RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Glöm inte att besöka poddens webbplats och stötta skaparen: www.rsg.co.za

Skapare

RSG

Kategori

Society

Poddens webbplats

www.rsg.co.za

Senaste avsnittet

20 okt 2026

Var kan du lyssna?

Poddar i appen Replaio Radio Kommer snart

Poddar kommer snart till appen. Installera nu och bli först med att uppleva ett helt nytt sätt att lyssna på poddar

Ladda ned på Google Play Installera gratis Android nästan 10 mn nedladdningar · betyg 4,8 iOS snart

Avsnitt

Irene Snell-Carroll vereer 01.10.2026

Irene Snell-Carroll, Age-in-Action se direkteur vir die Wes-Kaap, is onlangs deur Nation Builder vereer deur hulle Proteas of Mzanzi-projek.

Jonk: Die vagus-senuwee (Deel 2) 01.10.2026

Dr. Lana Bouwer vertel vir Martelize Brink van maniere om die vagussenuwee te stimuleer, en toestande waar dit kan help.

Staat help met vlerksleep 01.10.2026

Singapoer het ’n nuwe vlerksleepwebblad vir staatsamptenare tussen die ouderdomme van 21 en 35. Dit word gedoen om te help om die land se geboortesyfer te verhoog.

Soetmelksvlei se erfenis 30.09.2026

Adele Johnson staan aan die hoof van Soetmelksvlei, en deel hulle erfenis uit 1897 se uitbeelding van die plaas wat eers as Donkerhoek bekend gestaan het in die Franschhoekvallei. Johan Rademan het met haar in die Jonkershuis oor die handvaardighede en gedeelde erfenis gesels.

Grafversorging 30.09.2026

Tanya Klopper vertel vir Martelize Brink hoe sy en ‘n vriendin grafte skoonmaak en onderhou. Hulle maak ‘n verskil, een graf op 'n slag.

Dorpsgeheime: Bothaville se motormuseum 30.09.2026

Freek de Kock vertel vir Martelize Brink van Bothaville se Nissan en Datsun Erfenismuseum met meer as 200 voertuie.

Waarvoor jaag jy? 30.09.2026

In die VSA is verskeie mense in die nuus oor jaag, of dit nou is vir ontbyt, of omdat hulle nie langer kon knyp nie.

Êrens oorsee: Shenzhen, China 29.09.2026

Braam Gerber vertel vir Martelize Brink van sy 18 maande in Shenzhen, China. Veral die Chinese se werksetiek en 12 uur werksdae is opvallend.

Magda se sopkombuis 29.09.2026

Magda Meyer van die Paarl vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe dit gebeur het dat sy deesdae weekliks 'n heilsame maaltyd vir 2 000 mense uit haar industriële sopkombuis kan aanbied.

Daar gaan die brandweerwa! 29.09.2026

‘n Man in New Hamshire in die VSA het ‘n brandweerwa gesteel terwyl die brandweer besig was om die brand by sy huis te probeer blus.

Eerste nuwe katspesie in 100 jar ontdek 28.09.2026

Dr. Gabriella Leighton vertel vir Martelize Brink van die Tilcayo-katspesie wat onlangs in Bolivië ontdek is.

In die wêreld van landbou 28 September 2026 28.09.2026

In die landbounuus: Kwalifiserende privaatmaatskappye kan bek-en-klouseer-entstof vir die Landbounavorsingraad vervaardig; Plaaslike melkproduksie styg effens in Augustus; Nuwe tegnologie kan boere help om rooijakkalse se gedrag beter te verstaan; en Winterstorm Kuilvoer skenk 1,5 ton per maand aan Kultuurtuiste.

Wetenskapwonder: Die Stanford-eksperiment 28.09.2026

Felix Spies vertel van die Stanford-eksperiment. ‘n Weergawe van dié omstrede navorsing in nagebootste gevangenisomstandighede sal binnekort op Netflix te sien wees.

Indië se vet hond-kompetisie 28.09.2026

Geïnspireer deur Alaska se vet beer-week waar die publiek vir die vetste beer kan stem, het Indië nou ’n weergawe vir honde, Fat Dogs of Delhi.

Jufrou Cynthia floreer ondanks teenkanting 25.09.2026

Destyds, toe sy in haar vroeë veertigs 'n pos as hoof van 'n laerskool op Heidelberg gekry het, is daar omtrent gegons en gefrons. Haidee Muller-Isaacs hoor Cynthia Roberts het haar goed van haar taak gekwyt, ten spyte van die teenkanting.

360 Speseryroete: Die kos en kultuur aan die Kaap in die 1800’s (Deel 2) 25.09.2026

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche vertel van die opmerkings van ‘n Engelse dame in haar boek, Life At The Cape A Hundred Years Ago, oor kos aan die Kaap in die 1800’s.

Stanford se koraalboom 25.09.2026

Kalika Redelinghuys vertel vir Martelize Brink van die koraalboom in Stanforf met sy rooi blomme op kaal takke.

KI-maat 25.09.2026

In Suid-Korea gons dit oor ’n tv-realiteitsprogram, My AI Partner: Strange Love. Glanspersoonlikhede kry die geleentheid om ‘n kunsmatige intelligensie-metgesel saam te stel en tyd daarmee te spandeer.

Ouma Sue se demensie-reis 24.09.2026

Innes en Greta Benadé stap die pad saam met 'n geliefde wat aan demensie ly. Hulle versorg al jare lank hulle moeder, Sue, wat met demensie leef. Uit eie pyn en liefde, het hulle harte gegroei vir families op dieselfde reis. Innes dien ook as gekoöpteerde lid van die Demensie en Alzheimersverening (ADASA), wat fokus op die bewusmaking, opvoeding en ondersteuning van mense, familie en versorgers wa...

Jonk: Die vagus-senuwee (Deel 1) 24.09.2026

Dr. Lana Bouwer praat oor oor die vagus-senuwee, hoe dit werk, en die invloed wat kroniese spanning daaarop het.

Vyf geslagte - een verjaarsdag 24.09.2026

In Iowa, VSA, is daar ‘n gesin wat virvyf5 geslagte na mekaar ‘n verjaarsdag op 14 September deel. Die geboortes strek van 1907 tot 2025, en hou nou die Guiness-wêreldrekord.

Tannie Louise bak plaasbrood 23.09.2026

Verlede week het ons by Jan die Meulenaar op Soetmelksvlei gekuier. Johan Rademan het daarna oorgestap na Tannie Louise Johannes om mooi broodjies in die plaaskombuis van 1897 te bak.

Dorpsgeheime: Loxton se Bome 23.09.2026

Danie Snyman vertel van Loxton se bome. In 1899 met die onstaan, het mnr. N.J.H. Theunissen meer as 400 bome langs Loxton se nuwe strate geplant, en weekliks van sy plaas ingery dorp toe om die boompies nat te maak.

'n Oog vir voetbal 23.09.2026

Toe Steve Prater sy oog verloor, vervang hy dit met ‘n prostese met die logo van die Amerikaanse voetbalspan, Kansas City Chiefs, daarop.

Êrens oorsee: Figuira da Foz, Portugal 22.09.2026

Corné Gaspar vertel vir Martelize Brink van die lewe in Figuira da Foz in Portugal. Ons hoor onder andere van palings in hulle restaurante.

Lyssna på podden Driesestig i Replaio

Radio och poddar i en och samma app - gratis och utan konto. Installera redan idag och missa inte premiären

Ladda ned på Google Play

Replaio är ingen poddutgivare; programnamn, omslag och ljud tillhör sina upphovspersoner och distribueras via offentliga RSS-flöden