RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Glöm inte att besöka poddens webbplats och stötta skaparen: www.rsg.co.za

Skapare

RSG

Kategori

Society

Poddens webbplats

www.rsg.co.za

Senaste avsnittet

13 nov 2026

Var kan du lyssna?

Poddar i appen Replaio Radio Kommer snart

Poddar kommer snart till appen. Installera nu och bli först med att uppleva ett helt nytt sätt att lyssna på poddar

Ladda ned på Google Play Installera gratis Android nästan 10 mn nedladdningar · betyg 4,7+ iOS snart

Avsnitt

23 rekspronge in 'n uur! 20.11.2022

Martelize Brink gesels met Linda Potgieter wat ’n Guiness-wêreldrekord opgestel het vir die meeste rekspronge in ‘n uur. Sy het 23 gedoen.

Hoe werk radar? 18.11.2022

Prof. PW van der Walt verduidelik vir Martelize Brink hoe radar werk.

Chris se winkel 18.11.2022

Haidee Muller-Isaacs loer in op Wellington by akteur Chris van Niekerk se winkeltjie propvol antieke ware. Sy is huistoe met 'n paar ou plate van haar gunsteling sangers.

Wêreld Toiletdag 2022 18.11.2022

Wêreld Toiletdag word op 19 November herdenk. Martelize Brink gesels met prof. Eugene Cloete oor grondwater en behoorlike sanitasie om waterbronne te bewaar.

Musiekindaba binnekort gehou 17.11.2022

Karen Meiring gesels oor die behoefte om oor die musiekbedryf in Suid-Afrika te praat.

Entrepreneurs ontwikkel vir plattelandse filmbedryf 17.11.2022

Lika Berning praat oor entrepreneurskapsontwikkeling in die plattelandse filmbedryf.

Voorbereiding vir ’n vroeë geboorte 17.11.2022

Dr. Ida du Plessis-Faurie vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe ouers hulleself kan voorberei wanneer ’n vroeë geboorte verwag word.

Neil Sandilands kuier in die ateljee 16.11.2022

Neil Sandilands gesels oor sy loopbaan as akteur, en hoe hy begin musiek maak het.

Wees veilig op TikTok 16.11.2022

Daniela Marais vertel hoe jy veilig kan wees op TikTok.

Lugskepe en helium 16.11.2022

Prof. Egmont Rohwer praat oor lugskepe, en hoe veilig helium vir hierdie doel is.

Fisioterapie vir diere 14.11.2022

Nadia Schrenk gesels oor haar werk as dierefisioterapeut.

Cobus van den Berg en Jorrie van der Walt se nuwe fliek 14.11.2022

Haidee Muller-Isaacs was op die stel van 'n nuwe rolprent wat gemaak word van Deon Meyer se boek, Proteus. Cobus van den Berg en Jorrie van der Walt vertel van die uitdagings, planne beraam wanneer die weer sleg is, en watter groot verskil begrotings maak. Fliekmaak is een groot legkaart wat konstant ontwikkel, sê hulle.

Diabetes by kinders 14.11.2022

Elré Clarence vertel vir Martelize Brink van die uitdagings wat diabetes vir kinders inhou.

Hoe werk gis? 11.11.2022

Dr. Danie Malherbe vertel vir Martelize Brink hoe gis werk.

Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans word 30 11.11.2022

Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans is vanjaar 30 jaar oud. Haidee Muller-Isaacs gesels met professor Michael le Cordeur oor die projekte wat hulle aanpak om gemeenskappe te bemagtig, en veral die chemie-projek waarby hy nou betrokke is.

Fynproewerkos op groot skaal 11.11.2022

Neil Swart en Anouchka Horn vertel vir Martelize Brink hoe hulle fynproewerkos op groot skaal maak.

Libertaskoor neem afskeid van dirigent 10.11.2022

Mariska April, Christoff en Ilse Pauw gesels oor hulle ervaring as lede van die Libertaskoor.

Angelique se passie vir bier 10.11.2022

Martelize Brink gesels met ‘n vroue bierbrouer van Pretoria, wat gevra is om haar vaardighede in die Swartland ten toon te stel. Angelique Kieser was ‘n argitek wat tydens die grendeltydperk besluit het bierbrou is haar ware passie.

Eric R. Kok se film bekroon 10.11.2022

Eric R. Kok gesels oor sy loopbaan as skrywer, filmmaker en gemeenskapsaktivis. Sy rolprent Liesbet is onlangs met vyf toekenings by die Thokoza-filmfees vereer.

Keramiekkunstenaar Theo Kleynhans 09.11.2022

Theo Kleynhans gesels oor sy aanslag tot keramiek, en hoe sy werk hom ses maande van die jaar na Spanje neem.

Ethel Ruthenberg, gholfkampioen 09.11.2022

Ná vier dae se dryfwerk met die gholfstokke en 250 inskrywings van 16 lande, is 44 kampioene is verskeie afdelings as die 2022 Ultimate Long Distance-kampioene aangewys. Die vroue-amateur Ope-afdeling is deur ‘n Suid-Afrikaner gewen. Johan Rademan het met Ethel Ruthenberg in die VSA gesels.

Dopamienmode 09.11.2022

Suzanne Kotze gesels oor die jongste modetendense, spesifiek dopamienmode.

Bloemfontein se geboue 08.11.2022

Kobus du Preez vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van President Brandstraat in Bloemfontein met sy historiese geboue en moderne glaspaleis.

Erwin Kupke se danspassies 08.11.2022

Erwin Kupke gesels Oor sy dansprestasies. Dié agtjarige het gekwalifiseer om Suid-Afrika by die wêreldkampioenskappe te verteenwoordig. Sy afrigter, Marike Nel, wat ‘n wêreldkampioen is, gesels saam.

Avonturiers durf Noordwes-deurgang aan 08.11.2022

Daniel Kritzinger vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van ‘n internasionale groep avonturiers wat gaan poog om die eerste mense te word om die 3700 km lange Noordwes-deurgang, wat die Atlantiese oseaan en die Stille oseaan verbind, te roei. Daniel is die spandokter.

Lyssna på podden Driesestig i Replaio

Radio och poddar i en och samma app - gratis och utan konto. Installera redan idag och missa inte premiären

Ladda ned på Google Play

Replaio är ingen poddutgivare; programnamn, omslag och ljud tillhör sina upphovspersoner och distribueras via offentliga RSS-flöden