RSG

Radioteater

Arts AF ↓ 388 episodes

Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jun 25, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

SLAG deur Adriaan Havenga 31.10.2024

Theunis Kriegler en sy dogter Willa woon op ‘n plaas, en boer met skape. Hulle leef afgesonderd, en kry nie dikwels besoekers nie. Daar daag een nag tydens ‘n storm ‘n vreemdeling op. Die vreemdeling, wat vir Theunis ontstellend bekend lyk, word ingenooi, met verreikende gevolge. Die akteurs is Tobie Cronjé, Juanita de Villiers en Donovan Pietersen. Ina Strydom is die regisseur.

IKARUS deur Sophia van Taak 24.10.2024

’n Verhouding word 'n troebel terrein wanneer ’n paartjie nie meer openlik met mekaar gesels nie. Ná baie jare saam voel haar lewensmaat skielik vir Mari soos ’n vreemdeling. Wat het geword van die partydier-Dirk, die prettige ou vir wie sy destyds geval het? Toegegee, hulle het albei sedertdien groot geword, middeljarig geword… Maar sy gedrag is die laaste tyd só eienaardig dat Mari vir sy sielku...

NAG VAN DIE LUIPERD deur Joe Kleinhans 17.10.2024

Christo Kirsten en sy vriend, Buks Botha, vier hulle 50ste verjaarsdag in die Kgalagadi met ‘n sewe-dag toer. Hulle jarelange vriendin, die ryk weduwee Delia Dirksen, rëel alles en word deel van die verjaarsdagvieringe. Buks en Amy Botha is onbewus van wat op hulle een donker nag in die Bosobogolo-kamp wag. Wat is gevaarliker in die afgeleë Kgalagadi? ‘n Jarelange wrok tussen vriende, of ‘n uitgeh...

EENDAG IN ALICANTE deur Mari Snyman 10.10.2024

Toe Mira se man, David, dood is, onttrek sy haar. Sy hou op werk, vermy haar beste vriendin, Katrien, antwoord nie haar foon nie, en sy gaan nêrens heen nie. Katrien gee egter nie moed op nie. Sy ondersteun haar vriendin, en die twee deel herinneringe uit hulle verlede. Hulle dink onder andere terug aan 'n besoek aan Alicante, in Spanje, waar hulle vakansie gehou het, en waar Mira vir David ontmoe...

GELYKHEID EN BROEDERSKAP deur dr. Abel Coetzee 03.10.2024

Ons toneel speel af in die Johannesburg van die 1930's, rondom 'n tafeltjie in ’n kafee waar 'n joernalis en sy fotograaf-vriendin sit. Die joernalis het 'n ontmoeting met 'n bedelaar gehad, wat 'n groot indruk op hom gemaak het. Na aanleiding sy vertelling aan sy vriendin, ontgin die twee hoofkarakters gedagtes op die vraag of ons, as mense, uiteindelik tog maar ongelyk is, en slegs 'n broederska...

OU LEEUMELKER deur JWF Grosskopf 03.10.2024

Oom Hansie is trots op sy kennis en ervaring as jagter, selfs al word hy deur die jonger geslag onderskat. Sy liefde vir die ou tradisies bots met die moderne wêreld rondom hom, en hy probeer sy plek daarin behou. Oom Hansie simboliseer die einde van 'n era, maar vasgevang in sy eie tradisie en trots. Die spelers is Cobus Venter, Christelle Webb-Joubert, Francois Stemmet, Rian Terblanche, Christop...

O, DIE DONKIE deur Pietman Geldenhuys 27.06.2024

Die Pauw-tweeling (Jacques Bessinger en DeKlerk Oelofse) erf ’n plaas. Die padstal-duo (Richard van der Westhuizen en Anrich Herbst) vorm ‘n teenpool van blootstellings met die tweeling wat nie weet waar die klok se klepel hang nie. Rolanda Marais is die prokureur van die stad, wat die plaas toeken aan die metro-tweeling. Miché van Wyk is die barmhartige samaritaan op die platteland, met ‘n ondeun...

WRINGKRAG KINNERS deur Hein Henry Poole 20.06.2024

Op ‘n plattelandse dorp is daar ʼn diep geheim wat John Junior en Nessa gaan skok. Hulle ouers verkies om dit stil te hou, omdat dit regtig nie saak maak nie. John Junior, nes die res van die gemeenskap, is versot op vinnige motors. Junior kry ʼn geleentheid om by ‘n motorwerktuigkundige ‘n ambag te doen. By sy huis, sukkel hy om sy groot liefde uit die kloue van sy neef, ʼn groot bendeleier, te red....

