NG Wierdapark
NG Wierdapark
God se koninkryk is anders, daarom is ons anders: ons erken dat God se koninkryk anders lyk as dié van die wêreld waarin ons leef. Ons gemeente is nie begaan oor populêre menings nie, maar word aangespoor deur die andersheid en uitdaging wat God se Goeie Nuus van ons verwag. NG Gemeente Wierdapark diskrimineer en oordeel nie oor mense nie en verwelkom almal wat Christus as hulle Saligmaker bely om in die gemeente en gemeenskap tot diens van God se koninkryk te wees.
Author
NG Wierdapark
Category
Podcast website
Latest episode
May 21, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Sondag tot Sondag 8 | Familie en Vergifnis 26.03.2025 24:41
In hierdie week se Sondag tot Sondag -gesprek ontvang ons gasspreker en prediker Stefni Jacobs. Pieter en Stefni deel stories oor hoe vergifnis en herstel hul eie lewens en roepingspad raak. Stefni vertel aangrypend van haar werkservaring by Jakaranda en Louis Botha kinderhuise, en hoe sy gesien het dat mense wat diep seergekry het, tog keuses maak om verby pyn te leef – of nie. Haar insigte nooi...
Gebedsbegeleiding 6 | "Steek jou hand uit" 25.03.2025 11:13
In hierdie meditatiewe gebedsbegeleiding word jy genooi om stil te raak by ’n oomblik van genesing én konfrontasie. Lukas 6:6–11 vertel van Jesus wat ’n man met ’n verdorde hand genees — nie op ’n toevallige tyd nie, maar in die sinagoge, op die Sabbat, terwyl almal kyk. Hierdie is ’n gebed vir dié wat selfbewus is. Wat bang is om verkeerd te doen. Wat iets dra wat hulle eerder wegsteek… maar wat...
Sondag tot Sondag 7 | Vergifnis en Gym 20.03.2025 36:43
'n Vreemdeling vra vir Pieter waar sy gym tas is.
Gebedsbegeleiding 5 | "Tyd is, en is nie alles nie" 18.03.2025 12:27
Tyd om bewus te word van God, in jou.
Sondag tot Sondag 6 | Die Langmou Baas van die Plaas 12.03.2025 42:19
Hierdie episode is vir mense wat nie perfek is nie
Gebedsbegeleiding 4 | Psalm 139 - Volledig geken 11.03.2025 8:06
Volledig Geken is ’n rustige, meditatiewe podcast gebaseer op Psalm 139 , wat jou nooi om stil te word in die teenwoordigheid van God. In elke episode verken ons die wonder van ’n God wat ons ten volle ken—ons vrese, drome, en verlange—sonder oordeel, net met liefde. Met stadige Skrifvoorlesing, reflektiewe vrae en geleenthede vir stilte en gebed , help hierdie podcast jou om nader aan God te bewe...
Sondag tot Sondag 5 | Karre en Katedrale 05.03.2025 33:36
Pieter lees die nuus en Morné is bang vir coke met ys
Aswoensdag Refleksie 05.03.2025 9:58
In hierdie Aswoensdag podcast word ons genooi om stil te word en die diepte van Lydenstyd te verken. Wanneer die winter van die lewe ons tref—wanneer ons swaarkry, verlies, mislukking en stilte ervaar—waar is God? Gebaseer op Genesis 3:14-24, reflekteer ons oor die tema “God in die winter van die lewe”, ’n herinnering dat selfs in ons donkerste seisoene, God steeds teenwoordig is. Soos die natuur...
Gebedsbegeleiding 3 | Matteus 11:28-30 03.03.2025 9:10
Ons reflekteer rondom Matteus 11:28-30 en ons eie gedagtes, emosies, gevoelens en denke. Benodighede: 'n Bybel, notaboek en pen, 'n kers.
Sout en Lig 28.02.2025 12:09
Wanneer ons moeg word...
Sondag tot Sondag 4 | "Plekke, Mense, en Dinge" 26.02.2025 30:49
So bietjie 'onder die belt' hierdie week...
Gebedsbegeleiding | Psalm 131 24.02.2025 10:34
Ons reflekteer oor Psalm 131, die noodsaaklikheid van rus en oorgawe aan God.
Wandel en Worstel 2 21.02.2025 5:25
“Wat is dit wat werklik saakmaak?” neem jou op ʼn reis om God se koninkryk te ontdek te midde van die chaos van die alledaagse lewe. In ʼn wêreld vol eise en druk, wys hierdie potgooi jou hoe om rus te vind, perspektief te kry, en op die regte dinge te fokus. Kom luister na insigte, stories en Bybelse waarheid wat jou help om te leef vanuit wat regtig belangrik is. Deel jou storie met my deur &apos...
Sondag tot Sondag 3 19.02.2025 19:05
In hierdie week se episode, val Morné van die bed af, en Pieter voel selfbewus in Midstream.
Gebedsbegeleiding | Psalm 46 17.02.2025 9:58
Ons reflekteer rondom Psalm 46 en ons eie gedagtes, emosies, gevoelens en denke. Benodighede: 'n Bybel, notaboek en pen, 'n kers.
Wandel en Worstel 1 14.02.2025 9:19
Wanneer die lewe gebeur en ons identiteit as gelowiges uitgedaag word... Deel jou storie met my deur 'n boodskap of stemnota op WhatsApp by 081 089 6314. Jy kan ook 'n e-pos rig na my by dsmornejacobs@gmail.com. Posduiwe, morsekode en faks word nie tans aanvaar nie
Wat is jou naam? | Sondag tot Sondag 2 11.02.2025 27:44
Wou jy al ooit iets oor jouself verander?
Skrif, Stem en Stilte | 1 10.02.2025 6:06
Ons word begelei deur Psalm 19 in vandag se episode.
Sondag tot Sondag 1 07.02.2025 20:09
In hierdie reeks gesels die Leraars saam oor die Woord waarmee hul gewandel het in die aanloop tot die erediens. Daar word gereflekteer oor die erediens wat verby is, die voorbereiding asook nagedink oor die erediens wat voorlê.
Openbaring 11:19-12:12 13.12.2024 5:41
Juig
Matteus 11:25-30 12.12.2024 2:51
Rus
Matteus 11:16-19 11.12.2024 2:50
Dade van wysheid
Jesaja 40:1-11 10.12.2024 3:47
Opnuut getroos
Lukas 1:26-38 09.12.2024 3:53
Betaalde beloftes
Matteus 15:29-37 06.12.2024 3:13
Omgee liefde van Jesus
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.