RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Glöm inte att besöka poddens webbplats och stötta skaparen: www.rsg.co.za

Skapare

RSG

Kategori

Society

Poddens webbplats

www.rsg.co.za

Senaste avsnittet

30 okt 2026

Var kan du lyssna?

Poddar i appen Replaio Radio Kommer snart

Poddar kommer snart till appen. Installera nu och bli först med att uppleva ett helt nytt sätt att lyssna på poddar

Ladda ned på Google Play Installera gratis Android nästan 10 mn nedladdningar · betyg 4,8 iOS snart

Avsnitt

Langspeelplate weer gewild 16.05.2025

Langspeelplate word al hoe meer gewild onder die jeug, en hulle  skroom nie om te betaal nie. Haidee Muller-Isaacs praat met kenners oor die invoer van vinielplate en platespelers wat weer uit die solder gehaal word. Eben Groenewald en sy seun Zihann vertel ook van hulle liefde vir vinielplate.

360 Speseryroete - Deel 81 16.05.2025

Kos-en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor kosmaak met suurlemoen.

Jou baba is nié koninklik nie! 16.05.2025

In Nieu-Seeland moet babaname aan wetgewing voldoen. King en Prince is die twee gewildste name wat nié geregistreer mag word nie.

Hoërskool Soneike se groentetuin 15.05.2025

Haidee Muller-Isaacs het gaan inloer by die Hoërskool Soneike in Kuilsrivier se groentetuin. Dié projek is die breinkind van die skool se adjunkhoof, Leon Hanslo, wat op 'n slim manier die leerders se begrip van wiskunde en wetenskap wou verskerp.

Jonk 15 Mei 2025 15.05.2025

Dr. Margaretha Roux praat oor oogsiektes wat jou vang soos wat jy ouer word.

Links en regs sorg vir vlamme 15.05.2025

‘n Vlieënier se links in plaas van regs met ’n hefboom, het tot ‘n brand in‘n passasiersvliegtuig gelei.

Waar is Sarah Theron? 14.05.2025

Haidee Muller-Isaacs het die oud-Egoli-aktrise Sarah Theron genooi vir koffie, en toe klets die twee oor die ou TV-dae, hoogte- en laagtepunte, en waarmee sy haar vandag besig hou.

Hulp vir versorgers van mense met skisofrenie 14.05.2025

Wilma Steenkamp en Tina Jones vertel vir Martelize Brink van die ondersteuning wat FSS en SADAG bied aan versorgers en familie van skisofreniepasiënte.

Eend gevang vir spoed 14.05.2025

In Switserland is ‘n groenkopeend deur ‘n spoedkamera gevang waar dit 52km/h gevlieg het in ‘n sone waar voertuie net 30 km/h mag ry. Presies sewe jaar van te vore het dit ook gebeur!

Êrens oorsee 13 Mei 2025 13.05.2025

Gillis du Toit vertel van die lewe in Middelburg in die Nederlandse provinsie, Zeeland.

“Rugby is vir ouens wat nie kan skeer nie” 13.05.2025

’n Terloopse opmerking oor sy lang arms het gemaak dat ’n man van sy ernstige rugbybesering vergeet het, skape begin skeer het en toe ’n besigheid daaruit gebou het. Dit in kort is die verhaal van Tienie du Plessis, Suid-Afrikaanse skaapskeer-rekordhouer. Isak Klopper, bestuurder van skeeropleiding by die Nasionale Wolkwekersvereniging, vertel vir Mariska Spoormaker wat gebeur het.

Duikboot-sjef 13.05.2025

Jonathan Bodenstein vertel van die dae toe hy die sjef op die duikboot, die SAS Johanna van der Merwe, was. Dit staan deesdae as die SAS Assegaai bekend, wat Afrika se eerste duikbootmuseum is. Jonathan het sy opleiding in 1969 in Frankryk ontvang, terwyl die duikboot daar gebou is.

Drukkie-terapie 13.05.2025

Terapie neem vele vorme aan. Soms het jy net ‘n drukkie nodig, en daar is mense wie se werk dit is.

