Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. T...

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.kosmos.com.na

Author

Kosmos 94.1

Category

Uncategorized

Podcast website

www.kosmos.com.na

Latest episode

Oct 16, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Access Bank sal oorgrenshandel en innovasie hupstoot gee 07.10.2026

Die Bank van Namibië het 'n kommersiële banklisensie aan Access Bank Namibia toegestaan, wat die Nigeriese groep in die land se 200 miljard Namibiese dollar-sektor bring. Ekonoom Omu Kakujaha-Matundu sê Access Bank se teenwoordigheid in 24 lande sal plaaslike innovering bevorder en oorgrens-handel onder die AfCFTA versterk. Hy het met Kosmos 94.1 gepraat:

Windhoek aangewys as agtste-gegradeerde stad in Afrika 07.10.2026

Windhoek is aangewys as die agtste-gegradeerde stad in Afrika en 411ste wêreldwyd, in die 2026 Oxford Economics Global Cities Index. Die munisipaliteit het in die omgewingkategorie 'n telling van 84 gekry, en 'n bestuursgradering van 63.4, wat sy verbintenis tot omgewingsvolhoubaarheid en verantwoordelike stedelike ontwikkeling weerspieël. Die punte vir ekonomie, menslike kapitaal en lewenskwalite...

12:00 Nuus 07.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

LPM vra dat RCC se Nelumbo gearresteer moet word 07.10.2026

LPM-LP Utaara Mootu doen 'n beroep op die onmiddellike inhegtenisneming van die waarnemende uitvoerende hoof van die Roads Contractor Company, Dasius Nelumbu, oor 17 miljoen Namibiese dollar in onafgelewerde brandstof. Mootu het gevra waarom interne oudits nie daarin geslaag het om die transaksie van 30 miljoen Namibiese dollar te stop nie. Sy het ook volle aanspreeklikheid geëis vir die vermiste...

Multi-miljoen-rand Mandrax-laboratorium in Noordwes ontdek 07.10.2026

Die polisie in Noordwes het drie Suid-Afrikaners en ʼn Zimbabwiër in hegtenis geneem na die ontdekking van ʼn multimiljoen-rand Mandrax-vervaardigingslaboratorium op ʼn kleinhoewe by Hartbeespoort-dam. Die polisie het inligting ontvang oor moontlik onwettige aktiwiteite op die perseel. Die provinsiale polisiekommissaris, Arthur Adams, sê toe hulle op die perseel aankom, het Brits se misdaadintelligen...

Binnelandse-ministerie: e-ID-sisteem het streng sekuriteits-kenmerke 07.10.2026

Die binnelandse sake-ministerie sê streng wetlike protokolle en ouditeerbare toegangslogboeke is ingebou in die nuwe elektroniese identiteitstelsel om wydverspreide identiteitsdiefstal te bekamp en dataprivaatheid te verseker. Hoofregistrateur Jackson Wandjiva sê gemagtigde liggame soos wetstoepassing, intelligensie en die Ombudsman kan slegs toegang tot identiteitsdata verkry deur aangewese wetli...

11:00 Nuus 07.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Section27 verwelkom hofuitspraak wat 50 matriekleerders van groepafskryf vryspreek 07.10.2026

Die menseregte-voorstandersgroep Section27 het 'n uitspraak van die Hooggeregshof in Polokwane verwelkom wat 50 voormalige matriekleerders van die Baphutheng Senior Secondary School in Limpopo vrygespreek het van bewerings van eksamen-onreëlmatighede. Die leerders is van groepafskryf beskuldig nadat ooreenkomste gevind is in hul antwoorde vir die 2024-eksamens in Besigheidstudies en Ekonomie. That...

10:00 Nuus 07.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Spoed en oorlaaide voertuie bly kopseer op Windhoek-paaie 07.10.2026

Die oorlaai van voertuie en motoriste wat veels te vinnig bestuur bly van die kopsere op Windhoek se paaie. Kosmos 94.1 se Francois Lottering vertel ons meer van wat tydens vanoggend se skof van Roadwatch gebeur het: 

DA: Vervang Padongelukkefonds om brandstofpryse te verlaag 07.10.2026

Die DA sê brandstofpryse kan verlaag word deur die Padongelukkefonds te vervang en die heffing wat dit finansier, af te skaf. Chris Hunsinger van die party sê die Padongelukkefonds het uitstaande eise van sowat 450-miljard-rand, terwyl sy jaarlikse inkomste slegs 47-miljard-rand beloop. Hunsinger voeg by dat motoriste meer vir brandstof betaal om 'n stelsel te finansier wat besig is om te misluk,...

Otjozongombe-veldbrand deur weerlig veroorsaak 07.10.2026

Die velbrand wat Sondag in die Otjozongombe-gebied ontstaan het is deur weerlig veroorsaak. Dis volgens die senior bosboutegnikus by die ministerie van bosbou in die Kunene-streek, Frans Amunyela. Amunyela het met Nampa gepraat en sê die brand is nog steeds aktief en het reeds groot dele van die veld vernietig:

09:00 Nuus 07.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Saftu vra vir paraffien-noodsubsidie om arm huishoudings te beskerm 07.10.2026

Die vakbondfederasie Saftu sê 'n noodsubsidie vir paraffien is noodsaaklik om arm huishoudings teen die skerp styging in brandstofpryse te beskerm. Die federasie voer aan die verhoging van paraffien-pryse met 3-Namibiese-dollar-58-sent per liter sal verdere druk plaas op gesinne. Asive Dyani van Saftu het die jongste brandstofprysstygings veroordeel en waarsku dit kan die lewens-koste-krisis vir w...

