RSG

Hoe verklaar jy dit?

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap

Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categorie

Science

Site-ul podcastului

www.rsg.co.za

Cel mai nou episod

15 nov. 2026

Unde asculți?

Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curând

Podcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor

Descarcă din Google Play Instalează gratuit Android 10 mil.+ descărcări · nota 4,7+ iOS în curând

Episoade

Hoe verklaar jy dit? 16 Augustus 2020 16.08.2020

Wat is die verskil tussen valke en arende? Weet jy dat swerfvalke teen sowat 250 km/h kan duik? Kry 'n mens seekatte wat in varswater voorkom?

Hoe verklaar jy dit? 9 Augustus 2020 09.08.2020

Hoekom het mense nie sterte nie? Wat is die funksie van die stert by soogdiere? Wat is die storie met krapspinnekoppe en jakkalsvlieë, en kan daar simbiose tussen die twee bestaan?

Hoe verklaar jy dit? 2 Augustus 2020 02.08.2020

Kan sekere diere deur ander diersoorte of spesies gesoog word? Wil jy meer weet oor die witkruisarend? Wat is hulle rooftegnieke en broeigewoontes? Het jy geweet roofvoëls kan vir dekades en selfs honderde jare op een plek nesmaak? En is dit waar dat die mannetjies by roofvoëls een derde kleiner as die wyfie is?

Hoe verklaar jy dit? 26 Julie 2020 25.07.2020

Hoe het buideldiere, wat eie aan Australië is, van daar na Noord-Amerika versprei? Wat is 'n vlam, en hoekom is dit sigbaar? En hoekom beweeg 'n drywende voorwerp na die stroom water wanneer jy 'n bak vol water tap?

Hoe verklaar jy dit? 19 Julie 2020 19.07.2020

Hoekom is sekelbos 'n indringerplant in Noord-Natal, hoewel dit 'n inheemse boom is? Het jy geweet die mens gebruik rubber al langer as 1000 jaar? Wat is entropie? Hoe het duursame motorbande ontstaan?

Hoe verklaar jy dit? 12 Julie 2020 11.07.2020

Leer meer oor reënwoude. Wat is die sedimentêre gesteentes wat 'n luisteraar in Nieu-Seeland gesien het? Hoekom word vere, soos bladvere en spiraalvere in voertuie, mettertyd pap? En wat is die ewolusionêre rede vir die geweldige hoeveelheid voëls met swart vere op die kop?

Hoe verklaar jy dit? 5 Julie 2020 05.07.2020

Hoe het olifante wat hul ontstaan in Afrika het, in Indië beland? Hoekom verskil die lesing op jou badkamerskaal as jy op dit klim wanneer die skaal op 'n matjie staan teenoor die lesing as die skaal op 'n harder oppervlakte staan? En, hoe gevaarlik is radiogolwe vir daardie voëls wat so rustig in selfoontorings sit en broei?

Hoe verklaar jy dit? 28 Junie 2020 28.06.2020

Wat is optimistiese vooroordeel of onrealistiese optimisme? Hoe het virusse ontstaan?cHoekom werk antibiotika nie teen virusse nie?cWaaruit bestaan virusse? Wat is die perderunnik-kriek? Hoekom vreet voëls motte, maar nie skoenlappers nie?

Hoe verklaar jy dit? 21 Junie 2020 20.06.2020

Is pseudo-swangerskappe by diere moontlik? Hoe kan 'n koei melk produseer as sy nie gekalf het nie? Hoe is die enorme rotsblokke op die Nan Madol eiland pasgemaak, bewerk en vervoer?

Hoe verklaar jy dit? 14 Junie 2020 13.06.2020

Kan diere tel? Indien wel, tot hoe ver? Is daar onder die soogdierspesies enige voorbeelde van 'n manlike en vroulike indiwidu wat lewenslank paar? En, is 'n luisteraar in die kol as hy sê dat hy moontlik 'n mikro-meteoriet op die sinkdak van sy braaiarea kon hoor?

Hoe verklaar jy dit? 7 Junie 2020 06.06.2020

Hoe kry knopiespinnekoppe dit reg om so ongesiens jou huis binne te kom? Het jy geweet dat dit slegs die byt van 'n wyfie-knopiespinnekop is wat giftig vir die mens is? Weet jy dat wanneer 'n knopiespinnekop bedreig word, val hy skielik grond toe en maak of hy kamtig dood is? En kan jou troeteldier die coronavirus na jou oordra?

Hoe verklaar jy dit? 31 Mei 2020 30.05.2020

Wat op aarde is die vreemde muis wat 'n luisteraar in die Beaufort-Wes-distrik gewaar het met die lang snoet en koddige ronde lyfie? Waar kom die kleure van blomme vandaan? Was blomme eers kleurloos of het almal dieselfde kleur gehad? Hoe het die seevlak oor die eeue heen verander?

