Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. T...

Visita il sito del podcast e sostieni chi lo crea: www.kosmos.com.na

Autore

Kosmos 94.1

Categoria

Uncategorized

Sito del podcast

www.kosmos.com.na

Ultimo episodio

15 ott 2026

Dove ascoltare?

I podcast nell'app Replaio Radio In arrivo

I podcast stanno per arrivare nell'app. Installala ora e scopri per primo un modo tutto nuovo di vivere i podcast

Scaricala su Google Play Installala gratis Android quasi 10 mln di download · valutazione 4,8 iOS in arrivo

Episodi

11:00 Nuus 14.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

NRU kondig nog internasionale wedstryde vir Welwitschias aan 14.10.2026

Die Namibiese Rugbyunie het 'n reeks komende internasionale wedstryde aangekondig, met 'n hoogs verwagte streeks-toetswedstryd en 'n tuisreeks as hoogtepunte. Die Welwitschias sal eers na Harare reis om teen Zimbabwe te speel, voordat hulle na Windhoek terugkeer vir 'n reeks van twee wedstryde. Jerome Paarwater, wat tans as konsultant-afrigter vir die unie optree, gee meer inligting:

Private dagga-gebruik in Suid Afrika bly in die nuus 14.10.2026

Die kwessie van private dagga-gebruik in Suid Afrika bly in die nuus. Jeremy Acton, een van die aktiviste wat in 2018 daarin geslaag het om dagga in die buurland te wettig vir die kweek van dagga vir private gebruik, het met Kosmos 94.1 gepraat oor die situasie op die oomblik.

Die weervoorspelling vir vandag, Woensdag, 14 Oktober 2026 14.10.2026

Namibië sal vir die res van die dag warm tot baie warm, grotendeels droë en sonnige weer sien, met dowwe sonskyn en stygende middagtemperature in baie gebiede. Die kans op reën lyk volgens die algemene nasionale vooruitsig skraal, hoewel toestande sal verskil tussen die kus, die sentrale hoogland en die warmer binneland. Albertina Anderson van die weerdiens het met Kosmos 94.1 Nuus gesels:

Iipinge wil Grootfontein-munisipaliteit se dienste en finansies verbeter 14.10.2026

Johannes Iipinge is amptelik die nuwe uitvoerende hoof van die Grootfontein-munisipaliteit en belowe om die dorp na finansiële volhoubaarheid en verbeterde dienslewering te stuur. Iipinge het 'n vyfpilaar-strategie uiteengesit wat fokus op finansiële gesondheid, inkomste-uitbreiding, infrastruktuurontwikkeling, plaaslike ekonomiese groei en mensgesentreerde diens, en doen 'n beroep op verenigde sa...

10:00 Nuus 14.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Motorsport: Kagame verwerp idee dat F1 te groot is vir Rwanda 14.10.2026

Motorsport: Rwanda se president, Paul Kagame, verwerp die idee dat Formule Een te groot is vir ʼn klein landjie soos syne. Rwanda het ’n tienjaar-ooreenkoms onderteken om vroeg in die 2030's ’n F-1 Grand Prix aan te bied - die eerste in Afrika sedert 1993. Die wedren sal plaasvind sodra die nuwe baan voltooi is in Bugesera, 40 kilometer suid van die hoofstad, Kigali. Kagame sê geen geleentheid is t...

Slegs 17% van Kunene-kinders het toegang tot Vroeë Kinderontwikkeling-sentrums 14.10.2026

Die Europese Unie-ambassadeur in Namibië, Ana-Beatriz Martins, sê daar is nog baie ruimte vir verbetering en samewerking om te verseker dat meer kinders in die Kunene-streek toegang tot vroeë-opvoeding en onderrig geleenthede en fasiliteite het. Dit, na dit vasgestel is dat slegs 17-persent van kinders in die streek toegang het tot Vroeë Kinderontwikkeling-sentrums. Martins sê dié lae persentasie...

SA parlementêre ampsklagkomitee verwerp bewerings oor die onttrekking van die getuienisleier 14.10.2026

Die voorsitter van die Parlementêre ampsklagkomitee, Makashule Gana, beskuldig die EFF en die African Legal Professionals Association daarvan hulle het die gebeure rondom die terugtrekking van advokaat Thandazani Madonsela se benoeming as getuienisleier vir die Phala Phala-ondersoek wanvoorgestel het. Die EFF en die vereniging het die Wes-Kaapse Hooggeregshof genader om die besluit te betwis. Gana...

09:00 Nuus 14.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Namfisa betaal N$4,4m aan verbruikers na klagtes teen finansiële diens-verskaffers 14.10.2026

Namfisa het 4,4-miljoen Namibiese dollar aan verbruikers uitbetaal ná klagtes teen finansiële diens-verskaffers in die 2025/26-boekjaar. Namfisa-woordvoerder Victoria Raimond sê die reguleerder het verlede jaar 403 verbruikers-klagtes ontvang en 375 daarvan opgelos, wat neerkom op 'n oplossingskoers van 93-persent. 