DIE WEGRAPING VAN TANNIE KLEINTJIE DU PREEZ deur Fanie Viljoen 13.06.2024

Tannie Kleintjie du Preez, die matriarg van die plaas Galilea, kry ’n onverwagse oorvalling by die hoenderhokke. Sy is met die helm gebore, en jaag almal op die plaas op hol want vandag, glo tannie Kleintjie, is dit die wegraping. Selfs die diere op die plaas is onrustig en kan dit aanvoel. Maar hoe maak mens gereed vir die wegraping? Sal dit werklik gebeur? Wie is gereed daarvoor, en wie nie? En...

DIE SPREEKKAMER deur Almero Welgemoed en Pietie Beyers 06.06.2024

Die kompleksiteit van mense se verhale wat in 'n sielkundige se spreekkamer ontvou, is unieke verhale met 'n universele tema - om te behoort, om veilig te wil wees, om lief te hê, om seer te kry. Dit is amper 'n afloer-ervaring, 'n kans om mense se verhale te hoor wat gewoonlik agter toe deure plaasvind. En hopelik vind die luisteraar hoop en empatie agter daardie deure. Die spelers is Anton Schmi...

HAMLET deur William Shakespeare 30.05.2024

Hamlet moet sy pa, Ou Hamlet, se dood wreek. Hy word besoek deur sy pa se gees wat deurentyd by hom spook om die opdrag uit te voer. Dit bring Hamlet in konflik met homself, en deur die verloop van die drama speel sy kontrasterende emosies teen mekaar af tot ‘n klimaks wat op die grootste tragedie uitloop. Sy verhouding met familie, naastes en vertrouelinge is deel van die reis waarop Hamlet moet...

DINK JY DAREM NOG AAN MY? deur Francois Bloemhof 23.05.2024

Leandri kom per trein aan op die klein dorpie Stilwater. Die plan is om vir ’n onbepaalde tyd in Soes se losieshuis te bly om rus te vind ná onlangse gebeure in die stad. ’n Moord in ’n woning naby die losieshuis is egter net die begin van ’n reeks ontstellende situasies. Spoke uit die verlede sal ook binnekort by Leandri kom aanklop – met mening… Die spelers is Nadia Valvekens, Rika Sennett, Davi...

PLASTON: DNS-KIND deur PG du Plessis 16.05.2024

Plaston (Grieks vir ‘hy wat gemaak is’) is ‘n 19-jarige, beeldskone jong man wat kunsmatig deur wetenskaplikes geskep is. Hy kom op die afgeleë dorpie, Aardendal, aan waar hy in die gemeenskap geïntegreer word, en terselfdertyd fyn dopgehou word. Hy ontmoet vir die eerste keer ander mense, soos die dorpsidioot, die mooi jong meisie, Kotie, en die predikant Genopen. Plaston is 'n wese in wie daar g...

JAKARTA MAMMA deur Lee Doubell 09.05.2024

JAKARTA MAMMA is ‘n hartroerende verhaal oor die krag van ‘n ma (in hierdie geval ‘n paar ma’s) se liefde. ʼn Swanger Suid-Afrikaner word in Indonesië gevang met ʼn tas vol dwelms, en tot tronkstraf gevonnis. Haar ma, familie en vriende probeer desperaat om ten minste haar baba terug te bring huis toe. Sal hulle dit regkry, en sal almal veilig tuis wees op Moedersdag? Die spelers is Joanie Combrink,...

SHIRLEY SE SKULD deur Anene Loots 02.05.2024

In weerwil van die feit dat die bejaarde Rina in ‘n aftreeoord woon, wil sy steeds avonture aanpak en haar lewe geniet. Wanneer dit lyk of daar ‘n kans is dat sy, soos Shirley in die rolprent Shirley Valentine, op ‘n Griekse eiland kan gaan vakansie hou, is haar opgewondenheid groter as haar gesonde verstand. Onverwagse wendinge bring drama en konsternasie, met komiese gevolge. Die spelers is Susa...

‘N BLOMMEKROON VIR BELINDA deur Almé Swart 25.04.2024

Elke middag om klokslag half twee kom Belinda by die winkel in. Dan soek sy die tafel teen die muur, want sy wag vir haar man. En wanneer kom haar man? Hy kom nie... Dit is Nadia, die nuwe kelnerin by die koffiehuis op die dorp, beskore om die raaisel van Belinda se jarelange gewag op haar man op te los. Maar nie voordat haar eie geheim ook op die lappe kom nie... Die spelers is Anna-Mart van der...

