Radio Rosestad

Rosestad Godsdiens

Religion AF ↓ 150 episodes

Christelike oggenddienste wat uitgesaai word Maandag tot Saterdag om 08:30 asook Sondag Erediens om 09:00 en die Aanddiens om 19:00

Author

Radio Rosestad

Category

Religion

Podcast website

rosestad.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Dinsdag Oggenddiens - Ds Bergh Muller 24.03.2026

MATTEUS 26 37Hy het vir Petrus en die twee seuns van Sebedeus saamgeneem. Toe het Hy bedroef en beangs geword 38en vir hulle gesê: “Ek voel doodsbenoud. Bly hier en waak saam met My.” 39Hy het 'n entjie verder gegaan en daar gekniel met die gesig teen die grond en gebid: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil....

Maandag Oggenddiens - Ds Bergh Müller 23.03.2026

1 PETRUS 2 21Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle 'n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg. 22“Hy het geen sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit 'n leuen gekom nie.” 23Toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel.

Sondagaand Erediens - Prof Pieter Verster 22.03.2026

MARKUS 16 Jesus het opgestaan (Matt. 28:1-8; Luk. 24:1-12; Joh. 20:1-10) 1Toe die sabbatdag verby was, het Maria Magdalena en Maria die ma van Jakobus, en Salome reukolie gekoop om die liggaam daarmee te gaan balsem. 2Die Sondagmôre baie vroeg kom hulle by die graf aan net toe die son opkom. 3Hulle vra toe vir mekaar: “Wie sal vir ons die klip voor die ingang van die graf wegrol?” 4Die klip was ba...

Sondagoggend Erediens - Prof Pieter Verster 22.03.2026

MARKUS 15 Pilatus lewer Jesus oor om gekruisig te word (Matt. 27:15-26; Luk. 23:13-25; Joh. 18:38 – 19:16) 6Elke paasfees het Pilatus vir die mense een gevangene, die een wat hulle gevra het, losgelaat. 7Daar was 'n man met die naam Barabbas in die tronk saam met ander opstandelinge. Hulle het tydens die opstand moord gepleeg. 8Daar het toe juis 'n klomp mense gekom en Pilatus gevra om vir hulle t...

Saterdag Oggenddiens - Prof Pieter Verster 21.03.2026

MARKUS 14 Jesus in Getsemane (Matt. 26:36-46; Luk. 22:39-46; Joh. 18:1-2) 32Toe kom hulle by 'n plek met die naam Getsemane, en Jesus sê vir sy dissipels: “Sit hier terwyl Ek gaan bid.” 33Daarna neem Hy vir Petrus, Jakobus en Johannes saam met Hom. Hy het ontsteld en beangs geword 34en vir hulle gesê: “Ek voel doodsbenoud. Bly hier en waak!” 35Hy het toe 'n entjie daarvandaan op die grond gaan kni...

Vrydag Oggenddiens - Prof Pieter Verster 20.03.2026

MARKUS 14 Een van Jesus se dissipels gaan Hom verraai (Matt. 26:20-25; Luk. 22:14,21-23; Joh. 13:18-30) 17Die aand kom Jesus toe met die twaalf daar aan. 18Terwyl hulle sit en eet, sê Hy: “Dit verseker Ek julle: Een van julle sal My verraai, een wat saam met My eet.” 19Hulle was onthuts, en een na die ander het Hom gevra: “Dis tog nie ek nie?” 20Hy sê toe vir hulle: “Dit is een van julle twaalf, d...

Donderdag Oggenddiens - Prof Pieter Verster 19.03.2026

LUKAS 4 Die versoeking van Jesus (Matt. 4:1-11; Mark. 1:12-13) 1Jesus het vol van die Heilige Gees van die Jordaan af teruggekom, en deur die Gees is Hy na die woestyn toe gelei, 2waar Hy veertig dae lank deur die duiwel versoek is. Die hele tyd het Hy niks geëet nie, sodat Hy aan die einde daarvan honger was. 3Die duiwel sê toe vir Hom: “As U die Seun van God is, sê vir hierdie klip dit moet broo...

