WAT Met Willim Welsyn Podcast
Willim Welsyn
Where to listen?
Podcasts in the app
Replaio Radio →
Coming soon
Podcasts are coming to the app soon - install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Episode 161. - JC Visser 22.11.2018 3:04:33
JC Visser speel baskitaar in Mr Cat and The Jackal en vir Arno Carstens se band, maar meer as dit is hy ook ’n skeppende inventor, entrepreneur, animator en die skrywer van sci-fi fabels. Ons gesels oor musiek, space, planete, kasse wat kan klere was, matrasse wat hulself kan was en steriliseer, robotte en sy nuutste projek: ’n aanlynbemarkingsplatform vir content creators en besighede. Gaan beste...
Episode 160. - The Black Cat Bones 15.11.2018 1:42:36
Willim bel al vier die members van die Pretoriaanse rock band The Black Bones presies twee dae voor die bekendstelling van hul nuutste vollengte album ‘Here Is A Knife’ wat vanaf 16 Nov. 2018 beskikbaar sal wees op alle digitale musiekplatforms. Gaan bestel vir jou ’n WAT Podcast of 'n Blitzkriek t-shirt op die splinter nuwe online shop: www.williamwelfare.com/shop Met trots geborg deur www.live-n...
Episode 159. - Pierre Greeff 09.11.2018 1:29:57
Pierre Greeff is die hoofsanger en een van die main liedjieskrywers in Die Heuwels Fantasties. Hy kom kuier in die garage en gesels met Willim oor Bellville, Stellenbosch, die dae van Lukraaketaar, die begin van Heuwels, goue plate in space, popmusiek, songwriting en ’n hele ander klomp cool goed. Geborg deur http://www.live-now.co.za
Episode 158. - François Haasbroek 02.11.2018 2:02:31
François Haasbroek is ’n musikant en joernalis, kartograaf en fotograaf by die WEG-tydskrif. Hy’t onlangs ook twee baie gewilde podcast shows begin: ‘Weg Stories’ en ‘Op Reis Met Weg’. Willim en François was op Ladismith van kleuterskool tot in matriek in die dieselfde klas, dus was daar baie om oor te gesels. Geborg deur http://www.live-now.co.za
Episode 157. - Chris Slabber 25.10.2018 1:27:18
Chris Slabber is ’n bekroonde grafiese kunstenaar, illustreerder en fotograaf van Oudtshoorn. Hy kom kuier in die garage en ons gesels oor ’n klomp van sy projekte, die mediums wat hy gebruik, advertising agencies, musiek, kreatiwiteit en al die awards wat hy gewen het. Chris Slabber op Behance: http://be.net/csdandi Geborg deur http://www.live-now.co.za
Episode 156. - Michael Cross 19.10.2018 1:38:26
Michael Cross is a Durban-based filmmaker who has spent more than 20 years producing documentaries that illuminate artists and individuals. His most recent film, “The Fun’s Not Over – The James Phillips Story” premiered at the 2018 Encounters South African International Documentary Film Festival where it won the Audience Award for Best South African Documentary. James Phillips, who died aged 36 in...
Episode 155. - Niel van Deventer 04.10.2018 2:07:17
Niel van Deventer is ’n TV en filmvervaardiger van Hartbeespoortdam wat nou onlangs Kaap toe getrek het en is tans besig om Jacques Pauw se boek The President’s Keepers tot ’n dramareeks te verwerk. Hy was ook die vervaardiger op die fliek ‘Dis ek, Anna’ (wat ses SAFTAs gewen het), wat kindermishandeling aanpak en hoop om met sy verwerking van Pauw se boek die soeklig te laat val op die korrupte Z...
Episode 154. - Annie Klopper (Live By The Book Lounge) 27.09.2018 59:14
Willim gesels met Annie Klopper voor ’n live audience by die bekendstelling van haar debuut roman - Die Tragiese Saak van Pamina Vermaak – by The Book Lounge in Kaapstad. Annie is ’n skrywer, digter, taalpraktisyn en deeltydse dosent verbonde aan die Universiteit van Wes-Kaapland.
Episode 153. - Kabous Verwoed 21.09.2018 1:15:21
Kabous Verwoed (Hendrik Hancke) is ’n digter, skrywer, voormalige band manager en deesdae ook ’n bekroonde joernalis by Rapport. Kabous kom Kaap toe om twee Media 24 toekennings te wen en op pad terug lughawe toe kom kuier hy vinnig in die garage om vir ons alles te vertel: Die dae toe hy saam met Anton Goosen getoer het, die belangrike rol wat hy in beide Bacchus Nel en Jan Blohm se loopbane gesp...
Episode 152. - Laudo Liebenberg 13.09.2018 1:27:37
Laudo Liebenberg is die leadsinger en guitarist van aKING. Hy’s ook ’n akteur op die verhoog, tv en die silwerskerm. Willim vra hom uit oor sy kinderdae in Bellville, die dae toe hy in die Fokofpolisiekar-huis gewoon het, sy eerste acting rolle, die begin van aKING, record labels en die stand van sake… tans.
Episode 151. - Wynand Myburgh 06.09.2018 1:58:41
Willim is terug in die garage. En hy gesels met Wynand Myburgh van Fokofpolisiekar wat onlangs die SAMA vir Best Rock album gewen het. Hulle gesels oor alles: skooldae, Bellville, musical influences, geloof, die begin van Fokof, die kerk, die beursie insident, die begin van Van Coke Kartel, die toere, die t-shirts… oor alles.
Episode 150. - Behind The Scenes & Cheers Vir Eers 02.03.2018 38:47
Willim antwoord 'n paar van die WAT Podcast-luisteraars se vrae voor hy 'n break vat van die show.
Episode 149. - Willem Samuel (Deel 2) 01.03.2018 1:01:36
Die tweede en laaste deel van Willim se gesprek met Willem Samuel.
Episode 148. - Willem Samuel (Deel 1) 01.03.2018 1:05:44
Willem Samuel het sy eerste comic in Bitterkomix gepubliseer toe hy 20 jaar oud was voor hy sy kunsgraad voltooi het onder die leiding van Anton Kannemeyer. Hy was vir 'n geruime tyd die Art Director by Supa Strikas en daarna London toe waar hy begin skryf en teken het aan sy grafiese roman Mengelmoes. Hy’t ook die heruitgawe van die legendariese Swart Kat-reeks ge-illustreer. Sy band Skree Alleen...
Episode 147. - Kobus Galloway 23.02.2018 1:50:03
Kobus Galloway is daai populêre spotprenttekenaar, grafiese ontwerper, illustreerder en die main brein agter Idees Vol Vrees, Skerpskerts, Komedie.co.za en Skorsie en Das. Hy kom kuier in die garage en gesels oor hoe sy liefde vir kuns, idiome, dubbelsinnighede en humoristiese woordspeling hom ’n suksesvolle aanlyn-entrepreneur gemaak het.
Episode 146. - Jaco van der Merwe 09.02.2018 2:33:25
Jaco van der Merwe is ’n skrywer, ’n filmteorie-lektor en ’n rapper vir die electro-rap band Bittereinder. Hy kom kuier in die garage al die pad van Pretoria af om te gesels oor die disillusionment van sy Afrikaner-identiteit as laerskool laaitie, sy Hoërskool bands, daai eerste distortion pedal, die dae toe hy gerap het as Ajax, hoe hy saam met Peach van Pletzen se projek Yesterday’s Pupil in Pol...
Episode 145. - Arno Carstens 01.02.2018 1:07:18
Arno Carstens hang deesdae weer in Bellville uit want The Springbok Nude Girls is besig om ’n nuwe album te record. Dus moes dié legendary singer songwriter en frontman kom kuier in die garage om te gesels oor sy nuutste album Aandblom 13, sy kinderdae op Worcester, die rock Renaissance van Stellenbosch in die 90s, meeste van die Nude Girls se albums, open vir die Stones, paint parties saam Beezy...
Episode 144. - Jack Parow 26.01.2018 2:24:21
Jack Parow is ’n rapper. Hy kom kuier in die garage en gesels oor sy kinderdae, sy eerste jobs, sy nuwe album, sy vorige albums, sy collaborations, sy tv-shows, hoe om goeie PR-damage control te doen en wat se invloed brands het op die musiekbedryf. Geborg deur Evolver Signs and Graphics.
