RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Mindenképp látogasd meg a podcast oldalát, és támogasd a készítőjét: www.rsg.co.za

Szerző

RSG

Kategória

Society

A podcast weboldala

www.rsg.co.za

Legutóbbi epizód

2026. okt. 28.

Hol hallgathatod?

Podcastok az alkalmazásban Replaio Radio Hamarosan

A podcastok hamarosan megérkeznek az alkalmazásba. Telepítsd most, és láss elsőként egy teljesen új megközelítést a podcastokhoz

Letöltés a Google Play-ről Telepítsd ingyen Android közel 10 M letöltés · 4,8-as értékelés iOS hamarosan

Epizódok

Jonk 15 Januarie 2026 15.01.2026

Dr. Ria Smit vertel vir Martelize Brink van Zeolite, wat in produkte soos Absorbatox is.

Liewer laat as nooit 15.01.2026

Die sêding is: liewer laat as nooit. Tegnologie is egter erg verouder as selfoonvoorraad vir jou winkel 16 jaar laat afgelewer word. Dit het nou met ‘n man in Tripoli gebeur.

Twee Baaise skole skitter in e-herwinning 14.01.2026

Twee Baaise skole, Laerskool Kabega en Walmer-Wes, is pas aangekondig as die wenners in ‘n landwye kompetisie vir die herwinning van onbruikbare elektroniese toerusting. Herwinning is n groot pluspunt, want dit bied ekstra inkomste vir die skoolkoffers, en verbreed die leerlinge se algemene kennis, het dr. Adele Botha, leerkrag van Kabega, vir Mariska Spoormaker gesê.

Wat kan ons leer by… 14 Januarie 2026 14.01.2026

Dr. Mandie Uys vertel verder wat ons alles by die Sumeriërs kan leer.

Verlore geleentheid in die e-pos 14.01.2026

‘n Man wou baie graag Harvard Universiteit toe gaan. Toe hy nie van hulle hoor nie, word hy ‘n musikant. Ses jaar later ontdek hy ’n e-pos wat hy misgekyk het, wat sê dat hy wel by Harvard aanvaar is...

Êrens oorsee 13 Januarie 2026 13.01.2026

Elizna Greeff Maloney vertel vir Martelize Brink van Hongkong, waar sy rugby speel en skool gee.

Gospel-toekennings in die Noord-Kaap 13.01.2026

Die Diamond Gospel-musiektoekennings is verlede jaar op Kimberley in die Noord-Kaap gestig. Haidee Muller-Isaacs het meer gaan uitvind.

Is jy dood? 13.01.2026

‘n Betaalde toepassing wat die meeste afgelaai is in China, se naam beteken: Is jy dood? As jy nie elke tweede dag aanteken en ‘n knoppie druk nie, laat weet dit ’n persoon, wat jy vooraf genomineer het, dat daar fout is.

Die Kalahari se kameelmelkery 12.01.2026

Ons ons meer uit van ‘n kameelmelkery in die Kalahari saam met Hans Knoesen, en Martelize Brink proe kameelmelksjokolade.

Agterpaddorpies: Rietbron en Willowmore 12.01.2026

Dis die haan wat op die kerktoring staan, maar nie wanneer jy Willowmore toe ry nie. Kom ons hoor by Johan Rademan en Jurgens Schoeman wat staan dan op Rietbron se kerktoring.

Jou naam se komvandaan 12 Januarie 2026 12.01.2026

Dr. Willem Botha praat oor die verskillende kategorieë van naamgewing.

Rotsklim in SA 09.01.2026

In Suid-Afrika is daar maar ‘n skamele 16 binneshuise rotsklim-gimnasiums, hoofsaaklik in die groot sentra. Die klimgim-mark is in 2024 beraam op $24-miljoen, en daar word verwag dat dit teen 2033 sal verdubbel. 'n Span jong Suid-Afrikaners het verlede jaar as Proteas in Europa gaan meeding. Hulle het dalk nie te waffers gevaar wat die medaljes betref nie, maar waardevolle ondervinding opgedoen. J...

