RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Glöm inte att besöka poddens webbplats och stötta skaparen: www.rsg.co.za
Var kan du lyssna?
Poddar i appen Replaio Radio Kommer snartPoddar kommer snart till appen. Installera nu och bli först med att uppleva ett helt nytt sätt att lyssna på poddar
Avsnitt
Arashaad se strandkuns 05.03.2024 6:59
Haidee Muller-Isaacs kuier op die strand in Mosselbaai by met Arashaad Davids wat strandkuns beoefen. Hy vertel vir haar hoe hy sy talent ontdek het, en hoekom hy doen wat hy doen.
Vroue ondersteun vroue 05.03.2024 7:41
Salome Werner vertel vir Martelize Brink van Worthy Woman in Action, en hoe belangrik dit is dat vroue mekaar erkenning gee en ondersteun.
'n Hotelkamer in ruil vir te veel reën 05.03.2024 2:54
‘n Hotel in Singapoer vergoed jou met ‘n koepon ter waarde van ‘n nag se verblyf indien reën jou vakansieplanne beduiwel tydens jou verblyf.
Hoe gemaak met 'n wilde dier in nood? 04.03.2024 7:35
Deidre Joubert gesels oor die Wild and Free-rehabilitasiesentrum vir wilde diere in Mpumalanga. Sy vertel wat jy behoort te doen wanneer jy op ‘n wilde dier in nood afkom.
Trauma-aantekeninge word ‘n boek 04.03.2024 6:55
Toe die pa van haar vier kinders gesterf het ná ‘n ernstige aanranding drie jaar gelede in Kariega, het Thando Jonas die swaar pad na herstel begin loop deur elke dag haar gevoelens en mikpunte neer te skryf. Op 'n dag het 'n vriendin haar herstel-dagboek gelees en die kort van die lang storie is dat dit nou in boekvorm saamgevat en uitgegee word. Mariska Spoormaker het met Thando gepraat.
Gehoorverlies en sosiale isolasie 04.03.2024 8:21
Alida Naude vertel van die sosiale isolasie wat deur gehoorverlies veroorsaak word.
Sokker in die sneeu 04.03.2024 2:54
Los Angeles FC het die naweek teen Real Salt Lake in ‘n profesionele sokkerwedstryd teen mekaar gespeel. Eers is die afskop met twee ure uitgestel weens ‘n weerwaarskuwing. Ná vier minute se spel is die spelers weens weerlig vir ‘n uur van die veld af. Toe spel hervat, was dit in die sneeu. Die sneeu het swaar bly val vir die res van die wedstryd.
Penmaatklub vir senior burgers 01.03.2024 7:47
Sy was nog altyd baie bekommerd oor die vereensaming wat veroudering vir sommige senior burgers bring, daarom het Madelane Scholtz met ’n penmaatklub vir hulle begin. Sy bedryf dit vanuit haar winkel in Gqeberha. Mariska Spoormaker het daar gaan inloer.
360 Speseryroete - Deel 25 01.03.2024 10:29
Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche gesels oor Tabasco en gefermenteerde speserysouse.
Wat sê die regter oor vloek? 01.03.2024 2:51
‘n Regter moes vandeesweek ‘n oordeel fel oor die manier hoe ‘n vloekwoord gebruik is - as werkwoord, selfstandige naamwoord of byvoeglike naamwoord? Die regter het bevind dis as byvoeglike naamwoord gebruik. Die woord was dus nie op die klaer gemik nie, en ’n landdros se vonnis van 12 maande tronkstraf vir vyf jaar vir die oortreding van ‘n beskermingsbevel, is omgekeer.
SA op voorpunt van laboratoriumtoetsing 29.02.2024 8:26
Jacqui January besoek ‘n chemiese analitiese labratorium by die Universiteit Stellenbosch. Wetenskaplikes Marius Pretorius en professor Marietjie Stander vertel van die toerusting, en die gebruik daarvan in die identifisering van molekules. Suid-Afrika word internasionaal erken vir sy bydrae in hierdie veld, en het al van dié toerusting gepatenteer. Marius waarvoor die masjinerie ingespan word.
Stand van SA se grondboonbedryf 29.02.2024 8:49
Adri Botha praat Suid-Afrika se grondboonbedryf, en die uitdagings wat ervaar word met produkte wat herroep word.