Hoe verklaar jy dit? 24 Mei 2020 23.05.2020

Hoe en uit wat het melkkliere ewolusionêr by soogdiere ontstaan? Het jy geweet varke het tot 18 melkkliere? Wat gebeur as tamaties te vroeg op die rak beland? Beïnvloed dit die geur en smaak daarvan? Hoe kry 'n mol dit reg om 'n hopie grond bo-op die uitgang van sy tonnel te kry as hy die grond agtertoe grawe? Wat is die verskil tussen tand- en blesmolle?

Hoe verklaar jy dit? 17 Mei 2020 17.05.2020

Hoekom word jou horlosie se vermoë om akkuraatheid te behou, beinvloed tydens beurtkrag? Hoekom zoem 'n muskiet as hy nadervlieg om jou te byt? Hoe is die piramides oorspronklik gebou? Wat is die vertakte afbeelding op 'n klippie wat iemand opgetel het?

Hoe verklaar jy dit? 10 Mei 2020 09.05.2020

Hoekom het soogdiere nie eierlêend gebly nie? Hoekom word soveel wilde diere in stede aangetref? En waarom hop sekere voëls, terwyl ander loop of stap soos mense?

Hoe verklaar jy dit? 3 Mei 2020 02.05.2020

Hoekom het die hedendaagse organies gekweekte of winkeltamaties grootliks hulle heerlike geur en aroma verloor? Hoe het dinosourusse voortgeplant? Het hulle met 'n geslagsorgaan gekopuleer? Wat is die storie agter daardie breë slote in die rotse op die Griekse eiland, Paros?

Hoe verklaar jy dit? 26 April 2020 25.04.2020

Wil jy meer weet oor virusse? Hoekom ruik rose lekker en ontlasting sleg? En, is dit waar dat duiwe mekaar voer wanneer hulle paar?

Hoe verklaar jy dit? 19 April 2020 18.04.2020

Hoekom lê alle voels eiers, en waarom is daar nie voëlsoorte wat lewendbarend is nie? Waarom sien ons byna geen dooie voëls langs die pad nie? Is dit eties korrek om voëls kos te gee? Het jy geweet dat trekvoëls, voordat hulle op hulle jaarlikse migrasievlug vertrek, aansienlike vetreserwes opbou? Selfs tot 50% van hulle normale liggaamsmassa en ja, hulle vlieg dan steeds met gemak oor lang afstan...

Hoe verklaar jy dit? 12 April 2020 11.04.2020

Wat is daai goggatjies in jou swembadwater wanneer die water begin verdamp? Hoekom is Suid-Afrika so stabiel ten opsigte van aardbewings, orkane en vulkane? Sal daar 'n tyd kom dat daar geen water meer oor sal wees in die see nie?

Hoe verklaar jy dit? 5 April 2020 04.04.2020

Al gehoor van die Suid-Amerikaanse meelmot? Wat is die ruspe met die wit stippels wat 'n luisteraar in sy huis gevind het? Wil jy meer weet van plantluise en parasiete op insekte? En wat op aarde is die groen liggie of vlammetjie wat vir 'n sekonde of twee op die son te siene is tydens sonsondergang?

Hoe verklaar jy dit? 29 Maart 2020 29.03.2020

Al gehoor van die krimpvarkie-spinnekop? Wat is die Afrika Bolas-spinnekop? En, wil jy meer weet van die ewolusie van die geslagsorgaan by plasenta- en buidel-soogdiere?

Hoe verklaar jy dit? 22 Maart 2020 21.03.2020

Eet bokke soms grond, en hoekom? Wat is kropmelk, en hoe hou duiwe die kropmelk geskei van die saad wat hulle inneem?

Hoe verklaar jy dit? 15 Maart 2020 14.03.2020

Hoe gemaak as jou papegaai sy vere uit trek? Al gehoor van die gorrel-skurwepadda? Het jy geweet 'n wyfie-gorrel-skurwepadda kan enigiets van 10 000 tot 25 000 eiers per slag lê? En sê nou byvoorbeeld jy vang die skurwepadda, en gaan laat hom los 'n paar kilometer van jou huis af, wat is die kans dat hy sal terugkom?

Hoe verklaar jy dit? 8 Maart 2020 07.03.2020

Wat is 'n snuitkewer? Wat is die oorsprong van plaveiselklippe op Nieuwoudtville? Daar is ook meer inligting oor geelstervisse.

Hoe verklaar jy dit? 1 Maart 2020 01.03.2020

Wat weet jy van mierleeus? Al gehoor van insekte wat hulle vlerke inwendig dra? Wat laat die aarde draai, wanneer het dit begin, en wat het dit veroorsaak? Wat weet jy van mierleeus? Al gehoor van insekte wat hulle vlerke inwendig dra? Wat laat die aarde draai, wanneer het dit begin, en wat het dit veroorsaak?

Ascultă podcastul Hoe verklaar jy dit? în Replaio

Radio și podcasturi într-o singură aplicație - gratuit și fără înregistrare. Instaleaz-o azi și nu rata lansarea

Descarcă din Google Play

Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice