Kosmos 94.1
Kosmos 94.1
Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. T...
Husk å besøke podkastens nettsted og støtte skaperen: www.kosmos.com.na
Forfatter
Kosmos 94.1
Kategori
Podkastens nettsted
Siste episode
14. okt 2026
Hvor kan du lytte?
Podkaster i appen Replaio Radio Kommer snartPodkaster kommer snart til appen. Installer nå, og bli den første som ser en helt ny tilnærming til podkaster
Episoder
08:00 Nuus 14.10.2026 3:49
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
AfriForum behaal talle suksesse met landswye misdaadvoorkomingspatrollies 14.10.2026 0:15
AfriForum sê sy jongste landwye patrollies het gelei tot inhegtenisname en die beslaglegging op dwelms, wapens en onwettige alkohol in verskeie gebiede. Die operasie het 178 buurt- en plaaswaggroepe ingesluit wat saam met die polisie gewerk het. Dit het gelei het tot die beslaglegging op wapens en dwelms in Springs, Gauteng, en sewe arrestasies en agt klopjagte op onwettige drankwinkels in Swellen...
Vyf nuwe lede ingesweer op Grondtribunaal-raad 14.10.2026 0:40
Vyf nuwe lede is ingesweer op die raad van die Grondtribunaal, vir 'n termyn van drie jaar. Die tribunaal speel 'n sleutelrol in die beslegting van geskille oor grondhervorming en die aanhoor van appèlle wat betrekking het op landbougrond. Die lynministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
07:00 Hoofnuus 14.10.2026 3:51
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Drikus Coetzee praat oor Dag 2 van Rhino Run fiets-ren 14.10.2026 0:42
Drikus Coetzee van Namibië is steeds voor in die Rhino Run fiets-ren van Windhoek na Graaff Reinet in Suid Afrika. Drikus het vanoggend met Kosmos 94.1 Nuus gepraat om ons te vertel van dag 2 van sy rit:
Amushelelo sê meer as 2800 erwe reeds by sy lughawepad-ontwikkeling bespreek 14.10.2026 0:36
Aktivis Michael Amushelelo het sy behuisings-ontwikkeling van 10 528 erwe naby Hosea Kutako Internasionale Lughawe verdedig en die waarskuwings van Stad Windhoek se uitvoerende hoof, Moses Matyayi, af-gemaak as 'n bemarkings-foefie wat slegs belangstelling verhoog het. Amushelelo sê dat meer as 2 800 kopers reeds erwe deur direkte debiet-mandate vir die projek, wat op 'n kollektiewe spaar-model we...
Dinsdag, 14 Oktober 2026 14.10.2026 3:30
In jou finansiële nuus vanoggend: Kraakvars! Nog voor die eerste haan vanoggend gekraai het, het Namibië in Bangkok 'n reuseprestasie op die jongste Absa-indeks vir Afrika se finansiële markte behaal. Ons gesels met die uitvoerende hoof van die Namibiese Effektebeurs (NSX), Tiaan Bazuin, al die pad uit Thailand. In ander nuus sê Meatco hy gaan nie 'n derde van werknemers se salarisse sny nie. En N...
KykNet se Binnelanders word mondig! 14.10.2026 0:22
Binnelanders op KykNet het pas sy 21-ste jaar gevier. Human Stark vervaardiger van Binnelanders het met Kosmos 94.1 nuus gepraat.
Trump sê die VSA deel steeds inligting met Oekraïne 14.10.2026 0:14
Die Amerikaanse president Donald Trump sê die VSA deel steeds inligting met Oekraïne te midde van sy voortdurende oorlog met Rusland. Dit volg op berigte dat Amerika die deel van inligting en Europese aankope van Amerikaanse wapens vir Oekraïne kan opskort indien Kiëf nie sy aanvalle diep binne Russiese grondgebied op die energie-infrastruktuur staak nie. Trump, wat die styging in wêreldwye diesel...
06:00 Nuus 14.10.2026 4:34
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Gedagte vir die dag met Johan Els 14 Oktober 2026 14.10.2026 1:02
Luister na vandag se boodskap met Ds. Johan Els
Aanlyndobbelary in SA styg met 390% tussen 2021 en 2025 14.10.2026 0:20
Solidariteit se Helpende Hand sê aanlyndobbelary in Suid-Afrika het tussen 2021 en verlede jaar met 390-persent gegroei, wat toenemende finansiële druk op huishoudings plaas. Die organisasie se jongste verslag toon bykans driekwart van die 1,5-duisend-miljard Suid-Afrikaanse rand wat in 2024/2025 in die dobbelbedryf gewed is, het aanlyn plaasgevind, en dobbeloperateurs het ná uitbetalings 75-milja...