360 Speseryroete - Deel 112 09.01.2026

Kosstilis en resepontwikkelaar, Mari-louis Guy, is ná twee jaar terug uit Malta. Sy vertel van haar en haar gesin se ervaring van die land, en deel haar botterversiersel-resep wat ekonomies en maklik is, en moeilike resepte soos Switserse botterroom kan vervang.

Alta du Toit se barmhartige Samaritane 08.01.2026

Lionel Dreyer praat oor die Alta du Toit-huis, en hoe barmhartige Samaritane in die feestyd vrygewig gegee het aan die mense wat geen familie meer oor het nie.

Piem Fourie en paddaspring 08.01.2026

Corné Botha vertel van haar pa, Piem Fourie van Elsburg. Hy was die paddakoning van Suid-Afrika, tog hou haar ma se padda, Santjie, die paddaspring Guiness-wêreldrekord met 10,3 meter.

Jonk 8 Januarie 2026 08.01.2026

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor die voedingswaarde van sardientjies, en hoeveel jy moet eet om die voordele te benut.

Onsigbare hond 08.01.2026

In Duitsland is daar ’n groep mense wat “hobby dogging” doen. Hulle kry opleiding met denkbeeldige honde! Die leiband en harnas is egter werklik.

Regardt Laubscher se kulkuns 07.01.2026

Regardt Laubscher oorbluf Martelize Brink met sy kulkuns. Dié kulkunstenaar en mentalis is vanjaar deel van die OppiWater Kunstefees.

Wat kan ons leer by… 7 Januarie 2026 07.01.2026

Dr. Mandie Uys vertel wat ons alles by die Sumeriërs kan leer.

Ouma wen e-sport-toernooi 07.01.2026

Hisako Sakai, ‘n 92-jarige ouma, het ’n e-sport-toernooi in Japan gewen, waar die speletjie, Tekken 8, gespeel is.

Êrens oorsee 6 Januarie 2026 06.01.2026

Christien Vlok vertel vir Martelize Brink van die lewe in Den Haag, Nederland, en die haring wat jy aan die stert vat en kou.

Colleen se passie vir wol 06.01.2026

Colleen Murphy van Calitzdorp is van kindsbeen af gaande oor wol. Daar het dit nie gestop nie. Nou is sy betrokke by 'n gemeenskapsprojek in haar Karoodorpie waar hulle ander wil touwys maak oor die ou manier van dinge doen - om te weef en om wol te verwerk en skoon te maak.

Rangna se Mongoolse Derby 06.01.2026

Rangna Roux vertel vir Martelize Brink van die Mongoolse Derby wat sy vanjaar gaan aandurf. Die roete bvan dfie derby strek oor 1 000 km.

Toe verander die polisieman in 'n padda! 06.01.2026

‘n Polisieverslag wat deur kunsmatige intelligensie saamgestel is, sê dat ‘n polisieman in ‘n padda verander het! Die polisie se lyfkameras het die storie van die prinses en die padda op ‘n TV in die agtergrond afgeneem, en die storie het deel van die verslag geword.

Cornellskop kom tot wilde diere se redding 05.01.2026

Riaan Kirstein vertel vir Martelize Brink van Cornellskop naby Botrivier, wat ‘n toevlugsoord vir wilde diere is. Verskeie van die diere wat gered is, het al in films en advertensies verskyn.

Hallgasd a(z) Driesestig podcastot a Replaióban

Rádió és podcastok egy alkalmazásban - ingyen és regisztráció nélkül. Telepítsd még ma, és ne maradj le a premierről

Letöltés a Google Play-ről

A Replaio nem podcastkiadó; a műsorok nevei, borítóképei és hanganyagai a szerzőiket illetik, és nyilvános RSS-csatornákon keresztül terjednek.