Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. T...

Visita il sito del podcast e sostieni chi lo crea: www.kosmos.com.na

Autore

Kosmos 94.1

Categoria

Uncategorized

Sito del podcast

www.kosmos.com.na

Ultimo episodio

17 ott 2026

Dove ascoltare?

I podcast nell'app Replaio Radio In arrivo

I podcast stanno per arrivare nell'app. Installala ora e scopri per primo un modo tutto nuovo di vivere i podcast

Scaricala su Google Play Installala gratis Android quasi 10 mln di download · valutazione 4,8 iOS in arrivo

Episodi

08:00 Nuus 12.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Sokker: Manchester City maak sy merk met oorwnning teen Liverpool 12.10.2026

Manchester City het Liverpool, wat met net tien man gespeel het, met 3-0 op Anfield geklop om sodoende hul voorsprong van drie punte boaan die Premierliga-punteleer te behou. Dit was City se eerste wedstryd sedert 'n onafhanklike kommissie die klub skuldig bevind het op alle aanklagte wat verband hou met ernstige oortredings van die Premierliga se finansiële reëls. Die klub het teen die uitspraak...

SA binnelandse sake loods biometriese aanlynplatform vir asielaansoeke 12.10.2026

Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê sy departement ontwikkel 'n biometriese aanlynplatform om asielaansoeke te bespoedig, identiteitsverifikasie te versterk en te verhoed dat aansoekers wie se aansoeke afgekeur is, herhaaldelik eise indien om hul verwydering te vertraag. Na verwagting sal die platform teen 10 November vanjaar in werking wees. Schreiber sê die hervormings sal voor...

Sport: FNB Wanderers klop FNB Kudus, Namibiese vroue-binnenshuise hokkie-span klop SA 12.10.2026

FNB Wanderers is nou weer die NRU-Permierliga-kampioene na die span Saterdag die FNB Kudus platgeloop het met 'n eind-telling van 52–27 by die Hage Geingob stadion hier in Windhoek. Jean-Louis gesels om 8:15 met Wanderers-afrigter, Darryl de la Harpe, om uit te vind hoe die span hul oorwinning gevier het en hoe dit voel om weer die beker in hul besit te het. Die Namibiese vroue-binnenshuise hokkie...

Vyf vas vir dronkbestuur, meer as N$7,2m se dwelms in Sept gekonfiskeer 12.10.2026

Die polisie sê hulle het oor die naweek vyf bestuurders vir dronkbestuur gearresteer: een in Mariental, drie in Rehoboth en een in Outjo. Die Mariental- en Rehoboth-verdagtes verskyn vandag in die hof. In Outjo het beamptes ‘n 20-jarige man aangekeer nadat hy glo roekeloos gery het. In Otjiwarongo is ‘n 30-jarige man gearresteer omdat hy ‘n drankwinkel sonder lisensie bedryf het... en glo ‘n omkoo...

07:00 Hoofnuus 12.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Johan Ackerman loof Blou Bulle se Loftus-oorwinning 12.10.2026

Die hoofafrigter van die Blou Bulle Johan Ackerman sê hy is trots op sy span wat, ten spyte van ‘n week met baie uitdagings, hul staal kon wys en die Leeus met 'n orrtuigende 57-15 op Loftus te klop. Ackerman se sommige van die Bulls spelers was siek en kon nie Vrydag oefen nie, terwyl die span se Springbok-spelers ook uitgeput was na onlangse wedstryde:

SA regering gaan Konstitusionele Hof nader vir leiding oor asielbeslissing 12.10.2026

Die Suid Afrikaanse regering beplan om die Konstitusionele Hof te nader om hom meer tyd te gun vir die implementering van sy uitspraak, wat prosedurele struikelblokke vir asielaansoeke verwyder het. Die hof het sekere bepalings van die Wet op Vlugtelinge ongrondwetlik verklaar wat immigrasiebeamptes toegelaat het om 'n asielsoeker te deporteer indien hulle sonder 'n deurreisvisum in die land is. D...

Maandag, 12 Oktober 2026 12.10.2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Sout van die aarde - Namibië se soutbedryf is belangrik vir die kus se ekonomie, maar word sedert die begin van die jaar deur internasionale verwikkelinge gepeper. KosmosKapitaal gesels met Andre Snyman, besturende direkteur van Walvis Bay Salt Holdings. En: Plaaslike vervaardiging van kunsmis en landbouchemikalieë word oorweeg om boerderykoste te besnoei, sê eers...

