RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 15 April 2026 15.04.2026

Het jy geweet Uruguay is omtrent so groot soos die Vrystaat en dat hulle nasionale Brangus-kudde, net soos Suid-Afrika se totale beeskudde, uit tussen 13 en 14 miljoen diere bestaan? Pieter Swart, raadslid vir spesiale projekte by die Suid-Afrikaanse Brangus-beestelersgenootskap, vertel meer oor die Brangus Global Exchange-projek en die onlangse besoek deur ‘n afvaardiging van Suid-Amerikaanse Bra...

RSG Landbou 14 April 2026 14.04.2026

Die brandseisoen kruip nader, en boere moet voorbereidings tref. Eric Stoch, voorsitter van die Noordwes Sambreelbrandbestrydingsvereniging, vertel meer oor hulle voorbereidings, en die bestryding van brande wat regdeur die jaar in dié provinsie voorkom. Jan-Hendrik Venter, direkteur van plantgesondheid by die Nasionale Departement van Landbou, verduidelik waarom fitosanitêre maatreëls vir die ver...

RSG Landbou 13 April 2026 13.04.2026

Hou jy tred met die weeklikse nasionale gemiddelde karkasprysdata van die Rooivleisprodusente-organisasie? Dr. Frikkie Maré, bestuurshoof van die RPO, beantwoord vrae oor hierdie pryse, en hoe dit verwerk word. Muggieplae is ‘n groot kopseer vir boere langs die Oranjerivier. Agri Noord-Kaap se Janine Byleveld deel navorsing hieroor, en vertel wat boere in die reënseisoen kan verwag.

RSG Landbou 11 April 2026 11.04.2026

Ons vind meer uit van die navorsing wat tot dusver gedoen is alkoholvrye wyn. Soos die internasionale vraag daarna verhoog, is Suid-Afrikaanse landboutegnici op die voorpunt van nuwe produkontwikkeling. ‘n Kunsmatige intelligense-toepassing is ook onlangs bekendgestel om reuk- en smaakbeskrywings soos ‘perske’ of ‘vanielje’ netjies te koppel aan natuurlike plaaslike terme is ses van ons amptelike...

RSG Landbou 10 April 2026 10.04.2026

Suid-Afrikaners drink jaarliks 3,5 miljard koppies rooibostee. Dié inheemse tee het onlangs ‘n verskyning gemaak in ‘n bekende reeks op Apple TV+. ‘n Geleentheid vir vroue in die landbou-waardeketting vind eersdaags in die Suid-Kaap plaas. Die Sy Wat Bly-samekoms word georganiseer deur twee vroue landbou-entrepreneurs.

RSG Landbou 9 April 2026 09.04.2026

Het jy geweet daar is ‘n organisasie wat hom spesifiek toespits op die bewaring van Suid-Afrika se riviere? Prof. Jan Myburgh van die Universiteit Stellenbosch vertel van die Red ons Riviere-projek. Chris Derksen staan gereede met die jongste vleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is. Johan van den Berg is ook op sy pos met die jongste weerinligting.

RSG Landbou 8 April 2026 08.04.2026

Skoliere met ‘n passie vir landbou het nou kans om hulle vernuf te wys. TLU SA het onlangs hulle heel eerste Jeugboer van die Jaar-kompetisie bekendgestel. Die organisasie se hoofbestuurder, Bennie van Zyl, vertel meer hiervan. Dan kry ons ‘n kykie in die wêreld van topgenetika met Schalk van der Merwe van LHB Bonsmaras. Ons kyk ook na die belangrike rol wat skaapboerdery in kommunale gebiede in S...

RSG Landbou 7 April 2026 07.04.2026

Niks klop die geur van lekker gemmerstukke nie. Het jy geweet dat hierdie klein knol hope gesondheidsvoordele het? Joachim Prinsloo, ‘n gemmerboer van Kiepersol in Mpumalanga, vertel wat in die gemmerbedryf aangaan. Die Nasionale Wolkwekersvereniging vier vanjaar sy 100ste bestaansjaar. Dan Kriek, die organisasie se hoofbestuurder, vertel van hulle geskiedenis en toekomsplanne. Heinrich Victor het...