Een in aanhouding vir Okahandja meisie-moorde 14.10.2026 0:39
NamPol het 'n deurbraak aangekondig in die Okahandja-moordsake van Ingrid Maasdorp en Roswinds Fabiano, asook 'n volwasse vrou. Dit kom nadat 'n 18-jarige verdagte, wat oor die naweek gearresteer is vir die beweerde poging tot ontvoering van 'n 10-jarige meisie, 'n bekentenis tydens polisie-ondervraging gemaak het. Daar was ook positiewe DNS-bevestiging nadat 'n uitmekaar-gekapte liggaam naby Daan...
Op'ie Kantlyn, 13 Oktober 2026 13.10.2026 3:07
Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.
Die dag wat was, 13 Oktober 2026 13.10.2026 4:59
Kry die nuus soos dit breek.
Die 18:00 nuus 13.10.2026 3:45
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Sun International vra strenger dobbel-maatreëls 13.10.2026 0:19
Sun International het 'n handves vir verantwoordelike dobbelary van stapel gestuur en bepleit strenger maatreëls om mense wat dobbel te beskerm. Die handves beperk dobbeladvertensies, bied hulpmiddels om mense te beskerm en maak van volgende jaar voorsiening vir die gebruik van kunsmatige intelligensie om mense te identifiseer wat dobbelprobleme kan ontwikkel. Ulrik Bengtsson van Sun International...
Arbeidsverhoudinge-ministerie in sop by Diensbillikheidskommissie 13.10.2026 0:31
Die uitvoerende direkteur van die justisie en arbeidsverhoudinge-ministerie, Audrin Mathe, het voor die Diensbillikheidskommissie se hersieningspaneel verskyn oor nie-ingediende vorderingsverslae. Mathe het die oortreding erken en sê dat die ministerie, as bewaarders van die wet, die voorbeeld moet stel vir statutêre nakoming, en interne gevolgebestuur in die gesig moet staar terwyl hulle op die p...
Die hoofnuus om 17:00 13.10.2026 4:16
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Plant inheemse bome en versorg hulle: kenner 13.10.2026 0:40
Terwyl Namibië daarna streef om teen 2030 een miljoen bome te plant, sê die plaaslike ekoloog dr. Peter Cunningham dat sukses van meer as net die plant van bome sal afhang. Hy sê die regering moet eers 'n duidelike doelwit vir die inisiatief vasstel, inheemse boomspesies kies wat by plaaslike toestande pas, en verseker dat die regte bome op die regte plekke geplant word. In 'n gesprek met Kosmos 9...
Parlement vra oor TransNamib-lokomotiefkontrak 13.10.2026 0:24
Die parlement soek antwoorde oor TransNamib se kontrak vir die herbou van lokomotiewe. Rodney Cloete, 'n parlementslid van die IPC, wil duidelikheid hê oor berigte dat die werk aan Windhoeker Maschinenfabrik, in vennootskap met Maleisië se SMH Rail, toegeken is. Dit volg op die kansellasie van die beplande aankoop van 23 lokomotiewe in 2025.
Beveilig jou erf, beveilig jou troeteldiere: DBV 13.10.2026 0:38
Die Dierebeskermingsvereniging spoor troeteldiereienaars landswyd aan om hul eiendomme behoorlik te beveilig. Die ligaam waarsku dat rondloperhonde ernstige risiko's van vergiftiging, verkeersongelukke en straatkonflikte in die gesig staar. Nasionale direkteur Silke van der Merwe sê dat sulke troeteldiere die publiek in gevaar stel en dikwels die hoogste prys betaal. Dit kom te midde van openbare...
Die 16:00 nuus 13.10.2026 4:36
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Sibiya dreig glo pa van tiener na vermeende seksuele aanranding 13.10.2026 0:20
Die staat het 'n beëdigde verklaring ingedien wat beweer die voormalige adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, het 'n man, geïdentifiseer as mnr. M, gedreig nadat hy hom daarvan beskuldig het dat hy sy tienerdogter seksueel aangerand het. Die beëdigde verklaring, wat in die Landdroshof in Randburg, Gauteng, voorgelees is, beweer Sibiya het mnr. M woedend gebel nadat 'n strafsaak geo...
Nuwe strategie vir minerale-veredeling 13.10.2026 0:35
Die adjunk-mynbouminister, Gaudentia Krohne, het 'n nuwe strategie vir die veredeling van minerale en 'n kabinetsverbod op die uitvoer van ongeraffineerde kritieke minerale soos litium, seldsame aardmetale, kobalt en grafiet aangekondig. In reaksie op IPC-LP Ferdinand Hengombe het Krohne gesê dat die beleid maatskappye dwing om plaaslik te vergruis en te raffineer, om werk te skep en waarde te beh...
Lignende podkaster
Replaio er ikke podkastutgiver; programnavn, omslag og lyd tilhører opphavspersonene og distribueres via offentlige RSS-feeder.