Jagluiperdhervesting 12.05.2025

David Boshoff vertel van die sukses wat hulle by die Dinokeng-natuurreservaat het met jagluiperds, en hoe van hulle diere weer by ander reservate hervestig word.

Vrouemonument huldig dié moeders 12.05.2025

Gister, op Moedersdag, is die moeders van die wêreld gehuldig. Daar is ook generasies moeders wat hulde verdien vir die wyse waarop hulle hulle kinders in oorlogtye beskerm het. Die Vrouemonument in Bloemfontein, wat ná die Tweede Anglo-Boereoorlog opgerig is, is ’n goeie huldiging, maar die stories bly hartseer, het Mariska Spoormaker gevind toe sy dié monument besoek het. Danè Swanepoel, kommuni...

Afghanistan staak skaak 12.05.2025

Afghanistan het ‘n verbod op die speel van skaak geplaas tot dat daar besluit word of dit wel teen die wet is. Dit word as dobbel beskou.

Handwerk kan wérk vir jou 09.05.2025

In ‘n tydperk van superslim tegnologie, kunsmatige intelligensie, videospeletjies en slimfone sou ‘n mens dink dat kreatiewe handwerk en kuns ernstig krimp, veral onder die jonger geslag. Tog het Mariska Spoormaker die teenoorgestelde ervaar toe sy haarself vasgeloop het in ’n groot skousaal vol kreatiewe handwerk. Alda Fourie, voorsitter van uitstallers by die Bloemskou, het saamgestap.

360 Speseryroete - Deel 80 09.05.2025

Kos-en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor die makroet- of Thai-lemmetjie.

Dinosouriër-handsakke? 09.05.2025

Daar word hard gewerk om T-Rex-leer in ‘n laboratorium te kweek, en teen die einde van die jaar vir handsakke beskikbaar te hê.

Agt jollie kêrels - 40 jaar later 08.05.2025

Digter, skrywer, akademikus en taalaktivis Fanie Olivier dissekteer sy eie AGT JOLLIE KÊRELS, wat Randall Wicomb 40 jaar gelede tydens die 60-jarige viering van Afrikaans gesing het.

Australiër praat Afrikaans 08.05.2025

Australiër Caleb Cambridge vertel vir Martelize Brink hoe hy twee jaar gelede begin Afrikaans leer het nadat hy sy meisie, Nina Marais, in Sydney ontmoet het.

Jonk 8 Mei 2025 08.05.2025

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor aanvullings en gee leefstylwenke om jou metabolisme jonk te hou.

Wasbeer met 'n dwelmpyp 08.05.2025

Die polisie het ‘n vrou in Ohio in ‘n roetinestop afgetrek. Daar sit haar troetelwasbeer toe met ‘n glas metamfetamienpyp in die bek!

Bloemskou se sterk hand 07.05.2025

Dit moet ‘n sterk hand wees wat al die toutjies van die Bloemskou bymekaar hou, want dit bied enigiets van stoetvee en saalperde tot vermaak, uitstallers, hoefsmid- en skeerkompetisies en vele meer. Dié sterk hand is Elmarie Prinsloo, bestuurshoof. Sy vertel vir Mariska Spoormaker dat sy 32 jaar gelede per ongeluk by die Bloemskou beland het.

Ds. Farren van die pienk kerk 07.05.2025

Ds. Farren Cloete van die pienk kerk op Lambertsbaai is bekend vir haar groot sosialemedia-teenwoordigheid, waar sy alles van grimeerwenke tot kosvideo’s deel. Haidee Muller-Isaacs gesels met haar oor skaapstertjies, en hoe die Lambertsbaai-gemeenskap haar, as die jongste dominee van die VGK-gemeenste, omarm het. Sy ondersteun ook die plaaslike besighede op die dorp.

Lyssna på podden Driesestig i Replaio

Radio och poddar i en och samma app - gratis och utan konto. Installera redan idag och missa inte premiären

Ladda ned på Google Play

Replaio är ingen poddutgivare; programnamn, omslag och ljud tillhör sina upphovspersoner och distribueras via offentliga RSS-flöden