RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Glöm inte att besöka poddens webbplats och stötta skaparen: www.rsg.co.za

Skapare

RSG

Kategori

Society

Poddens webbplats

www.rsg.co.za

Senaste avsnittet

9 nov 2026

Var kan du lyssna?

Poddar i appen Replaio Radio Kommer snart

Poddar kommer snart till appen. Installera nu och bli först med att uppleva ett helt nytt sätt att lyssna på poddar

Ladda ned på Google Play Installera gratis Android nästan 10 mn nedladdningar · betyg 4,7+ iOS snart

Avsnitt

Politikus wed teen homself 26.06.2024

‘n Britse politikus wat gestaan het om lid van die parlement te word, is geskors nadat hy ‘n weddenskap daarop geplaas het dat hy nié sy setel in die komende verkiesing sal wen nie.

Die wonders van wetenskap, ingenieurswese en tegnologie 25.06.2024

Dawie Botha vertel in SO IS DIE LAND GEBOU van die STEMulator.org wat mense bekendstel aan die wonders van die wetenskap, ingenieurswese en tegnologie.

Oom Loekie se skool 25.06.2024

Haidee Muller-Isaacs gesels met Oom Loekie van Wyk oor die Loekie van Wyk Tegniese Hoërskool, 'n vaardigheidskool wat sy naam dra en op Fisantekraal buite Durbanville gebou gaan word.

KI en fotografie 25.06.2024

Fotograaf Miles Astray is sy prys kwyt nadat ‘n foto wat hy van ‘n flamink met ‘n kop onder die vlerk geneem het, derde gekom het in die Kunsmatige Intelligensie-afdeling van ‘n groot fotografiekompetisie. Sy inskrywing is gediskwalifiseer omdat dit ‘n mens se werk is, en nie kunsmatige intelligensie se skepping nie.

Diereambulans 24.06.2024

Bronwyn en Danfred Olifant vertel van hulle diereambulansdiens wat hulle in Eersterivier lewer.

Is dit kerk, kantoor of kleuterskool? 24.06.2024

Sondae is dit aanbidding in die kerk uit die NG-stal, maar in die week is dit ’n gemeenskapsentrum, kleuterskool en opleidingsentrum vir mense van enige geloof en kultuur. Dié besonderse kerk, die Anchor of Hope Church, is in Richmond Hill, die Baai se mees multikulturele voorstad. Mariska Spoormaker het met dominee Gillie Noeth, leraar van die kerk, gaan praat.

Wêreldoorskreidingsdag 24.06.2024

Prof. Jako Volschenk vertel vir Martelize Brink Suid-Afrika verbruik meer ekologiese hulpbronne per jaar as wat die planeet se kapasiteit is om dit in ‘n jaar hergenereer.

Tonne grond in huis vir dagga 24.06.2024

Daggakwekers het 10 ton grond in 'n huurhuis ingedra om hulle produk te verbou.

Die kwynende kuns van muskadel 21.06.2024

Henri Swiegers vertel vir Martelize Brink van muskadel. Dis een van die eerste druifsoorte wat aan die Kaap geplant is. Dié gefortifiseerde soetwyn word deesdae al hoe minder geproduseer.

360 Speseryroete - Deel 40 21.06.2024

Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche gesels oor speserye en wildsvleis in die res van die wêreld, soos die Hongare wat ’n wildspot (ghoelasj) maak met baie paprika en knoffel.

Collective Arts se gemeenskapsteater 21.06.2024

Haidee Muller-Isaacs loer in by die Collective Arts Theatre in Boston, Bellville. Dis hier waar Gavin Wright gemeenskapsteater aanbied vir amateurs - kinders en volwassenes van alle ouderdomme.

'n Meestersgraad op 105! 21.06.2024

’n Amerikaanse vrou het op 105 haar meestersgraad by Stanford Universiteit gekry, 83 jaar nadat sy die kampus verlaat het!

