Kosmos 94.1
Kosmos 94.1
Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. T...
Mindenképp látogasd meg a podcast oldalát, és támogasd a készítőjét: www.kosmos.com.na
Szerző
Kosmos 94.1
Kategória
A podcast weboldala
Legutóbbi epizód
2026. okt. 14.
Hol hallgathatod?
Podcastok az alkalmazásban Replaio Radio HamarosanA podcastok hamarosan megérkeznek az alkalmazásba. Telepítsd most, és láss elsőként egy teljesen új megközelítést a podcastokhoz
Epizódok
DA vra dringende ingryping na Katlehong-skietery 14.10.2026 0:21
Die DA sê die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, en senior polisie-leierskap moet aan die parlement rekenskap gee van hul versuim om toe te slaan op die vlaag geweldsmisdade in Ekurhuleni, Gauteng. Dit volg nadat twee lede van die ANC-Jeugliga en nog twee mense dood is in ʼn verbyry-skietery in Katlehong nadat hulle ʼn gedenkdiens bygewoon het. Drie mense is gewond. Khathutshelo Rasil...
Bolyf van vrou wat naby Daan Viljoen gevind is, geïdentifiseer 14.10.2026 0:31
NamPol het die bolyf van 'n vrou wat in die Daan Viljoen-gebied gevind is, amptelik as dié van die 27-jarige Danelize Majiedt geïdentifiseer. Sy is op 30 Augustus as vermis aangemeld. Die mag se waarnemende inspekteur-generaal, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, sê forensiese DNS-toetse is op die oorskot gedoen, en verdagtes word steeds ondersoek.
Die 14:00 nuus 14.10.2026 3:57
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die hoofnuus om 13:00 14.10.2026 4:24
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Voltooiing van bouprojekte in Windhoek daal met 41% 14.10.2026 0:38
Die amptelike syfers vir Windhoek se bouplanne vir die jaar tot dusver bly gedemp, terwyl die kus 'n meer belowende vooruitsig toon. Dit is volgens Almandro Jansen, 'n ekonoom by Simonis Storm, wat sê dat die voltooiing van bouprojekte in die hoofstad met 41 persent gedaal het tot 186 projekte. Dit is ten spyte daarvan dat die aantal bouplanne wat ontvang is, van 221 tot 237 toegeneem het. Hy het...
Nampol bevestig arrestasie van 18-jarige vir Okahandja-meisiemoorde 14.10.2026 0:41
Die Namibiese polisie het die inhegtenisneming van 'n 18-jarige verdagte bevestig in verband met die moord op die vyfjarige Ingrid Maasdorp en die sewe-jarig Fabianu Rosvinds in Okahandja. Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisiemag, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, het vanoggend tydens 'n perskonferensie bevestig dat DNS-bewyse die verdagte aan die misdaadtoneel van April 2025 verbind.
12:00 Nuus 14.10.2026 3:53
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Twee lede van ANC-jeugliga in Katlehong doodgeskiet 14.10.2026 0:21
Twee lede van die ANC-jeugliga is gisteraand in ʼn skietery by Nhlapo-seksie in Katlehong, Ekurhuleni, doodgeskiet. Vyf ander is gewond en hospitaal toe geneem vir mediese behandeling. Die skietvoorval het plaasgevind nadat die slagoffers ʼn gedenkdiens vir ʼn lid van ʼn politieke party by die Mogobeng Primary School bygewoon het. Gauteng se polisiekommissaris, Tommy Mthombeni, sê ʼn verdagte is in ver...
Bemagtiging van vroue skep voordele vir besighede en samelewing 14.10.2026 0:20
Veruscka Gertze, welvaartbestuurder van Old Mutual, sê dat die bemagtiging van vroue en die versterking van leierskap volhoubare voordele vir individue, organisasies, beroepe en die samelewing skep. Gertze het by die derde jaarlikse Vrouebyeenkoms gesê dat die ondersteuning van die geleentheid ooreenstem met die firma se verbintenis om geleenthede vir vroue te skep om te skakel, van mekaar te leer...
11:00 Nuus 14.10.2026 3:43
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
NRU kondig nog internasionale wedstryde vir Welwitschias aan 14.10.2026 0:39
Die Namibiese Rugbyunie het 'n reeks komende internasionale wedstryde aangekondig, met 'n hoogs verwagte streeks-toetswedstryd en 'n tuisreeks as hoogtepunte. Die Welwitschias sal eers na Harare reis om teen Zimbabwe te speel, voordat hulle na Windhoek terugkeer vir 'n reeks van twee wedstryde. Jerome Paarwater, wat tans as konsultant-afrigter vir die unie optree, gee meer inligting:
Private dagga-gebruik in Suid Afrika bly in die nuus 14.10.2026 0:37
Die kwessie van private dagga-gebruik in Suid Afrika bly in die nuus. Jeremy Acton, een van die aktiviste wat in 2018 daarin geslaag het om dagga in die buurland te wettig vir die kweek van dagga vir private gebruik, het met Kosmos 94.1 gepraat oor die situasie op die oomblik.
Die weervoorspelling vir vandag, Woensdag, 14 Oktober 2026 14.10.2026 0:39
Namibië sal vir die res van die dag warm tot baie warm, grotendeels droë en sonnige weer sien, met dowwe sonskyn en stygende middagtemperature in baie gebiede. Die kans op reën lyk volgens die algemene nasionale vooruitsig skraal, hoewel toestande sal verskil tussen die kus, die sentrale hoogland en die warmer binneland. Albertina Anderson van die weerdiens het met Kosmos 94.1 Nuus gesels:
Iipinge wil Grootfontein-munisipaliteit se dienste en finansies verbeter 14.10.2026 0:35
Johannes Iipinge is amptelik die nuwe uitvoerende hoof van die Grootfontein-munisipaliteit en belowe om die dorp na finansiële volhoubaarheid en verbeterde dienslewering te stuur. Iipinge het 'n vyfpilaar-strategie uiteengesit wat fokus op finansiële gesondheid, inkomste-uitbreiding, infrastruktuurontwikkeling, plaaslike ekonomiese groei en mensgesentreerde diens, en doen 'n beroep op verenigde sa...
10:00 Nuus 14.10.2026 3:59
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Motorsport: Kagame verwerp idee dat F1 te groot is vir Rwanda 14.10.2026 0:19
Motorsport: Rwanda se president, Paul Kagame, verwerp die idee dat Formule Een te groot is vir ʼn klein landjie soos syne. Rwanda het ’n tienjaar-ooreenkoms onderteken om vroeg in die 2030's ’n F-1 Grand Prix aan te bied - die eerste in Afrika sedert 1993. Die wedren sal plaasvind sodra die nuwe baan voltooi is in Bugesera, 40 kilometer suid van die hoofstad, Kigali. Kagame sê geen geleentheid is t...
Slegs 17% van Kunene-kinders het toegang tot Vroeë Kinderontwikkeling-sentrums 14.10.2026 0:17
Die Europese Unie-ambassadeur in Namibië, Ana-Beatriz Martins, sê daar is nog baie ruimte vir verbetering en samewerking om te verseker dat meer kinders in die Kunene-streek toegang tot vroeë-opvoeding en onderrig geleenthede en fasiliteite het. Dit, na dit vasgestel is dat slegs 17-persent van kinders in die streek toegang het tot Vroeë Kinderontwikkeling-sentrums. Martins sê dié lae persentasie...
SA parlementêre ampsklagkomitee verwerp bewerings oor die onttrekking van die getuienisleier 14.10.2026 0:19
Die voorsitter van die Parlementêre ampsklagkomitee, Makashule Gana, beskuldig die EFF en die African Legal Professionals Association daarvan hulle het die gebeure rondom die terugtrekking van advokaat Thandazani Madonsela se benoeming as getuienisleier vir die Phala Phala-ondersoek wanvoorgestel het. Die EFF en die vereniging het die Wes-Kaapse Hooggeregshof genader om die besluit te betwis. Gana...
09:00 Nuus 14.10.2026 3:55
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Namfisa betaal N$4,4m aan verbruikers na klagtes teen finansiële diens-verskaffers 14.10.2026 0:21
Namfisa het 4,4-miljoen Namibiese dollar aan verbruikers uitbetaal ná klagtes teen finansiële diens-verskaffers in die 2025/26-boekjaar. Namfisa-woordvoerder Victoria Raimond sê die reguleerder het verlede jaar 403 verbruikers-klagtes ontvang en 375 daarvan opgelos, wat neerkom op 'n oplossingskoers van 93-persent.
DA sê Eskom kan nie aanhou om tariewe te verhoog terwyl hy minder elektrisiteit verkoop nie 14.10.2026 0:22
Die DA sê Eskom kan nie voortgaan om elektrisiteitstariewe te verhoog terwyl hy minder krag verkoop nie. Die nutsmaatskappy het vir die boekjaar wat in Maart geëindig het 'n wins van 30,3-miljard-rand aangeteken, maar ook staatshulp vir skuldverligting ten bedrae van 80-miljard-rand ontvang. Elektrisiteitsverkope het met 6,2-persent gedaal, terwyl tariewe met bykans 13-persent gestyg het. Kevin Mi...
Hardap-leerders aangemoedig om gefokus tydens eindeksamen te bly 14.10.2026 0:32
Intussen het 'n lid van die Mariental dorps-raad, Iswarin Rooi, leerders in die streek aangemoedig om gedissiplineerd en vol selfvertroue te bly voor hul eind-eksamens. Rooi erken dat sommige leerders hulpbron-beperkings en moeilike huis-omstandighede in die gesig staar... maar beklemtoon dat dié uitdagings nie leerders se toekoms moet affekteer terwyl hulle voorberei vir hoër onderwys en opleidin...
08:00 Nuus 14.10.2026 3:49
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
AfriForum behaal talle suksesse met landswye misdaadvoorkomingspatrollies 14.10.2026 0:15
AfriForum sê sy jongste landwye patrollies het gelei tot inhegtenisname en die beslaglegging op dwelms, wapens en onwettige alkohol in verskeie gebiede. Die operasie het 178 buurt- en plaaswaggroepe ingesluit wat saam met die polisie gewerk het. Dit het gelei het tot die beslaglegging op wapens en dwelms in Springs, Gauteng, en sewe arrestasies en agt klopjagte op onwettige drankwinkels in Swellen...
Vyf nuwe lede ingesweer op Grondtribunaal-raad 14.10.2026 0:40
Vyf nuwe lede is ingesweer op die raad van die Grondtribunaal, vir 'n termyn van drie jaar. Die tribunaal speel 'n sleutelrol in die beslegting van geskille oor grondhervorming en die aanhoor van appèlle wat betrekking het op landbougrond. Die lynministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
Hasonló podcastok
A Replaio nem podcastkiadó; a műsorok nevei, borítóképei és hanganyagai a szerzőiket illetik, és nyilvános RSS-csatornákon keresztül terjednek.