RSG

RSG Kuns

Arts AF ↓ 2902 episodes

Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

7 iul. 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Descarcă din Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Hermanus FynArts 2026 21.04.2026

Die Hermanus FynArts-fees vind van 6 tot 14 Junie plaas. Christelle Webb-Joubert gesels met die feesdirekteur, Eon de Vos.

UJ-koorreeks 21.04.2026

Gehore in Johannesburg kan in Mei uitsien na verskeie kooroptredes deur die Universiteit van Johannesburg se koor saam met 'n aantal besoekende kore uit die buiteland. Terrance April gesels met die koorleier, Sizwe Mondlane, oor die reeks optredes.

Drie uitstallings by Rust-en-Vrede Galery 21.04.2026

Kurator Donavan Mynhardt vertel van die drie uitstallings wat tans te sien is by die Rust-en-Vrede Galery in Durbanville.

Ek, ouer 14.04.2026

Aktrise Willa van Schalkwyk vertel van die eenvrouvertoning, EK, OUER. Dit gaan oor ‘n vrou wat haar man aan die dood afstaan, en skielik ‘n alleenouer is.

Kaapstad Filharmonies se herfsseisoen 14.04.2026

Terrance April en Adriaan Fuchs, bestuurshoof van die Kaapstad Filharmoniese Orkes, sit hule gesprek voort oor die orkes se herfsseisoen.

Eri-Kah van Breda se kuns 14.04.2026

Kunstenaar Eri-Kah van Breda gesels oor haar passie vir vuur en fynbos, en hoe sy dit uitbeeld in haar kuns. Sy vertel ook van die werkswinkels wat sy aanbied.

Vivaldi en die vondeling 14.04.2026

Skrywer Riana Scheepers gesels oor die klassieke musiekdrama, VIVALDI EN DIE VONDELING. Niël Rademan is die regisseur. Hy vertel ook van ‘n ander produksie waarby hy betrokke is by vanjaar se Suidoosterfees.

Rocky Horror terug in Kaapstad en Jozi! 14.04.2026

Aanhangers van die ikoniese ROCKY HORROR SHOW kan weer saamsing tydens vertonings van dié musiekspel in Kaapstad en Johannesburg. Terrance April gesels met Tjaart van der Walt oor die produksie wat onlangs in Kampsbaai geopen het.

Diepe grond in Johannesburg 07.04.2026

Regisseur Eloise Clasen vertel van Reza de Wet se toneelstuk, Diepe grond, wat eersdaags aangebied word in Johannesburg.

Kunskoors in Jeffreysbaai 07.04.2026

Kunskoors word in 2026 vir die tweede keer aangebied. Die kunstenaar Zuanda Badenhorst vertel waarna gehore kan uitsien in Jeffreysbaai.

Maggie Laubser - 140 jaar 07.04.2026

Die kunstenaar Maggie Laubser is op 14 April 1886 gebore. Deon Oliver, voorsitter van die Maggie Laubser Stigting vertel wat hulle alles op dié dag beplan in Malmesbury.

Con Spirito Filharmonies se Mozartkonsert 07.04.2026

Die dirigent van Con Spirito Filharmonies, dr. Sjoerd Alkema, vertel van die spesiale Mozartkonsert wat hulle aanbied.

Under The Shade Of A Tree I Sat And Wept by Markteater 07.04.2026

'n Groep Suid-Afrikaanse akteurs het onlangs na een van die Balkanlande gereis om saam met plaaslike akteurs daar 'n nuwe verhoogwerk te skep, wat die verband tussen die twee lande ontgin. Terrance April gesels met Greg Homann, artistieke direkteur by die Markteater oor die stuk, UNDER THE SHADE OF A TREE I SAT AND WEPT.

Anton Smit stal uit by Pretoria Kunsvereniging 31.03.2026

Christelle Webb-Joubert kuier by die beeldhouer, Anton Smit. Hy gesels oor sy uitstalling wat te sien is by die Kunsvereniging van Pretoria.

Wat gebeur alles by die Clarens Kunstefees? 31.03.2026

Een van die organiseerders van die Clarens Kunstefees, Elna Rossouw, gesels oor vanjaar se hoogtepunte.

Kaapstad Filharmonies se herfsseisoen skop af 31.03.2026

Die Kaapstad Filharmoniese Orkes se herfsseisoen begin op Donderdag 2 April 2026 in die Kaapstad Stadsaal. Terrance April het gaan inloer by hulle kantore, en met die bestuurshoof van die orkes, Adriaan Fuchs, gesels.

Pretoria Youth Theatre se Charlie and the Chocolate Factory 31.03.2026

Die regisseur, Kerry-Anne Beldon van Pretoria Youth Theatre, vertel van hulle produksie, Charlie and the Chocolate Factory.

André Odendaal lees Dylan Thomas se UNDER MILK WOOD voor 31.03.2026

André Odendaal is een van die akteurs wat Dylan Thomas se bekende UNDER MILK WOOD voorlees by vanjaar se Clarens Kunstefees. Hy vertel meer.

Mieke-Louise de Villiers by De Gallerij 24.03.2026

Die kunstenaar Mieke-Louise de Villiers vertel van haar uitstalling, Carry/Keep: Stewarding the Weight of What Remains.

Gryp elke grasHolm by die KKNK 24.03.2026

Marion Holm het harsingskudding opgedoen twee weke voor die KKNK. Sy vertel, vanuit haar bed, vir Christelle Webb-Joubert hoe dit gebeur het, en van haar nuwe eenvrouvertoning, Gryp elke grasHolm.

Visuele kuns by KKNK 30 24.03.2026

Die visuele kunskurator van die KKNK, Liza Grobler, gesels oor 2026 se aanbod.

Vonkprop bring nuwe stukke na KKNK 24.03.2026

Christelle Webb-Joubert vind meer uit oor Vonkprop, wat te sien is by die KKNK.

Amanda Strydom en Je-ani Swiegelaar in Tillie/Mathilda by KKNK 24.03.2026

Amanda Strydom loop reeds 'n lang pad met die KKNK. Sy doen dit weer vanjaar met 'n splinternuwe produksie. Terrance April gesels met haar en Je-ani Swiegelaar, wat die verhoog met Amanda deel.

Saartjie Botha se ge-gebergtes by KKNK 17.03.2026

Wessel Pretorius gesels oor ge-gebergtes, ‘n nuwe stuk deur dramaturg Saartjie Botha. Dié toneelstuk debuteer by die KKNK.

Universiteit van Johannesburg se kunssentrum 17.03.2026

Die Kunssentrum van die Universiteit van Johannesburg is bekend vir hulle eksperimentele en vernuwende werk in verskillende kunsvorme. Terrance April gesels met die hoof van die sentrum, Pieter Jacobs, oor wat in 2026 voorlê.

Listen to the RSG Kuns podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up

Descarcă din Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.