NLU vra vir streeks-samewerking om BKS te stuit 12.10.2026

Die Namibiese Landbou-unie-president, Thinus Pretorius, het met Kyknet se e-Nuus gepraat om te verduidelik hoe die land tot dusver die BKS-uitbreking hanteer het. Hy was vol lof vir owerhede se vinnige reaksie. Pretorius sê samewerking tussen alle rolspelers in die streek is uiters belangrik om die landbou-sektor staande te hou en die siekte se verspreiding te beperk: Thinus Pretorius Maandag

Gedagte vir die dag met Johan Els 12 Oktober 2026 12.10.2026

Luister na vandag se boodskap met Ds. Johan Els

Nuwe nasionale park in die Oos-Kaap geproklameer 12.10.2026

Die Suid Afrikaanse minister van bosbou, visserye en die omgewing, David Maynier, het 'n nuwe nasionale park in die Oos-Kaap geproklameer om grasvelde, biodiversiteit en belangrike waterbronne te beskerm. Die Grasslands-nasionale park beslaan meer as tienduisend hektaar tussen Nqanqarhu en Rhodes. Sanparke sal die park bestuur, waar grondeienaars kan voortgaan met bewaringsvriendelike boerdery-akt...

Warm, sonnige week vir Namibië voorspel 12.10.2026

Met ‘n bewokte en koel oggend wat die week hier in Windhoek afskop sal Namibië vandeesweek warm, oorwegend sonnige weer ervaar, na aanvanklike verbygaande buie en donderstorms Sondag. Dagtemperature in die sentrale binneland sal in die hoë 20's (°C) begin en teen die naweek geleidelik tot in die lae tot middel 30's (°C) styg. Albertina Anderson van die weerdiens het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

Die nuus om 13:00 11.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Die nuus om 12:00 11.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Onstabiliteit gaan ANC knou by stembus 11.10.2026

Die nasionale plaaslike verkiesings aanstaande maand in Suid-Afrika bly in die nuus. Professor André Duvenhage, politieke wetenskaplike aan die Noordwes Universiteit op Potchefstroom, het sy mening in die verband so aan Kosmos 94.1verwoord: André Duvenhage Naweek

Die nuus om 11:00 11.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Blou vlae wapper nog 'n seisoen op Kaapste strande 11.10.2026

Agt strande in Kaapstad het hul volle Blouvlag-status vir die 2026/27-seisoen behou, terwyl nog vier as proefstrande aangewys is. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham, sê dit is die vyfde agtereenvolgende seisoen waarin agt strande die volle Blouvlag-status behaal, wat Kaapstad se 25-jarige deelname aan die internasionale Blouvlag-program voortsit. Blou...

Die nuus om 10:00 11.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Dringend meer psigiaters nodig 11.10.2026

Namibië beoog om jaarliks drie dokters as spesialiste in psigiatrie op te lei in ’n nuwe poging om die land se geestesgesondheidsdienste te versterk. Gesondheidsminister Esperance Luvindao het die plan Saterdag op Wêreldgeestesgesondheidsdag aangekondig. Luvindao het in Windhoek ’n ministeriële verklaring en verbintenis tot geestesgesondheid onderteken, met visepresident Lucia Witbooi as getuie. D...

Die nuus om 09:00 11.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Wes-Kaap betaal vir gesond leef 11.10.2026

Gesonde leefgewoontes kan inwoners van die Wes-Kaap voortaan geld in die sak bring. Die provinsie het Suid-Afrika se eerste beloningsprogram vir gebruikers van openbare gesondheidsdienste bekend gestel. WOWRewards se wegspringprojek skop in Mitchells Plain af en bied deelnemers maandeliks belonings ter waarde van tot 100 rand. Inwoners kan punte verdien deur te oefen, kinders se inentings op datum...

Zelenski nou 'n stok in Trump se wiel 11.10.2026

Amerikaanse president Donald Trump sê dis tyd dat Oekraïne ’n nuwe president kry. Dit volg nadat president Wolodimir Zelenski Amerika se diesel-ooreenkoms met Rusland gekritiseer het. Volgens Zelenski sal die ooreenkoms Moskou meer geld gee om sy oorlog teen Oekraïne voort te sit. Trump het Saterdag gesê Zelenski veroorsaak wêreldwyd probleme deur aanvalle op Russiese olieraffinaderye toe te laat....

Die nuus om 08:00 11.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

SAPS skraap tientalle sokkerboewe 11.10.2026

Die Suid-Afrikaanse polisie het vermeende opstokers in hegtenis geneem wat na bewering beplan het om Saterdagmiddag se sokkerwedstryde in Durban te ontwrig. Hulle is onder 30 mense wat sedert Donderdag vasgetrek is tydens ’n polisietoeslaan op onrus. Altesaam 25 mense is in KwaZulu-Natal en vyf in Gauteng aangekeer. Die oortredings sluit openbare geweld, onwettige byeenkomste, dwarsboming en weers...

Ascolta il podcast Kosmos 94.1 su Replaio

Radio e podcast in un'unica app - gratis e senza registrazione. Installala oggi e non perderti il lancio

Scaricala su Google Play

Replaio non è un editore di podcast; i nomi dei programmi, le copertine e l'audio appartengono ai rispettivi autori e vengono distribuiti tramite feed RSS pubblici