Cape Pulpit / Kaapse Kansel

GET UP & GO BREAKFAST - FAMILIE, VADERS & SEUNS MET JANNIE PUTTER

Religion AF ↓ 100 episodes

Sluit aan by Jannie Putter, geestelike afrigter, skrywer en motiverende spreker, elke Maandag om 8:15 AM op Radio Cape Pulpit 729 AM vir jou weeklikse dosis inspirasie en motivering. In Get Up & Go Breakfast deel Jannie praktiese advies oor hoe om 'n positiewe gesindheid te kweek, sterk familiebande te bou, en 'n lewe vol avontuur te leef. Met 'n spesiale fokus op die vader-seun verhoudings, gedagtes, houdings en die nakoming van jou drome, sal hierdie program jou help om jou week met doelgerigtheid, energie en 'n hernuwe gevoel van moontlikhede te begin. Of jy nou 'n pa, 'n seun, of iemand is...

Author

Cape Pulpit / Kaapse Kansel

Category

Religion

Podcast website

capepulpit.co.za

Latest episode

Jun 29, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Jannie Putter - Sukses Kom Met Moeite 01.07.2024

As jy nie saad in die grond sit nie, kan jy nie 'n oes verwag nie. Mense wil maklik geld maak, maar daar is nie waarde daarin as daar nie ook moeite ingesit word nie.

Jannie Putter - Kies 'n Positiewe Uitkyk 24.06.2024

Begin jou dag met 'n gesprek oor wat goes werk in jou lewe in plaas van die negatiewe gesprekke wat die mederheid sal kies om op te fokus. Kyk liewers na die dinge wat jou opgewonde maak.

Jannie Putter - Sien die Seisoene Raak 17.06.2024

In ons lewens is daar seisoene van verandering. Moet nie daarteen veg nie, maar vra die Here wat jy in die seisoen moet doen en moet leer.

Jannie Putter - Vrees is ons Grootste Vyand 10.06.2024

Vrees staan 100% teen geloof. Die wêreld se stem deel vrees, so moet nie daardie beker van gif drink nie! Laat die dinge van die Gees jou vul en die vrees uitdreef.

Jannie Putter - Dra Jy 'n Label? 03.06.2024

As jy 'n "label" om iemand se nek hang, deur wat jy sê, kan dit groot probleme veroorsaak. Jannie deel wat die negatiewe impak van "labels" kan wees...

Jannie Putter - Is Jy Vol Vrees Voor die Verkiesing? 27.05.2024

Leer ons onself of ons kinders om dinge te vrees? Kom ons bid en seën mekaar sodat ons uit liefde kan leef en nie vrees nie, en 'n verskill kan maak in ons land

Jannie Putter - Die Bitter Smaak van Teleurstelling 20.05.2024

Jy moet jou woorde te stand doen, en jou 'ja' moet jou 'ja' wees. Maar ander mense gaan jou weer teleurstel - hoe gaan jy dit hanteer?

Jannie Putter - Staan Teen 'n Verdeelde Familie 13.05.2024

As die vyand verdeeldheid kan bring, is daar nie synergie en spanwerk nie. Maar hoe gee 'n gesin die duiwel 'n plek?

Jannie Putter - Moet Nie 'n Slagoffer van die Lewe Word Nie 06.05.2024

Moet nie 'n slagoffer van die lewe word nie/ Probeer om die mooi uit mense te haal. Wat kan ons vandag doen om ander mense se lewens beter te maak? Dit maak ons kampioene.

Jannie Putter - Onregverdigheid 29.04.2024

Dit gebeur dat jy goed doen, en die regte dinge doen, en dan word jy nog steeds onregverdig behandel. Maar, jy moet nie teen die wereld se sisteme probeer rebelleer nie. Jy moet of uitklim, of dinge anders hanteer.

Jannie Putter - Wees Versigtig Vir 'n Dwaas 22.04.2024

Dis nie wys om teenoor 'n dwaas te reageer nie. Dit sal net jou vreugde en vrede steel.

Jannie Putter - Die Stem in Jou Kop 15.04.2024

Hoe reageer jy teenoor die Stem van Die Heilige Gees? Hy wil jou lei en ons moet die dissipline hê om Sy stem duidelik te kan hoor en te doen wat Hy sê. Ons geloof het aksie en gehoorsaamheid nodig.

Jannie Putter - Hoop 01.04.2024

Voel jy asof jy hoop verloor? Waar kan jy dan hoop kry? Dis nou tyd om bemoediging to kry en dit ook met ander te deel.

Jannie Putter - Moet Nie Hoop Verloor Nie 25.03.2024

Het jy nog hoop in jou lewe? Dis nou die tyd om nie hoop te verloor nie. Spreek jou hoop uit! Jannie deel praktiese advies uit om hoop lewendig to hou.

Jannie Putter - Vra vrae in die Positief 18.03.2024

Uitdagings maak jou sterker en groei jou hoop. Ons gedagtes loop meestal in die negatief, so hoe kan ons positiviteit in ons lewens in praat?

Jannie Putter - Hou 'n Vriendskapsgesprek 11.03.2024

Wanneer laas het jy 'n vriendskap gesprek met iemand gehad? Wees net 'n vriend vir iemand - luister, praat en geniet mekaar en stap so met iemand 'n spesiale pad.

Jannie Putter - Laat Dit Gaan 04.03.2024

In jou lewe hou jy styf vas aan ervarings of mense van die verlede. Dit kan bitterheid veroorsaak en ons moet leer om dinge te laat gaan.

Jannie Putter - Moenie Slaap Nie 26.02.2024

As n' ding te goed is om waar te wees, is dit 'n leun. Die duiwel wil jou in 'n strik vang...wees waaksaam.

Jannie Putter - Hoekom wil God dit nie vir my gee nie? 12.02.2024

Ons vra dinge van God, en ons wil nie wag nie. Ons kry nie ons sin nie en dan kla ons by God. Wat dan, moet ons nog leer?

Jannie Putter - Wat is Waardevol in Jou Lewe? 05.02.2024

"Excellence is available to us all, but chosen by a few." Hoekom wil so min van ons uitnemend lewe? Kom ons maak moeite in ons lewens. Kom ons besluit om uitnemend te lewe!

Jannie Putter - Is die Gras Groener Aan die Ander Kant? 29.01.2024

Ons twyfel oor waar ons is, as ons na ander mense se lewens kyk. Ons dink ander se lewens is beter as ons s'n, maar is dit ooit waar? As ons aanhou skyf na 'beter dinge, sny ons ons wortels af an ons kan nie rugtre dra nie.

Jannie Putter - Is Ek Goed Genoeg? 22.01.2024

god het nie met jou 'n fout gemaak nie. Jy is spesiaal en uniek. God het jou 'genoeg' gemaak, so sit jou vertroue in Hom.

Jannie Putter - Kies Goeie Vriende 15.01.2024

Jy doen en praat en begin dink soos die mense waarmee jy die meeste tyd spandeer. Kies jou vriende met wysheid.

Jannie Putter - Leef Jou Drome 08.01.2024

Is jy bang vir jou drome? Gaan skryf jou drome neer, en deel hulle met iemand, dat hulle jou verantwoordelik kan hou sodat jy jou drome kan begin leef.

Jannie Putter - Waaroor is Jy Trots in 2023? 11.12.2023

Het jy 'n 'teiken' gehad om raak te skiet in 2023 - Daardie doelwitte in die jaar om na te mik? Hoe anders sal jy weet of jy 'n goeie of slegte jaar gehad het? "If you don't know where you're going, any road will get you there!"

Listen to the GET UP & GO BREAKFAST - FAMILIE, VADERS & SEUNS MET JANNIE PUTTER podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.