RSG
Gesondheid
'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.
Husk å besøke podkastens nettsted og støtte skaperen: www.rsg.co.za
Hvor kan du lytte?
Podkaster i appen Replaio Radio Kommer snartPodkaster kommer snart til appen. Installer nå, og bli den første som ser en helt ny tilnærming til podkaster
Episoder
Gesondheid 30 Junie 2021 30.06.2021 25:06
Is die Delta-variant se simptome anders as dié van ander variante? Wat gaan aan in Gauteng wat pasiënte en dokters betref? Wat is die jongste oor die entstowwe?
Gesondheid 30 Junie 2021 30.06.2021 24:09
Is die Delta-variant se simptome anders as dié van ander variante? Wat gaan aan in Gauteng wat pasiënte en dokters betref? Wat is die jongste oor die entstowwe?
Gesondheid 23 Junie 2021 23.06.2021 23:27
Covid het ‘n lang stert met verskeie moontlike gevolge, want dit kan verskeie organe aantas en ook regstreeks depressie veroorsaak. Daar word nou amptelik gepraat van Lang Covid. Ons kyk hoe Covid letterlik tot diabetes kan lei.
Wynkelderontwerp 18.06.2021 24:22
Prosesingenieur, Gerard de Villiers, verduidelik wat ‘n prosesingenieur doen, en hoe hy oor die jare al 150 wynkelders in Suid-Afrika en ander lande soos Israel, Frankryk en Engeland ontwerp het.
Gesondheid 16 Junie 2021 16.06.2021 27:33
Moet jy steeds versigtig wees nadat jy ‘n Covid-enstof gekry het? Hoe goed werk die entstof werklik? Is daar ooit iets soos ’n Covid-virus? Is die PCR-toets werklik ’n virus-toets? Marí Hudson praat met viroloog prof. Wolfgang Preiser oor Coronavirus-sake wat luisteraars pla.
Gesondheid 9 Junie 2021 09.06.2021 28:21
Dokters, fisioterapeute en ander praktisyns wat private gesondheidsdienste verskaf, is tans verskrik omdat ’n mediese fonds tot miljoene rande se uitbetalings per praktyk van hulle terugeis. Wat gaan hier aan? Wat beteken dit vir dokters en siekefondslede? Marí Hudson probeer om agter die kap van die byl te kom.
Gesondheid 2 Junie 2021 02.06.2021 27:03
Wie moet liefs nie die Covid-entstof ontvang nie? Watter newe-effekte van die enstof is al in Suid-Afrika aangemeld? Wat moet jy doen as jy geregistreer is vir die enststof, maar geen SMS ontvang het nie? Marí Hudson praat met dr. Angelique Coetzee van SAMA om antwoorde te vind.
Gesondheid 26 Mei 2021 26.05.2021 26:47
Is ons in die derde Covid-golf? Wat kan ons verwag? Iets erger as ons tweede golf? Wat gaan in die res van wêreld aan, veral die groot getalle in Indië en Israel, die effek van die entstowwe, en Frankryk waar die inperkings deels opgehef is. Marí Hudson gesels met ’n data-ontleder oor wat ons uit die jongste Covid-data kan verwag.
Gesondheid 19 Mei 2021 19.05.2021 28:28
Moet jy die Covid-enstof neem of nie? Kan mens ‘n entstof vertrou wat so vinnig ontwikkel is? Wat van ivermektien? Marí Hudson praat in die laaste aflewering van ’n kort reeks met viroloog prof. Wolfgang Preiser oor die Coronavirus-variante en die enstowwe.
Gesondheid 12 Mei 2021 12.05.2021 26:32
Wat beteken die verskillende coronavirus-variante vir ons en die derde golf wat nou aan die vorm is in Suid-Afrika? Moet ons die entstof neem of weghardloop? Moet ons nog die griepentstof ook neem? Luister na die eerste van ’n kort reeks van twee episodes waar Marí Hudson met viroloog prof. Wolfgang Preiser oor die coronavirus-variante en die enstowwe gesels.
Gesondheid 5 Mei 2021 05.05.2021 23:29
Meer as 5 000 mense in Suid-Afrika ly aan die seldsame siekte, Tubereuse Sklerose, maar verreweg die meeste is ongediagnoseerd. Tubereuse sklerose is een van die siektes wat tot outisme kan lei.
Gesondheid 28 April 2021 28.04.2021 28:30
Wat is die verband tussen outisme en die MMR-vaksien? Marí Hudson gesels verder met prof. Petrus de Vries oor outisme, en Tubereuse sklerose, een van die siektes wat tot outisme kan lei.
Gesondheid 21 April 2021 21.04.2021 24:43
Sowat een uit 100 mense is op die outisme-spektrum, maar moontlik is slegs sowat 10% van dié mense in Suid-Afrika gediagnoseer. Baie mense op die outisme-spektrum, maar wat goed funksioneer, word nooit gediagnoseer nie. Tog het hulle probleme wat hulle lewe moeiliker maak. Marí Hudson praat hieroor met prof. Petrus de Vries, ‘n kinder- en tienerpsigiater aan die Universiteit van Kaapstad.
