RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 34 19.02.2026

Piet beveel Anika en Cor om hom dadelik te kom sien. Piet is woedend omdat die verdwyning van sy kleinkind van hom weggesteek is. In ‘n oomblik van woede raak hy persoonlike inligting kwyt wanneer hy vir Anika uittrap. Cor is agterdogtig. Waarom praat sy pa met Anika asof hy haar veel beter ken as wat hy voorgee? Sy is tog net die assistentsekretaresse, dan nie?

FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 33 18.02.2026

Sandra Jacobs word deur speursersant Fortuin ondervra. Arend Fillis onderbreek hulle ondervragingsessie met ontstellende nuus oor Stefan. Piet is woedend, en wil dadelik vir Stefan afdank, maar Sandra en Janine kom tot sy redding. Dan deel Sandra ‘n geheim wat die twee Du Preez-broers al vir so lank wegsteek. Miskien is hierdie die antwoord tot Norman se skielike omwenteling en vreemde gedrag?

FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 32 17.02.2026

Rian het pas terug gekeer van die Kaap, en stel voor hulle moet begin beplan vir hulle volgende onwettige aflewering, maar Cor weier. Laurinda kuier by Janine, en saam deel hulle gelukkige herinneringe wanneer hulle deur ou familiealbums blaai. Stefan kom besope by die huis aan. Dit ontlok ‘n woordewisseling tussen hom en Janine. Dan sien hy ‘n bekende gesig in een van Janine se familiealbums...

FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 31 16.02.2026

Maureen en Anika probeer hulle bes om Fortuna normaal te laat funksioneer ná die dood van hulle kollega, Shorty de Lange. Cor vind ‘n besope en onsamehangende Stefan in sy kantoor. Stefan smeek huilend om vergifnis, maar wie is die meisie waarvan Stefan praat, en wat weet speursersant Fortuin alles? Cor se agterdog en vrese word al hoe groter. Wat steek sy broer vir hom weg?

FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 30 13.02.2026

Piet en Anika geniet ‘n romantiese aandjie uit. Piet het vir hulle ‘n duur hotelkamer met Franse sjampanje bespreek. Anika speel steeds die slagoffer, en probeer op Piet se gevoel speel. Piet en Cor geniet ‘n rustige potjie gholf om te ontspan. Cor wil weet watter parfuum hang in sy pa se motor, en Piet dink vinnig ‘n verskoning uit. Cor kry iets interessant in die motor se paneelkissie, wat Lauri...

FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 29 12.02.2026

Almal is nog ontsteld ná Shorty se dood, en speursersant Fortuin wat gedurig oor hulle skouer loer maak dinge net erger. Anika praat per ongeluk haar mond verby, en lap belangrike inligting uit wat speursersant Fortuin oor die foon bespreek het. Sandra vind uit van Norman se verdwyning in Mosambiek. Sy het skielik ‘n belangrike oproep wat sy moet maak.

FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 28 11.02.2026

Fortuin beskou Shorty se misdrywe as swak bestuur, en ‘n roekelose fout van Stefan se kant af. Stefan pleit onskuldig, en verdedig Rian se skielike verdwyning Kaap toe asook die saak van aanranding teen hom. Fortuin krap verder in Stefan se verlede. Rian het vir speursersant ‘n interessante brokkie inligting meegedeel. Wie is Andriëtte Grobbelaar?

FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 27 10.02.2026

Rian word voor stok gekry deur sy pa en sy oudste broer. Rian hou vol dat hy homself teen Shorty moes beskerm. Noudat Shorty uit die prentjie is, kan hulle gerus wees dat die dissiplinêre verhoor geskrap sal word, want die aanklaer is oorlede. Norman word steeds geteister deur nagmerries. Janine bring vertroosting en veiligheid, maar wanneer Norman in sy slaap begin praat, hoor sy ontstellende inl...

FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 26 09.02.2026

Rian is terug van ‘n belangrike vergadering in die Kaap, en Cor is briesend. Rian erken dat hy wraak wou neem op Shorty. Die twee broers beraam planne, en stem ooreen om Shorty as die sondebok uit te maak en alles te ontken. Maurene en Anika probeer nog die skielike dood van Shorty verwerk. Sommer gou deel hulle skindernuus, en vind uit dat hulle dalk meer weet as wat die skuldiges besef.

FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 25 06.02.2026

Speursersant Allister Fortuin is die ondersoekbeampte na die onnatuurlike dood van Shorty Swanepoel. Arend Fillis is eerste in die spervuur. Janine is bekommerd oor Norman, en vind vertroosting by haar skoonma. Dan onthul sy ‘n skokkende skets wat Norman by die spelterapeut geteken het. Hoekom staan Shorty se naam op die skets?

FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 24 05.02.2026

‘n Dringende vergadering word belê ná die skokbevinding in die werkswinkel. Sandra Jacobs is aan die woord en verduidelik aan Piet en Stefan du Preez watter gevolge hulle, as maatskappy, in die oë sal moet staar. Cor is geskok oor die nuus, maar moet katvoet dans rondom Stefan se vrae. Vervalste nommerplate en verdunde diesel kom aan die lig. Wat het werklik in Mosambiek gebeur?

FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 23 04.02.2026

Stefan en Janine het ‘n onrustige nag. Norman is veilig en ongedeerd terug by die huis, maar duidelik is alles nie pluis nie. Arend is agterdogtig oor Shorty se motor wat reeds by die werkswinkel staan, maar nêrens te vinde is nie. Geheime en bespiegelinge word vertroulik onder mekaar gedeel. Miskien is alles net Arend se verbeelding? Tot hy afkom op ‘n grutoneel...

FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 22 03.02.2026

Cor vind vir Norman in ‘n verlate pakskuur tussen Ponta do Ouro en Ponta Milimangala. Cor bel vir Stefan om hom in te lig dat hulle op pad is, maar dat daar ‘n klein ongelukkie met een van die Mosambiekse drywers was. Rian vind vir Shorty waar hy besig is om aan ‘n trok te werk. Hy het slegs een doel voor oë – die waarheid en wraak.

FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 21 02.02.2026

Rian word uit ‘n belangrike vergadering geroep om dadelik vir Sandra van HR te sien. Shorty versoek ‘n dissiplinêre verhoor en steun vanaf die KBVA. Cor bel vir Rian met die nuus dat Norman steeds skoonveld is. Rian begin besef Shorty se stories klop nie, en hy weet dalk meer as wat hy voorgee. Met die gebruik van ‘n toep vind hulle gou Norman se laaste selfoonkoördinate. Sal Cor betyds wees?

FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 20 30.01.2026

Janine en Stefan ontspan heerlik in ‘n afgesonderde ruskamp naby Johannesburg. Janine is bekommerd as sy steeds nie vir Norman in die hande kry nie. Rian stel Stefan gerus dat alles goed afgeloop het, en hy jok flink deur te sê dat Cor en Norman besluit het om nog ‘n paar dae langer in Mosambiek te bly. Shorty het pas teruggekeer van Mosambiek. Rian konfronteer hom, en gou klap die vuiste, maar hi...

FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 19 29.01.2026

Cor en Shorty vier die suksesvolle aflewering van hulle onwettige goedere. Cor is veral opgewonde oor hoe maklik hulle die paneelkameras kon ontduik, maar raak dan bekommerd omdat Norman nog nie tuis is nie. Shorty speel dom en sê hy het hom by die strand afgelaai soos beveel. Anika dreig Piet met ‘n verdraaide storie van hulle skelm verhouding. Piet beloof haar ‘n vakansie in Frankryk vir haar st...

FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 18 28.01.2026

Dit is die geselskap se eerste dag in Mosambiek. Cor geniet sy broerskind se entoesiasme en leergierigheid. Hulle meld aan vir die aflaai van die kratte. Rian bel om te hoor of die spesiale “transaksie” al plaasgevind het. Cor verseker hom dat hulle vir Norman by die strand sal aflaai voor hulle geheime ontmoeting met die smokkelbaas, Galish. Shorty laai vir Norman by die strand af, maar sommer go...

FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 17 27.01.2026

Arend Fillis word ingeroep vir ‘n ontmoeting met Sandra Jakobs. Maureen stel hom gerus dat hierdie ‘n onskuldige ontmoeting is. Arend voel egter dat daar meer agter hierdie vergadering skuil as wat Sandra voorgee. Sandra laat val dat daar ongerymdhede in die werkswinkel plaasvind. Arend besef vinnig hy is nie net aangestel as motorwerktuigkundige nie.

FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 16 26.01.2026

Dit is die aand voor die groot aflewering van Mosambiek. Janine voel onrustig oor die feit dat Norman saamgaan. Sy voel dat Cor nie bevoeg is om as voog op te tree nie. Stefan stel haar gerus, en stel voor dat hulle vir ‘n naweek weggaan om te gaan ontspan en te vergeet van al die Fortuna-familiedrama.

FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 15 23.01.2026

Rian flankeer skaamteloos met Anika en maak ‘n aanbod dat sy sy persoonlike assistent kan word vir dubbeld haar salaris. Arend sien iets verdag op Shorty se lessenaar, maar speel dom. Arend noem dat mensehandel ‘n groot probleem is, en dat hy wil weet wat is die sekuriteitsmaatreëls rakende die Fortuna-trokke is wanneer hulle oor die grens gaan. Dan kry Shorty ‘n slinkse plan...

FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 14 22.01.2026

Laurinda nooi vir Janine om by haar te kom tee drink. Piet daag by die huis op met ‘n bos lelies. Laurinda kry dadelik snuf in die neus. Piet speel dom oor die geheime stemboodskap, en noem dat dit vir Cor of Rian bedoel was. Hy beskuldig Anika dat sy rooihakskene het, en dat sy ‘n romantiese verhouding met een van die twee broers wil aanknoop.

FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 13 21.01.2026

Dit is Arend Fillis, die nuwe motorwerktuigkundige van Fortuna Trans, se eerste dag. Maureen hou dadelik van hierdie onskuldige jong seun met sy mooi maniere. Shorty hou niks van die gedagte dat hy ‘n stertjie gaan kry om op te pas nie. Sommer gou stel hy belaglike eise en opdragte aan Arend, wat Arend maar gedweë moet uitvoer. Shorty kry die gevoel dat Stefan hom dophou, maar hy sien sommer gou A...

FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 12 20.01.2026

Anika en Piet het ‘n geheime ontmoeting waar hulle ontbyt geniet by hulle gunsteling koffiewinkel. Rian sien hulle toevallig raak, en die paartjie moet vinnig kleitrap en die ontmoeting afmaak as ’n sake-ete. Rian vind uit dat Norman saam Mosambiek toe gaan, en hy sien rooi. Cor het weer sy eie kop gevolg.

FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 11 19.01.2026

Cor wys vir Norman hoe lyk die trokke en die nuwe paneelkameras van Fortuna Trans. Hy verduidelik wat die kameras alles kan doen, en manipuleer die situasie met Norman se voorliefde en passie vir rekenaarspeletjies en elektronika tot sy voordeel. Shorty keur dit glad nie goed nie. Cor vra vir Stefan of Norman kan saamkom Mosambiek toe, en gebruik hul wankelrige verhouding as troefkaart. Sal Stefan...

FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 10 16.01.2026

Cor en Shorty probeer ‘n stokkie voor die nuwe paneelkameras se beeldmateriaal steek. Cor kry, met die hulp van ‘n jong IT-student, ‘n spesiale program wat ‘n gedokterde filter oor die beelmateriaal kan plaas. Cor oortuig vir Norman om van syfers en boekhou te vergeet, en liewer te fokus op die nuwe paneelkameras van Fortuna Trans. Norman is dadelik geïnteresseerd. Miskien is Fortuna Trans nie so...

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.