RSG Landbou 6 April 2026 06.04.2026

Ons praat met Izaan du Plooy van die Lewendehawe Registrerende Federasie se jaarlikse veeskool, en vind meer uit oor die Federasie van Saadverhandelingsverenigings se kongres in Kaapstad.

RSG Landbou 4 April 2026 04.04.2026

Ons vier boere-humor. Ons stel ondersoek in oor idiome met ’n landbouherkoms - van “‘n gegewe perd in die bek bek kyk” tot “varkies op hok”, saam met dr. Willem Botha, uitgetrede hoof en uitvoerende redakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

RSG Landbou 3 April 2026 03.04.2026

Die Wes-Kaapse Minister van Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, dr. Ivan Meyer, sluit by ons aan met ‘n belangrike boodskap oor bek-en-klouseer en die vervoer van diere oor die Paasnaweek.

RSG Landbou 2 April 2026 02.04.2026

Dink aan ‘n gesonde, smaaklike aartappel – gesondheid uit die grond uit! Dis wat Aartappels SA se navorsingwerk verseker. Annemarie van der Merwe is dié organisasie se nuwe bestuurder van navorsing en innovasie. Sy praat ons oor nuwe planne vir hierdie bedryf. Suid-Afrika se appel- en peerbedryf betree 'n opwindende nuwe hoofstuk, gedryf deur innovasie, samewerking en nuwe generasie produsente. Ca...

RSG Landbou 1 April 2026 01.04.2026

Kunsmis is een van die grootste veranderlike insetkostes vir graanprodusente. Dit maak 30% tot 40% van totale produksiekoste uit. Graan SA monitor prystendense en gehalte. Die minister van landbou het onlangs die nuwe lede van die Nasionale Landboubemarkingsraad bekendgemaak. Die voorsitter, prof. André Jooste, verduidelik wat die funksie van dié instansie is. Ons praat met die wêreld se grootste...

RSG Landbou 31 Maart 2026 31.03.2026

Ons hoor hoe Hoërskool Erasmus op Bronkhorstspruit toekomstige landbouers oplei. Rassies Landbou het ‘n paar jaar gelede met net 15 leerders en een onderwyser begin. Vandag het hulle op meer as 200 leerders en sewe onderwysers. Heinrich Victor is terug met die jongste wolveilingnuus. Ons vertel jou van ‘n watersuiweringsprojek in die Hartenbos-omgewing. Water vanaf Papkuil en Fluitjiesriet word ge...

RSG Landbou 30 Maart 2026 30.03.2026

Is jy as plaaseienaar bewus van die feit dat seisoenale werkers vroegtydig in kennis gestel moet word indien hulle diens vir die een of ander rede nie benodig word nie? Dit is een van ‘n aantal wysigings in arbeidswetgewing wat op die landbou van toepassing is. Arbeidspesialis André Bloem praat hieroor en ander kwessies soos vrywaring van die minimumloon en ouerskapverlof. Wat is die eienskappe va...

RSG Landbou 28 Maart 2026 28.03.2026

Daneel Rossouw, hoof van verkope in landbou by Nedbank, praat oor die aanwending van skuld, en hoe om groei te finansier. Hy praat ook oor tariefverhogings en die ontwrigting van wêreldmarkte.

RSG Landbou 27 Maart 2026 27.03.2026

Professor Johann Strauss van die departement van landbou in die Wes-Kaap werk op uiteenlopende stelselproewe waar verskillende gewasrotasies getoets word. Hy praat oor die inspan van biostimulante en navorsing wat in dié verband gedoen word.

