Anton
Mier op die mic
Ek skryf as "Mier op die man" en bespreek verskeie skrywes van bekende en onbekende skrywers en hoe elkeen se woorde die aspekte raak sryf wat in ons harte brand. Ek voer ook onderhoude met verskeie kunstenaars en hoor wat dit is wat hulle inspireer tot groter dinge. Dit sluit gedigte, kortverhale, prosa, draaiboeke, aanhalings en bykans enige samestelling in van woorde wat my binneste roer - en hopelik joune ook. Dit is hoofsaaklik in Afrikaans met hier en daar iets in Engels. Volg my @mieropdieman op InstagramMy werk is ook on KALIGRAFIE beskikbaar onder @ACGriffel
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: podcasters.spotify.com
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Eerste skrywers 12.03.2023 38:10
Ek gesels oor die eerste Afrikaanse skrywers en gee net so bietjie konteks en rede to hulle skryfwerk. Ons eerste skrywers moes Afrikaans as 'n skryftaal self bepaal. Hulle was die baanbrekers vir iets wat vir ons so algemeen is. Ek raak net aan aspekte in hulle lewens en deel so paar voorbeelde van hulle werk. Hulle sluit in: 1. DC Esterhuyse 2. FW Reitz 3. AD Keet 4. Jan FE Cilliers...
Die Mier en Geelchaos 05.03.2023 49:39
Julle... Al was die hele internet teen ons, ek kon uiteindelik met Geelchaos gesels. Ons bespreek die begin van haar skryfwerk en die plek wat dit het in haar lewe. Dit is so lekker om te leer wie sy is en daardeur haar werk beter te verstaan. So kom luister saam.
Woorde wek emosies 26.02.2023 26:55
In hierdie episode bespreek ek die rol van die skrywer in emosies van die leser - asook die verantwoordelikheid daarin. klink diep... omdat, as jy mooi daaroor dink, dit werklik is. Ek bespreek ook terugvoer op die vrae: "uit watter emosie skryf jy?" en "watter emosie wil jy ervaar as jy lees?" Ek deel skrywes van die volgende persone: @maak_kuns @ongeskryf @die_blommetuin @jakjbrits @vrou_is_vlam...
Die Mier en die Ink 19.02.2023 1:00:10
Vandag gesels ek met @Inkt_It (Ewoud Jobse). Ons gesels oor skryf (natuurlik!!!) en watter rol dit in sy lewe speel. Hy lees ook vir ons so paar gedigte van ou Legendes. Dan sluit ons af met 10 "vinnige vrae" Luister en geniet dit! Alle musiek is gekry op Pixabay - gaan loer gerus wat is daar beskikbaar.
Afrikaans se begin 12.02.2023 29:24
HIer deel in interessanthede oor die oorsprong en ontwikkeling avn Afrikaans. Die onderwerp fasineer my die laaste ruk baie, en ek moet sê... Die geskiedenis van Afrikaans stel nie telleur nie. So luister saam, want hierdie is net die begin van wat kom. Ek lees gedigte van: @slotsom_digter @mengelmoesmens en @eg_ek Ek deel ook antwoorde op die week se vraag: Wat is jou gunsteling woord om te...
Die mier en die dronk_digter 05.02.2023 1:06:40
Wat 'n voorreg! Wat 'n gesprek! Hier gesels ek met die dronk_digter oor: - Waarom hy skryf - Sy skuilnaam, en - Wat gebeur volgende. Guns jouself en luister na die uitdagings en voordele van 'n anonieme skrywer. 'n Korreksie: dronk_digter het in die gesprek na 'n gedig van Jan FE Cilliers verwys. Die gedig handel (en ook so genoem) oor Jopie Fourie en nie Gideon Scheepers n...
Die mier en die mot 29.01.2023 54:15
O julle! Ek is in gesprek met @man_is_mot_gedigte wat onlangs sy eerste bundel vry gestel het. Ons gesels oor sy skryfwerk en sy ervarings as skrywer onder 'n skuilnaam. Wat dink jy wat sou sy laaste onderwerp wees om oor te skryf? Sy antwoord hierop het my geroer. Geniet die podcast!