Woensdag Oggenddiens - Prof Pieter Verster 18.03.2026

LUKAS 13 Klag oor Jerusalem (Matt. 23:37-39) 31Op daardie selfde oomblik het 'n aantal Fariseërs vir Jesus kom sê: “U moet padgee en na 'n ander plek toe gaan, want Herodes wil u doodmaak.”

Dinsdag Oggenddiens - Prof Pieter Verster 17.03.2026

PSALMS 10 Die vromes roep om hulp teen hoogmoedige vyande 1Waarom staan U so ver weg, Here? Waarom trek U U terug in tye van nood? 2Die goddeloses is vol van hulleself, hulle vervolg 'n hulpelose man. Laat hulle gevang word deur die sluwe planne wat hulle self uitgedink het. 3Die goddelose verlustig hom nou al in wat hy hoop om in die hande te kry. Die een wat hom wil verryk ten koste van 'n ander...

Maandag Oggenddiens - Prof Pieter Verster 16.03.2026

JOB 2 Die Satan tref vir Job met pynlike swere 1Toe die hemelwesens weer op 'n dag voor die Here kom staan, het die Satan ook tussen hulle voor die Here kom staan. 2Toe vra die Here vir hom: “Waar kom jy vandaan?” En die Satan antwoord die Here: “Ek het die wêreld deurkruis.” 3Die Here vra toe vir die Satan: “En my dienaar Job, het jy hom nou gesien? Sy gelyke kry jy nie op aarde nie: hy is vroom...

Sondagaand Erediens - Dr Belinda van der Vlies 15.03.2026

PREDIKER 3 Elke ding het sy vaste tyd 1Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd: 2daar is 'n tyd om gebore te word, 'n tyd om te sterwe, 'n tyd om te plant, 'n tyd om plante uit te trek, 3'n tyd om 'n lewe te neem, 'n tyd om 'n lewe te red, 'n tyd om af te breek, 'n tyd om te bou, 4'n tyd om te huil, 'n tyd om te lag, 'n tyd om te treur, 'n tyd om van blydskap te dans, 5'...

Sondagoggend Erediens - Dr Belinda van der Vlies 15.03.2026

1 KONINGS 19 Elia vlug vir Isebel 1Agab het vir Isebel vertel wat Elia alles gedoen het, ook dat hy al die profete om die lewe gebring het. 2Toe het Isebel 'n boodskapper na Elia toe gestuur om vir hom te sê: “Mag die gode my om die lewe bring as ek nie môre teen hierdie tyd met jou gemaak het soos jy met die profete nie.” 3Elia het bang geword en ter wille van sy lewe gevlug. Toe hy by Berseba in...

Saterdag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies 14.03.2026

ROMEINE 9 20Mens, wie is jy per slot van rekening dat jy met God wil redeneer? Hoe kan die maaksel vir sy maker sê: “Waarom het jy my so gemaak?” 21Het die pottebakker nie die reg om uit dieselfde klomp klei iets besonders én iets alledaags te maak nie? 22En as God dieselfde wou doen? Hy wou sy toorn laat sien en sy mag bekend maak. Daarom het Hy die voorwerpe van sy toorn, die mense wat reg was o...

Vrydag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies 13.03.2026

PSALMS 8 4As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre waaraan U 'n plek gegee het, 5wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien?

Donderdag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies 12.03.2026

GENESIS 50 18Daarna het die broers na Josef toe gegaan en voor hom op hulle knieë geval en gesê: “Hier is ons voor u. Ons is u slawe.” 19Maar Josef het hulle geantwoord: “Moenie bang wees nie. Ek is nie God nie. 20Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen: Hy het gesorg dat 'n groot volk nou in die lewe gebly het.

Woensdag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies 11.03.2026

SPREUKE 3 3Moenie dat liefde en trou by jou ontbreek nie; leef daarmee saam, maak dit 'n deel van jou lewe. 4So sal jy guns verwerf en byval vind by God en mens. 5Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. 6Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. 7Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is: 8dit is die gene...

Dinsdag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies 10.03.2026

MATTEUS 6 33Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

Maandag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies 09.03.2026

JOËL 2 Kom terug na My toe! 12Maar nou sê die Here: Kom met julle hele hart terug na My toe, vas, huil en treur! 13Skeur julle harte, nie julle klere nie. Kom terug na die Here julle God toe: Hy is genadig en barmhartig; Hy is lankmoedig en vol liefde. Hy is bereid om straf te herroep.

