Kosmos 94.1
Kosmos 94.1
Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. T...
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.kosmos.com.na
Author
Kosmos 94.1
Category
Podcast website
Latest episode
Oct 15, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Regering moet spoed optel met vleisuitvoer-diversifikasie 09.10.2026 0:40
Die parlement gaan die regering uitvra oor pogings om Namibië se vleisuitvoermarkte te diversifiseer, met die LPM-parlementslid Utaara Mootu wat inligting wil bekom oor 'n voorgestelde handelsooreenkoms met Angola vir 10 000 ton beeste, beesvleis en beesvleisprodukte. Mootu sê die diversifisering van markte kan help om boere te beskerm teen ontwrigtings soos die huidige uitbreking van bek-en-klous...
Namibia Air se tyd om vlerke te sprei raak min! 09.10.2026 0:38
Namibia Air het minder as twee maande om vliegtuie te bekom en die nodige sertifisering te voltooi om sy beloofde bekendstelling in Desember te haal. Lugvaartdeskundige dr. Guy Leitch sê dit is moontlik, maar daar is 'n groot struikelblok. Hy sê die Namibiese Burgerlugvaartowerheid sal vinnig moet optree om die lugredery se lugvervoerdersertifikaat uit te reik, 'n proses wat in Suid-Afrika veel la...
12:00 Nuus 09.10.2026 4:20
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Blou Bulle pak Leeus Saterdag op Loftus 09.10.2026 0:22
Die Vodacom Blue Bulls maak gereed om die Leeus Saterdag in 'n Verenigde Rugbykampioenskap-derbywedstryd by Loftus Versfeld-stadion in Pretoria te ontvang. Die afskop is vir 13:30 geskeduleer wanneer ronde 3 van die kompetisie in Pretoria begin. Die president van die Blou Bulle-rugby-unie, Willem Strauss, gee ons meer:
RPO: Ondanks BKS-uitbreking bly SA vleispryse bestendig 09.10.2026 0:42
Die Nasionale Rooivleisprodusente-organisasie van Suid Afrika sê dat vleispryse in die buurland, ondanks die bek-en-klouseer-uitbreking in Namibië, redelik bestendig bly. Daar is egter 'n merkbare styging in speenkalwerpryse bespeur ná die uitbreking op 22 September bevestig is. Frikkie Maree, uitvoerende beampte van die RPO, sê die prys van 94 Namibiese dollar per kilogram vir speenkalwers in daa...
Sankwasa vra munisipaliteite om behuising te bespoedig 09.10.2026 0:33
Stedelike en landelike ontwikkeling-minister James Sankwasa versoek plaaslike owerhede om burokratiese vertragings uit te skakel en die lewering van behuising te bespoedig. In 'n toespraak gelewer deur adjunkminister Evelyn Nawases-Taeyele by die bekendstelling van die PAM Tree Development in Kuisebmond, het Sankwasa munisipaliteite aangespoor om met private ontwikkelaars saam te werk om agterstan...
11:00 Nuus 09.10.2026 3:41
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
10:00 Nuus 09.10.2026 3:53
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Kandorozu bekommerd oor koste van hout- en houtskool-oeslisensies 09.10.2026 0:31
NUDO-LP, Vetaruhe Kandorozu, sê hy is bekommerd oor die koste van die oes van hout en houtskool in veral die Omaheke- en Otjozondjupa-streke. Hy sê sommige inwoners in dié streke betaal tans tussen 70 en 400-Namibiese dollar per permit om een ton hout of houtskool te kan by-mekaar-maak. Kandorozu sé die hoë permit-kostes maak dit nog moeiliker vir mense om kos vir hul families op die tafel te sit:...
09:00 Nuus 09.10.2026 4:07
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Umalusi gereed vir 2026-matriek-eindeksamen 09.10.2026 0:19
Die raad vir onderwys-gehalteversekering, Umalusi, sê Suid-Afrika is grootliks gereed vir volgende week se begin van die matriek-eindeksamen. Uitvoerende hoof Mafu Rakometsi sê 964-duisend-201 kandidate is geregistreer, met die Nasionale Senior Sertifikaat wat 92-persent verteenwoordig. Die eksamen sal in sewe-duisend-en-57 sentrums afgelê word. Rakometsi sê veilige stelsels is ingestel vir die dr...
Namibiese jeug moet voordeel trek uit ruimte-ekonomie 09.10.2026 0:25
Ter viering van Wêreldruimteweek 2026 sê die adjunk-uitvoerende direkteur van onderwys, Lisho Mundia, dat Namibië se ruimtesektor groot werks- en innovasiegeleenthede vir die jeug bied. Hy het die behoefte beklemtoon om plaaslike kapasiteit te bou sodat jongmense, veral in landelike gebiede, voordeel kan trek uit die ruimte-ekonomie. Ruimteweek word jaarliks van 4 tot 10 Oktober herdenk. Die tema...