Satiriese skrikkelkoerant 29.02.2024 3:07
In Frankryk is daar ‘n satiriese koerant wat sedert 1980 slegs op 29 Februarie verskyn. Tans druk La Bougie du Sapeur 200 000 kopieë per uitgawe.
Ismael Mahomed vereer vir sy bydrae tot die kunste 28.02.2024 12:16
Dr. Ismail Mahomed gesels oor sy loopbaan as kuns- en kultuuradministrateur waarvoor hy ’n lewensbydrae-toekenning by die Fiestas kry.
Afrikaans op 'n radiostasie op St. Helena-eiland 28.02.2024 7:14
Johan Rademan het tydens sy onlangse besoek aan die afgeleë Suid-Atlantiese eiland, St. Helena, met Deon en Anita Robbertse gesels. Deon is verantwoordelik vir die instandhouding van die paaie op die eiland, maar a.g.v. Anita se werk is hulle ook deeltydse uitsaaiers, wat af en toe Afrikaanse musiek op lug speel.
Voorkombare blindheid-operasies 28.02.2024 7:43
Dr. Schalk du Toit vertel van Bay Cataract Services, wat voorkombare blindheid in die Gqeberha-metro help bekamp. Waglyste by staatshospitale is tot twee jaar lank vir ‘n katarakoperasie wat 15 minute neem om te doen. Die waglys vir ’n kornea-operasie is tot vyf jaar!
Beserings by trampolienpark sink besigheid 28.02.2024 2:17
’n Trampolien-onderneming in Engeland het ná twee maande in bedryf hulle deure gesluit, nadat ‘n ongevalle- en noodgevalle-eenheid onraad vermoed het omdat besoekers daar soveel beserings opgedoen het. Onder andere het elf mense hulle rûe daar gebreek.
Die Kaap se hawens 27.02.2024 10:14
Dawie Botha vertel in SO IS DIE LAND GEBOU van die Kaapse hawens en hulle geskiedenis.
Sean Aucamp-van Noordwyk is terug! 27.02.2024 7:28
Haidee Muller-Isaacs gesels met Sean Aucamp-van Noordwyk oor die hergeboorte van sy lewe as ’n vryskutkunstenaar.
Koffie op jou nugter maag? 27.02.2024 8:06
Dieetkundige Retha Harmse vertel hoekom dit nie ‘n goeie idee is om jou dag met koffie te begin nie.
orajdnamiliK po tiuretgA 27.02.2024 2:04
‘n Brit het op en af teen Kilimandjaro gestap ten bate van liefdadigheid, maar nie sommer net so nie. Hy het in beide rigtings dit agteruit gestap!
Kakamas se klaslam 26.02.2024 8:54
Joanica Marais vertel van Martie Oosthuizen van Pofadder. Martie is ‘n skaaplam wat van Februarie af klas draf by Hoërskool Martin Oosthuizen op Kakamas.
Afluister lei tot binnehandel-klag 26.02.2024 2:00
‘n Amerikaanse man is in die sop nadat hy tydens grendeltyd sy vrou se werksgesprekke by die huis afgeluister het. Hy het met dié inligting aandele gekoop, waarmee hy ’n wins van $1,76 miljoen gemaak het.
Bekroonde Bouwer en dié boom 25.02.2024 6:55
In sy nagenoeg 50 jaar toewyding om onder meer volhoubare gemeenskapskore te vestig, én om die grootste orrel-studiebeurs tot stand te bring, is die Baaienaar Bouwer van Rooyen deur Nelson Mandela Universiteit met die alumni-prestasietoekenning bekroon. Aan die uitvoerende kant is Bouwer ‘n orrelis, pianis en koordirigent, maar hy is ook ’n wetenskaplike, en ‘n bewys hiervan is ‘n 47-jaar oue witm...
Pieter du Preez weer by Outeniqua Chair Challenge 23.02.2024 11:07
Martelize Brink gesels met sportlegende Pieter du Preez. Hy by die 2020 Paralimpiese Spele in Japan goud verower, en is die eerste kwadrupleeg in die wêreld wat ‘n volle Ysterman voltooi het. Hy gesels oor die naweek se 20ste Outeniqua Chair Challenge waaraan hy deelneem.
Liknande poddar
Replaio är ingen poddutgivare; programnamn, omslag och ljud tillhör sina upphovspersoner och distribueras via offentliga RSS-flöden