Ná haaiaanval help Caleb met bewaring 20.06.2024

Caleb Swanepoel vertel hoe hy sy been in ’n haaiaanval verloor het, en nou saam met haaie swem om mense bewus te maak van bewaring van die oseaan. Dié sewemalige para-branderrykampioen en akteur se haaiswem is te sien in die kortfilm, Caleb: Beyond the Bite.

Wenners van RSG se matriekafskeidskompetisie 20.06.2024

Martelize Brink gesels met die twee wenners van RSG se Matriekafskeidskompetisie, Thembi Jane Buys en Tumelo Diale. Sy praat ook met Alicia Landman en Vicky Mynhardt van die Elizabeth Galloway Academy of Fashion wat die uitrustings vir die twee wenners sal maak.

'n KI-burgemeester? 20.06.2024

In Cheyenne, Wyoming, in die VSA staan ‘n kunsmatige intelligensie kletsbot vir die posisie van burgemeester. Dis egter teen Open AI se beleid om ChatGPT vir politieke veldtogte in te span.

Helmut Meijer se klankbaanmusiek 19.06.2024

Helmut Meijer gesels oor hoe hy betrokke geraak het by die skep van klankbaanmusiek, en hoe die proses verskil tussen projekte.

Oudtshoorn Vereniging vir Persone met Gestremdhede 19.06.2024

Haidee Muller-Isaacs het gaan kyk wat alles by die Oudtshoorn Vereniging vir Persone met Gestremdhede gebeur, en vind meer uit van hulle kunsprojekte.

Die KI in kitskos... 19.06.2024

McDonald’s het hulle kunsmatige intelligensie stemherkenningstoerusting in die pad gesteek. Die stelsel het klante se bestellings geneem. Daar was egter verskeie vreemde foute, soos ‘n bestelling vir roomys met spek!

Aqualibrium-kompetisie vir skoliere 18.06.2024

Dawie Botha vertel in SO IS DIE LAND GEBOU hoe die Aqualibrium-kompetisie tot stand gekom het, waar skoliere soos siviele ingenieurs oor water moet dink.

Hoeveel is 'n tiekie werd? 18.06.2024

As jy n ou tiekie in die kas het, het Pierre Nortje, sekretaris van die Numismatiese Vereniging in die Wes-Kaap, dalk vir jou nuus oor wat dit werd is. Hy vertel ook waar die woord, tiekie, sy ontstaan het.

23 x 2 tweelinge in een skool! 18.06.2024

‘n Skool in Massachusetts het 23 stelle tweelinge in hulle Graad 8-groep. Tien persent van die skool se graad 8’s is tweelinge!

Mense gewaarsku oor robbe met hondsdolheid 17.06.2024

Dr. Didi Claassen praat oor hondsdolheid by robbe.

Praat van ’n kop(pie) vir kodering! 17.06.2024

Van 2018 af het Tangible Africa aflyn rekenaarkoderingsklasse na skole wêreldwyd gebring met hul Tanks en Boats-programme. Nou is daar Juicy Gems, ’n koderingsprogram wat ook ’n kennis van landbou verg. ’n Internasionale Juicy Gems koderingstoernooi is pas gehou vir leerders in enige graad. Die wenner is die tienjarige Jonah Kruger, ‘n graad 4-leerder van die Laerskool Lorraine in die Baai. Marisk...

Twee SA leerders van by NASA se Ruimteskool 17.06.2024

Gabrielle Brook en Ruben Cruickshank vertel vir Martelize Brink van die United Space School wat hulle binnekort by NASA in Houston, Texas, gaan bywoon.

Kroeg word politieke party 17.06.2024

’n Kroeg in Engeland is as politieke party registreer. Die doel hiervan is eintlik om die kroeg op 77 000 stembriewe te adverteer.

Lyssna på podden Driesestig i Replaio

Radio och poddar i en och samma app - gratis och utan konto. Installera redan idag och missa inte premiären

Ladda ned på Google Play

Replaio är ingen poddutgivare; programnamn, omslag och ljud tillhör sina upphovspersoner och distribueras via offentliga RSS-flöden