Radio Rosestad

Rosestad Godsdiens

Religion AF ↓ 301 episodes

Christelike oggenddienste wat uitgesaai word Maandag tot Saterdag om 08:30 asook Sondag Erediens om 09:00 en die Aanddiens om 19:00

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: rosestad.co.za

Author

Radio Rosestad

Category

Religion

Podcast website

rosestad.co.za

Latest episode

Nov 22, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 10M+ downloads · 4.7+ rating iOS soon

Episodes

Sondagoggend Erediens - Ds Zak Scholtz 22.11.2026

JOHANNES 5 Die genesing op die sabbatdag by Betesda 1Hierna was daar weer 'n fees van die Jode, en Jesus het daarvoor Jerusalem toe gegaan. 2By die Skaappoort in Jerusalem was daar 'n bad met die Hebreeuse naam Betesda. Dit het vyf pilaargange gehad, 3waar daar baie gestremdes gelê het: blindes, kreupeles en lammes. 5Onder hulle was daar 'n sekere man wat al ag en dertig jaar lank siek was. 6Jesus...

Saterdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz 21.11.2026

1 KONINGS 19 Elia vlug vir Isebel 1Agab het vir Isebel vertel wat Elia alles gedoen het, ook dat hy al die profete om die lewe gebring het. 2Toe het Isebel 'n boodskapper na Elia toe gestuur om vir hom te sê: “Mag die gode my om die lewe bring as ek nie môre teen hierdie tyd met jou gemaak het soos jy met die profete nie.” 3Elia het bang geword en ter wille van sy lewe gevlug. Toe hy by Berseba in...

Vrydag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz 20.11.2026

LUKAS 2 Die geboorte van Jesus (Matt. 1:18-25) 1In daardie tyd het keiser Augustus 'n bevel uitgevaardig dat 'n volkstelling in die hele ryk gehou moet word. 2Hierdie eerste volkstelling het plaasgevind toe Sirenius goewerneur was in die provinsie Sirië. 3Almal het gegaan om hulle te laat inskryf, elkeen na sy eie stad toe. 4Ook Josef het gegaan. Hy het van die dorp Nasaret in Galilea na Judea toe...

Donderdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz 19.11.2026

PSALMS 121 My hulp kom van die Here 1'n Pelgrimslied. Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? 2My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het. 3Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie; Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie. 4Waarlik, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie en Hy slaap nie. 5Die Here beskerm jou, die Here bewaar jou van alle gevare. 6Bedags sal die so...

Woensdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz 18.11.2026

JEREMIA 29 'n Brief aan die ballinge 1Dit is 'n afskrif van die brief wat die profeet Jeremia uit Jerusalem gestuur het na die leiers van die ballinge wat nog oor was, en na die priesters en die profete en die hele volk wat deur Nebukadnesar uit Jerusalem na Babel toe weggevoer is. 2Jeremia het die brief gestuur nadat koning Jojagin en die koninginmoeder, die paleispersoneel en die amptenare van J...

Dinsdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz 17.11.2026

MARKUS 6 Die twaalf apostels kom terug (Matt. 14:13-14; Luk. 9:10-11; Joh. 6:1-4) 30Die apostels het na Jesus toe teruggekom en vir Hom alles vertel wat hulle gedoen en wat hulle die mense geleer het. 31Daar was baie mense wat gedurig gekom en gegaan het, sodat Jesus en sy dissipels selfs nie kans gehad het om iets te eet nie. Hy sê toe vir hulle: “Kom julle alleen saam na 'n stil plek toe en rus...

Maandag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz 16.11.2026

KLAAGLIEDERE 3 Ek hoop op God 1Ek is die man wat ellende belewe het. Die Here het my met sy toorn geslaan. 2Hy het my die donker in gejaag, my laat loop op 'n pad sonder lig. 3Vir my stoot Hy gedurig weg, dag na dag. 4Hy het my hele liggaam laat wegteer, my bene gebreek. 5Hy het my toegebou met 'n muur van gif en ontbering rondom my. 6Hy maak die donker my tuiste, ek is soos dié wat lankal dood is...

Sondagaand Erediens - Past Riaan de Bruyn 15.11.2026

JAKOBUS 1 22Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself. 23Iemand wat altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is soos een wat na sy gesig in 'n spieël kyk: 24hy bekyk homself, gaan van die spieël af weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het. 25Maar iemand wat hom verdiep in die volmaakte wet wat 'n mens vrymaak, en hom daaraan hou en...

Sondagoggend Erediens - Past Riaan de Bruyn 15.11.2026

JOHANNES 13 Jesus was die voete van sy dissipels 1Voor die viering van die paasfees het Jesus reeds geweet dat die tyd vir Hom gekom het om van hierdie wêreld af na die Vader oor te gaan. Hy het sy eie mense wat in die wêreld is, liefgehad, Hy het hulle tot die uiterste toe liefgehad. 2Jesus en sy dissipels was aan tafel. Die duiwel het toe al klaar vir Judas seun van Simon Iskariot op die gedagte...

Saterdagoggend - Past Riaan de Bruyn 14.11.2026

LUKAS 10 33Maar 'n Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom, en toe hy hom sien, het hy hom innig jammer gekry. 34Hy het na hom toe gegaan, sy wonde met olie en wyn behandel en hulle verbind. Toe het hy hom op sy rydier gehelp en hom na 'n herberg toe geneem en hom daar verder versorg. 35Die volgende dag haal hy twee muntstukke uit en gee dit aan die eienaar van die herberg en sê: ‘Sorg vir...

Vrydag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn 13.11.2026

LUKAS 10 Die sending van die twee en sewentig (Vgl. Matt. 11:20-24) 1Daarna het die Here twee en sewentig ander aangewys en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur na elke dorp en plek waarheen Hy van plan was om te gaan. 2Hy het vir hulle gesê: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes. 3Gaan nou! Maar onthou: Ek stuur j...

Donderdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn 12.11.2026

KOLOSSENSE 3 17En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.

Woensdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn 11.11.2026

1 PETRUS 5 Die ouderlinge moet toesig hou 1As mede-ouderling en getuie van die lyding van Christus en ook deelgenoot aan die heerlikheid wat geopenbaar sal word, dring ek by die ouderlinge onder julle daarop aan: 2Pas die kudde van God wat aan julle toevertrou is, goed op. Hou toesig oor hulle, nie uit dwang nie, maar gewillig soos God dit verwag; nie om eie gewin nie, maar uit toegewydheid; 3ook...

Dinsdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn 10.11.2026

JOHANNES 1 Die getuienis van Johannes die Doper (Matt. 3:1-12; Mark. 1:2-8; Luk. 3:15-17) 19Die Jode het priesters en Leviete van Jerusalem af na Johannes toe gestuur om hom te vra: “Wie is jy?” Toe het hy hierdie getuienis afgelê 20en dit duidelik en ondubbelsinnig gestel en openlik verklaar: “Ek is nie die Christus nie.” 21Hulle vra hom toe: “Wie is jy dan? Is jy Elia?” “Nee, ek is nie,” sê hy....

Maandag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn 09.11.2026

1 PETRUS 5 Die ouderlinge moet toesig hou 1As mede-ouderling en getuie van die lyding van Christus en ook deelgenoot aan die heerlikheid wat geopenbaar sal word, dring ek by die ouderlinge onder julle daarop aan: 2Pas die kudde van God wat aan julle toevertrou is, goed op. Hou toesig oor hulle, nie uit dwang nie, maar gewillig soos God dit verwag; nie om eie gewin nie, maar uit toegewydheid; 3ook...

Sondagaand Erediens - Ds Nardus Bornman 08.11.2026

1 KORINTIËRS 15 56Die angel van die dood is die sonde, en die sonde kry sy krag uit die wet van God. 57Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus. 58Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie.

Sondagoggend Erediens - Ds Nardus Bornman 08.11.2026

1 KORINTIËRS 15 51Kyk, ek maak 'n geheimenis aan julle bekend: Ons sal nie almal sterwe nie, maar ons sal almal verander word. 52By die laaste trompet sal dit in 'n oomblik, in 'n oogknip gebeur, want die trompet sal weerklink, en die dooies sal as onverganklikes opgewek word, en ons sal verander word. 53Hierdie verganklike liggaam moet met die onverganklike beklee word, en hierdie sterflike ligga...

Saterdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman 07.11.2026

HANDELINGE 17 30“God het die tye van onkunde oorgesien, maar nou roep Hy al die mense oral op om hulle te bekeer, 31want Hy het 'n dag bepaal waarop Hy regverdig oor die wêreld gaan oordeel deur 'n Man wat Hy uitgekies het. As bewys daarvan vir almal, het Hy Hom uit die dood laat opstaan.”

Vrydag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman 06.11.2026

LUKAS 15 Die gelykenis van die verlore skaap (Matt. 18:12-14) 1Die tollenaars en sondaars het almal die gewoonte gehad om na Jesus te kom luister. 2Hierteen het die Fariseërs en die skrifgeleerdes beswaar gemaak en gesê: “Hierdie man ontvang sondaars en eet selfs saam met hulle.” 3Toe vertel Jesus vir hulle hierdie gelykenis: 4“Sê nou een van julle het honderd skape en een van hulle raak weg. Wat...

Donderdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman 05.11.2026

LUKAS 24 45Toe open Hy hulle verstand om die Skrif te verstaan. 46Verder sê Hy vir hulle: “So staan daar geskrywe: ‘Die Christus moet ly en op die derde dag uit die dood opstaan, 47en in sy Naam moet bekering en vergewing van sondes aan al die nasies verkondig word, van Jerusalem af en verder.’ 48Julle is getuies van hierdie dinge. 49En Ek sal die gawe wat my Vader beloof het, vir julle stuur. Maa...

Woensdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman 04.11.2026

JEREMIA 18 4Maar die ding wat hy aan die maak was uit die klei, het misluk, en hy het toe iets anders gemaak soos hy dit wou hê. 5Toe kom die woord van die Here tot my: 6Kan Ek nie met julle doen wat hierdie pottebakker met die klei gedoen het nie, Israel? vra die Here. Soos klei in die pottebakker se hand, so is julle in my hand, Israel. 7Een oomblik kondig Ek aan dat Ek 'n nasie, 'n koninkryk sa...

Dinsdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman 03.11.2026

JEREMIA 18 Soos klei in die pottebakker se hand 1Die woord van die Here het tot Jeremia gekom: 2Gaan af na die pottebakker se huis toe, Ek sal daar met jou praat. 3Ek is toe af na die pottebakker se huis toe, en hy was juis besig om iets op die skyf te maak. 4Maar die ding wat hy aan die maak was uit die klei, het misluk, en hy het toe iets anders gemaak soos hy dit wou hê. 5Toe kom die woord van...

Maandag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman 02.11.2026

MATTEUS 23 Jesus waarsku teen die skrifgeleerdes en die Fariseërs (Mark. 12:38-39; Luk. 11:43-46; 20:45-46) 1Toe het Jesus die menigte en sy dissipels toegespreek 2en gesê: “Die skrifgeleerdes en die Fariseërs het die gesag om die wet van Moses te vertolk. 3Julle moet alles doen en onderhou wat hulle vir julle sê, maar hulle voorbeeld moet julle nie navolg nie, want hulle doen self nie wat hulle s...

Sondagaand Erediens - Past Franko van der Vlies 01.11.2026

HANDELINGE 1 7Hy het hulle geantwoord: “Dit is nie vir julle om die tyd en omstandigheid te weet wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie.

Sondagoggend Erediens - Past Franko van der Vlies 01.11.2026

EKSODUS 4 1Maar toe sê Moses: “Sê nou die Israeliete glo my nie en hulle luister nie na my nie en hulle sê die Here het nie aan my verskyn nie?” 2Toe vra die Here vir hom: “Wat het jy in jou hand?” “'n Kierie,” antwoord Moses. 3“Gooi die kierie op die grond!” sê die Here vir hom. Toe hy dit op die grond gooi, word dit 'n slang, en Moses het daarvoor padgegee. 4Die Here sê toe vir Moses: “Steek jou...

Listen to the Rosestad Godsdiens podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.