TAAISPUL deur Madeleine Venter 18.04.2024

Ou liefde roes nie, lui die spreekwoord. As dit jou het, het dit jou. Daar is nie wegkomkans nie. Die liefde is ‘n taaispul. Dirk kry op sy oudag spyt oor die skoolliefde wat hy 40 jaar gelede deur sy vingers laat glip het. Hy glo vas dat die glibberige Eben destyds vir Lea van hom afgerokkel het, en besluit dat dit nou die tyd is om haar terug te wen. Die eksentrieke Katrien, ‘n Help-‘n-senior-vr...

VERRAAD deur Anneli du Preez 11.04.2024

Jaco en Phillip, ʼn getroude paartjie, kom voor ‘n uitdaging te staan wanneer een van die partye erken hulle voel nie meer dieselfde nie. Soos wat die middag verloop en die twee koppe stamp en mekaar konfronteer, leer ons die karakters beter ken. Altwee het geheime wat hullr ronddra en ontknoop. Die een se geheim het dalk goeie bedoelings, en die ander een s’n saai verwoesting. Die rolverdeling is...

TWEEGESIG deur Lena Nel 04.04.2024

‘n Mens moet nooit te maklik vertrou nie. As dit blyk te goed om waar te wees, is dit gewoonlik so. Sake neem ‘n dramatiese wending wanneer Alexander Brink gewond word, en in die hospitaal wakker word. Skielik staan die pragtige Hanri van Wyk staan langs sy bed. Sy beweer dat hulle verloof is. Dis maar net die begin van die oëverblindery... Met Karen Wessels, Charlie Bouguenon, Antowan Nothling, S...

LAM VIR DIE PASE deur Nico Luwes 29.03.2024

400 jaar van stilte word verbreek. Sal jy trek of sal jy agterbly? Is die opoffering die moeite werd? Hierdie ou verhaal speel af in die tyd van die Israelitiese slawerny in Egipte. Dit trek die baadjie aan van gewone mense wat voor moeilike besluite te staan kom. Menslikheid en geloof ontmoet mekaar in ‘n verhoogteks uit 1990, keurig verwerk vir die radio dur Nico Luwes. Die spelers is Duncan Joh...

VIER DAE VOOR KERSFEES deur Estel de Beer 25.12.2023

Ons vier Kersdag op ‘n plaas in Suid-Afrika. Ontmoet die Scheepers-familie waar hulle op hul plaas woon en werk. Een broer is pas klaar studeer, die ander reeds jare op die plaas. Die Scheepers-familie gaan Kersdag op die plaas vier en voorbereiding is in volle swang. En dis in hierdie tyd wat die baas van die plaas aandring oo ‘n familievergadering om die toekoms van die familieboerdery te bespre...

DIE SKULDIGE IS DUS... deur Eleanor Lombard 21.12.2023

Adjudant-offisier Lokkie Homes en sy assistent, sersant Jamie Watson, ontvang ‘n oproep: ‘Julle moet dadelik kom. Ek dink iemand is vermoor!’ Soos hulle ondersoek vorder blyk dit dat die slagoffer se hele huishouding motief het om hom vankant te maak. Wie is die skuldige? Dit mag jou verras!

NOLS D'AMUS deur Hendie Grobbelaar 14.12.2023

Nols D’Amus, deur Hendie Grobbelaar, vertel die storie van Nols wat per ongeluk in 1999 in die Vallei van Tussen-In beland.  Daar ontmoet hy ‘n paar interessante mense – maar hulle leef nog in 1989!  Hy benut egter die geleentheid om ‘n paar transaksies vas te knoop met beloftes van groot winste iewers in die toekoms. En wanneer hy die Vallei verlaat, “spring hy weer oor die almanak” soos Santjie...

DIE BELOFTE deur Paula Hartzenberg 07.12.2023

Alet ly aan ’n traumatiese toestand wat klaarblyklik onbewustelik van haar ma af op haar oorgedra is. Ten tyde van die ma se heengaan, is dit Alet se ouer suster, Jana, wat haarself met ’n belofte verbind tot die taak om uit te vind wat presies in  hulle ma se lewe gebeur het wat hiertoe kon gelei het. Toe iemand eendag by hulle deur kom aanklop, kry die soektog momentum, maar onverwagse hindernis...

GELDJIE ASSEBLIEF deur Casper Lourens en Henry Jacobs 30.11.2023

“Ek is maar net ‘n inconvenience by die verkeerslig,”  ‘n Lewe op straat is alles behalwe maklik. Dries, Koos en Fridge, is drie boemelaars wat op straat agter die winkelsentrum woon en hul daaglikse bestaan maak. Hulle word ondersteun deur die kerk met ‘n broodjie so nou en dan en die dominee wat af en toe kom inloer. Maar hierdie goedhartigheid van die dominee kom teen ‘n prys...

Listen to the Radioteater podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.