RSG

Naweekaktueel

Society AF ↓ 1135 episodi

Die aktualiteitsprogram met ‘n verskil. Dis ‘n program vir die naweekmens…die soort mens wat in sy omgewing belangstel, wat wil wegbreek en die wiele laat rol of sommer net ‘n bietjie anders na die lewe kyk.

Autore

RSG

Categoria

Society

Sito del podcast

www.rsg.co.za

Ultimo episodio

11 lug 2026

Dove ascoltare?

I podcast nell'app Replaio Radio In arrivo

I podcast stanno per arrivare nell'app. Installala ora e scopri per primo un modo tutto nuovo di vivere i podcast

Scaricala su Google Play Installala gratis Android 5 mln+ di download · valutazione 4,8 iOS in arrivo

Episodi

Naweekaktueel 5 Julie 2025 05.07.2025

Nóg twee mense word in Mitchell's Plein in Kaapstad, vermoedelik in bendegeweld, doodgeskiet. Die parlement eis 'n onafhanklike oudit van spookwerkers by die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Misdaadinligtingsafdeling. ‘n Vlugteling uit die Demokratiese Republiek die Kongo vertel haar storie.

Motorrubriek 28 Junie 2025 28.06.2025

Wessel Pretorius toetsry ‘n Chery Tiggo 8.

Naweekaktueel 28 Junie 2025 28.06.2025

Kommer oor 'n krisis in die polisieleierskap ná die inhegtenisneming van die hoof van misdaadintelligensie. Die DA maak vanmiddag 'n aankondiging oor sy weg vorentoe in die Regering van Nasionale Eenheid. 'n Wankelrige begin vir die Proteas in die toets teen Zimbabwe.

Motorrubriek 21 Junie 2025 21.06.2025

Wessel Pretorius evalueer ‘n Ford Ranger Wildtrack X.

Naweekaktueel 21 Junie 2025 21.06.2025

'n Nuwe MIV-middel goedgekeur, wat net twee keer per jaar toegedien word. Nuwe navorsing wys 'n afname in renosterstroping. Rassie Erasmus sien uit na die Bokke se eerste wedstryd vanjaar teen 'n sterbelaaide Barbarians.

Motorrubriek 14 Junie 2025 14.06.2025

Wessel Pretorius bespreek ‘n luisteraarsvraag oor ‘n CVT-ratkas.

Naweekaktueel 14 Junie 2025 14.06.2025

Die eerste groep Suid-Afrikaanse soldate keer terug uit die Demokratiese Republiek die Kongo. Suid-Afrika is diep bekommerd oor Israel se aanvalle op kernaanlegte in Iran. 'n Pleidooi aan jong mans om beenmurg te skenk. Suid-Afrikaanse Chenin Blanc is baie gesog in oorsese markte.

Motorrubriek 7 Junie 2025 07.06.2025

Wessel Pretorius toetsry 'n Isuzu MUX.

Naweekaktueel 7 Junie 2025 07.06.2025

Reën en ysige koue op pad na groot dele van die land. 'n Nuwe dokkie oor mense wat met gestremdhede leef. Dis reg of weg vir die Bulls en Sharks op Loftus.

Motorrubriek 31 Mei 2025 31.05.2025

Wessel Pretorius toetsry ‘n GAC Emkoo.

Naweekaktueel 31 Mei 2025 31.05.2025

Adjunkpresident Paul Mashatile reageer skerp op 'n RGN-verslag wat dui op swak bestuur in staatsdepartemente. Terwyl die prokureurs van die veroordeelde ontvoerders van Joshlin Smith gereed maak om teen hulle vonnisse te appelleer word INTERPOL by die soektog na die dogtertjie betrek. Ons praat met 'n kunskenner oor 'n bekende skildery wat vir 'n wêreldrekordprys van byna R32-miljoen opgeveil is.

Motorrubriek 24 Mei 2025 24.05.2025

Wessel Pretorius toetsry ‘n Honda Elevate.

