RSG

Sterre en Planete

Science AF ↓ 759 episodes

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.

Author

RSG

Category

Science

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Sterre en planete: Voyager 1; Perseverance Marskarretjie 05.07.2026

5 Julie 2026: Die 50-jaar oue Voyager 1-ruimtetuig moes nóg ’n instrument afskakel weens ’n tekort aan krag. JPL ingenieurs het ’n blink plan uigedink sodat die Perseverance Marskarretjie nou op Mars kan navigeer sonder GPS. Die volgende groot ruimteteleskoop het in Florida aangekom om binnekort gelanseer te word.

Sterre en planete: Planete wat stilstaan, of agteruitbeweeg? 28.06.2026

28 Junie 2026: Ons praat oor planete wat stilstaan en selfs agteruitbeweeg, na sterrekundiges wat 12 voet onder die grond of selfs op die maan begrawe is, en hoe NASA ’n boete opgelê is vir rommelstrooi van ’n ruimtestasie.

Sterre en planete: Die lewe van ‘n tegnikus by ’n afgeleë sterrewag 21.06.2026

21 Junie 2026: Hoe is die lewe om as tegnikus by ’n afgeleë sterrewag op ’n koppie in die middel van nêrens te bly, en om diep in die nag uitgeroep te word om ’n fout op ’n teleskoop reg te maak? Toe die Covid-inperkings destyds toegeslaan het, was die Sutherland Sterrewag toevallig slaggereed, danksy stelsels wat in plek gesit is deur Pieter Fourie, ons gas in hierdie episode.

Sterre en planete: Wat veroorsaak die kring om die maan? 14.06.2026

14 Junie 2026: Wat is helioseismologie? Dit is soos om aardbewings op die son te meet, maar vanaf die aarde! Waarvoor word dit gebruik? Hoe vorm die kring om die maan, en voorspel dit wind? Kan jy dieper in die ruimte kyk deur jou verkyker se fokus te verstel?

Sterre en planete: Blue Origin-vuurpyl ontplof; kernafval in die ruimte 07.06.2026

7 Junie 2026: Daar was ’n massiewe ontploffing van ’n reuse Blue Origin-vuurpyl tydens ’n roetinetoets op die lanseerplatform by die Cape Canaveral Space Force Station in Florida in die VSA. Dit word gereken as die tweede kragtigste vuurpylontploffing ooit. ’n Luisteraar wil weet of dit moontlik is om kernafval te vernietig deur dit in die ruimte in te stuur en met die son te laat bots.

Sterre en planete: Die Suiderkruis en Wysersterre lyk soos kameelperde se koppe? 31.05.2026

31 Mei 2026: Johan le Roux vertel wat Junie se naghemel inhou, en ons hoor wat in daardie maand in die geskiedenis gebeur het. Hierdie tyd van die jaar sit die Suiderkruis en Wysersterre soggens baie laag, en verdwyn selfs in sekere dele van die land. Dit het aanleiding gegee tot interessante plaaslike sterrestories, wat hierdie helder sterre assosieer met kameelperde, wat se koppe net-net bo die...

Sterre en planete: 'n Tipiese nag in SALT se beheerkamer 24.05.2026

Hoekom word ontdekkings van nuwe eksoplanete nie meer met aardgebonde teleskope gedoen nie? Hoe verloop ’n tipiese nag in die beheerkamer van die SALT-teleskoop? Wat is die mees dramatiese observasies wat gereeld met SALT gedoen word?

Sterre en planete 17 Mei 2026 17.05.2026

Hoe werk tydsones? Is dit waar dat die aarde se magneetveld veroorsaak word deur ‘n reuse magnetiese klip onder die noordpool? Het jy geweet daar is amper 40% verskil in die sonskyn wat Suid-Afrika ontvang tussen midsomer en midwinter?

Sterre en planete 10 Mei 2026 10.05.2026

Hoe voorspel sterrekundiges wanneer die son super-fakkels gaan voortbring?  Het jy geweet die ringstelsel om Uranus is byna 50 jaar gelede ontdek deur ’n Suid-Afrikaanse sterrekundige vanaf die sterrewag in Kaapstad? En hoe werk ’n vuurpylmotor in die vakuum van die ruimte waar daar niks is om teen vas te skop nie? 

Sterre en planete 3 Mei 2026 03.05.2026

Jim Adams beantwoord luisteraarsvrae oor of daar ’n internasionale liggaam is wat lanserings reguleer, hoe warm die Artemis-kapsule is wanneer dit in die see neerplons, en hoeveel Boeing 747’s sou nodig wees om dieselfde stukrag te verskaf om Artemis te lanseer en maan toe te stuur.

Sterre en planete 26 April 2026 26.04.2026

Johan le Roux vertel wat in Mei in die hemelruim te sien sal wees. Het jy geweet dat die definisie van ’n bloumaan wat ons vandag gebruik, eintlik spruit uit ‘n fout van ’n joernalis in ’n sterrekundetydskrif in 1946. En ons kyk na die geskiedkundige gebeure in Mei deur die eeue.

Sterre en planete 19 April 2026 19.04.2026

Ons verrassingsgas het dit reggekry om die Artemis II-ruimtetuig vir ‘n paar uur af te neem terwyl dit nog meer as 200 000 km van die aarde af was, op pad terug van die maan af. Ons kyk ook na die toerusting en metodes om asemrowende astrofoto’s te neem.

Sterre en planete 12 April 2026 12.04.2026

Prof. Matie Hoffman en Willie Koorts praat oor die hoogtepunte en verrassings wat die Artemis II-maansending opgelewer het, soos voorstelle vir die benaming van twee kraters, ‘n boodskap van die destydse bevelvoerder van Apollo 13, en meteoor-impakte wat reg voor hulle oë gebeur het! Die gebruik van helium en ‘n nuwe alternatief daarvoor kom ook onder bespreking.

Sterre en planete 5 April 2026 05.04.2026

Jim Adams en Prof Matie Hoffman praat oor die geskiedkundige Artemis II-sending na die maan. ‘n Luisteraar het vrae oor ruimtevaarderopleiding, en ‘n reddingoperasie van 33 Chileense mynwerkers waarby NASA destyds betrokke was.

Sterre en planete 29 Maart 2026 29.03.2026

Wat hou die Aprilnagte vir ons in? Daar is Venus wat nou weer die aandster word, en vir vroegopstaners is daar ‘n pragtige groepering van die sekelmaan en drie planete. Ons hoor ook hoe die veskyning van Halley se Komeet meegewerk het dat Engeland ‘n oorlog teen Normandië verloor het! Ons sluit af met ‘n bespreking oor slim-teleskope, wat deesdae baie opspraak verwek in astrotofografiekringe.

Sterre en planete 22 Maart 2026 22.03.2026

Na aanleiding van ‘n luisteraarsvraag, praat ons met dr. Nic Erasmus, oor sogenaamde City Killer-asteroïede. Nuwe waarnemings deur die James Webb-teleskoop het onlangs ‘n belangrike bepaling gedoen oor die veelbesproke asteroiëd wat die maan sou tref in 2032. En, die botsing tussen twee eksoplanete is pas bevestig.

Sterre en planete 15 Maart 2026 15.03.2026

John Booth vertel wat agter die skerms gebeur van hoe SALT uit sy Amerikaanse tweeling ontstaan het, en van die verbeteringe wat die Suid-Afrikaanse span aangebring het. Ons hoor ook die storie hoe dit gebeur het dat ‘n teleskoop in Texas vandag nog ses koeëlgate in sy hoofspieël het!

Sterre en planete 8 Maart 2026 08.03.2026

Vir die eerste keer in 1 355 dae was die son vlekkeloos, d.w.s. geen sigbare sonvlekke aan die aardgerigte kant van die son nie. Dr. Stefan Lotz verduidelik wat dit beteken. Professor Matie Hoffman beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor kwantumverstrengeling.

Sterre en planete 1 Maart 2026 01.03.2026

Jim Adams bring ons op hoogte van die jongste stand van die Artemis II-sending na die maan. Die praat oor hoe lanserings en satelliete botsings vermy, en hoe die bestuurders van die Marskarretjies hulle lewens- en slaapptrone moet sinkroniseer met dag en nag op Mars.

Sterre en planete 22 Februarie 2026 22.02.2026

Ons kyk uitgebreid na die hoogtepunte van Maart se naghemel, wat interessante komeetnuus bevat. Het jy geweet dit is moontlik om van Jupiter se mane met die blote oog te sien? Het ons son ‘n naam?

Sterre en planete 15 Februarie 2026 15.02.2026

Ons verrassingsgas neem ons op ‘n lang reis met ‘n paar staaltjies van hoe dit is om vrou alleen deur lang nagte in Sutherland se koepels te werk, hoe hulle vir 18 maande lank ‘n fout herstel het in een van SALT se mees delikate optiese stelsels, asook ‘n agter-die-skerms-kyk hoe SALT bedryf word. Ons reis eindig in die Atacamawoestyn in Suid-Amerika op, wat beskryf kan word as ‘n pelgrimstog na d...

Sterre en planete 8 Februarie 2026 08.02.2026

Jim Adams beantwoord ‘n skynbaar eenvoudige kort luisteraarsvraag oor hoe satelliete gelanseer word, wat op ‘n uitgebreide bespreking uitloop, voordat die span die jongste nuus oor die redes vir die uitstel van die lansering van die Artemis 2-sending na die maan in perspektief bring.

Sterre en planete 1 Februarie 2026 01.02.2026

Dr Stefan Lotz praat oor die geweldige getalle betrokke toe die onlangse massa-uitbarsting van die son, die aarde getref het. Dit het rare groen aurora, of te wel suiderligte, veroorsaak in Suid-Afrika. Met die duisende satelliete, word die kans dat die lae-aarde-wentelbaan sonder waarskuwing kan ineenstort, al hoe groter.

Sterre en planete 25 Janaurie 2026 25.01.2026

Ons vind meer uit oor ’n gedeeltelike sonsverduistering in Februarie. Net soos die slimfoon ons lewe drasties verander het, so het die slim-teleskoop gekom om astrofotografie radikaal op sy kop te draai. Hoor hoe Johan le Roux te werk gegaan het om komeet, 3i/ATLAS, met sy splinternuwe slim-teleskoop af te neem.

Sterre en planete 18 Januarie 2026 18.01.2026

Ons praat met Adriaan Peens-Hough van die SA Radio-astronomie Sterrewag oor ‘n belangrike mylpaal wat by die SKA bereik is.

Listen to the Sterre en Planete podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.