Gesondheid 14 April 2021 14.04.2021 22:52
Die Amerikaanse Food and Drug Administration het pas inenting met die Johnson & Johnson entstof in VSA tydelik gestaak. Suid-Afrika het dit nou ook gedoen. Dit volg nadat ses vroue ná vaksinering bloedstolsels ontwikkel het. Marí Hudson praat met ’n hematoloog oor die onttrekking en die risiko vir stolselvorming tydens Covid, en ná inenting. Wat beteken dit, en wat nou?
Gesondheid 7 April 2021 07.04.2021 24:12
Marí Hudson praat met ‘n spesialis oor die ketodieet, wat ketone is, en hoe dit in die liggaam werk.
Gesondheid 31 Maart 2021 31.03.2021 26:49
Groot vordering is die afgelope 20 jaar en meer gemaak in tandheelkunde. Van wit stopsels tot implantate en die behandeling van tandvleis – baie kan gedoen word om jou tande mooi en gesond te hou. Marí Hudson praat met dr. JJ Serfontein oor die jongste tegnieke om jou glimlag so mooi as moontlik te maak.
Gesondheid 24 Maart 2021 24.03.2021 27:00
Kan ontleders op grond van die derde Covid-golf in Europa voorspel wanneer die derde golf Suid-Afrika sal tref? Weet ons enigsins wanneer om dit te verwag, en kan dit erger wees as die tweede golf? Of het die variante alles deurmekaar kom klits?
Gesondheid 17 Maart 2021 17.03.2021 27:18
Om ‘n kankerdiagnose aan te hoor, is gewoon skrikwekkend, maar dan begin die beplanning van die behandeling. Wat is die behandelingsmetodes wat deesdae toegepas word? Wat is die nuutste soorte behandeling? Lewer dit beter resultate? Marí Hudson praat hieroor met ’n kankerspesialis van Pretoria.
Gesondheid 10 Maart 2021 10.03.2021 25:18
Wat is sistiese fibrose? Is dié siekte seldsaam? As ’n kleuter met dié siekte, wat ook die longe beskadig, gediagnoseer word, wag ’n lang stryd op die kind en ouers. Marí Hudson praat met ’n kinder-longspesialis oor sistiese fibrose nadat die 20-jarige Bolander, Lisa-Mari Beyers, onlangs aan sistiese fibrose gesterf het, selfs ná ’n desperate longoorplanting.
Gesondheid 3 Maart 2021 03.03.2021 28:13
Mediese navorsers werk in laboratoriums met mikroskope en proefbuise in hulle eie wêreld. Hoe oorbrug ’n navorser die afstand tussen laboratorium en die regte lewe van pasiëntsorg? ’n Suid-Afrikaanse navorser is pas bekroon met ’n internasionale prys omdat sy aan die voorpunt gestaan het om ingewikkelde laboratoriumbevindings te omskep in ’n eenvoudige, vinnige toets wat letterlik in die verste kl...
Gesondheid 24 Februarie 2021 24.02.2021 24:32
Hartchirurg dr. Susan Vosloo vertel hoe ’n chirurg soms ’n tweede en derde hartfout gebruik om ’n relatiewe normale hartfunksie te skep, soos in die geval van klein Roxanne. Ja, ’n hartchirurg moet ook soos ’n ingenieur en fisikus dink om struktuur, kragte, vloei en druk in ag te neem om ‘n hart so goed moontlik te laat funksioneer. Sy vertel ook van ’n peuter, Henu, wat op ’n hartoorplanting wag.
Gesondheid 17 Februarie 2021 17.02.2021 25:43
Wat is die verband tussen jou hart en beroerte, en waar pas antistolmiddels in? En nee, ‘n disprin per dag sal nié beroerte keer nie! Marí Hudson vertel die storie van ‘n 18 jarige seun met atriale fibrillasie, en jy kan meer uitvind oor jou risiko vir beroerte en die moets en moenies van antistolmiddels.
Gesondheid 10 Februarie 2021 10.02.2021 24:25
Wat gebeur met jou hormone wanneer jy vet word, en kan dít wat skeefloop, weer herstel word? Kan ’n middel enigsins help om jou makliker gewig te laat verloor? Wat is die jongste nuus? En as iets werk, wat van newe-effekte en langtermynsuksesse?
Gesondheid 3 Februarie 2021 03.02.2021 27:52
Die Covid-pandemie het baie vraagstukke in ons gesondheidstelsel uitgewys. Is die Regering se hantering van Covid ’n suksesvolle toetslopie vir ’n Nasionale Gesondheidstelsel? Of het die groot tekort aan dokters, verpleegkundiges en fasiliteite bewys dat die private gesondheidsektor onontbeerlik is? Hoe kan gevriesde poste en afgradering van staatshospitale regverdig word? Watter feite moet nou di...
Gesondheid 27 Januarie 2021 27.01.2021 26:42
Nog nooit het soveel samesweringsteorieë, menings en vals nuus mense bereik as oor Covid nie. Mense weet nie meer wat om te glo en wat nie, want alles klink of dit waar kan wees. Marí Hudson gaan op grond van goeie wetenskaplike inligting probeer om die kaf van die koring te skei en die verwarring uit te skakel.
Lignende podkaster
Replaio er ikke podkastutgiver; programnavn, omslag og lyd tilhører opphavspersonene og distribueres via offentlige RSS-feeder.