RSG

Naweekaktueel

Society AF ↓ 1135 episodes

Die aktualiteitsprogram met ‘n verskil. Dis ‘n program vir die naweekmens…die soort mens wat in sy omgewing belangstel, wat wil wegbreek en die wiele laat rol of sommer net ‘n bietjie anders na die lewe kyk.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

11 jul. 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Download het op Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Motorrubriek 10 Januarie 2026 10.01.2026

Wessel Pretorius kyk na 2025 se motorverkope.

Naweekaktueel 10 Januarie 2026 10.01.2026

Talle brande woed in die Wes- en Oos-Kaap. Die ANC vier st 144e bestaansjaar te midde van interne faksies en dalende steun. Kan die protesoptrede in Iran lei tot ’n nuwe politieke landskap?

Naweekaktueel 3 Januarie 2026 03.01.2026

Ons kyk terug na insiggewende profielonderhoude wat in die loop van 2025 uitgesaai is. Van onderhoude wat gekenmerk is deur versoening en ‘n pad van aanvaarding en diep vergifnis, tot onderhoude met politici oor wat hulle die naaste aan die hart lê, die onvoorwaardelike liefde van ‘n ma vir haar outistiese kind, hoekom pa’s se rol nog nooit so belangrik was in kinders se lewe soos nou nie, ‘n oud-...

Naweekaktueel 27 Desember 2025 27.12.2025

Ons bring vir jou ‘n in-diepte oorsig oor die jaar se grootste nuusgebeure, plaaslike en internasionaal. Op plaaslike vlak gee ons ‘n oorsig oor die verdwyning van Joshlin Smith en die skuldigbevinding van Joshlin se ma, Kelly Smith, haar vriend, Jacquen Appollis, en Steveno van Rhyn; en die bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nahlanhla Mkhwanazi dat die polisiemag en die strafr...

Motorrubriek 20 Desember 2025 20.12.2025

Wessel Pretorius toetsry 'n Mazda CX5.

Naweekaktueel 20 Desember 2025 20.12.2025

Owerhede is bekommerd oor motoriste se swak padgedrag. Gee Suid-Afrika se 77 lede van die nasionale uitvoerende gesag werklik uitvoering aan die Grondwet se bepalings om die lewensgehalte van alle burgers te verbeter? Ons praat met die FW de Klerk-stigting hieroor. Hoe moontlik is 'n vredesooreenkoms tussen Rusland en Oekraïne werklik?

Motorrubriek 13 Desember 2025 13.12.2025

Wessel Pretorius toetsry 'n Ford-sportnutsvoertuig.

Naweekaktueel 13 Desember 2025 13.12.2025

Reddingspogings by 'n Hindoe-tempel in Durban wat ineengestort het, gaan voort. Menseregte kan met een woord saamgevat word. Nóg 'n Suid-Afrikaanse rolprent word staande toegejuig in Londen.

Motorrubriek 6 Desember 2025 06.12.2025

Wessel Pretorius toetry 'n Nissan-bakkie.

Naweekaktueel 6 Desember 2025 06.12.2025

Die polisie is op soek na verdagtes in die sluipmoord op Getuie D by die Madlanga-kommissie. Moody's hou sy kredietgradering oor Suid-Afrika se staatskuld onveranderd. Ons profielonderhoud fokus op 'n bekende stem hier by RSG.

Motorrubriek 29 November 2025 29.11.2025

Wessel Pretorius vergelyk twee intreevlak-sedans met mekaar.

Naweeaktueel 29 November 2025 29.11.2025

Moorde en voorvalle van roof neem af, maar beteken dit bestendigheid in alle dele van die land? Oorstromings in die suide van Thailand eis 145 lewens. 'n Ma van die Vrystaat deel haar kommer oor haar seun wat daar vasgekeer is. Die Springbokke wil hulle jaareindtoer op 'n onoorwonne noot teenWallis eindig.

Naweekaktueel 22 November 2025 22.11.2025

President Cyril Ramaphosa open die G20-leierskapsberaad in Johannesburg. Geslagsgebaseerde geweld word deur die regering as 'n nasionale krisis verklaar. Wat beteken dit? Die Springbokke kom later vandag in Ierland te staan teen een van hulle grootste teenstanders.

Motorrubriek 15 November 2025 15.11.2025

Wessel Pretorius gee wenke vóór jy volgende maand die langpad aandurf.

Naweekaktueel 15 November 2025 15.11.2025

Die Madlanga-kommissie hoor getuienis aan oor hoe die Ekuruleni-metropolisie 'n misdaadverdagte glo gemartel, vermoor en in 'n dam gegooi het. ANC- en EFF-parlementslede het harde woorde vir die Minister van Finansies, Enoch Godongwana. En in ons profielonderhoud vind ons uit dat ekonome ook 'n sagte kant het.

Motorrubriek 8 November 2025 08.11.2025

Wessel Pretorius ontleed die jongste motorverkope.

Naweekaktueel 8 November 2025 08.11.2025

President Donald Trump gaan niemand na die G20-beraad in Suid-Afrika stuur nie. Die FW de Klerk Stigting vra dat bendegeweld as 'n prioriteitsmisdaad verklaar word. 'n Groot eerbewys van die VN aan Sherwin Bryce-Peace, ons korrespondent in die VSA.

Motorrubriek 1 November 2025 01.11.2025

Wessel Pretorius toetsry 'n hibriede Chinese sportnutsvoertuig.

Naweekaktueel 1 November 2025 01.11.2025

'n Web van bedrog span stywer by die Madlanga-kommissie. Twee derdes van die bevolking in Soedan is vlugtelinge weens die burgeroorlog in dié land. Parlementslede besluit dobbel is, 'n euwel en moet strenger beheer word.

Motorrubriek 25 Oktober 2025 25.10.2025

Wessel Pretorius toetsry 'n Chinese kruisvoertuig.

Naweekaktueel 25 Oktober 2025 25.10.2025

Die besluit om Suid-Afrika van die gryslys te verwyder word wyd verwelkom. Die oudminister van Polisie, Bheki Cele, kritiseer die strafregstelsel. Amerika stel strenger visumregulasies in vir Malawiërs en Zambiërs.

Naweekaktueel 18 Oktober 2025 18.10.2025

Ons praat met kenners oor die geloofwaardigheid van ons SA Polisiediens en die polisieminister se plan om geweld op die Kaapse Vlakte hok te slaan. 'n Klein wynprodusent praat oor die groot ekonomiese impak van die Trump-administrasie se 30%-tariefverhoging. 'n Wereldbekende klassieke pianis praat oor haar reis om vrede te maak met 'n siektetoestand wat beperkings kan plaas op haar vermoë om die k...

Motorrubriek 11 Oktober 2025 11.10.2025

Wessel Pretorius bespreek 'n luisteraarsbrief.

Naweekaktueel 11 Oktober 2025 11.10.2025

Suid-Afrika is nie 'n staat wat misluk nie, die gebreke in die stelsel is dalk bedoel om so te wees, sê 'n professor van Noordwes-Universiteit. Palestyne in Gasa begin met die proses om die brokstukke van hulle lewe aanmekaar te sit. Ons fokus op Fanie du Toit, die aanbieder van, Leefwêreld van die Gestremde.

Motorrubriek 4 Oktober 2025 04.10.2025

Wessel Pretorius berig oor September se buitengewoon goeie verkope.

Listen to the Naweekaktueel podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up

Download het op Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.