RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Unde asculți?
Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curândPodcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor
Episoade
Êrens oorsee: Marioneiland 09.06.2026 11:33
Roelf Daling vertel vir Martelize Brink van die lewe op Marioneiland. Hy was lager as ‘n jaar lank deel van ‘n navorsingspan op dié sub-antarktiese vulkaaneiland in die suidelike Indiese Oseaan.
Change Makers help met dwelms en bendes 09.06.2026 8:31
Change Makers Worcester is 'n nie-winsgewende organisasie wat werk met mans wat wil wegbreek uit die greep van dwelms en bendes. Haidee Muller-Isaacs het daar gaan inloer, en ook die storie gehoor van 'n ambagsman wat eens op 'n tyd onder 'n brug geslaap het.
Dis in die pos... 09.06.2026 1:32
‘n Tydskrif wat moes help met kinders grootmaak, is in Engeland 19 jaar laat deur Royal Mail afgelewer, met daardie kinders reeds op universiteit.
Nuwe parasiet na haar vernoem 08.06.2026 11:50
Dr. Martine Jordaan vertel vir Martelize Brink van 'n nuwe parasiet, Paradiplozoon jordaanae, wat op ‘n vis ontdek is. Dit is na haar vernoem.
In die wêreld van landbou 8 Junie 2026 08.06.2026 5:40
In die week se landbounuus berig ons oor Suid-Afrika se eerste nasionale sensus van vrylopende jagluiperds; China skrap invoerheffings op rooibos uit Suid-Afrika; die jaarlikse Desert Beef-slagoskompetisie het weer groot belangstelling in die Noord-Kaap ontlok; en rolspelers in die Suid-Afrikaanse wynbedryf het in Stellenbosch bymekaar gekom vir die derde jaarlikse Wynberaad.
Hoekom is party vleis sagter as ander? 08.06.2026 12:03
Prof. Phillip Strydom praat oor die faktore wat beïnvloed of vleis sag is.
Stoei in die biblioteek 08.06.2026 1:26
In Kalifornië word stoeigevegte gebruik om mense biblioteek toe te lok.
Migel Uys se liefde vir koorsang 05.06.2026 6:04
Haidee Muller-Isaacs gesels met die jong koorleier/dirigent Migel Uys oor sy liefde vir die hartstaak om jong koorsangers se talente te ontgin. Is dit soms 'n stryd met die heel kleintjies? Haidee het gaan uitvindt tydens ‘n kooroefening.
360 Speseryroete: Die bestraling van kos 05.06.2026 8:56
Prof. Gunnar Sigge en Hetta van Deventer-Terblanche praat oor oor die bestraling wat gebruik word om kos se rakleeftyd te verleng.
Teler in moeilikheid oor eksotiese kakkerlakke 05.06.2026 1:54
‘n Kakkerlakteler in Nieu-Seeland is in die moeilik oor meer as 100 000 onwettige eksotiese kakkerlakke vir die troetelreptielvoermark.
Bekroonde bekostigbare delikate juweliersware 04.06.2026 4:48
Estilee Potgieter vertel vir Martelize Brink van Collective & Co. wat by die African Excellence Awards aangewys is as beste bekostigbare delikate juwelierswareversameling. Sy vertel hoe dié na-ure-projek later haar werk geword het.
Jonk: Beheptheid met biometing 04.06.2026 14:09
4 Junie 2026: Dr. Etienne van der Walt, ’n neuroloog, praat oor “biohacking” en mense se beheptheid om allerhande dinge te meet.
Vreemde vergete goed in taxi's 04.06.2026 1:52
Uber maak elke jaar ‘n lys bekend van goed van passasiers wat in hulle motors vergeet het. Vanjaar se lys sluit dig is soos ‘n kind se prostetiese oog, ‘n dubbeldeuroond en ’n enkelmonitor!
