RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Dove ascoltare?
I podcast nell'app Replaio Radio In arrivoI podcast stanno per arrivare nell'app. Installala ora e scopri per primo un modo tutto nuovo di vivere i podcast
Episodi
Êrens oorsee: Bali 30.06.2026 7:52
Hennie van der Merwe vertel vir Martelize Brink van die kulturele ervarings in Bali, Indonesië. Hy bly naby Singaraja. Die Dag van Stilte is ‘n opvallende gebeurtenis daar.
Wees slim en spaar met jou inkopies 30.06.2026 11:56
Koskonsultant Heleen Meyer praat oor inkopies, en gee raad en wenke wat jou geld kan bespaar.
Visvang by die winkel 30.06.2026 1:45
‘n Winkelsentrum in Rusland beplan die eerste binneshuise visvangdam. In die dam is kameras wat die aksie onder die water afneem, en dit op skerms vertoon.
SA se Merinoskape 29.06.2026 8:08
Cor Uys vertel vir Martelize Brink van die geskiedenis van Merinoskape, en hoe die skape uit Spanje die basis van sowel Suid-Afrika as Australië se wolbedrywe gevorm het.
In die wêreld van landbou 29 Junie 2026 29.06.2026 5:29
In hierdie week se landbounuus: Die Wes-Kaapse regering verskerp sy reaksie op bek-en-klouseer; Afriforum reik ’n waarskuwing uit oor ’n verhoogde risiko vir veldbrande hierdie winter; die swak prestasie van die Kaapstad hawe bekommer rolspelers in die varsvrugtebedryf; en Graan SA is ontevrede oor die regering se besluit om die koringtarief onveranderd te hou.
Gaarmaakmetodes vir beesvleis 29.06.2026 10:02
Prof. Phillip praat oor die beste gaarmaakmetodes vir verskillende snitte beesvleis.
Is daar 'n balk in jou oog? 29.06.2026 1:31
‘n Rus het sy sig begin verloor. ‘n CT-skandering wys toe dat ‘n besering wat hy tydens tuinmaak in 2024 opgedoen het en nie veel aan gesteur het nie, nogal erg was. ‘n Takkie van 12 cm lank het die oogkas binnegedring, wat die sinusse vernietig en die basis van die skedel beskadig het. Dit is deur sy neusholte verwyder, en sy sig is terug.
Cedwyn vier 40 jaar as akteur 26.06.2026 7:56
Die akteur, Cedwyn Joel, vier sy veertigste jaar in die vermaakbedryf. Min mense weet dat hy aanvanklik by die poskantoor gewerk het. Haidee Muller-Isaacs vind meer uit oordié gewilde pa van drie meisiekinders.
360 Speseryroete: Skaap-, bees- en varkkoppe 26.06.2026 7:43
Kos- en kultuurhistorikus, Hetta van Deventer-Terblanche, vertel hoe om bees-, vark-, bok- en skaapkop voor te berei.
Hoe hard kan jy skree? 26.06.2026 1:37
Australiër Joseph McGrail-Bateup het ‘n Guiness Wêreldrekord opgestel as die man wat die hardste kan skree - dit teen 122,4 desibel.
Astro-toerisme in Suid-Afrika 25.06.2026 7:21
Salome Willemse vertel van toerisme by Vanrhynsdorp waar sy sowel ‘n natuurgids as 'n gids vir die sterrehemel is.
Gratis kreatiewe kursus vir opkomende skrywers 25.06.2026 8:49
Theo Kemp, hoof van die Jakes Gerwel Stigting, vertel vir Haidee Muller-Isaacs van 'n gratis kursus vir voornemende skrywers, wat hulle binnekort aanbied. As jy daarvan droom om jou eie boek gepubliseer te kry, is hierdie dalk net jou kans om in te skryf.
Jonk: Meting en voeding 25.06.2026 9:13
Dieetkundige Valpré Huisamen vertel hoe meting en maksimalisering afspeel binne die voedingsomgewing.