Aspekte van klank 22.01.2023 29:09
Julle.... Vandag gesels ek oor een onderwerp wat my baie fassineer. Ek hoop ek kan jou ook aansteek. Musiek... en poësie. Luister net, jy sal verstaan dat die twee; nie geskei kan word nie. Ek deel oor skrywers se musiek keuses en of hulle eerder skryf in stilte. Ek lees ook gedigte van: @verkwik @mieropdieman @diewaarheidthe @gedagtes_van_n_enkeling @skryf_dit_net @_themusecollective_ Hoop...
Die mier en Estee 15.01.2023 49:56
Ek gesels lekker met @estee.art oor haar kuns en skryfwerk. Ek leer ook baie oor meneer Vincent van Gogh tydens die gesprek. Sy bederf ons ook met twee van haar gunsteling gedigte. Verder gesels ons oor AI kuns en of daar moontlik plek is vir woorde en skilderye in dieselfde uitstalling. Luister lekker en vertel ander... P.S. Gaan trap jou spore iewers in die stof.
Was Is Oppad 08.01.2023 29:32
Ek sit in die veld, op 'n koppie op 'n Vrystaat plaas terwyl ek uitkyk oor die vlaktes Kroonstad se kant toe en gesels oor vakansies en tye wat WAS, IS en dalk nog OPPAD is. Dan lees ek so paar skrywes wat geskryf is tydens of rakende vakansies. @alfabet_hart @baardmanskryf @anna_anoniem @ed_explore @tianzietsman @2a.m._writer @kaalwoorde @verkwik Ek hoop jy kan nog joune onthou. Lekker luister
Die mier en Ontmasker 30.12.2022 57:18
My eerste onderhoud. Dit was 'n goeie gesels!!! Ek gesels met Kenan a.k.a. Ontmasker. Hy vertel ons van sy eerste blad... wat totaal en al uitgewis is van die internet af. Ons hoor ook meer oor 'n hele paar projekte waarby hy betrokke is. Defnitief nie een om te mis nie.
Waaroor skryf ons eintlik? (deel 2) 18.12.2022 23:02
Ek gesels verder oor wat ons skryf en of dit inpas by wat slim mense sê ons hartsbegeertes is. Ek lees gedigtes van @weesliefde @tydperk @estee_art @elegie_ter Dan bespreek ek antwoorde van luisteraars op die vraag van die week: Wat is jou grootste begeerte...
Waaroor skryf ons eintlik? - deel 1 11.12.2022 28:47
Daar is so baie skrywes - is daar dalk 'n goue lyn wat alles wat geskryf word verbind? Hier gesels ek oor die onderwerpe waaroor ons skryf. Ek gaan kyk of dit belyn met die begeertes van die mense en ons as mens se diepste vrae - dit alles volgens wat die slim mense identifiseer het. Ek lees oog gedigte van "gewone mense" en lees 'n skrywe van W.A. de Klerk - Die Uur van Verlange. @ontmasker...
Die begin. (Hoe dan anders?) 05.12.2022 27:18
Ek skop af met die podcast wat die woorde vertel van die "gewone" skrywers. Ons kyk na die begin van afrikaans in die media - Die Patriot - die eerste Afrikaanse koerant. Dan lees ek so paar gedigte van eerstes: @manismotgedigte @kylehighclub @estee.art @maak_kuns @dronk_digter @the.man.behind.the.curtain @ge_dink
Tweede kanse en keuses 28.11.2022 24:02
Ek bespreek hier die geleentheid tot tweede kanse en keuses wat ons so dikwels nodig het. Ek lees gedigte en skrywes van meestal onbekende skrywers wat aansluit by die tema. Ook gesels ek met 'n juwelier, Zuyda van Dyk, wat porselein skerwe in die Kaapse berge optel en omskep in juwele.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.