RSG Landbou 26 Maart 2026 26.03.2026

Volgens die voorsitter van Bonsmara SA, Nelius Ferreira, het bek-en-klouseer die bedryf ‘n goeie les geleer, maar hy is optimisties oor die pad vorentoe. Christoff Lourens van die Overberg Jongooiklub praat oor die ontstaan en doel van dié klub. Vrystaatse boere het verlede week in Bloemfontein byeengekom vir ‘n landbou-indaba wat deur Vrystaat Landbou gefasiliteer is. Tydens die byeenkoms was dit...

RSG Landbou 25 Maart 2026 25.03.2026

Waarom word herlewingslandbou en volhoubare praktyke toenemend ‘n besigheidsvereiste vir produsente? Zhann Meyer van Nedbank verduidelik hoe dié praktyke landbou-uitvoere raak. Aartappels SA vertel wat in Februarie met aartappelpryse en markte gebeur het. Moet ook nie ons maandelikse internasionale landbounuus misloop nie.

RSG Landbou 24 Maart 2026 24.03.2026

Koringproduksie, veral in die Wes-Kaap, is onder geweldige druk, en produsente trek swaar. Ons hoor wat José de Kock hieroor gesê het by die wintergraan-werkgroepsessie by Graan SA se kongres. Heinrich Victor vertel wat by die wolveilings gebeur het. Boere in die Noord-Kaap is bekommerd oor hidrobreking in die Karoo, omdat dit watervlakke erg sal beïnvloed. Die Vaalputs kernkrag-stortingsterrein n...

RSG Landbou 23 Maart 2026 23.03.2026

Wildbedryf SA vier vanjaar hulle 20e bestaansjaar. Dit is ‘n organisasie wat onder meer volhoubare grondgebruik en etiese wildboerdery bevorder. RSG Landbou het die vieringe bygewoon, en daar met hulle voorsitter, Colin Engelbrecht, gesels. TLU SA se jongboere het onlangs naby Pretoria vir hulle jaarlikse konferensie bymekaargekom. Ons hoor wat ‘n paar van hierdie jongboere te sê gehad het. Die we...

RSG Landbou 21 Maart 2026 21.03.2026

Ons ontmoet Livingstone Stanley. Hy is ‘n geliefde landbouleier, en glo in generasionele oordrag van kennis. Hy is ook hoof by die Breerivier Bottelerings koöperasie. Hy verduidelik waarom landbou in Suid-Afrika ‘n blink toekoms het.

RSG Landbou 20 Maart 2026 20.03.2026

Die winsgewende verbouing van koring kom onder die soeklig. Ons bespreek die funksie van korter rotasies, met ‘n verduideliking waarom produsente liefs nie canola op canola moet plant nie. Kunsmis in korter rotasiestelsels, asook die plantdatum en blomdatum van canola, is iets waarvan navoringstegnikus Piet Lombard heelwat weet.

RSG Landbou 19 Maart 2026 19.03.2026

Die Bloemskou is bekend vir hulle veeprogram, maar hulle was vanjaar genoodsaak om ander planne te maak. Volgens Elmarie Prinsloo staan die landbouprogram egter steeds nie terug nie. Het jy geweet die Willistonskou se melkbokskou is, sovêr bekend, die enigste melkbokskou in die land? Ons gesels met die wenner van vanjaar se skou, Philip van Schalkwyk. Hy vertel onder meer dat melkbokke vir skaap-...

RSG Landbou 18 Maart 2026 18.03.2026

Die veebedryf word dikwels uitgewys as ’n groot sondaar wat klimaatsverandering betref. Navorsing deur prof. James Blignault van die Universiteit Stellenbosch wys egter dat die modelle wat die veebedryf se koolstofvoetspoor en bydrae tot klimaatsverandering bepaal, ernstige gebreke het. As jy landbou-opleiding oorweeg, is dit belangrik om kennis te neem van veranderinge in die Seta-omgewing. Shaun...

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.