08:00 Nuus 09.10.2026 4:39
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Vakbond Giwusa vra beskerming teen afleggings en werkverliese 09.10.2026 0:17
Die Suid Afrikaanse vakbond, Giwusa, sê die buurland se vervaardiging-sektor ondervind 'n ernstige af-name... nadat produksie in Augustus met 4,3-persent gedaal het. Die vakbond dring aan op 'n ingrypende verandering in ekonomiese beleid, insluitend groter openbare belegging in vervaardiging en maatreëls om werkers teen afleggings en werkverliese te beskerm. Die president van Giwusa, Mametlwe Sebe...
Ngurare: Soldate is nie forseer om tot Kubaanse Solidariteitsfonds by te dra nie 09.10.2026 0:30
Eersteminister, Elijah Ngurare, sê berigte dat die regering soldate aangesê het om by te dra tot die Kubaanse Solidariteitsfonds is nie waar nie. Hy het reageer op ‘n vraag in die Parlement deur IPC-LP Isra Kanyemba of soldate wel opdrag gegee is om tot die fonds by te dra. Ngurare sê niemand is of word moet gedwing word om Kuba te ondersteun nie. Hy het bygevoeg dat Namibiërs – of hulle vir die s...
EU-ambassadeur vra seuns moet aandag kry om GBV te voorkom 09.10.2026 0:40
Die Europese Unie se ambassadeur na Namibië, Ana Beatriz Martins, vra dat daar dringeng in die land se seuns belê moet word om geslags-gebaseerde geweld te help bekamp. Sy wys daarop dat 92 persent van die jeugdiges wat met die gereg bots, seuns is. Martins het tydens 'n geleentheid vir seuns en mans 'n beroep gedoen op manlike leiers om seuns te lei na 'n manlikheid wat op verantwoordelikheid eer...
Zaamwani sê sy is bewus van water-uitdagings in Rehoboth 09.10.2026 0:30
Landbouminister Inge Zaamwani sê sy is bewus van die uitdagings wat Rehoboth-inwoners met hul watergehalte ervaar. Sy het Donderdag op ‘n vraag van Swapo-LP Sharonice Busch bevestig dat NamWater met die Rehoboth-dorpsraad werk om so gou moontlik aan inwoners se klagtes aandag te gee en om die watergehalteprobleem dringend op te los.
07:00 Hoofnuus 09.10.2026 4:01
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Ballotti sê Sam Nujoma-stadion binnekort oop vir sokker-wedstryde 09.10.2026 0:26
Adjunkminister van jeug en sport, Dino Ballotti sê die regering is ten volle bewus van die stadige pas waarteen sport-fasiliteite en infrastruktuur landwyd ontwikkel word. Hy sê befondsing is reeds toegewys vir 121 basiese sport-infrastruktuur-projekte regoor die land en het benadruk dat daar eers behoorlike studies gedoen moet word... voor fasiliteite opgerig word... om te verseker dat geriewe be...
BIG-koalisie kritiseer opskorting van toelaag-aansoeke 09.10.2026 0:40
Die Basiese Inkomstetoelaag-koalisie het die opskorting van nuwe registrasies vir die voorwaardelike basiese inkomste-toelaag gekritiseer en sê die stap kom op 'n tydstip wanneer kwesbare huishoudings steeds armoede, werkloosheid en honger in die gesig staar. Die welsynsministerie het gesê dat die maandelikse toelaag van 600 Namibiese dollar altesaam 27 132 begunstigdes bereik het, maar nuwe aanso...
WGO ondersoek 'n tweede moontlike geval van long-pes in Rusland 09.10.2026 0:21
Die Wêreldgesondheidsorganisasie probeer berigte bevestig oor ʼn tweede moontlike geval van long-pes in die suidoostelike Russiese streek Siberië. ʼn Vroue-laboratoriumwerker in diens van die Navorsingsinstituut vir Plaagbestryding in Siberië en die Verre Ooste in Irkoetsk het verlede week siek geword en gesterf aan longontsteking van onbekende oorsprong. Die WGO se direkteur-generaal, Tedros Ghebre...
Vrydag, 9 Oktober 2026 09.10.2026 3:23
In jou finansiële nuus vanoggend: Hoe beïnvloed die moderne werksomgewing jou sielkundige welstand? KosmosKapitaal gesels met gesondheidsekonoom, prof. Frikkie Booysen van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), 'n boorling van Namibië, in die aanloop tot Wêreldgeestesgesondheidsdag môre. En: Die Federasie vir die Konstruksiebedryf in Namibië sê dis verregaande dat hulle by die regering moe...
El Niño bring droë en baie warm Kersseisoen 09.10.2026 0:38
Met 'n moontlike nat en koeler naweek wat voorspel word, waarsku weerkenners dat Namibiërs nie te gerus moet raak en dink dit gaan 'n koel en nat Desember en Januarie wees nie. Professor in weerkunde aan die Universiteit van Pretoria, professor Willem Landman, sê 'n baie sterk El Niño het reeds posgevat in Namibië en die res van Suider-Afrika, met dag-temperature wat oor die volgende paar weke gaa...
06:00 Nuus 09.10.2026 4:08
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Gedagte vir die dag met Johan Els 9 Oktober 2026 09.10.2026 2:48
Luister na vandag se boodskap met Ds. Johan Els
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.