Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

God se Woord VARS vir jou Vandag

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.

Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: christianityworks.co.za

Autor

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Categorie

Religion

Site-ul podcastului

christianityworks.co.za

Cel mai nou episod

1 oct. 2026

Unde asculți?

Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curând

Podcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor

Descarcă din Google Play Instalează gratuit Android aproape 10 mil. descărcări · nota 4,8 iOS în curând

Episoade

Doop van die Heilige Gees 10.09.2024

Send us Fan Mail Markus 1:7,8 Hy het aangekondig: “Daar kom Iemand ná my wat belangriker is as ek – soveel belangriker dat ek nie eers werd is om soos ’n slaaf te buk en sy sandale los te maak nie. Ek het julle met water gedoop, maar Hy sal julle met die Heilige Gees doop.” (NLV)  Het jy al ooit gewonder waaroor die doop gaan? Dit is 'n vreemde ritueel wat al vir duisende jare beoefen word -...

Maak die Pad vir die Here Gelyk 09.09.2024

Send us Fan Mail Markus 1:4-6 Hierdie boodskapper was Johannes die Doper. Hy het in die woestyn opgetree en gepreek dat die mense hulle moes laat doop as teken dat hulle tot inkeer gekom het en so vergifnis van sonde ontvang het. Skares mense van Jerusalem en van oor die hele Judea het na Johannes toe gekom, en nadat hulle hulle sondes bely het, het hy hulle in die Jordaanrivier gedoop. Johannes s...

Ewigheid 101 08.09.2024

Send us Fan Mail 2 Korintiërs 4:16 - 18 Om hierdie rede word ons nie moedeloos nie. Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe. Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op 'n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly. Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die si...

Offer 101 07.09.2024

Send us Fan Mail Filippense 2:3-5 Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander. Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was:  Mense dink deesdae baie anders oor belangrike sake. Dis asof daar 'n groot verskuiwing in mense se...

Heiligheid 101 06.09.2024

Send us Fan Mail Hebreërs 12:14 Beywer julle vir vrede met alle mense asook vir 'n heilige lewe, waarsonder niemand die Here sal sien nie.  Kan ek jou vandag vra om net ‘n bietjie stil te staan en te dink aan wat die nommer een prioriteit in jou lewe is? Jy weet mos dis belangrik, want jou prioriteite bepaal die res van jou lewe. As ons nie gereeld oor ons prioriteite nadink nie, sal ons outo...

Heiligmaking 101 05.09.2024

Send us Fan Mail 1 Tessalonisense 4:3-6 Dit is die wil van God dat julle heilig moet lewe. Weerhou julle van onsedelikheid. Elkeen van julle moet weet dat hy met sy vrou heilig en eerbaar moet saamlewe; julle moenie deur hartstog en begeerte gedrywe word soos die heidene wat vir God nie ken nie. Ook mag niemand hom in hierdie verband te buite gaan en sy broer bedrieg nie, want die Here straf al su...

Bemagtiging 101 04.09.2024

Send us Fan Mail Handelinge 1:8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”  Ons weet baie keer alte goed dat ons lewens nie is, wat dit behoort te wees nie; dat ons in sekere areas beter moet vaar. Maar dit is so moeilik as jy so baie hooi op jou vurk...

Bekering 101 03.09.2024

Send us Fan Mail Handelinge 2:38 Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.  Hier is ‘n vraag vir jou: As God deur Jesus se offer aan die Kruis, ons sonde vergewe het, moet ons dan die manier waarop ons leef, verander? Moet ons wegdraai van ons sonde wat...

Redding 101 02.09.2024

Send us Fan Mail Handelinge 16:29-31 Toe het die bewaarder 'n lig gevra, die sel ingestorm en bewend voor Paulus en Silas neergeval. Hy het hulle buitekant toe gevat en gevra: “Menere, wat moet ek doen om gered te word?” Hulle antwoord hom: “Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.”  Dit is baie sinvol om elke nou en dan terug te gaan na die basiese dinge om te versek...

Jy is Geskape vir die Oorwinning 01.09.2024

Send us Fan Mail 1 Korintiërs 15:56-58 Die angel van die dood is die sonde, en die sonde kry sy krag uit die wet van God. Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus. Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie.  In 'n era...

Die Wese van Empatie 31.08.2024

Send us Fan Mail Matteus 7:12 Doen vir ander alles wat julle graag wil hê hulle vir julle sal doen. Dit is die kern van die wet en die profete.”  Empatie is een van die mees aangrypende en kragtigste uitdrukkings van liefde. Om dáár te wees vir iemand; saam met hulle seer te ervaar … of inderdaad om saam met hulle fees te vier; spreek van liefde soos niks anders nie. Ja, my vriend, empatie is &apo...

Die Offer wat vir God Aanvaarbaar is 30.08.2024

Send us Fan Mail Psalm 51:19 Die offer wat U wil hê, o God, is ’n gebroke gees. ’n Gebroke en berouvolle hart sal U nie verwerp nie, o God. (NLV) Wat dink jy wanneer jy 'n man met 'n bos blomme in die straat sien afloop? Wonder jy hoekom hy dit gekoop het? Is dit 'n spontane daad van liefde, 'n spesiale geleentheid ... of is dit 'n skuldige gewete? Kom ons kyk na hierdie s...

Het jy al ooit Gewonder Waarom … 29.08.2024

Send us Fan Mail Psalm 51:13,14, Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af wegneem nie! Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos is, laat my U weer met toewyding dien.  Het jy al ooit gewonder hoekom dit soms voel asof die vreugde wat jy eens gehad het; die vreugde wat jy glo God wil hê jy moet hê, verdamp het? Poef, weg is dit! Dit is amper asof God jou ver...

