Kosmos 94.1
Kosmos 94.1
Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. T...
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.kosmos.com.na
Author
Kosmos 94.1
Category
Podcast website
Latest episode
Oct 21, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
NNN sê sakelui moet Chinese vennote soek 09.07.2026 0:39
President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê Namibiese sakeleiers moet die geleentheid in China gebruik om bankbare projekte te soek wat nywerhede, werkgeleenthede en waardetoevoeging van produkte in Namibië skep. Nandi-Ndaitwah het meer as 200 verteenwoordigers van die Namibiese privaatsektor en staatsbeheerde ondernemings by die Namibië-China Sakeforum in Beijing toegespreek.
Peter Bridgeford oor "Conservation & Tourism: The Early Days" 09.07.2026 7:57
Elmero Strauss gesels met Peter Bridgeford oor sy nuwe boek, Conservation & Tourism: The Early Days. As 'n ervare skrywer op die gebied van bewaring en toerisme deel hy die inspirasie agter die boek, die geskiedenis van hierdie belangrike bedrywe en waarom die lesse uit die verlede steeds vandag relevant is. Luister na 'n insiggewende gesprek oor bewaring, toerisme en die nalatenskap wat dit vir t...
Die 12:00 nuus 09.07.2026 3:43
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die nuus om 11:00 09.07.2026 3:10
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Cosatu het kommer oor weerhouing van fondse aan plaaslike owerhede 09.07.2026 0:20
Die vakverbond Cosatu vra dringende ingryping om die krisis aan te spreek by die land se munisipaliteite met finansiële probleme. Dit volg nadat die Nasionale Tesourie tydelik 13,5 miljard Suid-Afrikaanse rand se befondsing aan 69 munisipaliteite weerhou het weens nienakoming. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê hulle erken die noodsaaklikheid om finansiële dissipline by hierdie munisipaliteite i...
Trump sê Iran wil praat 09.07.2026 0:38
President Donald Trump het op Air Force One met joernaliste gepraat na Woensdagaand se aanvalle wat sy weermag op Iran uitgevoer het. Hy sê Iran het kontak met die VSA gemaak wil blykbaar 'n ooreenkoms bereik.
Die 10:00 nuus 09.07.2026 3:48
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Trump is sat vir Iran 09.07.2026 0:19
President Donald Trump van Amerika dreig met nog aanvalle op Iran en waarsku dat noodsaaklike burgerlike infrastruktuur geteiken kan word. Amerika se Sentrale Bevel het bevestig dat die weermag Dinsdagnag meer as 80 teikens getref het. Dit sluit meer as 60 klein bote van die Islamitiese Rewolusionêre Wagkorps in die Straat van Hormuz in. In reaksie het Iran Amerikaanse militêre terreine in Bahrein...
Parlement se werkstempo is maar traag 09.07.2026 0:37
Volgens die Nasionale Vergadering se jongste ordelys is ses wetsontwerpe tans in die tweede leesfase en word gedebatteer. Dit sluit in die grond-wetsontwerp en die petroleum-wysigingswetsontwerp. Na die tweede leesfases gefinaliseer is, sal die wetsontwerpe na die komitee-fase gaan en dan na die derde leesfase, voordat dit na die Nasionale Raad gaan. Kosmos 94.1 Nuus het met die voormalige Speaker...
Kommer oor herroepte gewigsverlies medisyne 09.07.2026 0:13
Suid-Afrika se gesondheidsreguleerders waarsku die publiek en gesondheidsorgpersoneel om nie herroepte iDEXIS Semaglutide- en Tirzepatide-medisyne te gebruik, voor te skryf of uit te reik nie. Die reguleerders het gewaarsku aptekers en mediese praktisyns wat voortgaan om die herroepte medisyne in voorraad hou, voor te skryf of uit te reik, kan gedissiplineer word. Rodgers Baloyi van die Suid-Afrik...
Kom maak pot met 'n doel! 09.07.2026 0:40
Die jaarlikse liefdadigheidsgeleentheid en kookkompetisie, “Potjies with Purpose”, is terug en hierdie keer word fondse ingesamel vir die Namibiese o.18-meisiehokkiespan. Die geleentheid, wat in samewerking met die Namibiese Hokkie-unie gehou word, samel fondse in vir hul toer na Zimbabwe in Augustus. By die geleentheid op 25 Julie ding die spanne mee in korporatiewe en sosiale kategorieë by Affie...
Die 09:00 nuus 09.07.2026 3:19
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Ten spyte van uitdagings is Lüderitz bedrywig 09.07.2026 0:40
Lüderitz ervaar 'n toename in aktiwiteit namate werk vorder aan verskeie groot ontwikkelings, insluitend die land se vlagskip groenwaterstofprojek, Hyphen Hydrogen Energy, die uitbreiding van die Lüderitz-hawe, en Fase 3 van die Lüderitz Waterfront Development Company-projek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met voormalige burgemeester van Lüderitz en nou landsleier vir die globale logistieke maatskap...
