Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

God se Woord VARS vir jou Vandag

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: christianityworks.co.za

Author

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Category

Religion

Podcast website

christianityworks.co.za

Latest episode

Oct 1, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Moenie die Struikelblok Wees Nie 12.01.2024

Send us Fan Mail Lukas 17:1-3a Jesus het vir sy dissipels gesê: “Dit is onvermydelik dat daar dinge kom wat mense laat struikel. Maar ellende wag vir die mens wat die oorsaak daarvan is. So 'n mens kan eerder met 'n groot klip aan die nek in die see gegooi word as dat hy vir een van hierdie kleintjies 'n struikelblok word. Wees dus self op julle hoede. Een van ons ou vriend, die dui...

Struikelblokke Kom Verseker 11.01.2024

Send us Fan Mail Lukas 17:1 Jesus het vir sy dissipels gesê: “Dit is onvermydelik dat daar dinge kom wat mense laat struikel. Maar ellende wag vir die mens wat die oorsaak daarvan is. Versoeking is nie 'n onderwerp waaroor ons graag praat nie, want in die geheim is ons bang dat dit net ons is wat dit ervaar. Hoekom het ek hierdie slegte gedagtes? Hoekom ervaar ek hierdie verkeerde begeertes ?...

Rig julle Gedagtes op God 10.01.2024

Send us Fan Mail Matteus 16:21-23 Van toe af het Jesus dit vir sy dissipels duidelik begin stel dat Hy Jerusalem toe moet gaan en baie moet ly onder die familiehoofde, die priesterhoofde en die skrifgeleerdes, en dat Hy doodgemaak moet word, en die derde dag uit die dood opgewek moet word. Petrus het Hom toe opsy geneem en Hom begin berispe: “Mag God dit verhoed, Here! Dit sal beslis nie met U geb...

Laat Jesus jou Transformeer 09.01.2024

Send us Fan Mail Efesiërs 4:32 Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.  Ek weet nie van jou nie, maar ek vind dit moeilik om my eie diepgewortelde slegte gewoontes te verander. Trouens, as ons eerlik met onsself gaan wees, is dit byna onmoontlik. Dit laat ons voor 'n probleem te staan kom; want God se Woord is vol opdragte om &a...

Kyk Op En Sien 08.01.2024

Send us Fan Mail Filippense 3:20 Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag.  Sê my, wat is die dinge wat jy werklik geniet om te doen? Jou stokperdjies, jou tydverdrywe, die dinge wat jou vreugde verskaf? Dit is lekker om net aan hulle te dink, maar in watter mate het hulle slagysters geword? Wel, dit klink nou ‘n bietjie negatief, of hoe? H...

Fokus op die Einde 07.01.2024

Send us Fan Mail Filippense 1:6 Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.  Wel, die eerste week van die jaar is amper verby. Sê my, wat is jou plan vir die tweede, die derde, die vierde week? En nog belangriker, wat dink jy is God se plan vir jou lewe? Dis nou 'n interessante...

Kies die Eerbare Weg 06.01.2024

Send us Fan Mail Filippense 3:18-20 Ek het dikwels vir julle gesê en tot my verdriet moet ek dit nou herhaal: Daar is baie wat as vyande van die kruis van Christus lewe. Die verderf is hulle einde; die maag is hulle god; hulle skande is hulle trots; hulle is aardsgesind. Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag.  Daar is deesdae baie dinge...

Vertrou Volkome op die Here 05.01.2024

Send us Fan Mail Spreuke 3:5,6 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.  Het jy al opgelet dat wanneer jou motor ‘n slaggat tref, of jy op ‘n onverwagte skerp draai afkom, dit jou so ontwrig dat jy 'n bietjie verskrik en bewerig voel? Sê my, begin jou geloof ook soms skielik onseker en wankelrig...

Laat God Die Beplanning Doen 04.01.2024

Send us Fan Mail Spreuke 16:3 Alles wat jy doen, moet jy opdra aan die Here, dan sal jou planne slaag. (NLV)  Ons dink graag hierdie tyd van die jaar oor ons verwagtings, drome en planne vir die jaar wat voorlê. Miskien sal dinge hierdie jaar anders wees; miskien sal dinge verbeter en miskien daag die Here uiteindelik op! Dit is die natuurlikste ding in die wêreld, om gedurende die eerste paar dae...

Vertroue in Onseker Tye 03.01.2024

Send us Fan Mail Prediker 7:14 Wees bly op die dag van voorspoed, en as daar 'n dag van teëspoed kom, sien dit so: soos die een het God ook die ander gegee, sodat die mens nie sal weet wat vir hom voorlê nie.  Eksterne faktore sal sonder twyfel 'n impak hê op hoe ons oor die lewe voel. Ja, hierdie faktore beïnvloed ons in alle situasies waarin ons onsself ook al op die oomblik bevind, en...

Omhels die Nuwe Jaar 02.01.2024

Send us Fan Mail Jakobus 4:13-15 Kom nou, julle wat sê: “Vandag of môre sal ons na dié en dié stad toe gaan en 'n jaar lank daar bly; ons sal sake doen en geld maak.” Julle wat nie eers weet hoe julle lewe môre sal wees nie! Julle is maar 'n damp wat 'n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn. Julle moet eerder sê: “As die Here wil, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen.  Nouja, wa...

Jy Kan Daardie Bergpiek Bereik 01.01.2024

Send us Fan Mail Kolossense 3:23, 24 Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, omdat julle weet dat julle van die Here as beloning sal kry wat Hy belowe het. Christus is die Here in wie se diens julle staan.  Wanneer laas was jy gekonfronteer deur 'n berg wat so hoog is, dat dit onmoontlik gelyk het om uit te klim? Onthou jy hoe uitdagend dit gevoel het...

Dis Verby 31.12.2023

Send us Fan Mail Jesaja 43:18,19 Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.  Hier is ons, op die 31ste Desember, Oujaarsdag, die laaste dag van hierdie jaar. Sodra die oorlosie twaalfuur slaan...

Volwasse Denke 30.12.2023

Send us Fan Mail Filippense 3:14-16 Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God deur Christus Jesus aan my gee. Almal van ons wat geestelik volwasse is, behoort hierdie doel te hê. As daar enigiets is waaroor julle anders dink, sal God ook dít vir julle duidelik maak. Nietemin, laat ons aanhou loop op die pad waarmee ons tot hiertoe gekom het.  Het jy al opgelet dat hoe meer jy jouself inspan...

Daar’s ‘n Wedloop Wat Voorlê 29.12.2023

Send us Fan Mail Filippense 3:14 Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.  Nouja, terwyl jy gereed maak om die nuwe jaar aan te durf, mag ek jou vra, waar is die wenpaal vir jou? Wanneer sal jou wedloop verby wees? Miskien dink jy dis 'n bietjie vreemd vir ons om oo...

Kry Verwyte Agter die Rug 28.12.2023

Send us Fan Mail Filippense 3:12,13 Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het. Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is.  Die meeste van ons besin sekerlik nou oor die jaar wat pas verby...

En So Gaan Die Lewe Op die Ou Trant Voort 27.12.2023

Send us Fan Mail Lukas 2:40 Die Kindjie het gegroei en sterk geword, en Hy was vol wysheid, en die genade van God was op Hom.  Binnekort sal Kersfees vergete wees, daardie sterretjies en rendiere op die kalender sal vervaag. Ons sal maar net almal aangaan met die lewe. Maar wat dan? Nege-en-negentig persent van die lewe – joune en myne – gaan oor ‘vasbyt en voortbeur.’ Vir die meeste van ons is di...