DA sê Eskom kan nie aanhou om tariewe te verhoog terwyl hy minder elektrisiteit verkoop nie 14.10.2026

Die DA sê Eskom kan nie voortgaan om elektrisiteitstariewe te verhoog terwyl hy minder krag verkoop nie. Die nutsmaatskappy het vir die boekjaar wat in Maart geëindig het 'n wins van 30,3-miljard-rand aangeteken, maar ook staatshulp vir skuldverligting ten bedrae van 80-miljard-rand ontvang. Elektrisiteitsverkope het met 6,2-persent gedaal, terwyl tariewe met bykans 13-persent gestyg het. Kevin Mi...

Hardap-leerders aangemoedig om gefokus tydens eindeksamen te bly 14.10.2026

Intussen het 'n lid van die Mariental dorps-raad, Iswarin Rooi, leerders in die streek aangemoedig om gedissiplineerd en vol selfvertroue te bly voor hul eind-eksamens. Rooi erken dat sommige leerders hulpbron-beperkings en moeilike huis-omstandighede in die gesig staar... maar beklemtoon dat dié uitdagings nie leerders se toekoms moet affekteer terwyl hulle voorberei vir hoër onderwys en opleidin...

08:00 Nuus 14.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

AfriForum behaal talle suksesse met landswye misdaadvoorkomingspatrollies 14.10.2026

AfriForum sê sy jongste landwye patrollies het gelei tot inhegtenisname en die beslaglegging op dwelms, wapens en onwettige alkohol in verskeie gebiede. Die operasie het 178 buurt- en plaaswaggroepe ingesluit wat saam met die polisie gewerk het. Dit het gelei het tot die beslaglegging op wapens en dwelms in Springs, Gauteng, en sewe arrestasies en agt klopjagte op onwettige drankwinkels in Swellen...

Vyf nuwe lede ingesweer op Grondtribunaal-raad 14.10.2026

Vyf nuwe lede is ingesweer op die raad van die Grondtribunaal, vir 'n termyn van drie jaar. Die tribunaal speel 'n sleutelrol in die beslegting van geskille oor grondhervorming en die aanhoor van appèlle wat betrekking het op landbougrond. Die lynministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

07:00 Hoofnuus 14.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Drikus Coetzee praat oor Dag 2 van Rhino Run fiets-ren 14.10.2026

Drikus Coetzee van Namibië is steeds voor in die Rhino Run fiets-ren van Windhoek na Graaff Reinet in Suid Afrika. Drikus het vanoggend met Kosmos 94.1 Nuus gepraat om ons te vertel van dag 2 van sy rit:

Amushelelo sê meer as 2800 erwe reeds by sy lughawepad-ontwikkeling bespreek 14.10.2026

Aktivis Michael Amushelelo het sy behuisings-ontwikkeling van 10 528 erwe naby Hosea Kutako Internasionale Lughawe verdedig en die waarskuwings van Stad Windhoek se uitvoerende hoof, Moses Matyayi, af-gemaak as 'n bemarkings-foefie wat slegs belangstelling verhoog het. Amushelelo sê dat meer as 2 800 kopers reeds erwe deur direkte debiet-mandate vir die projek, wat op 'n kollektiewe spaar-model we...

Dinsdag, 14 Oktober 2026 14.10.2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Kraakvars! Nog voor die eerste haan vanoggend gekraai het, het Namibië in Bangkok 'n reuseprestasie op die jongste Absa-indeks vir Afrika se finansiële markte behaal. Ons gesels met die uitvoerende hoof van die Namibiese Effektebeurs (NSX), Tiaan Bazuin, al die pad uit Thailand. In ander nuus sê Meatco hy gaan nie 'n derde van werknemers se salarisse sny nie. En N...

KykNet se Binnelanders word mondig! 14.10.2026

Binnelanders op KykNet het pas sy 21-ste jaar gevier. Human Stark vervaardiger van Binnelanders het met Kosmos 94.1 nuus gepraat.

Trump sê die VSA deel steeds inligting met Oekraïne 14.10.2026

Die Amerikaanse president Donald Trump sê die VSA deel steeds inligting met Oekraïne te midde van sy voortdurende oorlog met Rusland. Dit volg op berigte dat Amerika die deel van inligting en Europese aankope van Amerikaanse wapens vir Oekraïne kan opskort indien Kiëf nie sy aanvalle diep binne Russiese grondgebied op die energie-infrastruktuur staak nie. Trump, wat die styging in wêreldwye diesel...

06:00 Nuus 14.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Gedagte vir die dag met Johan Els 14 Oktober 2026 14.10.2026

Luister na vandag se boodskap met Ds. Johan Els

Aanlyndobbelary in SA styg met 390% tussen 2021 en 2025 14.10.2026

Solidariteit se Helpende Hand sê aanlyndobbelary in Suid-Afrika het tussen 2021 en verlede jaar met 390-persent gegroei, wat toenemende finansiële druk op huishoudings plaas. Die organisasie se jongste verslag toon bykans driekwart van die 1,5-duisend-miljard Suid-Afrikaanse rand wat in 2024/2025 in die dobbelbedryf gewed is, het aanlyn plaasgevind, en dobbeloperateurs het ná uitbetalings 75-milja...

Ascolta il podcast Kosmos 94.1 su Replaio

Radio e podcast in un'unica app - gratis e senza registrazione. Installala oggi e non perderti il lancio

Scaricala su Google Play

Replaio non è un editore di podcast; i nomi dei programmi, le copertine e l'audio appartengono ai rispettivi autori e vengono distribuiti tramite feed RSS pubblici