016.

4 Jan 04.01.2017

2016 was 'n interessante jaar, ook op gesondheidsgebied. Marí Hudson gesels oor enkele nuwe dinge en feite oor middellyfvet, diabetes en die verband tussen hartsiektes en depressie. Ons kyk ook weer na bosluisbytkoors omdat dit bosluistyd is.

28 Dec 2016 28.12.2016

Somer, son en see... en ook 'n paar dinge wat mens liefs wil vermy soos slangbyte, skerpioensteke en bloublasies. Marí Hudson gesels met 'n toksikoloog oor die noodbehandeling waar jy gif of 'n toksiese stof inkry.

21 Dec 2016 21.12.2016

Wat is die jongste tendense in kosmetiese chirurgie en gesigsontrimpeling? Waar pas botox en vullers in, en moet jy 'n dokter wat 'n kortkursus in botox en vullers gedoen het, toelaat om dit vir jou in te spuit? En het jy al gehoor van 'threads' waarmee 'n mini-gesigsontrimpeling in die spreekkamer van 'n plastiese chirurg gedoen kan word?

14 Dec 2016 14.12.2016

Het jy geweet 'n hamertoon ontwikkel omdat spiere in die voet en enkel nie meer in balans is nie? Of dat mens selfs met 'n stywe enkelgewrig redelik goed kan stap? Marí Hudson gesels verder oor voet- en enkelprobleme.

7 Dec 2016 07.12.2016

Weet jy hoe lank jy buite aksie gaan wees ná 'n bunion-operasie? Of dat 20% van pasiënte met rumatoïede artritis se pyn in die voet begin? Of dat die meeste babas se klompvoete herstel kan word sonder operasies? Of waarom iemand se voetbrug skielik kan inval?

30 Nov 2016 30.11.2016

Mediese fakulteite in Suid-Afrika lei op aandrang van dr. Aaron Motsoaledi, Minister van Gesondheid, meer dokters op want Suid-Afrika het 'n groot tekort aan dokters. Sowat 1620 jong dokters voltooi vanjaar hulle ses jaar van studies, en moet dan een hospitaaljaar by 'n geakkrediteerde opleidingshospitaal voltooi voordat hulle as dokters mag registreer. Die Departement van Gesondheid is verplig om...

23 Nov 2016 23.11.2016

Ons het almal al gelees of gehoor van 'n oënskynlike gesonde en fikse jong man wat skielik op die sportveld sterf – dis nie 'n hartaanval nie, maar skielike hartstilstand. Ons gesels met 'n ywerige fietsryer wat drie jaar gelede tydens 'n fietstoer ineengesak het, en wie se hart betyds weer aan die gang geskok is. Ons vind ook meer uit oor die jongste tegnologie wat nou in Suid-Afrika beskikbaar i...

16 Nov 2016 16.11.2016

Het jy geweet oogartse gebruik spesiale weefselgom in sekere oogoperasies, en dat 'n nuwe tegniek in kornea-oorplantings die suksessyfer verbeter, en die kans op verwerping verminder?

9 Nov 2016 09.11.2016

Dis Movember, en die fokus is op bewusmaking vir testikulêre en prostaatkanker. Testikulêre kanker kom veral by jong mans voor, maar vroeë opsporing en diagnose kan tot suksesvolle behandeling in 98% van gevalle lei. Hoe kan dit vroeg opgespoor word, hoe werk die behandeling en wat kan anders in daardie geweste van 'n man se lyf skeef loop?

2 Nov 2016 02.11.2016

Het jy geweet die DNA van borskankerselle kan nou bepaal word, en dat die DNA onder meer aandui of die kankerselle in staat is om te versprei of nie. Die inligting kan nou gebruik word om die presiese behandeling van elke individu se borskanker te bepaal. Só kan 50% van pasiënte onnodige chemoterapie gespaar word. Hoe werk dit? En watter toets kan jou, die pasiënt, die beste help? Ná nuwe studies,...

26 Oct 2016 26.10.2016

'n Kaapstadse hartspesialis het verlede week die wêreld se kleinste koordlose pasaangeër in die hart van 'n pasiënt ingeplant. Dit was die eerste kommersiële inplanting van die piepklein pasaangeër in die ontwikkelende wêreld. Maar wie het 'n pasaangeër nodig, hoe word dit ingeplant en hoe werk dit?

19 Oct 2016 19.10.2016

Het jy geweet dokters kan met die hulp van radio-aktiewe isotope nie net sien hoe 'n orgaan lyk nie, maar hoe hy werk? 'n Kerngeneeskundige verduidelik hoe radio-isotope ingespan word, nie net om 'n diagnose te help maak nie, maar ook in die behandeling van sommige kankersoorte.

5 Oct 2016 05.10.2016

Kanker in kinders is anders as kanker in grootmense. Die selle wat verkeerd verdeel en tot kanker lei, is meer primitief, verdeel vinniger en daarom is die behandeling baie aggressief. Maar juis die vinnige selverdeling lei daartoe dat die behandeling al hoe meer suksesvol is en al meer kinders kinderkanker oorleef.

28 Sep 2016 28.09.2016

Niersiektes bekruip jou so ongesiens dat jy een week nog kan tennis speel, en die volgende week dialise benodig. Weet jy of jou niere goed funksioneer? Weet jy vir seker daar is geen bloed of proteïne in jou urine nie? As jou niere ingee en jy kry nie 'n nieroorplanting nie, is jou lewensverwagting op dialise (as jy 'n dialiseprogram haal of kan bekostig) net drie tot vyf jaar.

21 Sep 2016 21.09.2016

Nadat 'n nuwe insulienkombinasie as behandeling vir diabetes onlangs in Suid-Afrika bekend gestel is, fokus ons op die behandeling van tipe 1 en tipe 2 diabetes.

14 Sep 2016 14.09.2016

Het jy geweet mens kry twee verskillende soorte bosluisbytkoorse in Suid-Afrika? En dat dit verskil van bosluiskoors in honde? En dat dit juis die piepklein bosluisie is wat so gevaarlik kan wees, en veral in die lente en vroeë somer?

Lyssna på podden Gesondheid i Replaio

Radio och poddar i en och samma app - gratis och utan konto. Installera redan idag och missa inte premiären

Ladda ned på Google Play

Replaio är ingen poddutgivare; programnamn, omslag och ljud tillhör sina upphovspersoner och distribueras via offentliga RSS-flöden