Intense Reiniging 28.08.2024

Send us Fan Mail Psalm 51:12 Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. Wanneer ons stilstaan en daaroor nadink, weet ons instinktief dat ons optrede direk vloei uit wat in ons harte aangaan. Die probleem is dat ons nie gereeld genoeg stilstaan en daaroor nadink nie. Wanneer laas het jy irrasioneel opgetree? Hoekom het jy beheer verloor? Wat het dit veroorsaak? N...

Wees Leerbaar en Laat God Jou Vergewe 27.08.2024

Send us Fan Mail Psalm 51: 8,9 Maar U verwag opregtheid diep in 'n mens se hart: laat ek dan diep in my binneste weet hoe U wil dat ek moet lewe. Neem tog my sonde weg dat ek rein kan wees, was my dat ek witter as sneeu kan wees.  Ons wil instinktief weghardloop en wegkruip vir God wanneer ons besig is om die spoor byster te raak; wanneer ons weet dat dít wat ons gedoen het, verkeerd is. Dis...

Wanneer Sal die Bose Tot Niet Gaan? 26.08.2024

Send us Fan Mail Matteus 25:46 En hierdie mense sal die ewige straf ontvang, maar dié wat die wil van God gedoen het, die ewige lewe.” Met alles wat dwarsdeur die wêreld aangaan, vra baie van ons onsself die vraag af: wanneer gaan hierdie verskriklike boosheid eindig ? En dit is glad nie 'n onredelike vraag nie. Wanneer gaan dit eindig? Waarom laat 'n God van liefde al hierdie oorloë toe...

Die Mag van Woorde 25.08.2024

Send us Fan Mail Spreuke 18:21 Die tong het mag oor dood en oor lewe. Hulle wat lief is om te praat, moet saamleef met die gevolge van hulle woorde.  As ons maar net kon besef hoeveel impak ons woorde het ... Ek het eenkeer iemand hoor sê dat woorde houers vol krag is - emmervol. Die dinge wat ons vir ander mense sê, kan werklik lewe of dood bring. Ek het onlangs 'n spreker op YouTube gehoor...

Jy Kan God Vertrou 24.08.2024

Send us Fan Mail Psalm 89:2,3 en 15 Ek sal altyd sing van die Here se liefdesdade, sy trou verkondig aan komende geslagte. Ek sê: “U liefde en u trou wankel nooit, U troon is gebou op geregtigheid en reg, liefde en trou staan in u diens.  Wat doen jy as jy jouself in 'n benarde situasie bevind en heeltemal alleen voel? Sê my! Wat doen jy? Stoei jy alleen daarmee? Of roep jy tot God? Dis nie n...

Wanneer Probleme Wonderwerke Word 23.08.2024

Send us Fan Mail Johannes 2:1-3 Op die derde dag was daar 'n bruilof in Kana in Galilea, en die moeder van Jesus was daar. Jesus en sy dissipels is ook na die bruilof toe genooi. Toe die wyn opraak, sê Jesus se moeder vir Hom: “Hulle het nie meer wyn nie.”  Die lewe bestaan hoofsaaklik daaruit om dag na dag dieselfde dinge te doen. Soos 'n wyse mentor van my graag sê, party dae moet jy n...

Die Dividende van Dissipline 22.08.2024

Send us Fan Mail Hebreërs 12:10,11 Ons vaders het ons wel 'n kort tydjie na hulle goeddunke getug, maar Hy tug ons tot ons beswil sodat ons in sy heiligheid mag deel. Wanneer ons getug word, lyk die tug op daardie oomblik nie na iets om oor bly te wees nie, maar om oor te huil. Later lewer dit egter vir dié wat daardeur gevorm is, 'n goeie vrug: vrede omdat hulle gehoorsaam is aan die wi...

Die Bewys van Jou Geloof 21.08.2024

Send us Fan Mail Johannes 14:21,23 “Wie my opdragte het en dit uitvoer – dit is hy wat My liefhet. En wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom ook liefhê en My aan hom openbaar.” Jesus antwoord hom: “As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon.  Het jy al ooit gewonder of ander mense agterkom dat jy ander...

Sterf Daagliks saam met Christus 20.08.2024

Send us Fan Mail Galasiërs 2:19, 20 ...ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.  As ons heeltemal eerlik met onsself is, sal ons ruiterlik erken dat baie van die dinge wat ons in hierdie wêreld bege...

Radikale Chirurgie Word Vereis 19.08.2024

Send us Fan Mail Spreuke 28:13 Wie sy sonde wegsteek, moet niks goeds te wagte wees nie; wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang.  Die meeste van ons verstaan die verskil tussen reg en verkeerd. En daarom het ons begin om meer van die regte dinge te probeer doen. Net 'n bietjie meer regte dinge. Net 'n bietjie minder verkeerdes. Hopelik sal dit die oplossing wees. Stel jo...

Die Resep Vir Vrede (5) 18.08.2024

Send us Fan Mail Kolossense 3:17 En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.  Vrede gaan oor meer as die hantering van dít wat met jou gebeur - die mense, die omstandighede, die uitdagings - al daardie eksterne faktore. Ware vrede behels ook dat jy vrede het met wie jy is; dat jy jou plek in die wêreld verstaan en waardeer. ‘n...

Die Resep Vir Vrede (4) 17.08.2024

Send us Fan Mail Kolossense 3:15,16 En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar. Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike l...

Ascultă podcastul God se Woord VARS vir jou Vandag în Replaio

Radio și podcasturi într-o singură aplicație - gratuit și fără înregistrare. Instaleaz-o azi și nu rata lansarea

Descarcă din Google Play

Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice