RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Die lewer gee rigting 29.05.2026 1:33
Navorsing wys dat duiwe se lewer hulle mag help met rigting, veral op bewolkte dae.
Hoe verhuis ek my plante? 28.05.2026 7:07
Nostalgie word soms vasgevang in ‘n plant of boom. Wanneer jy trek of verhuis, troos ‘n bekende stukkie groen jou dalk in die nuwe omgewing, maar soms kan dit glad nie daar aard nie, en gaan dit dood. Teen die agtergrond van onder andere semigrasie het Johan Rademan met Suzanne Papenfus, ‘n landskappeerder van Vergenoegd-Löw Wynlandgoed langs die Eersterivier, gesels.
Jonk: Peptiedes 28.05.2026 11:44
Dr. Ria Smit praat oor peptiedes, wat deesdae ‘n gonswoord in die skoonheidsbedryf is. Sy verduidelik wat dit is, en hoe dit gebruik word.
$40 miljoen se goud by die huis! 28.05.2026 1:30
Die FBI het by David Rush, tot onlangs ‘n senior lid van die CIA, se huis op 303 stawe goud ter waarde van $40 miljoen afgekom ná ‘n ondersoek.
Zalene se nuuslewe 27.05.2026 9:54
Jy hoor haar stem gereeld in die nuus op radio en TV. Haidee Muller-Isaacs gesels met Zalene Merrington oor hoe sy in die nuuswêreld beland het, en haar komvandaan, De Aar in die Groot Karoo.
Belville se herwinning-terugkoopwinkel is model vir die wêreld 27.05.2026 6:34
Nadia Hearn vertel van The Greater Tygerberg Partnership se terugkoopwinkel, wat plaaslike en internasionale erkenning ontvang het as ‘n nuwe manier om werkloosheid aan te pak.
Watergeskil draai in hof 27.05.2026 1:58
Die hoogeregshof in Italië het bepaal dat die land se wette en regulasies nié bepaal dat ‘n restaurant kraanwater hoef te verskaf nie. Dit volg nadat ‘n toeris gekla het toe vyfster hotel slegs peperduur gebottelde water aangebied het, geen kraanwater nie.
Êrens oorsee: Eastbourne, Engeland 26.05.2026 9:20
Lolene Venter vertel vir Martelize Brink van die lewe in Eastbourne in Engeland. Dis in Oos-Sussex, wat ook bekendstaan as die Sonskynkus.
Nooitgedacht afgesny van die wêreld 26.05.2026 13:53
Pierre Strydom vertel vir Martelize Brink van Nooitgedacht in die Kougaberge, wat al drie weke lanl afgesny is van die buitewêreld. Hy vertel hoe mense hande vat om die gemeenskap deur te dra.
'n Rekord wat nie tel nie 26.05.2026 2:07
Die Enhanced Games het die afgelope naweek plaasgevind, waar atlete onder andere testosteroon, groeihormone, peptiede en anaboliese steroïede mag gebruik, wat andersins verbode is. Die resultate was toe nie wat verwag is nie.
Kyk só na jou konyne 25.05.2026 7:28
Veearts dr. Kaylin du Plessis praat oor die versorging van konyne, en die wanopvattings oor hulle voeding.
In die wêreld van landbou 25 Mei 2026 25.05.2026 5:09
In hierdie week se landbounuus kyk ons wildboere wat ‘n saak teen Gauteng se Departement van Sosiale Ontwikkeling, Landbou, Landelike Ontwikkeling en Omgewingsake, wen; die pluimveegroep, Astral, maak sy finansiële resultate bekend; die bek-en-klouseer-siektebeheergebied in KwaZulu-Natal word geskrap; en Suid-Afrika se koringinvoertarief spring na nul rand per ton.
Kaffeïnsensitiwiteit verander verbruikerspatrone 25.05.2026 5:47
Adele du Toit gesels van die SA Rooibosraad praat oor kaffeïnsensitiwiteit, en hoe verbruikerspatrone skuif na alternatiewe daarsonder.
Hele polisiemag afgedank, weer aangestel 25.05.2026 1:27
Die burgemeester van Cohutta in Georgia in die VSA het dorp se hele polisiemag afgedank weens aanmerkings wat hulle oor sy vrou op sosiale media gemaak het.
Beryl Botman vier die lewe 22.05.2026 7:38
Beryl Botman se lewe het tot stilstand geruk toe sy op 53 'n weduwee geword het. Maar nou, op 65, vier sy die lewe met allerhande klein dingetjies wat haar siel voed. Sy het selfs besef hoe lekker lyndans is. En ja, sy is die jongste in daardie lyndansgroepie, vertel sy vir Haidee Muller-Isaacs.
360 Speseryroete: Suiker en suikerriet 22.05.2026 8:39
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor suiker en suikerriet, en hoe dit die wêreld gevorm het.
19 Jaar in die hof oor rooi verkeerslig! 22.05.2026 1:02
Neville Greene van Ontario in Kanada het 19 jaar lank ’n rooilig-veerkeersoortreding in die hof beveg, en uiteindelik sy appèl gewen.
Vloede en versekering 21.05.2026 11:12
Ebbe Rabie praat oor die onlangse vloede, die skade, en risikobepaling vir versekering.
Jonk: Sonskerm 21.05.2026 13:21
Dr. Ria Smit praat oor sonskerm eiligheid, asook die veiligheid van talkpoeier.
Kan 'n Cybertruck swem? 21.05.2026 1:35
‘n Man in Texas het sy Cybertruck se “wade mode” in ‘n meer beproef, maar toe gaan hy dieper as die 32 duim wat die handleiding toelaat...
Lyntjie Jaars se Mammagoed en "vleistanne" 20.05.2026 7:52
Haidee Muller-Isaacs gesels met die Namakwalandse storieverteller en TV-aanbieder, Lyntjie Jaars, oor wat deesdae gebeur in haar loopbaan, en haar liefde vir haar Ma na wie sy liefdevol verwys as Mammagoed. Sy is glo 'n groot RSG-aanhanger. Natuurlik hoor ons ook meer van Lyntjie se "vleistanne".
Fossielvonds in Vrystaat 20.05.2026 11:33
Dr. Gideon Groenewald vertel van ‘n fossiel wat hy gevind het, wat onlangs met die swaar reën oopgespoel het.
Luukse koeëlvaste handsakke 20.05.2026 1:03
Hlumelo Nyaluza van Soweto se luukse handsakke en rugsakke is koeëlvas.
Êrens oorsee: Kevin Leo in Panama 19.05.2026 12:59
Kevin Leo vertel vir Martelize Brink van die lewe in Panama, waar hy die afgelope vyf jaar woon.
Prof. Pierre se kleiterapie 19.05.2026 7:04
Prof. Pierre Volschenk het op 1 Mei 2026 ‘n eeu oud geword. Johan Rademan het met dié merkwaardige Suid-Afrikaner gesels. Hy was die eerste persoon in Suid-Afrika om ‘n doktorsgraad in beeldende kuns aan ‘n plaaslike universiteit te behaal. Hy gesels oor klei as terapie, en ikoniese nalatenskappe.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.