Sondagaand Erediens - Past Pieter Calitz 08.03.2026

1 KORINTIËRS 15 Die opstanding van Christus 1Ek herinner julle, broers, aan die evangelie wat ek aan julle verkondig het en wat julle ontvang het en waarin julle ook gevestig staan. 2Deur dié evangelie word julle ook gered as julle vashou aan die boodskap soos ek dit aan julle verkondig het. As julle aan iets anders vashou, het julle tevergeefs tot geloof gekom. 3Die belangrikste wat ek aan julle...

Sondagoggend Erediens - Past Pieter Calitz 08.03.2026

1 KORINTIËRS 15 Die opstanding van Christus 1Ek herinner julle, broers, aan die evangelie wat ek aan julle verkondig het en wat julle ontvang het en waarin julle ook gevestig staan. 2Deur dié evangelie word julle ook gered as julle vashou aan die boodskap soos ek dit aan julle verkondig het. As julle aan iets anders vashou, het julle tevergeefs tot geloof gekom. 3Die belangrikste wat ek aan julle...

Saterdag Oggenddiens - Past Pieter Calitz 07.03.2026

LUKAS 23 48Al die mense wat saamgedrom het om na die skouspel te kyk en gesien het wat daar gebeur het, het verslae huis toe gegaan. 49Maar al Jesus se vriende, ook die vroue wat Hom van Galilea af gevolg het, het op 'n afstand bly staan. Hulle het al hierdie dinge gesien.

Vrydag Oggenddiens - Past Pieter Calitz 06.03.2026

LUKAS 23 27'n Groot menigte van die volk het agter Jesus aan geloop, onder wie ook vroue wat oor Hom getreur en gehuil het. 28Maar Jesus het na hulle toe omgedraai en gesê: “Vroue van Jerusalem, moenie oor My huil nie, huil oor julleself en julle kinders, 29want daar kom dae waarin hulle sal sê: ‘Hoe gelukkig is die onvrugbare vroue en dié wat nooit 'n kind in die wêreld gebring het of gevoed het...

Donderdag Oggenddiens - Past Pieter Calitz 05.03.2026

MATTEUS 27 Die soldate bespot Jesus (Mark. 15:16-20; Joh. 19:2-3) 27Daarna vat die soldate van die goewerneur vir Jesus in die ampswoning in en bring die hele leërafdeling rondom Hom bymekaar. 28Hulle trek toe sy klere uit en gooi Hom 'n pers mantel om. 29Hulle vleg 'n doringkroon en sit dit op sy kop en gee Hom 'n stok in sy regterhand. Toe bespot hulle Hom deur voor Hom te buig en te sê: “Ons gr...

Woensdag Oggenddiens - Past Pieter Calitz 04.03.2026

LUKAS 22 Jesus voor die Joodse Raad (Matt. 26:59-66; Mark. 14:55-64; Joh. 18:19-24) 66Toe dit dag word, het die Raad van die volk – die priesterhoofde en die skrifgeleerdes – vergader en Jesus voor hulle laat bring. 67Hulle sê toe: “As jy die Christus is, sê dit vir ons.” Maar Hy antwoord hulle: “Al sou Ek dit vir julle sê, sal julle tog nie glo nie; 68en al sou Ek vir julle 'n vraag stel, sal jul...

Dinsdag Oggenddiens - Past Pieter Calitz 03.03.2026

LUKAS 22 22Met die Seun van die mens sal dit gaan soos dit voorbeskik is, maar wee die man deur wie Hy verraai word!” 23Toe begin hulle mekaar uitvra wie van hulle dit kon wees wat so iets sou doen. Die ware grootheid (Vgl. Matt. 20:24-28; Mark. 9:30-37; 10:41-45; Joh. 13:4-5,12-17) 24Daar het onenigheid onder hulle ontstaan oor wie van hulle as die belangrikste beskou moet word. 25Maar Jesus sê v...

Listen to the Rosestad Godsdiens podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.