‘n Lewe Namens Jou 26.12.2023

Send us Fan Mail Lukas 2:8,9 Daar was skaapwagters in daardie omgewing wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het. Meteens staan daar 'n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn. Hulle het baie groot geskrik.  Dwarsdeur die wêreld; in stede, dorpe, nedersettings, geïsoleerde landelike gebiede, selfs in verlate plekke, gaan...

Geen Geleentheid vir ‘n Redder Nie 25.12.2023

Send us Fan Mail Lukas 2:7 Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.  Hier is ons... alweer. Nog 'n Kersdag in 'n lang string van Kersdae. Hoe voel jy oor hierdie dag? Wat gaan jy daarmee maak? Die storie van Kersfees is 'n bekende een. Maria, deur die Heilige Gees b...

Lank, Lank Gelede … 24.12.2023

Send us Fan Mail Lukas 2:5,6 Maria, sy verloofde, wat swanger was, het saamgegaan om ingeskryf te word. Terwyl hulle daar was, het die tyd gekom dat haar kind gebore moes word.  Tweeduisend jaar gelede het Maria en Josef na Betlehem gegaan en die baba Jesus, is in 'n krip; in ‘n stal, gebore. Dit klink amper soos 'n sprokie. En weet jy wat ek dink? Ek dink dit is presies hoe die duiwel w...

Hierdie Mal Plan 23.12.2023

Send us Fan Mail Lukas 1:29-35 Verward en ontsteld het Maria gewonder wat die engel se begroeting kon beteken. “Moenie bang wees nie, Maria,” het die engel gesê, “want God het besluit om jou te seën! Jy sal swanger word en ’n seun hê en jy moet Hom Jesus noem. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. En die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee. Hy sal vir ew...

Het Ek Regtig Redding Nodig? 22.12.2023

Send us Fan Mail 2 Timoteus 1:10 En nou het Hy dit alles aan ons duidelik gemaak deur die koms van Christus Jesus, ons Verlosser, wat die mag van die dood verbreek het en aan ons, deur die Goeie Nuus, die weg gewys het na die onverganklike lewe. (NLV) Oor 'n paar dae sal ons Kersfees, die koms van ons Verlosser na hierdie wêreld, vier. Maar dit laat die vraag ontstaan, 'n vraag wat baie...

Dis Nie Wat Ek Wou Hoor Nie! 21.12.2023

Send us Fan Mail Matteus 21:33-39 “Luister na nog 'n gelykenis,” het Jesus gesê. “Daar was 'n grondbesitter wat 'n wingerd geplant en 'n klipmuur daar rondom gebou het. Hy het daarin ook 'n parskuip uitgekap en 'n wagtoring opgerig. Toe het hy dit aan boere verhuur en op reis gegaan. Toe dit tyd geword het vir die druiweoes, het hy van sy slawe na die boere toe gestuu...

Groot Verwagtings 20.12.2023

Send us Fan Mail Johannes 6:14,15 Toe die mense die wonderteken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: “Hy is werklik die Profeet, die Een wat na die wêreld toe moes kom.” Toe Jesus merk dat hulle Hom met geweld wil kom koning maak, het Hy verder die berg op gegaan, Hy alleen.  Nouja, hoe relevant is daardie gebeure van tweeduisend jaar gelede vir ons hier in die 21ste eeu? Wat de drommel het...

Die Belofte van Kersfees 19.12.2023

Send us Fan Mail 2 Samuel 7:12-16 Wanneer jy te sterwe kom en jy by jou voorvaders rus, sal Ek een van jou nageslag, jou eie seun, koning maak en aan hom 'n bestendige koningskap gee. Hy sal vir my Naam 'n huis bou, en Ek sal sy koningskap vir altyd laat voortbestaan. Ek sal vir hom 'n vader wees en hy sal vir My 'n seun wees. As hy ontrou is, sal Ek mense gebruik om hom te str...

Listen to the God se Woord VARS vir jou Vandag podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.