RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Glöm inte att besöka poddens webbplats och stötta skaparen: www.rsg.co.za

Skapare

RSG

Kategori

Society

Poddens webbplats

www.rsg.co.za

Senaste avsnittet

22 okt 2026

Var kan du lyssna?

Poddar i appen Replaio Radio Kommer snart

Poddar kommer snart till appen. Installera nu och bli först med att uppleva ett helt nytt sätt att lyssna på poddar

Ladda ned på Google Play Installera gratis Android nästan 10 mn nedladdningar · betyg 4,8 iOS snart

Avsnitt

Hennie Meyer in China 02.09.2026

Die bekroonde klei- en keramiekkunstenaar, Hennie Meyer, is pas terug uit China waar hy as 'n residensie-kunstenaar met Chinese klei gewerk het. Klei-brei in China is sover verwyder soos die weste van die ooste. Johan Rademan het hom met die driesestig-mikrofoon besoek.

Dorpsgeheime: Ladismith se Hagar-kerk 02.09.2026

André van der Vyver vertel vir Martelize Brink van Ladismith in die Wes-Kaap se Otto Hager Kerk, wat in ‘n stadium as ‘n meule en later lusernstoor gebruik is.

Toe verdwyn 'n eiland! 02.09.2026

‘n Eiland in ‘n Kanadese meer het sy verskyning gemaak, toe verdwyn, maar is weer gekry. Die 9 800 vierkante meter eiland het waarskynlik oor baie jare gevorm uit opgehoopte dryfhout, wat as 'n basis gedien het vir plante en bome om wortel te skiet.

Êrens oorsee: Falkland-eilande 01.09.2026

Jani Swart-van Biljon vertel vir Martelize Brink van die lewe in die Falkland-eilande, die wind en die pikkewyne.

Cap Classique-dag 01.09.2026

Danna de Jongh en Lize-Marie Trichard vertel op Cap Classique-dag die storie van die eerste Kaapse vonkelwyn wat 55 jaar gelede op Simonsig gemaak is. Daar is vandagv meer as 200 Cap Classique-produsente in Suid-Afrika.

Koning Harald V van Noorweë 01.09.2026

Marius Coetzee vertel van Koning Harald V van Noorweë en die koninklike familie. Koning Harald is Vrydag oorlede.

Hollywoodstyl-hoenderroof 01.09.2026

Buite Kaïro het ‘n hoenderroof in beweging plaasgevind sonder dat die bestuurder van die vragmotor eens daarvan bewus was. ‘n Video van die voorval is blitsig aanlyn versprei, en die polisie en vervoermaatskappy was al daarvan bewus nog voor die saak by die polisie aangemeld is.

Sardyntjies en sardynherpes 31.08.2026

Marinebioloog Maryke Musson praat oor sardyntjies en sardynherpes nadat daar ook in Gqeberha sardyntjies uitgespoel het.

In die wêreld van landbou 31 Augustus 2026 31.08.2026

In vandeesweek se landbounuus: Nóg ‘n terugslag vir die plaaslike suikerbedryf; die regering kondig ‘n 20%-invoertarief op grondboontjiebotter aan; Vrystaat Landbou is bekommerd oor ’n toename in landelike misdaadvoorvalle; en ons hoor hoe sommige provinsies met bek-en-klouseer-inentings vorder.

Dierevoeding en die smaak van vleis 31.08.2026

Prof. Phillip Strydom praat oor die invloed van ’n dier se dieet op die smaak van vleis.

Robotstofsuier wat afloer 31.08.2026

‘n Man in Taiwan het deur ‘n robotstofsuier se kamera gesien dat sy vrou ontrou is. Gewapen met videomateriaal wen hy toe ‘n eis in die hof teen die twee. Daarna kry hy ‘n boete en vyf maande tronkstraf omdat hy met die videomateriaal sy vrou se privaatheid geskend het.

Johan se muilwarit 28.08.2026

Wat is die rede dat daar verskillende trekdiere, soos perde, osse en donkies ingespan is om waens en karre te trek? Johan Rademan het by Austin Cupida en Gerald Pietersen op Soetmelksvlei in die Franschhoek-omgewing gaan hoor waarvoor muile gebruik word op die plaas. Hy het saam met hulle op die wa gespring.

360 Speseryroete: Kosmites - Wortels en spinasie 28.08.2026

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor die mites van oranje wortels en die Huis van Oranje in Nederland, spinasie wat jou sterk maak, en dat daar nie getalle kos op jou bord mag wees nie.

Auragevegte 28.08.2026

‘n Ander generasie se boerdery! “Aura farming” is ‘n aanlynkonsep wat nou in die regte wêreld vorm aanneem met auragevegte. Mense doen iets indrukwekkend, maar laat dit moeiteloos lyk. Toeskouers se reaksie bepaal wie die wenner is.

Colin Fluxman (Deel 2) 27.08.2026

Die oudnuusleser, Colin Fluxman, wat al langer as 30 jaar in Amerika woon, vertel van die dag toe hy die nuus moes lees oor sy destydse vrou, 'n bekende TV-joernalis, se affair met 'n ewe bekende kerkman en anti-apartheidsaktivis.

Jonk: Kos wat jy dink gesonder opsies is 27.08.2026

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor kos, wat jy dink gesonder opsies is, maar nie altyd die geval is nie.

Hof beveel boer om sy boord te vernietig 27.08.2026

‘n Britse publikasie berig oor ‘n hof wat ‘n Amerikaanse boer aangesê het om sy naktarienboord uit te trek. Dít nadat hy vanjaar die publiek genooi het om hulleself te help. Sesduisend besoekers het sowat 83 000 kilogram se vrugte daar weggedra.

Colin Fluxman (Deel 1) 26.08.2026

Jy sal hom onthou as destydse SAUK TV-nuusleser en aanbieder van die gewilde misdaadprogram, Police File. Hy was ook omroeper en programbestuurder van die eerstydse Springbok Radio. Colin Fluxman woon al langer as 30 jaar in Amerika, waar hy as steeds sy ding doen as stemkunstenaar. Hy is ‘n pa van vyf en oupa van sewe. Haidee Muller-Isaacs het hom op 'n heel interessante manier opgespoor...

Dorpsgeheime: Calvinia se reuse posbus 26.08.2026

Dr. Ervin Coetzee vertel vir Martelize Brink van Calvinia se reuse posbus, die grootste in die wêreld.

Verkoelde brakkiepakkies vir Japan se honde 26.08.2026

In Japan verkoop hulle klere vir honde, wat help teen die hitte. Battery-aangedrewe waaiers blaas lug oor ys in die halsband voor dit oor die hond sirkuleer.

Êrens oorsee: Viëtnam 25.08.2026

Jurgie Schoeman vertel van die lewe in Viëtnam. Hy sê dit is daardie tyd van die jaar wanneer rys geoes word.

Anthea se storie 25.08.2026

Haidee Muller-Isaacs gesels met Groeipyne se Anthea Fredericks, wat ook 'n nuusskrywer is by die SAUK. Sy vertel van haar kleurryke joernalistieke loopbaan, en die verlies van die liefde van haar lewe in 2021.

Medalje-moles 25.08.2026

Daar was ‘n glips met die ontwerp van die Syndey-marathon se medaljes. In plaas van Sydney se Allianz Stadion verskyn München in Duitsland se Allianz Arena saam met ander Sydneybakens op die medalje.

SA se sardyntjies het herpes 24.08.2026

Mariene bioloog Maryke Musson vertel vir Martelize Brink van die sardynherpes wat sardyntjies aan die Weskus het, en die impak wat die siekte in Nieu-Seeland en Australië gehad het.

In die wêreld van landbou 24 Augustus 2026 24.08.2026

In hierdie week se landbounuus: Graan SA en ‘n aantal bedryfsvennote oorhandig ‘n petisie aan die JSE. Kommer oor die verspreiding van bek-en-klouseer in die Oos-Kaap. SA se landboubedryf groei met gemiddeld sowat 3% per jaar. Indië keur nuwe uitvoervoorwaardes vir Suid-Afrikaanse sitrus goed.

Lyssna på podden Driesestig i Replaio

Radio och poddar i en och samma app - gratis och utan konto. Installera redan idag och missa inte premiären

Ladda ned på Google Play

Replaio är ingen poddutgivare; programnamn, omslag och ljud tillhör sina upphovspersoner och distribueras via offentliga RSS-flöden