K-Pop-verjaarsdagkafees 25.06.2026 1:15
Suid-Korea het verjaarsdagkafees wat veral K-Pop-sterre se verjaarsdae vier. Die sterre daag nie daar op nie. Dis aanhangers wat dit vir aanhangers reël. Soms is daar tot 30 van dié partytjies gewy aan ‘n superster in een distrik, so aanhangers kan ‘n toer daarvan doen.
Wat kan ons leer by... Middeleeuse ridders (Deel 2) 24.06.2026 9:47
Dr. Mandie Uys praat oor die Middeleeuse ridders, en waar die tekens van hulle werk vandag nog sigbaar is.
Robin Hood se boom vrek ná 1 200 jaar 24.06.2026 1:43
Sherwoodwoud se bekende Major Oak, waar Robin Hood glo uitgehang het, het ná 1 200 jaar gevrek. ‘n Toestroming van toeriste het gemaak dat die grond by die boom gekompakteer en kliphard is.
Êrens oorsee: Riaad 23.06.2026 14:27
Pauline Bester vertel vir Martelize Brink van die lewe in Riaad in Saoedi-Arabië waar sy al vir 16 jaar tuisonderrig gee vir die kinders van koninklike gesinne.
Dr. Elsa se werk as ‘n museoloog 23.06.2026 7:46
Van ‘n meestersgraad in Nederland tot ‘n doktorsgraad in Stellenbosch oor Kayamandi. Museoloog Elsa Vogts raak liries oor haar werk en uitdagings by onder andere Babylonstoren en Soetmelksvlei, waar sy vir die besoekers sensoriese ervarings moes ontwerp met ‘n historiese bewaringsingesteldheid. Johan Rademan het op die plaaswerf met haar gesels.
Kos vir die oog 23.06.2026 8:04
Louhani Els vertel vir Martelize Brink van haar ervaring as ‘n finalis by die Wêreld Kosfotografie-toekennings in London, waar haar werk hoog aangeskryf is.
Koop na hartelus sonder geld! 23.06.2026 1:23
Jy bestel kos, maar dit kom nie, want jy betaal nie. In Suid-Korea gebruik Gen Z nou sogenaamde dopamien-toepassings wat jou laat goed voel sonder dat dit geld kos. Daar is selfs ‘n toepassing wat simuleer om ‘n sigaret te rook, vir ‘n blaaskans.
SA se withaaie het jou nodig 22.06.2026 10:58
Ronelle Friend vertel vir Martelize Brink van die desperate situasie waarin Suid-Afrika se withaaie hulle bevind, ‘n petisie om die aanslag op hulle te stop.
In die wêreld van landbou 22 Junie 2026 22.06.2026 4:37
In vandeesweek se landbounuus: Goeie nuus vir die suikerbedryf; druk op Suid-Afrika se vleisuitvoerbedryf; die jongste landbouvertrouensindeks; ‘n projek vir die gratis verwydering van ongebruikte plaasdoders; en 2026 se Agri Wes-Kaap en Santam Jongboer van die Jaar.
Vet-marmering in vleis 22.06.2026 11:54
Prof. Phillip Strydom praat oor die marmering van vleis. Dit is vet wat tussen die spierweefsel voorkom. Suid-Afrikaanse beesrasse is nie geneig tot marmering nie, en tipies word beeste by ons ook jonk geslag. Marmering vind meestal by ouer diere plaas.
KI-kunsmuseum 22.06.2026 1:32
Los Angeles het nou die eerste kunsmuseum vir kunsmatige intelligensie-kuns. Dis nie net kyk nie, dis ruik ook.
360 Speseryroete: Biltong en gedroogde vleis 19.06.2026 10:08
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor biltong en variasies van gedroogde vleis in ander kulture.
Podcast simili
Replaio non è un editore di podcast; i nomi dei programmi, le copertine e l'audio appartengono ai rispettivi autori e vengono distribuiti tramite feed RSS pubblici