Naweekaktueel 24 Mei 2025 24.05.2025

Die Instituut vir Rasseverhoudinge verwelkom die voorgestelde wysigings aan die Swart Ekonomiese Bemagtigings-vereistes vir multinasionale kommunikasiemaatskappye om in Suid-Afrika te belê. Op die vooraand van Afrikadag, fokus ons op Suid-Afrika se aansien op die vasteland. Ons praat met die veelbekroonde botanis, Leon Kluge, oor sy besonderse blommeuitstallings by die Chelsea Blommeskou in Londen...

Motorrubriek 17 Mei 2025 17.05.2025

Wessel Pretorius toetsry 'n Chinese GAC Emkoo.

Naweekaktueel 17 Mei 2025 17.05.2025

Ons fokus op die herrie wat losgebars het oor die Afrikaners wat dié week in Amerika as vlugtelinge aangekom het. 'n Nuwe Afrikaanse rolprent beeld vroue in hulle laat veertigs se uitdagings uit. Drie Suid-Afrikaanse spanne in aksie in die laaste ronde van die VRK-kampioenskap, terwyl die Bulls, Sharks en Stormers reeds deur is na die uitspeelfase.

Motorrubriek 10 Mei 2025 10.05.2025

Wessel Pretorius toetsry 'n Suzuki Fronx.

Naweekaktueel 10 Mei 2025 10.05.2025

Die EFF vra 'n blitsdebat oor Orania en Kleinfontein in die parlement. Die eerste groep Afrikaners vertrek na verwagting reeds vroeg volgende week na Amerika. Op die vooraand van moedersdag fokus ons op 'n rolprent oor die verhouding tussen ma en dogter.

Motorrubriek 3 Mei 2025 03.05.2025

Wessel Pretorius toetsry GWM se Tank 500.

Naweekaktueel 3 Mei 2025 03.05.2025

Hoe gemaak wanneer 'n kind vermis raak? President Trump se tariewe is 'n brandpuntkwessie in verskeie verkiesings wêreldwyd. Maties se nuwe rektor deel sy visie en drome.

Motorrubriek 26 April 2025 26.04.2025

Wessel Pretorius beantwoord 'n luisteraarsvraag oor die land van vervaardiging.

Naweekaktueel 26 April 2025 26.04.2025

Gelowiges neem afskeid van Pous Franciskus. Die minister van finansies dien dokumente by die parlement in wat aandui dat die BTW-koers onveranderd bly. 'n Suid-Afrikaanse egpaar is op 'n interkontinentale reis om stamselskenkers te werf.

Motorrubriek 19 April 2025 19.04.2025

Wessel Pretorius toetsry ‘n Hyundai Exter.

Naweekaktueel 19 April 2025 19.04.2025

Al hoe meer Suid-Afrikaanse onderwysers wil die beroep verlaat weens die oorlading van administratiewe pligte. Die verpleegstersvakbond, DENOSA, reageer op bewerings dat van sy lede betrokke is by sindikate wat menslike organe oes. Die Verenigde Nasies sê die humanitêre krisis in Sudan is die ergste ter wêreld.

Motorrubriek 12 April 2025 12.04.2025

Wessel Pretorius toets 'n Chinese kruisvoertuig.

Naweekaktueel 12 April 2025 12.04.2025

Ons bespreek die ontmoeting tussen die ANC en DA met 'n politieke ontleder. 'n Ekonoom verduidelik hoe Suid-Afrika president Trump se 90 dae pouse op tariewe moet aangryp. Wat is die impak van vrugbaarheidsbehandeling op 'n vrou se liggaam, emosies, huwelik en lewe? Ons praat met 'n Ma wat 19 rondes vrugbaarheidsbehandeling ondergaan het.

Ascolta il podcast Naweekaktueel su Replaio

Radio e podcast in un'unica app - gratis e senza registrazione. Installala oggi e non perderti il lancio

Scaricala su Google Play

Replaio non è un editore di podcast; i nomi dei programmi, le copertine e l'audio appartengono ai rispettivi autori e vengono distribuiti tramite feed RSS pubblici