Episode 143. - Francois van As 18.01.2018 1:19:23
Francois van As is ’n Kaapse komediant wat sy kitaar en song writing skills gebruik om mense te laat lag. Hy kom kuier in die garage om te gesels oor sy kinderdae op Bredasdorp, wat alles daar by Spar gebeur het, sy eerste band Plofmot, hoe hy die redakteur van die skoolkoerant geword het en die dae toe hy Kunskafee (wat toe later The Rabbit Hole geword het) in Durbanville besit het. In 2016 wen h...
Episode 142. - Le Roi Nel en Gerdus Oosthuizen 11.01.2018 2:02:41
Le Roi Nel was die hoofsanger en kitaarspeler in Foto Na Dans en Gerdus Oosthuizen was die kitaarspeler en tweede sanger in New Holland, twee baie populêre rock bands uit Bellville. Le Roi en Gerdus kom kuier al die pad van Duitsland af om te gesels oor hulle nuwe band Sons Of Settlers, hoe dit is om musiek te maak in Duitsland en wat alles in die dae van New Holland en Foto Na Dans gebeur het.
Episode 141. - Henré Pretorius 04.01.2018 1:55:07
Voor Henré Pretorius agter die kameras kon werk by sy eie produksiehuis Admit One Media, moes hy eers sy tande slyp as akteur (Backstage, 7de Laan, Getroud Met Rugby) en TV-aanbieder (JIP, Studio 1, Smelt, Zing). Henré kom kuier in die garage om te gesels wat alles agter die skerms gebeur het gedurende sy dae by KykNET en MK en oor sy verhouding met sy broer Herman Pretorius wat in 2009 sy stryd t...
Episode 140. - Best Of 2017 (Deel 3) 30.12.2017 1:09:22
In hierdie derde en laaste uitgawe van WAT se Best Of 2017 spoeg en plak Willim vir jou brokkies uit sy gunsteling onderhoude van die jaar met Valiant Swart, Schalk Maas, Rouleaux van der Merwe, Chris Kreef, Jo Ellis, Ruan Styx Fourie, Michelle Nolte, Danie du Toit, Chris Danger Thundervolt, Tertius Kapp, Pietie Beyers en Toast Coetzer. Geborg deur PUTSTOP padwinkel en vulstasie op die R305 na Sti...
Episode 139. - Best Of 2017 (Deel 2) 20.12.2017 1:41:48
In hierdie tweede uitgawe van WAT se Best Of 2017 spoeg en plak Willim vir jou brokkies uit sy gunsteling onderhoude van die jaar met Gifford Peché, Izak du Plessis, Philip de Vos, Jean Tunes Marais, Erns Grundling, Johnny de Ridder en Schalk Joubert. Geborg deur PUTSTOP padwinkel en vulstasie op die R305 na Stilbaai toe.
Episode 138. - Stéfan Burger 14.12.2017 1:48:26
Stéfan Burger is ’n sanger, liedjieskrywer en kliniese sielkundige by die Jimmie Roosskool net buitekant Dewetsdorp. Stéfan is ’n passievolle liefhebber van plaaslike musiek en na ’n konsert van Riku Lätti het hy onlangs besluit om self die kitaar op te tel en te begin songs skryf en toe sommer ook ’n album op te neem. Stéfan was ook deel van die Swart Hond-konsert in Jacobsbaai wat Dana Snyman Sa...
Episode 137. - WAT Het Ons Geleer? Best Of 2017 (Deel 1) 06.12.2017 53:41
Willim doen bietjie hersiening en spoeg en plak vir jou ’n paar waardevolle lesse WAT hy geleer het uit 2017 se eerste episodes met Francois Van Coke, Barry Hilton, Elbie Adendorff, Herman Kleinhans, Rohan Strydom, Chris DeWet Bornman, Gigi en Nita Fourie, Johan Jack Smith en Heine Van Der Walt. Willim las hierdie lesse aanmekaar met stukkies van sy nuwe album Blitzkriek.
About the podcast
Informele gesprekke en onderhoude met Suid-Afrikaanse kunstige en musikale mense WAT al goeters gedoen het.
Author
Willim Welsyn
Category
Podcast website
Language
AF
Episodes
186
Latest episode
2026. máj. 14.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.