Delia April se hart vir Bettysbaai 03.06.2026 5:46
Delia April se hart behoort aan Bettysbaai. Sy is gebore op die kombuisvloer van die plaaslike hotel, waar haar ma desjare 'n kok was. In later jare het Delia haar heil in die Kaap gaan soek, maar nadat haar kind byna doodgeskiet is, het sy en haar kinders teruggekeer na Bettysbaai, en daar sal sy nie sommer weer weg nie, vertel sy vir Haidee Muller-Isaacs.
Sy help kinders om te glimlag 03.06.2026 11:19
Plastiese- en rekonstruktiewe sjirurg, dr. Clare Neser, vertel vir Martelize Brink van die uitsonderlike pasiënte wat sy as vrywilliger by Operation Smile geopereer het. Sy en haar man, Conrad, doen vrywillig gesplete lip- en verhemelteoperasies hier en oorsee.
Soek goud in die middernagson 03.06.2026 1:25
Die Levi Ski-oord in Lapland moedig toeriste aan om die somer en middernagson te benut deur deel te neem aan ‘n skattejag wat jou na verskeie besienswaardighede lei, maar ook vir iemand na ‘n stafie goud ter waarde van €20 000.
Êrens oorsee: Siem Reap, Kambodja 02.06.2026 10:57
Willie van Loggerenberg vertel vir Martelize Brink van die lewe in Siem Reap, Kambodja. Hy sê dit is altyd warm daar, en soms warm en nat!
Jan Horn en die eerste TV-uitsending 02.06.2026 8:00
Jan Horn het ‘n lang ruk by, en vir, die SAUK gewerk. Hy was regisseur van die eerste TV-toetsuitsending op 5 Mei 1975. Johan Rademan het hom hieroor gepols.
Intensiewe sorg in ‘n tuin! 02.06.2026 1:17
Die Kings College-hospitaal in Londen het sy intensiewe sorg-eenheid uitgebrei met ses buitelugbeddens in ‘n tuin op die dak.
Wolwe by Hartbeespoort 01.06.2026 6:07
Sue McCarthy vertel vir Martelize Brink van die ALL HEARTS FOUNDATION by Hartbeespoort, waar wolwe 'n toevlugsoord vind. Hulle is meestal afkomstig uit die jagbedryf, of was troeteldiere.
In die wêreld van landbou 1 Junie 2026 01.06.2026 5:46
In hierdie week se landbounuus: Die veebedryf gons steeds oor ’n mylpaal-hofuitspraak oor die inenting teen bek-en-klouseer; ’n groep suikerrietkwekers het hande gevat om die suikerreus, Tongaat Hulett, van likwidasie te red; die SA Pluimveevereniging doen regstappe teen die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging; nuwe uitvoerreëls vir Suid-Afrika se varsproduktebedryf; en Suid-Afrika is...
Puriene en jig 01.06.2026 7:09
Dieetkundige Retha Harmse praat oor puriene, uriensuur en jig. Dit kom voor in proteïenryke kos, van wildsvleis tot seekos.
Die Bus Hel toe 01.06.2026 1:16
‘n Busdiens in Pole wat die vakansiedorp, Hel, bedien, het die nommer 666. ‘n Vorige busmaatskappy het ook hierdie nommer vir die roete gebruik, maar het dit in Junie 2023 verander ná jare se klagtes.
Bonnievale se saamstaan ná die vloede 29.05.2026 9:12
Twee weke ná die groot reën in die Wes-Kaap, wat rekordvloede tot gevolg gehad het, begin die omvang van die skade meer duidelik raak. Tussen al die trauma en verlies is dit inspirerend hoe gemeenskappe saamstaan en mekaar die hand gee. Een so ‘n dorpie is Bonnievale wat oornag met ‘n uitreikaksie begin het. Haidee Muller-Isaacs het meer gaan uitvind by verskillende rolspelers op die dorp.
360 Speseryroete: Suiker 29.05.2026 5:23
Kos- en klutuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor die gebruik van suiker in kookkuns.
Podcasturi asemănătoare
Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice