Kosmos 94.1
Kosmos 94.1 Gesprekke
Kosmos 94.1 gesels gereeld met bekendes in die kollig. As jy daarop uitgemis het, luister gerus na die Kosmos Kollig gesprekke hier.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.kosmos.com.na
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
September is Selfmoordvoorkomingsmaand: Hoe om die waarskuwingstekens raak te sien 10.09.2026 10:27
Jean-Louis gesels met Patrick de Goede, ’n voorstander van geestelike welstand, oor September as Selfmoordvoorkomingsmaand. Hulle bespreek die waarskuwingstekens waarna ons moet oplet, hoe om ’n gesprek met iemand te begin wanneer ons bekommerd is, en waar mense hulp en ondersteuning kan kry.
Elmero gesels met Darryl Beukes oor sy boek "The Reward of Repetition" 09.09.2026 8:25
Diep, roerend en ontsettend inspirerend! 🎙️✨ Tydens vandag se Kosmos 94.1 Kuierkonvooi het Elmero agter die mikrofoon ingeskuif vir 'n ongelooflike gesprek met Darryl Beukes oor sy boek, "The Reward of Repetition". 'n Kragtige herinnering dat volhoubaarheid en die regte gewoontes werklik vrugte dra
Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor die lewer en A.Vogel Boldocynara 09.09.2026 12:30
Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor die belangrike rol wat die lewer in ons algemene gesondheid speel. Dr Vogel het die lewer die reguleerder van menslike gesondheid genoem. In dié gesprek kyk Jean-Louis en Estie na hierdie kosbare orgaan, hoe ons dit kan ondersteun en na A.Vogel Boldocynara, ’n kruietonikum wat die funksie van die lewer en galblaas ondersteun. A.Vogel Boldocynara is sonder...
Maak Spore: Elmero Strauss gesels met Werner van Zyl oor sy reis en Bly in Jou Baan 09.09.2026 7:44
Elmero Strauss gesels weer met Werner van Zyl op Maak Spore. Hulle vang op ná hul vorige gesprek en kyk na hoe Werner se Bly in Jou Baan-boodskap oor tyd gegroei het. Werner deel wat die afgelope tyd vir hom uitgestaan het, die lesse wat hy geleer het en waarna ons in die jaar wat voorlê kan uitsien.
Disney op die verhoog: ’n Betowerende dansproduksie by die NTN 03.09.2026 5:23
Jean-Louis en Laimi gesels met Anchen Wille van die Anchen Wille Dance Academy oor hul nuwe produksie, Disney on Stage! Ontdek wat jy kan verwag van hierdie kleurvolle vertoning vol dans, musiek en geliefde Disney-karakters. ’n Gesprek oor die magie van Disney, dans en ’n produksie wat die verhoog by die NTN gaan laat leef.
95 Jaar van Die Voortrekkers in Namibië – Ligdraers in die Wêreld 02.09.2026 8:26
Elmero Strauss gesels met Elmine McCarthy van Die Voortrekkers Namibië oor ’n besondere mylpaaljaar – 95 jaar van Die Voortrekkers in Namibië. Hulle gesels oor die 2026-jaartema, “Voortrekkers as Ligdraers in die Wêreld”, en die nuwe feesjaarlied, “Rotsvas” deur Adam Tas. ’n Gesprek oor tradisie, waardes, leierskap en die rol van Die Voortrekkers in Namibië.
The ELL’S oor hul nuwe album “Salt, Wind & Fire” 02.09.2026 7:43
Laimi gesels met The ELL’S oor hul splinternuwe album, “Salt, Wind & Fire”, wat nou amptelik uit is! Ontdek meer oor die album, die musiek en dalk selfs jou nuwe gunstelingliedjie. Luister saam na die gesprek en vier nuwe Namibiese musiek.
Bio-Strath: Voeding vir elke sel – Jean-Louis gesels met Estie Schreiber 02.09.2026 12:18
Hierdie week gesels Jean-Louis met Estie Schreiber oor Bio-Strath, een van haar mees geliefde produkte. Hulle gesels oor die produk, die unieke samestelling daarvan en waarom dit volgens Estie ’n belangrike deel van ’n mens se gesondheid en welstand kan wees. Bio-Strath is beskikbaar by apteke in stroop- en tabletvorm en is geskik vir die hele gesin. Vir meer inligting besoek www.bio-strath.co.za...
Maak Spore: Desiree Eises oor geloof, groei en moed 01.09.2026 6:25
Vandag op Maak Spore gesels Elmero Strauss met Desiree Eises, ’n rekeninge-konsultant in Windhoek, aspirerende sangeres en ’n vrou wat haar stem gebruik om ander vroue te bemoedig. Hulle gesels oor haar persoonlike reis, die uitdagings en geleenthede wat haar gevorm het, asook die rol van geloof, groei en moed in haar lewe. ’n Eerlike gesprek oor waar sy vandaan kom, waar sy vandag staan en die sp...
Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher - 31 Augustus 2026 01.09.2026 5:15
Elmero Strauss gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.
Francois Hanekom Jnr.: Die jongste Wanderers Ope-kampioen nóg 31.08.2026 5:03
Francois Hanekom Jnr. het geskiedenis gemaak deur die jongste speler nóg te word om die Wanderers Ope-toernooi te wen. Op pad na die titel het hy van Namibië se topspelers geklop, insluitend Kyle Kriel, Le-Hugo van Rooyen en die Namibiese nommer een, Arno Diekmann. Ons gesels met die jong muurbalster oor sy merkwaardige oorwinning, die voorbereiding wat hom tot die titel gelei het en sy ambisies e...
Van vlieënier tot stap- en toergids: Clive Bergh se avontuur deur Namibië 25.08.2026 6:26
Clive Bergh van Let’s Go Hiking Namibia vertel van sy unieke reis van vlieënier tot stap- en toergids. Hy deel sy passie vir die buitelewe, die ongelooflike avonture wat hy saam met stappers beleef en hoe hy Namibiërs help om die land vanuit ’n heel nuwe perspektief te ontdek. Van asemrowende landskappe tot uitdagende roetes – hierdie gesprek neem jou saam op ’n avontuur deur die hart van Namibië...
THRESHHold Real MSM: Die natuur se antwoord op pyn en inflammasie 19.08.2026 7:16
Jean-Louis gesels met Anette Rheeder oor THRESHHold Real MSM en hoe dit kan help met pyn en inflammasie. Hulle bespreek die voordele van THRESHHold Real MSM, wat beskikbaar is in beide tablet- en jelvorm. THRESHHold Real MSM-tablette en -jel is by jou naaste apteek beskikbaar. Vir enige navrae, kontak Sanatural by info@sanatural.co.za.
Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher - 17 Augustus 2026 18.08.2026 2:46
Elmero Strauss gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.
Jean-Louis Gesels met Anette Rheeder oor Bio-Strath en die Fyn Lyn tussen Voeding en Gesondheid 13.08.2026 7:17
Jean-Louis gesels met Anette Rheeder oor Bio-Strath en die belangrike verband tussen voeding en gesondheid. Hulle bespreek die rol van voeding in algemene welstand en vertel meer oor Bio-Strath, wat in vloeistof- en tabletvorm by plaaslike apteke beskikbaar is. Vir meer inligting, e-pos info@sanatural.co.za of besoek www.livingnaturally.co.za.
ThreshHold: Verlig Pyn en Kry Jou Beweging Terug 05.08.2026 12:38
Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor ThreshHold en hoe dié natuurlike tablette en jel mense kan help wat met knie-, nek-, heup- of enkelpyn sukkel. Luister ook na Wietse se inspirerende verhaal en ontdek hoe ThreshHold hom gehelp het om weer met meer gemak te beweeg. ThreshHold is by apteke regoor Namibië beskikbaar.
Gerhard Fourie deel sy reis van gasvryheid na Voice of Namibia 2026 04.08.2026 7:06
Op Maak Spore gesels Elmero Strauss met Gerhard Fourie oor sy inspirerende lewensreis – van die gasvryheidsbedryf tot op die verhoog van Voice of Namibia 2026. Hy vertel meer oor sy passie vir mense, sy liefde vir musiek en die ervarings wat hom gevorm het.
Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher - 3 Augustus 2026 04.08.2026 5:16
Marcel Theron gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.
Waarom raak jou mobiele data so vinnig op? 30.07.2026 7:17
Jean-Louis gesels met John Ekongo, Korporatiewe Sakebestuurder van MTC, oor hoe mobiele datagebruik werk en waarom data soms vinniger opraak as wat gebruikers verwag. Hulle bespreek ook praktiese wenke om jou dataverbruik beter te verstaan en te bestuur, sodat jy die meeste uit jou databundel kan kry.
Ystertekort en aanvullings: Wat jy moet weet oor Bio-Strath Iron 29.07.2026 12:10
Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor ysteraanvullings en waarom dit vir baie mense moeilik is om te absorbeer. Hulle bespreek waarom sekere ysteraanvullings ongemak kan veroorsaak, watter simptome met ystertekort gepaardgaan en hoe Bio-Strath Iron 'n alternatief kan bied. Bio-Strath Iron is sonder voorskrif by apteke beskikbaar. Vir meer inligting besoek www.bio-strath.co.za of stuur 'n e-pos...
Kirstie Strydom oor Ms Face of Hope Namibia 2026 en haar visie vir die toekoms 29.07.2026 7:16
Elmero Strauss gesels met Kirstie Strydom oor haar reis van sosiale media na haar kroning as Ms Face of Hope Namibia 2026. Sy vertel meer oor die uitdagings wat haar gevorm het, wat dié titel vir haar beteken en hoe sy 'n positiewe verskil in Namibië wil maak.
Meatco se Toekoms en Belangrike Ontwikkelings 28.07.2026 10:01
Jean-Louis gesels met Meatco se waarnemende uitvoerende hoof, ambassadeur Albertus Aochamub, oor die maatskappy se komende Jaarlikse Algemene Vergadering (JAV). Hy deel ook insigte oor ander belangrike operasionele sake wat Meatco en sy belanghebbendes raak, en wat dit vir die vleisbedryf en produsente in Namibië beteken.
Diana Viljoen oor vier oorwinnings by die Statebondspele 28.07.2026 6:21
Diana Viljoen sluit aan vir 'n gesprek nadat sy en Amanda Steenkamp reeds vier oorwinnings by die Statebondspele in Glasgow behaal het. Sy vertel meer oor hul indrukwekkende vertoning, hoe hulle die druk van internasionale kompetisie hanteer en wat hierdie sukses vir die span beteken. Luister saam vir 'n inspirerende terugblik op hul prestasie en wat nog voorlê.
Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher - 27 Julie 2026 28.07.2026 4:38
Jean-Louis Knouwds gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.
Jessica Humphrey oor haar rekordbrekende vertoning by die Statebondspele 27.07.2026 4:28
Jessica Humphrey het reeds drie nasionale rekords in net drie dae by die Statebondspele in Glasgow verbeter en skryf steeds geskiedenis vir Namibië. In hierdie eksklusiewe gesprek deel sy meer oor haar indrukwekkende prestasies, haar ervaring om op die internasionale verhoog mee te ding en waarna sy volgende uitsien. Moenie hierdie inspirerende onderhoud misloop nie.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.