SA se plaaslike regering beleef 'n krisis 09.07.2026 0:15
United Africans Transformation sê die Nasionale Tesourie se besluit om befondsing vir 69 munisipaliteite te bevries, ontbloot 'n toenemende plaaslike regeringskrisis wat veroorsaak word deur finansiële wanbestuur, korrupsie en swak regering. Die party voer aan gemeenskappe dra die las van mislukte basiese dienste en groeiende munisipale skuld. Mighty Mabule van die organisasie vra herstelplanne, l...
Die 08:00 nuus 09.07.2026 3:28
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Bibi sê Turkse regering is radikaal 09.07.2026 0:19
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê hy het president Donald Trump van Amerika gewaarsku om nie F-35 Stealth-vegvliegtuie aan Turkye te verkoop nie. Hy sê dit sal die magsbalans in die Midde-Ooste “vernietig”. Trump het vroeër die week aangedui hy is bereid om ʼn verbod op die vliegtuie se verkope aan Ankara wat hy in sy eerste termyn ingestel het, om te keer. Netanyahu het aan CNN ges...
Motsoaledi sê swakplekke moet aandag kry 09.07.2026 0:21
Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê langdurige swak plekke in die openbare gesondheidstelsel moet dringend aangespreek word. Dit volg nadat die Gesondheidsombud bevind het die dood van ses gesondheidswerkers by mediese instellings in KwaZulu-Natal was nie die gevolg van swak werksomstandighede of afknouery en viktimisasie in die werkplek nie. Die ondersoek het wel aansienlike sistemi...
Karasburg-laerskool soek jou! 09.07.2026 0:37
Karasburg-laerskool vier vanjaar met groot trots 50 jaar van gehalte-onderwys, groei en gemeenskapsbou! Alle oudleerders, voormalige en huidige onderwysers, oudhoofde, ondersteuningspersoneel, beheerliggaamlede en elke persoon wat 'n bydrae gelewer het tot die geskiedenis van Karasburg-laerskool word genooi om saam die besonderse mylpaal te vier. Kosmos 94.1 Nuus het met die skoolraad se voorsitte...
Die hoofnuus om 07:00 09.07.2026 4:03
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Parlement het aanspreeklikheidskrisis 09.07.2026 0:37
Die bestuurskenner Pius Dunaiski het kommer uitgespreek oor wat hy beskryf as 'n groeiende aanspreeklikheidskrisis in die parlement, en gewaarsku dat honderde onbeantwoorde vrae aan ministers die parlement se vermoë om die uitvoerende gesag aanspreeklik te hou, verswak. Met 383 parlementêre vrae wat nog onbeantwoord is, blameer opposisiepartye ministers dat hulle nie vraagsessies gereeld bywoon ni...
Pensioen: Uitbetalings van verhoging kom in fases 09.07.2026 0:40
Vele pensioenarisse het hul frustrasie uitgespreek nadat hulle nie die terugwerkende betaling ontvang het na die 100 Namibiese dollar verhoging in die ouderdomstoelaag nie. Die maatskaplike welsyn-ministerie sê egter dat die betalings in fases uitgerol word, met alle kwalifiserende begunstigdes wat na verwagting teen September hul terugwerkende bedrae sal ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het met die mini...
Die 06:00 nuus 09.07.2026 3:26
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Gedagte vir die dag met Johan Els 9 Julie 2026 09.07.2026 1:12
Luister na vandag se boodskap met Ds. Johan Els
Stad Kaapstad misluk in Khayelitsha 09.07.2026 0:18
Die Khayelitsha-ontwikkelingsforum verwelkom die bevinding van die Openbare Beskermer dat Stad Kaapstad nie voldoende basiese munisipale dienste in dele van Khayelitsha en Langa verskaf nie. Die voorsitter, Mawande Jara, het aan die SABC gesê inwoners sukkel met swak sanitasie, lekkende waterinfrastruktuur en gebrekkige dienste. Hy sê die bevindings ontbloot die werklikheid van gemeenskappe wat mi...
Wêreld hou asem op, kommer oor hervatting van oorlog 09.07.2026 0:31
Amerikaanse president Donald Trump wat Iranse leiers beledig en met meer aanvalle gedreig het, het wyd reaksie uitgelok. Kazem Gharibabadi, Iran se adjunkminister van buitelandse sake, het gesê Trump se opmerkings “is nie 'n teken van krag nie, maar eerder 'n erkenning van die mislukking van 'n beleid wat jare lank op brute geweld, sanksies en dreigemente gebou is, wat nie die Iranse nasie op sy k...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.