Ongevraagde bemarkings-e-posse kan jou kliënte vervreem 07.10.2026

Ons bly met plaaslike nuus: Die stigter van SMEs Compete, Danny Meyer, waarsku dat plaaslike ondernemings wat ongevraagde strooipos-e-posse vir bemarking gebruik, die risiko loop om kliënte te vervreem, en noem digitale indringing 'n simptoom van swak sakekultuur. Meyer sê dat die verwarring van strooipos met effektiewe bemarking verbruikersweerstand skep en kommersiële vertroue ondermyn. Hy voer...

08:00 Nuus 07.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

VF Plus vra Ramaphosa om plaasmoorde te erken 07.10.2026

Die VF Plus vra president Cyril Ramaphosa om plaasmoorde te erken en te veroordeel nadat die 70-jarige Hannetjie van Zyl gisteraand naby Ottosdal in Noordwes vermoor is. Die party sê Van Zyl is by haar plaashek op die Doornpan-pad aangeval en is op pad hospitaal toe dood weens 'n hou teen die kop. Die VF Plus-leier Corné Mulder sê dit is tyd vir die regering om plaasaanvalle ernstig te begin opnee...

Grensskoonmaakoperasie 'n sukses 07.10.2026

Die hoof van die verdedigingsmag, lugmaarskalk Martin Pinehas, het die voltooiing van 'n gesamentlike grensopruimingsoperasie aangekondig, wat 120 km langs die Namibië-Zambië-grens in die Zambezi-streek skoongemaak het. Pinehas het bevestig dat troepe 'n buffersone van 30 meter langs die grenslyn geskep het, en het personeel geprys vir die oorkoming van digte plantegroei, strawwe weer en wildrisik...

FNB Wanderers reg vir Saterdag se eindstryd teen FNB Kudus 07.10.2026

Die afrigter van FNB Wanderers, Darryl de la Harpe, sê sy span is gereed om Saterdag om 4-uur in die eindstryd van die Namibië-rugbyunie se Premierliga teen FNB Kudus te speel. Die wedstryd vind by die Hage Geingob-stadion in Windhoek plaas. Die verdedigende kampioene, Kudus, het Montego United in hul semifinaal met 55-38 geklop, terwyl Wanderers in die half-eindstryd met 60-27 teen FNB Grootfonte...

SA dieselpryse styg tot byna N$32 per liter 07.10.2026

Met brandstof-pryse wat vanoggend beide hier en in die buurland gestyg het, betaal Suid-Afrikaners van vandag af byna 32-Namibiese dollar vir 'n liter diesel. Dit, terwyl ongeveer 'n derde van die wêreldwye uitvoeraanbod geraak word deur die sameloop van twee oorloë en die geostrategiese stryd daaromheen. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom Dawie Klopper gesels, wat sê dat die impak oral gevoel w...

Miljarde N$ vloei na buiteland vir gespesialiseerde olie- en gassektordienste 07.10.2026

Miljarde Namibiese dollar vloei tans na die buiteland vir gespesialiseerde dienste in die olie- en gassektor. Die Bank van Namibië sê dat die land in die tweede kwartaal vanjaar 'n netto uitvloei van 4,8 miljard Namibiese dollar vir dienste aangeteken het, 'n 51,1 persent styging in 'n jaar, deels weens olie- en gaseksplorasie op see. Isabel von Oelhafen, bestuurder vir sakeontwikkeling by Namibia...

SA brandstofpryse skiet ook op 07.10.2026

In Suid Afrika het brandstof-pryse ook vandag duurder geword, met die Suid-Afrikaanse Vereniging van Petroleumkleinhandelaars wat waarsku die prysstygings gaan verdere druk op huishoudings en besighede plaas. Die prys van petrol het met meer as drie-Namibiese dollar per liter gestyg, terwyl die pryse van diesel en paraffien ook skerp toegeneem het. Vishal Premlall van SAPRA sê die hoër koste sal v...

06:00 Nuus 07.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Woensdag, 7 Oktober 2026 07.10.2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Diamante is lankal nie meer die uitblinker in die Namibiese ekonomie nie. Eerste minister Elijah Ngurare sê die regering doen alles in sy vermoë om die sektor te red. En die konstruksiebedryf is in hul noppies oor 'n hofuitspraak wat 'n stokkie voor die samesmelting van sementreuse steek. KosmosKapitaal gesels met uitvoerende hoof van die Federasie vir die Konstru...

Gedagte vir die dag met Johan Els 7 Oktober 2026 07.10.2026

Luister na vandag se boodskap met Ds. Johan Els

Listen to the Kosmos 94.1 podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.